text
stringlengths 42
10.1k
⌀ | id
stringlengths 38
49
| fw_edu_score
int64 -1
5
|
|---|---|---|
BOKHAAR VEILINGSVERSLAG BOKHAAR MARK ONVERANDERD
Die sybokhaarmark het prysvlakke op die vyfde verkoop van die winterseisoen 2018 gehandhaaf met die gemiddelde markaanwyser wat slegs 1,0% teruggesak het om op R289.03/kg te sluit. Al die ouderdomsgroepe het relatief onveranderd gebly. Die Rand het teen R14.22 teenoor die Amerikaanse Dollar en R16.22 teenoor die Euro verhandel. Die Rand het met 0.1% teenoor die Dollar en 1.7% teenoor die Euro versterk in vergeleke met die vorige veiling.
'n Groot deel van die aanbieding het bestaan uit korter haar met 'n laer skoonopbrengs persentasie as die vorige veiling. Alhoewel die veiling aan die begin van die dag lusteloos vertoon het, het koper's belanstelling later in die dag verbeter. Kopers het aktief vir veral die uitstekende individuele skeersels meegeding.
Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het 0.4% goedkoper gesluit op R404.08/kg. Die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar het 1.3% laer gesluit op R318.76/kg. Gemiddeldse pryse van fyn en strek grootbokhaar het onveranderd gesluit op R297.50/kg en R286.95/kg onderskeidelik.
Die volgende veiling van die 2018 winter verkoopseisoen sal op 20 November 2018 plaasvind.
| | MARKANALISE | | | | | | | | |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| | | AANBOD | VERKOOP | % VERKOOP | HUIDIGE | VORIGE | | PRYS- | VERLEDE |
| | | | | | | | | BEWEGING | JAAR |
| KLEINBOKKIE (WINTER) | | 16,487.2 | 15,309.5 | 92.9% | R404.08/kg | R405.51/kg | -0.4% | | |
| JONGBOK (WINTER) | | 13,114.8 | 13,023.8 | 99.3% | R318.76/kg | R322.88/kg | -1.3% | | |
| GROOTBOK (FYN) | | 20,869.2 | 19,761.1 | 94.7% | R297.50/kg | R297.24/kg | 0.1% | | |
| GROOTBOK (STERK) | | 19,186.7 | 17,318.7 | 90.3% | R286.95/kg | R287.01/kg | 0.0% | | |
Grootbokke: (32-40 mikron)
KOPERS
WISSELKOERS (ZAR)
| KOPER | | BALE | KOPER | | BALE | | GELDEENHEID | | VORIGE | | HUIDIGE | VERANDERING |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| SAMIL | 224 | | NEW ENG | 11 | | EURO | | 16.50 | | 16.22 | | |
| STUCKEN | 228 | | | | | | | | | | | |
| MOSEN | 78 | | | | | US DOLLAR | | 14.23 | | 14.22 | | |
| SUEDWOLLE | 111 | | PASSED-IN | 49 | | | | | | | | |
GEWEEGDE GEMIDDELDE PRYSE
| | TIPE | | | LANK (A/B) | | MEDIUM (C) | KORT (D) |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| KLEINBOKKIES | | GEMIDDELD | 414.22 | | 407.12 | | |
| | | HOOGSTE | 512.2 | | 490 | | |
| JONGBOKKE | | GEMIDDELD | 334.75 | | 330.56 | | |
| | | HOOGSTE | 379 | | 378.2 | | |
| GROOTBOKKE | | GEMIDDELD | 298.22 | | 296.91 | | |
| | | HOOGSTE | 340 | | 332 | | |
Vir meer besonderhede van die veiling besoek gerus BKB se webbladsy www.bkb.co.za
Alle inligting vervat in hierdie dokument is alleenlik vir doeleindes van inligting en is nie noodwendig toepaslik op alle gebruikers/lesers nie. BKB Bpk en sy filiale kan nie verantwoordelik gehou word vir enige besluite geneem wat op inligting uit hierdie dokument verkry baseer is nie. Grahamstadweg 61 Grahamstown Rd, Noordeinde / North End, Port Elizabeth, 6001 Tel: 041 503 3393 Faks/Fax: 086 743 3122, epos / email: [email protected]
Direkteure/Directors: D C Louw (Voorsitter/Chairman), G E J Kingwill (Onder-Voorsitter/Vice-Chairman), W Edmayr (Besturende/Managing), K M Riga (Finansiële/Financial), C D Hobson, E A Meyer, H C Staple, H J Swart, F P R van Wyk, Dr J van Zyl
Maatskappysekretaris/CompanySecretary: J Oosthuizen (Mev/Mrs)
BKB Beperk:
|
<urn:uuid:0ea20982-b9c7-415c-8d74-ea7d7a3ea04a>-0
| 0
|
DIE VYFDE SEËL
Laat ons nou ons hoofde buig vir gebed.
2 Genadige Hemelse Vader, die Almagtige God, Wat Jesus Christus weer uit die dood teruggebring het, en Hom in hierdie laaste dae aan ons voorgestel het, in die Krag van die Heilige Gees, ons is dankbaar vir hierdie magtige besoeke van die onsterflike God. En nou, Vader, lê daar vir ons nog 'n uur voor, 'n uur wat die Ewige bestemming van baie mense kan verander.
3 En om dit te benader, Here, is ons ontoereikend. Want, daar staan in die Skrif, dat: "Die Lam het die Boek geneem en die Seëls oopgemaak."
4 O Lam van God, kom na vore, bid ons. Ons doen 'n beroep op U, Here, die groot Verlosser. Kom na vore en wys vir ons U plan van verlossing wat deur die jare verborge was, deur hierdie Vyfde Seël vir ons te breek vanaand, Vader, en aan ons te openbaar wat onder daardie Seël is; dat ons beter Christene hier weg kan gaan, as wat ons nou is, meer geskik kan wees vir die taak wat voorlê. Ons vra dit in Jesus' Naam. Amen.
Sit maar.
5 Goeienaand, vriende. Ek ag dit 'n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie groot gebeurtenis. Ek weet nie van êrens waar ek beter kon voel, as om by die werk van die Koning te wees nie. En om nou spesiaal by hierdie lesse te kom waar ons maar net kan wag; as Hy Dit nie aan my openbaar nie, kan ek Dit nie vir julle gee nie. Ek probeer nie enige van my eie gedagtes of enigiets gebruik nie; net soos Hy Dit sal gee. Dis reg. En ek—ek's seker, as ek nie my eie gedagtes gebruik nie, en Dit kom soos Dit gekom het. En deur die hele lewe, was Dit nog nooit verkeerd nie. Dit sal nie hierdie keer verkeerd wees nie.
6 Nou, ons is net glorieryk en baie, baie dankbaar vir wat Hy vir ons gedoen het, die groot verborge hand van die lewende God! Watter groter ding kan daar wees, hoeveel meer bevoorreg kan ons wees, as om die Koning van die konings, Here van die here, in ons teenwoordigheid te hê?
7 Ons sou waarskynlik die fluitjies blaas en—en die vlae hys, en die tapyte uitsprei en alles, vir die President van die nasie om die stad te kom besoek. Maar, dink net, dit sou in orde wees, en dit sou vir die stad 'n eer wees.
8 Maar dink. Na ons klein, nederige tabernakel, nooi ons, vanaand, die Koning van die konings, God. En ons maak nie… Hy verlang nie dat tapyte oopgegooi word, ensovoorts nie. Hy verlang dat nederige harte oopgelê word, sodat Hy hierdie
nederige harte kan neem en aan hulle die—die goeie dinge kan openbaar wat Hy bestem het vir almal wat Hom liefhet.
9 Nou, ons het gevra…En ek het 'n getuienis wat ek graag wil—wil lewer. Nou, as ek my hiermee vergis; ek het dit pas gehoor, en ek kan wees dat ek verkeerd is. Maar ek dink die mense is hier, en op wie die getuienis betrekking het.
10 En dan, 'n paar dae gelede, toe ek nou weg van my huis was, in—in Arizona, het ons 'n—'n oproep gekry wat gesê het daar is 'n seuntjie met rumatiekkoors. En dit tas die hart aan. En hy was so 'n…Sy vader en moeder is sulke dierbare, kosbare vriende van my. Dit was ons…een van ons diakens hier, van die kerk, Broer Collins. Sy seuntjie, klein Mickey, Joe se speelmaat, het aan rumatiekkoors van die hart gely. En die dokters het hom huis toe gestuur, hom in die bed gesit, en vir die ouers gesê om hom nie eens regop te laat kom nie, ook nie sy kop op te lig, om 'n slukkie water te neem nie. Neem dit met 'n strooitjie; so erg was hy. En die ouers, getrou, kom hier na die tabernakel toe, en glo.
11 En 'n paar aande gelede, om nie te probeer wag nie, het ons genesingsdienste op Sondag aangekondig. Maar, siende dat ons nou vrae gaan beantwoord, moes ons toe die genesingsdiens uitlaat.
12 En toe het ek 'n ietsie gehad wat ek in my binneste gehou het, in my hart.
13 En die moeder en vader wou weet of hulle die kind na die—die kamer toe kon bring. En hulle het die kêreltjie daarheen gebring, en die Heilige Gees het hom as genees verklaar.
14 En so het die ouers, wat dit gerespekteer het, die kêreltjie huis toe gevat en hom skool toe gestuur, hom net skool toe gestuur.
15 Die dokter het dit te hore gekom, toe was die dokter nie baie ingenome met so-iets nie. So, hy sê toe natuurlik vir die moeder dat die kind in die bed behoort te wees. En sy het vir hom die storie vertel. En ek dink die man is 'n, verstaan ek, is 'n Christengelowige, by 'n denominasie. 'n—'n Sewende Dag Adventis, is die dokter. En toe het hy gesê: "Wel, jy behoort…dis tyd dat die kind, dat ek hom ondersoek." Het gesê: "Jy behoort hom, ten minste, te laat ondersoek."
16 Het die kind soontoe geneem, en die dokter het hom ondersoek, in die bloed, waar die rumatiekkoors lê. En toe, verstaan ek, was die dokter so verbaas, dat hy nie geweet het wat om te doen nie. Die seuntjie is perfek normaal, gesond en wel, nie 'n…?…is gevind nie.
17 Nou, is die Collinse hier? Ek kon dit verkeerd vertel het. Ek wil…Is dit reg, Suster Collins? Ja. Goed. Ja. Dis klein Mickey Collins, net omtrent ses, sewe jaar oud.
Sy het gesê: "Goed."
18 En dit het net daar in die kamer gebeur, omtrent drie aande gelede. O, hulle…Moes Iemand in daardie kamer gewees het behalwe menslike wese! Dit was die—die groot en magtige Jehova, dis reg, wat kom om Sy Woord te eer. En ek—ek is so dankbaar om dit te hoor. Sien? Ek weet ons almal is. Nie net ek nie, maar almal is, want wat as dit—dit jou seuntjie of my seuntjie was?
19 En, onthou, ek lewer getuienis, maar net van 'n enkele een, en soek hier en daar een uit. Dit gebeur oral, maar net om julle te laat onthou dat—dat my eintlike bediening oor Goddelike genesing is. Maar julle…Ek is hier vir hierdie Seëls. Want, 'n bietjie later, sal julle verstaan waarom ek hierdie moes doen. En, so, ek is nie 'n leraar nie, ek is nie 'n teoloog nie. Ek—ek bid net vir die siekes, en ek het die Here lief. En nou, nou hieroor, tog, dat…
20 Gisteraand het ons 'n getuienis gelewer van die dogtertjie… Ek het haar naam gekry. En Billy het dit nou hier iewers, van die ouer en wie hulle is. En hierdie dogtertjie was in die laaste stadium van leukemie, net omtrent…Net so erg dat hulle haar nie meer per mond kon voer nie; sy moes…haar bloed is oorgetap deur die are. En sy was 'n mooi ou dingetjie. Sy was klein vir haar ouderdom, omtrent soos hierdie dametjie hier, veronderstel ek. Maar sy was omtrent so lank, baie…Hulle was soos die meeste van ons. Jy kon aan die klere van die kind sien, dat…en die ouers, dat hulle baie arm was, sommer baie arm, en, so, maar werklik eerbiedig. En die Heilige Gees het daardie kind as genees verklaar.
21 Nou, dink net daaraan, met leukemie, daardie ou skepseltjie. En die bloed was so erg, hulle kon haar nie eens meer per mond voed nie. Dit moes neem, na die hospitaal gaan en bloed neem, of die oortappings deur die are, het dit gevoed; skat ek, glukose, of wat ook al. Ek weet nie watter
|
6b2c156b-59ef-4995-99ba-2c48b0d382fc-0
| 1
|
Maar, die Lewe, kyk wat het gebeur.
462 En as Hy dit moes doen, sodat ons 'n kans kon hê, hoe kan ons daardie kans van liefde versmaai? As daar in hierdie gebou, vanaand, daardie persoon is, jonk of oud, wat tot nou toe nog, daardie geleentheid versmaai het, wat vir God so 'n prys gekos het, en jy wil, vanaand, daardie offer van God aanvaar; sodat jy nie, vir sover ons weet, 'n martelaar hoef te wees nie, hoewel jy dalk nog kán wees. Maar 'n wit kleed is vir jou voorsien. En as God nou aan jou hart klop, waarom dit nie aanvaar nie! [Broer Branham het drie keer op die preekstoel—Red.]
Nou kom ons buig weer ons hoofde.
463 As daardie persoon, of persone, hierbinne is, wat dit begeer, of dit wil aanneem op die basis van jou geloof in die gestorte Bloed wat God vir jou moes stort, moes ly bo enigiets wat enige ander sterfling het. Daar kon nie 'n sterfling wees wat so gely het nie. Totdat, Sy Eie smart Sy water van Sy Bloed geskei het, in Sy are. Voor Hy na Gólgota gegaan het, het druppels Bloed uit Sy liggaam uitgekom, met sulke smart en gebroke hart oor wat Hy moes doen. Maar, kon dit geweier het ook. Maar, het dit gewilliglik vir my en jou gedoen. Kan jy sulke onvergelykbare liefde verwerp?
464 En jy sien dit nou, met die opening van hierdie Seëls; dit wat jy gedoen het, en wat God vir jou gedoen het. En jy is gereed om jou lewe aan God oor te gee, en as Hy jou sal gryp uit die hande van die antichris waarin jy nou is, sal jy Sy offer aanneem, deur net jou hand na Hom toe op te steek, te sê: "God, hierdeur dui ek aan, dat ek daardie offer van genade aanvaar"?
465 "En Broer Branham, ek verlang jou gebede, dat ek altyd getrou sal bly."
466 Steek jou hand op, en ek sal bid. God seën jou. God seën jou. Bedoel dit nou. Moet—moet dit nie doen tensy jy dit bedoel nie. En net daar waar jy sit, aanvaar dit net daar. Want, onthou, jy sou nie jou hand kon opsteek, tensy Iets vir jou gesê het om dit te doen nie. En niks anders kon dit gedoen het, behalwe God nie.
467 So, nou, wanneer julle die Skrifte so volmaak ontvou sien! Julle sien wat aangegaan het, daar deur die eeue heen, die laaste paar jaar, twintig of dertig jaar. Julle sien dit volmaak bevestig word. Julle sien die Skrif presies sê wat gebeur het, en wat klaarmaak om te gebeur. Dan, op die basis van die geloof in die werk van Christus, net waar julle nou sit, en julle hande opgesteek het, sê: "Van hierdie oomblik af aan, is dit afgehandel. Ek neem Christus nou aan as my Verlosser. En ek sal vir Hom lewe, vir die res van my lewe. En ek begeer dat God my sal vul met die Heilige Gees." En as jy nie gedoop is in die Naam van Jesus Christus nie, die bad sal vir jou wag.
Kom ons bid.
468 Here God, daar was 'n groot aantal hande wat opgegaan het, onder die mense. Ek is seker dat U die einste Here Jesus is, wat die versoening vir ons gedoen het, baie jare gelede. En deur daardie Seëls geopenbaar te sien, en die groot dinge wat net hier plaasgevind het in die laaste paar jaar, glo ek met my hele hart dat die deur van genade begin toegaan, en U is nou gereed om U reis te onderneem om U mense te verlos. Terwyl daar plek is, en 'n oop deur, soos dit was in die dae van Noag, mag hierdie kosbare siele wat lewe in die liggaam van hierdie tentwoning, wat eendag afgebreek sal word, wat daardie sterflike hand opgesteek het, aan hulle binnekant; vanweë hulle—hulle oortuiging en hulle verklaring, dat hulle glo en U aanbod aan hulle, vir redding, wil aanvaar, op hierdie geopende verseëlde-Boek, wat vir ons geopen is. Gee aan hulle, vanaand, Here, 'n kleed van die geregtigheid van Jesus Christus, en beklee hulle siel daarin, sodat hulle voor U kan staan op daardie Dag wat op hande is, volmaak, deur die Bloed van Christus.
469 Here God, as hulle nie gedoop is in die Naam van Jesus Christus in nie! En op die openbaring wat U vir my gegee het daaroor; en siende dat Paulus selfs mense beveel het wat deur Johannes die Doper gedoop is, om weer herdoop te word in die Naam van Jesus Christus, ten einde die Heilige Gees te ontvang, in Handelinge 19. Ek vra dat U hulle sal oortuig van die Waarheid, Here, en mag hulle U gehoorsaam.
470 En dan in gehoorsaamheid van hulle aanvaarding, en gehoorsaamheid aan hulle belydenis, en aan die water; mag U, op U beurt, hulle vul met die Heilige Gees, vir krag om te dien,
vir die res van hulle lewe. Ek dra hulle nou op aan U, in die Naam van die geofferde Lam van God, Jesus Christus. Amen. Amen.
Ek het Hom lief, ek het Hom lief Omdat Hy my eerste liefgehad het En my verlossing gekoop het Op Gólgota's boom.
471 Nou, aan julle wat julle hande opgehad het. Gehoorsaam die opdrag van die Gees, wat sal volg op die—die bevestiging van die Woord, vir 'n bekeerde sondaar. Volg dit, in elke daad. En die God van die Hemel beloon jou vir jou standpunt vir Hom. Die Here seën julle.
472 Bring nou môre-aand julle potlode en papiere, soos julle het. Ons verwag om teen dieselfde tyd hier te wees, teen sewe-dertig, op die kop, as die Here wil. En deur…bid vir my, dat God die Sesde Seël vir my sal oopmaak, môre, dat ek in staat sal wees om Dit aan julle te bring soos Hy Dit aan my gee. Tot dan, sing ons weer. Nie net deur liedere nie, maar deur lof aan Hom wat in ons plek gesterf het en ons verlos het. Ek Het Hom Lief. "Ek…"
Hier's julle pastoor nou.
…Hom lief, ek het Hom lief Omdat Hy my eerste liefgehad het.
DIE VYFDE SEËL AFR63-0322
(The Fifth Seal)
DIE OPENBARING V AN DIE SEWE SEËLS REEKS
Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Vrydagaand, 22 Maart 1963, by die Branham Tabernakel in Jeffersonville, Indiana, V.S.A., is geneem vanaf 'n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.
AFRIKAANS
©2020 VGR, ALL RIGHTS RESERVED
V OICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE 58 DISA ROAD, ADMIRAL'S P ARK, GORDON'S BAY 7140 WESTERN CAPE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
VOICE OF GOD RECORDINGS
P.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.
www.branham.org
Kopiereg kennisgewing
Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op 'n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as 'n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op 'n webtuiste geplaas word, in 'n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.
Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:
Voice Of God Recordings
P.O. Box 950, Jeffersonville, Indiana 47131 U.S.A.
www.branham.org
|
6b2c156b-59ef-4995-99ba-2c48b0d382fc-1
| 1
|
Oxford Suksesvolle Wiskunde: Gr 6: Leerdersboek
J. Pretorius,R. Potgieter,Werner Ladewig
Oxford suksesvolle wiskunde help leerders en onderwysers om met vertroue aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring te voldoen. Die Oxford suksesvolle‐reeks is in skole getoets om te verseker dat elke les, aktiwiteit en assesseringstaak suksesvol in Suid‐ Afrikaanse klaskamers geimplementeer kan word. Kenmerke: omvattende kurrikulumdekking en uitgebreide inhoud wat onderwysers in staat stel om met vertroue te onderrig leerdergesentreerde en goed gestruktureerde aktiwiteite wat aan onderwysers geleenthede bied vir konsolidering, hersiening en vaslegging maklik bruikbare beplanningsinstrumente en assesseringsriglyne wat tyd spaar vir onderwysers materiaal wat in klaskamers landwyd deur leerders en onderwysers getoets en aanvaar is.
Oxford Reading Tree: Level 2: Snapdragons: What Is It?
Ozone Layer
PAINS ET CONFITURES FACILES
Oxf PB Dict Aust and Mod Eng Usage Pack
Paesaggi perduti. Campania 1943. Ediz. italiana e inglese
Oxford Successful Tibalo: Gr 3:
|
3098b81c-a034-4e7d-9d8d-a903b94b0e04-0
| 2
|
(In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 1988/000570/06) JSE-kode: ACT, ACTP ISIN: ZAE000078416, ZAE000082269 ("AfroCentric" of "die Maatskappy")
GEOUDITEERDE VERKORTE GEKONSOLIDEERDE GROEPRESULTATE
VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2009
VERKORTE GEKONSOLIDEERDE INKOMSTESTAAT
VERKORTE GEKONSOLIDEERDE BALANSSTAAT
VERKORTE GEKONSOLIDEERDE STAAT VAN VERANDERINGS IN EKWITEIT
VERKORTE GEKONSOLIDEERDE KONTANTVLOEISTAAT
REKONSILIASIE VAN WESENSVERDIENSTE EN VERDIENSTE TOESKRYFBAAR
AAN EKWITEITSHOUERS
HOOFTREKKE
* 368% toename in wins
* 72% toename in VPA
* 90% toename in verwaterde VPA
INLEIDING
Die direksie bied met genoeë die geouditeerde resultate vir die jaar geëindig 30 Junie 2009 aan.
Teen die agtergrond van 'n wêreldwye fi nansiële krisis, gekenmerk deur die mislukking van verskeie sleutelinstellings en 'n daling in verbruikerswelvaart en ekonomiese aktiwiteit, het AfroCentric uitstekende vordering gemaak. AfroCentric se omsigtige benadering en die direksiebeleggingskomitee se streng voldoening aan sy voorgeskrewe beleggingsdissipline het die Maatskappy goed te staan gekom in 'n uiters moeilike en onbestendige mark.
REKENINGKUNDIGE BELEID EN OPSTELLINGSGRONDSLAG
Die verkorte gekonsolideerde fi nansiële state van die groep vir die jaar geëindig 30 Junie 2009 is in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde ("IFRS"), Internasionale Rekeningkundige Standaard 34, die noteringsvereistes van JSE Beperk, en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 61 van 1973, soos gewysig, opgestel. Die verkorte gekonsolideerde fi nansiële state van die groep word op die historiesekoste-grondslag opgestel en stem ooreen met die rekeningkundige beleid wat vir die jaar geëindig 30 Junie 2008 ooreenkomstig IFRS toegepas is.
AARD VAN BESIGHEID
AfroCentric is 'n beleggingsbeheermaatskappy in swart besit en sy vernaamste beleggings is in die privaatgesondheidsorg-, elektronika- en kommunikasiebedryf. AfroCentric het ook 'n samewerkingsooreenkoms met Rio Tinto Plc vir mineraalprospekteer- en -eksplorasieprojekte. Meer onlangs het AfroCentric verspreidingsooreenkomste met Hanwha Corporation, een van die grootste nywerheidsinstellings in SuidKorea, gesluit. Afgesien van hierdie aktiwiteite het AfroCentric voortgegaan om sy tesouriefondse te bestuur.
Gedurende die jaar onder oorsig het AfroCentric 'n aanvanklike 63,2% van die aandele in Lethimvula Investments Limited ("Lethimvula") verkry. Aangesien dit 'n geaffekteerde transaksie is soos in die Kode vir Oornames en Samesmeltings van die PSR ("PSR-kode") gedefi nieer, het AfroCentric ooreenkomstig die PSR-kode 'n aanbod aan die minderheidsaandeelhouers van Lethimvula gemaak.
Op 30 Junie 2009 het AfroCentric 83,8% van Lethimvula besit en AfroCentric gaan voort om gesprek te voer met daardie Lethimvula-aandeelhouers wat hulle Lethimvula-aandele te koop aanbied. Lethimvula is 'n beleggingsbeheermaatskappy en sy vernaamste bate is 'n 100%-belang in Medscheme Limited, 'n multimedieseskema-administrateur, wat trustees en lede van sowel oop as bepaalde korporatiewe mediese skemas dien. Medscheme is die grootste medieseskema-administrateur in swart besit in Suid-Afrika en dek ongeveer 2 miljoen lewens in die mark vir privaatgesondheidsorg-administrasie. Sedert voorgenoemde verkryging het Medscheme ooreenkomste met Old Mutual gesluit, eerstens om dié maatskappy se medieseskema-administrasiebesigheid te verkry en tweedens om Medscheme Life aan Old Mutual te verkoop. Daarbenewens is ooreenkomste vir wedersydse samewerking tussen Old Mutual en Medscheme gesluit, wat 'n raamwerk vir wedersydse samewerking skep.
BEDRYFSOORSIG
AfroCentric se beleggings in die genoteerde Jasco Electronics Holdings Limited ("Jasco") het toeskryfbare verdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2009 van R7,6 miljoen (2008: R3,5 miljoen) en voorkeurdividende ontvang van R11,4 miljoen (2008: R1 miljoen) opgelewer, 'n aansienlike toename vergeleke met verlede jaar, maar dit was wesenlik daaraan toeskryfbaar dat verlede jaar se verdienste slegs vir Juniemaand 2008 gerapporteer is. Jasco se verskillende sake-eenhede is erg aangetas deur die ekonomiese afswaai wat gedurende die afgelope jaar ondervind is, maar gegewe die infrastruktuuraard van Jasco se bedrywighede en beleggings, die verbetering van kommoditeitspryse en die groep se kontraktuele verhoudings met Telkom en Eskom, heers daar 'n mate van omsigtige optimisme, wat die bedryfsektor oor die algemeen en die maatskappy in die besonder betref. Jasco se resultate is op 16 September 2009 op SENS bekend gemaak en meer inligting oor Jasco se verdienste en bedrywighede is onder die JSE-kode: JSC beskikbaar. AfroCentric se belegging in Lethimvula het verdienste van R47,2 miljoen (voor belasting) vir die vyfmaandetydperk geëindig 30 Junie 2009 opgelewer, wat wesenlik ooreenstem met die verdiensteramings en projeksies wat gedurende die kontroleringstudie bereken is. Medscheme is 'n indrukwekkende administrasie-onderneming wat professioneel en doeltreffend deur 'n hoogs gemotiveerde, bekwame en ervare span uitvoerende beamptes bestuur word. Die lewensversekeringsbesigheid is gedurende Julie 2009 aan Old Mutual verkoop en die bedryfsbestuur sal nou sy aandag op sy administrasiekliëntebasis fokus, insluitende die vestiging van die Old Mutual-verkryging, die Oxygen Mediese Skema wat onlangs op tender verower is en die tendertoekenning vir die bestuurde gesondheidsorg van die staat se mediese skema vir werknemers ("GEMS").
AfroCentric sal voortgaan om leiding en steun vir Medscheme se groeiende bedrywighede, insluitende die nodige navorsing en hulpbronne vir gepaste strukture en uitvoerbare oplossings vir die voorgestelde Nasionale Gesondheidsorg-inisiatiewe, te verskaf.
AfroCentric se eksplorasie- en prospekteerverhouding met Rio Tinto Plc duur voort ingevolge die ooreenkoms vir wedersydse strategiese samewerking. Hoewel 'n aantal projekte in verskillende stadiums van geofi siese opmeting en navorsing is, word boorprogramme wat gedurende die jaar afgehandel is steeds geëvalueer. Bykomende prospekteerregte in Noordwesprovinsie is gedurende die jaar aan AfroCentric toegeken en dié regte sal deel van 'n bestaande Rio Tinto-projek vorm vir verdere eksplorasie.
FINANSIËLE RESULTATE AfroCentric se groepverdienste na belasting het met 368% tot R50,5 miljoen (2008: R10,8 miljoen) toegeneem. Hierdie toename ontstaan hoofsaaklik as gevolg van toeskryfbare verdienste vanaf assosiate en die konsolidasie van Lethimvula se inkomste en verdienste vir die vyfmaandetydperk geëindig 30 Junie 2009. Verdienste per aandeel (VPA) het met
|
<urn:uuid:b6264ace-97ff-4f53-9c7d-4e98bf20386c>-0
| 0
|
Bo-Bo's Land
Speeldorp
Vissersstraat 97
8340 Moerkerke - Damme
Uitnodiging
Van ______________________
Datum: __/__/___
Van _____ u tot _____ u
Gelieve te verwittigen voor __/__/___ op
gsm ___________ of email ________________
Tot dan!
Bo-Bo's Land
Speeldorp
Vissersstraat 97
8340 Moerkerke - Damme
Uitnodiging
Van ______________________
Datum: __/__/___
Van _____ u tot _____ u
Gelieve te verwittigen voor __/__/___ op
gsm ___________ of email ________________
Tot
|
<urn:uuid:e51cbe85-7235-48e6-97e4-e18d54ab10cd>-0
| 0
|
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2016
Veterinêre mikrobiologie 210 (VEM 210)
Fakulteit
Module-inhoud
*Verwys na die Engelse weergawe van die Course Catalogue.
Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2016 |www.up.ac.za| 22:01:55 01/02/2025 | Bladsy 1 van
|
e285bd5c-724f-4e57-85ac-64874062ac68-0
| 1
|
DUBBELDOOR-WAARDE UIT KANOLA
Saaiboere met vee kan gerus kanola as wisselbougewas oorweeg, sê mnr. Petrus Fouché van PhytoFarming.
Die gewas se plaaslike aanplantings het sedert 2010 met gemiddeld 38,6% per jaar toegenem, sê hy.
PhytoFarming is die landbou-arm van die biobrandstofgroep PhytoEnergy, en Fouché se taak is om die kanolabedryf in Suid-Afrika te bevorder.
Benevens suiver kommersiële gewas, kan kanola ook suksesvol as ’n dubbeldoel-gewas ingespan word, wat eers bewei en dan geoes kan word. Dit kan ook vir hooioproduksie, kuilvoer of as dekgewas gebruik word, sê Fouché.
Sy statistieke bewys dat kanola reuse-weidingpotensiaal kan bied. Hy haal voorbeeld in die jongste nuusbrief van die KwaZulu-Natalse geenbewerkingsklub aan.
Mnr. Pieter de Jager van Albertinia het met ’n gemiddelde jaarlikse reëinvall van net 380 mm (vanaf 2007 tot 2010) gevind dat die drakrag van sy kanola vir skape en volstruise 3,8 kleinvee-eenhede per hektaar per jaar was, teenoor sy hawer se 3,2 KVE/ha/jaar.
By Senekal kon mnr. Pieter Heyns in 2006/’07 sy beste 13 maande lank kanola-aanplantings laat afwei. Dit het vier keer in die winter ingesluit, sonder reën, asook na elke somerreën. In teenstelling daarmee, sê Fouché, bied voergrane, soos rog, hawer en korog (Triticale spp.), twee tot hoogteens drie beweidings van goeie gehalte.
Die kanola van mnr. Johannes Joubert van Riversdal het hom in 2013 eers 28 wei-dae vir 37 ooie per hektaar gegee voordat hy dit geoes het. Fouché bereken dat dit hom voerkoste van R6,50 per ooi per dag bespaar het. Die kanola se wei-waarde was dus R6 734/ha. Hergroei van verskeie stamme per plant het hom toe ’n oes van 1,5 ton/ha gegee. In randwaarde was die oes R6 750/ha werd teen die R4 500/ton wat hy daarvoor gekry het. Sy totale inkomste uit die kanola was dus R13 484/ha. “Dit is duidelik die wei-waarde vergoed oor en oor vir die effens laer opbrengs weens die beweiding vooraf,” sê Fouché.
Voorts is daar ook sterk aanduidings dat kanola die winsgewendheid van opvolggewasse kan verhoog, spesifiek onder besproeiing.
Fouché verwys na mnr. Tommie Masterson van Kokstad, wie se mielies ná kanola geen Fusarium gekry of omgeval het nie, en ’n gemiddelde opbrengs van 4 ton/ha meer gelewer het as sy mielies wat ander gewasse opgevolg het.
In ’n Noord-Kaapse boerdery, waar dieselfde mieliekultivar op dieselfde tyd en met dieselfde bemesting op twee aangrensende spilpuntlande geplant is, was die mielie-opbrengs ná koring 10 ton/ha, en dié wat kanola opgevolg het, 15 ton/ha.
By Hartswater het ’n boer gevind dat kanola met mielies as opvolggewas sy mielie-opbrengs met gemiddeld 2 ton/ha verhoog het, sê Fouché. – MARLEEN
|
612dc30b-740a-4107-ab42-b4bb1ac883fe-0
| 1
|
Nogeens: Sending en Evangelisasie.
Onderlinge verhouding, draagwydte en strukturering
J J Kritzinger
ABSTRACT
Yet again: mission and evangelism. Mutual relationship, range and structuring
In the past the distinction between "mission" and "evangelism" was usually seen in an outreach to different categories of people. Mission, it was said, has to do with "not-yet-Christians", whereas evangelism tries to win back "no-more-Christians". The theological reason for the distinction was the presence or absence of (previous) covenant relations. Nowadays it is preferred to differentiate rather on the basis of an understanding of the essence of the two activities. Mission is understood as the broader activity of the church's involvement with the world, while evangelism is seen as the explicitly evangelising dimension of mission. This new understanding influences the traditional structuring of the church's work ad extra. This is illustrated in the case of the Dutch Reformed (Ned Geref) Church. Some relevant observations are made about the restructuring.
AANLEIDING
Ek is nie die eerste wat aan hierdie saak aandag gee nie. Onder andere het A C Barnard op die 1981 Predikantekonferensie van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria hierdie saak uitgebreid behandel\(^2\). Daarby het verskeie studiestukke voor sinodes van die Ned Geref Kerk gedien. Al hierdie werk was egter wesenlik rasionaliserings van 'n destyds bestaande praktyk in die Ned Geref Kerk\(^3\).
In 1990 het die Algemene Sinode, na vooraf studie, besluit om die twee bestaande kommissies, naamlik vir Sending en vir Ampsbediening en Evangelisasie bymekaar te voeg\(^4\). Die nuwe kommissie is genoem die Kommissie vir Sending en Evangelisasie\(^5\). Die twee vorige kommissies se sake moes toe noodwendig met mekaar geïntegreer word. Daar is egter spoedig ontdek dat ook die grense met ander kommissies (by name Gemeentebediening en Diens van Barmhartigheid) nie meer so duidelik was nie. Dit is dus glad nie so seker dat die rasionaliseringsproses tussen die kommissies reeds 'n eindpunt bereik het nie.
In die lig hiervan wil ek weer 'n keer kyk na die redes vir die integrasie, om sodoende meer duidelikheid te kry oor die verhouding tussen sending en evangelisasie. Ek wil egter ook moontlike verdere stappe onder oorweging neem.
**WAAROM DIE TWEE INTEGREER?**
**Redes vir die vroëre skeiding**
Daar kan 'n saak uitgemaak word vir die onderskeiding tussen sending en evangelisasie. Die probleem is egter dat die twee aksies tradisioneel in die Ned Geref Kerk geskei is. Die oorspronklike onderskeiding het berus op 'n teologiese argument, wat veral in die Nederlandse Gereformeerde kringe gebruik is\(^6\), en wat daarop neerkom dat sending en evangelisasie op verskillende objekte gerig is.
Volgens hierdie verbondsteologie is 'n duidelike grens tussen geloof en ongeloof veronderstel. Verbondskinders (gemeentelede) wat afgedwaal of teruggesak het, maak prinsipieel 'n ander kategorie uit as daardie mense wat nog nooit deur die doop ingelyf is in 'n gemeente nie. Sending het te doen met daardie mense buite die verbond, terwyl evangelisasie die terugroep van afgedwaaldes beoog. Sending werk dus na buite (ekstensiewe opbou), evangelisasie na binne (intensiewe opbou)\(^7\). 'n Algemene, maar onpresiese uitdrukking van die verskil tussen die twee aksies was: sending het met "nog-nie-christene" te doen, en evangelisasie met "nie-meer-christene"\(^8\).
Volgens die Ned Geref Kerk se Algemene Sinode van 1982 se formulering was evangelisasie die aktiwiteit om "diegene wat vervreemd is van Christus, sy Woord en sy Kerk en wat om die rede buite kerkverband geraak het... tot bekering te lei en weer in te lyf in die gemeente van Christus". Sendingwerk, aan die ander kant, lei tot die totstandkoming van (afsonderlike) jong kerke\(^9\). Sending is nie 'n "inbring huis toe" (soos evangelisasie) nie, maar die daarstelling van 'n nuwe tuiste.
Dat hierdie onderskeiding (om van skeiding nie eers te praat nie) heelwat probleme ingehou het, is deur almal erken\(^{10}\). Die grense tussen die twee kategorieë vervaag toenemend. Die mense buite die kerk verkeer deesdae iewers op 'n ongebroke kontinuum wat strek van pre- tot post-christendom. Deels is dit die gevolg van die volkskerke, waar die grense nie baie skerp getrek word nie en die doopplegtigheid gesekulariseer is tot 'n naamgewingsfunksie\(^{11}\). In so 'n situasie kom dit neer op 'n oorspanning van die verbondsteologie om nog op die wesenlike verskil tussen gedooptes en ongedooptes aan te dring.
Die weg uit hierdie dilemma is deur beide Barnard en De Klerk gesoek in kerkvernuwing, die herontdekking van die tug, ja, wat hulle genoem het "ampsbediening" of "verbondsherstel"\(^{12}\). Dit is dus die verleenheid met die onderskeiding
tussen die objekte van sending en evangelisasie wat die Ned Geref Kerk daartoe gebring het om evangelisasie met "ampsbediening" in een kommissie te kombineren.
Redes vir die integrasie van 1990
1 Soos hierbo aangedui, het die tradisionele (onder)skeiding onhoudbaar geword. Afgesien van enige prinsipiële probleme is die saak in Suid-Afrika verder verswaar deur die teenwoordigheid van kultuur (lees: rasse-) verskille.
Selfs ongelowige Westerse (blanke) mense moes, vanweë hulle agtergrond, in die praktyk as afgedwalde christene beskou word - iewers in elke blanke se verlede lê tog 'n doop! Prinsipeel gesproke kon daar dus nie van sending onder blankes sprake wees nie, maar slegs van evangelisasie. Hierdie mense was egter moeilik uitkenbaar, en daarom het die werk van die kommissie vir evangelisasie verskraal totdat daar eindelik slegs klem gelê is op ampsbediening. Evangelisasie het tog oor die "eie mense" gegaan, en hulle was kerkmense. Hulle moes deur die normale bediening bereik word. Die uitreik na nie-christen blankes soos die Jode, en die bediening van die Portugese en anderstaliges, het ook by hierdie kommissie tereg gekom, en natuurlik ook die "sending" in Portugal.
Andersyds is aanvaar dat alle ander volkere (die "nie-blankes" dus) nie hierdie "christelike" agtergrond deel nie, en daarom deur middel van die sending bereik moes word. Daarom het 'n sendingkommissie in die praktyk die departement van nie-blanke sake van die Ned Geref Kerk geword. Die verkondiging van die evangelie aan die nie-blankes, en die verhoudings met en ondersteuning van die "dogterkerke", het die taak van die sendingkommissies geword (Die jongkerke het tereg beswaar gemaak daarteen dat die gesprek met hulle deur die sendingkommissies gevoer is... hulle was mos nie "heidene" nie!); leraars wat in die jong kerke gedien het, is beskou as sendelinge; en subsidies van hierdie Kerke se werk is as sendingbydraes beskou.
Die sending is dus kop en pootjies ingetrek in die kleurpolitiek. Sendingkommissies het aktief meegewerk aan die ontwerp en deurvoering van die, vir swartmense onaanvaarbare, beleid van afsonderlikheid. Dit het (soos te verwagte) ook ernstige spanning tussen die Ned Geref Kerk en die ander lede van die familie van Ned Geref Kerke laat ontstaan. Die sendingaksie van die Ned Geref Kerk het in die ongelukkige situasie beland dat dit weens politieke persepsies by die blankes onpopulêr geword het, maar terselfdertyd by die nie-blankes verwerping beleef het weens die paternalistiese aard en houding van die sendingbeleid. Dit alles was die gevolg van 'n konnotasie van kleur wat aan die sending gekleef het.
Die onderskeiding tussen sending en evangelisasie wat op grond van die onderskeie objekte gemaak is, kon dus nie meer deurgaan nie. Trouens, die gebruik om hoegenaamd van "objekte" te praat, so word deesdae
|
<urn:uuid:be4ff630-b01b-441f-945a-d33a167f7e54>-0
| 1
|
volkskultuur diepgaande deur die kerkgeskiedenis help vorm, maar is die wesenlike van kerkwees vir die groot meerderheid nie meer ter sake nie.
Kyk Barnard, *a w*, 49 en de Klerk, *a w*, 18.
Benewens die "binne" van die ware gelowiges, en die "buite" van die heidene, het daar volgens Barnard in die praktyk 'n grys area tussen die kerk en die wêreld ingeskuif. Die ideaal en werkelikheid kom nie ooreen nie. Barnard het hierdie drie terreine by wyse van konsentriese sirkels voorgestel: die middelste sou die terrein van die ampsbediening wees, dit is die gemeente; dan volg die eerste (grys) kring, die terrein vir evangelisasie; en daaromheen die kring van die sending, wat strek tot die uithoeke van die wêreld (Barnard, *a w*, 50-51).
"Nie-blankes" is eintlik as nie-christene beskou, ten spyte van die feit dat die oorweldigende meerderheid christene in die land reeds "mense van kleur" was. Reeds vir 'n halfeeu of langer behoort die groot meerderheid swartmense aan christelike Kerke. Trouens, die 1980 sensus het aangedui dat die Tswanas (byvoorbeeld) reeds dieselfde persentasie kerklike aanhang had as die blankes (meer as 91%). Uit J J Kritzinger, *Die godsdiens-mosaiek van Suid-Afrika*, Pretoria 1986, 16 en 18.
Dit is veral Theo Sundermeier wat hier 'n nuwe weg opgegaan het. Hy praat van "Konvivenz", begrypende kommunikasie, die aanvul van mekaar in die proses van getuienis. Een aanhaling kan aandui wat hy bedoel: "The prophetic word does not exist without those for whose ears it is intended. The other is therefore by definition not merely the object of the message, but also its subject. Like faith, therefore, testimony receives life from the act of listening, listening to the word of God and to the other, the stranger, in whose features the face of God becomes visible" ("Missiology yesterday and tomorrow", *Missionalia* 18 (1990), 266).
Vergelyk my bogenoemde artikel oor die gedagtes van Bosch. Barnard (*a w*, 48) is reg as hy sê dat 'n ontleiding van die verskillende Nuwe-Testamentiese woorde nie veel help om 'n onderskeiding daar te stel nie, maar die deeglike artikel van Bosch, "Mission and evangelism: clarifying the concepts", *Zeitschrift für Missionswissenschaft und Religionswissenschaft* 68 (1984), 161-191, skep tog 'n goeie basis om op voort te bou.
Ons sou in hierdie verband eerder wou praat van evangelisering as
evangelisasie. Laasgenoemde het die konnotasie van 'n bepaalde aksie, 'n organisasie verkry, terwyl eersgenoemde meer die aard van die aktiwiteit aandui.
18 Kyk Kritzinger, *a w*, 1990, 151-153.
19 Bosch, *a w*, 1984, 171.
20 Bosch, *a w*, 173.
21 Kyk Kritzinger, *a w*, 1990, 147.
22 J Bosch, *Witness to the world*, Atlanta 1980, 17-18.
23 Vergelyk hiervoor Kritzinger, *a w*, 147-149.
24 In die Sendingreglement en Artikel 53 van die Kerkorde word die sendingbegrip van die Ned Geref Kerk pragtig uitgespel om presies dieselfde te sê as wat hier uiteengesit is. Dit beteken nie dat hierdie breër sendingbegrip veel verder in die Kerk deurgedring het as die papier waarop dit geskrywe staan nie. Waarskynlik is dit die enger begrip - waar sending, soos evangelisasie, slegs te doen het met die mondelinge verkondiging van die evangelie, en die redding van sondaars - wat by die meeste predikante en lidmate van die kerk funksioneer.
25 Ek is daarvan bewus dat die meeste opleidingsplekke hieraan werk. Hierdie moet dus nie as 'n algemeen geldige oordeel gesien word nie, maar eerder as 'n oproep om meer erns met die noodsaklike herstrukturering te maak.
26 Hierdie vakgebied staan natuurlik onder verskeie name bekend, wat telkens 'n ander beklemtoning reflekteer.
27 Uiteindelik lyk die verdeling tussen Praktiese Teologie en Missiologie baie soos die ou kulturele of kleurverdeling tussen evangelisasie en sending: die een is georienteer op Westerse mense, die ander op "mense van kleur"! Sendingwetenskap is die departement Afrikasake van die teologie.
28 Dit is bekend dat die Sending- en Evangelisasiekommissie met die kommissies vir Gemeentebediening en Diens van Barmhartigheid hulle onderskeie raakpunte bespreek.
29 Vergelyk hiervoor my *Die onvoltooide sendingtaak in Suid-Afrika*, Pretoria 1988, 34-36.
30 'n Vierde dimensie wat dikwels (grootliks tereg) bygevoeg word, is *leitourgia*, die aanbiddingselement. Trouens, daar kan nog ander belangrike elemente bygevoeg word (soos J J du Preez se "Tiendimensionele sending", *ISWEN-Kommunikasie* 7 (1985), 1-24), maar onder die drie dimensies wat hier genoem word, kan al die ander wel tuisgebring word.
Dit is hier waar die tradisionele evangelisasie meestal tekort geskiet het. Evangelisasie is beperk tot woorddiens. Waar sending darem nog omvattend na mense gekyk het, was evangelisasie bloot ingestel op die evangelieboodskap, en hoofsaaklik binne die mure van die kerk.
Politiek is die ordening van die gemeenskap. Die deelname aan die soeke na 'n samelewing waarin mense nie tekort gedoen word nie, kan politieke diakonaat genoem word.
Hy het dit geillustreer in die boekie geredigeer deur Phil Robinson en Johan Botha, *Wat is sending? 'n Werkswinkel vir die familie van NG Kerke*, Belhar 1986, 115-121.
Mike McCoy het onlangs (in "Equipping the people of God for Christian witness: an Anglican account", *International Review of Mission* 328 (1994), 47) met 'n pragtige aanpassing hiervan gekom. Die drie "missional vocations", soos hy dit noem, wat gesamentlik die holistiese sending uitmaak, is "evangelism - proclaiming God's forgiveness"; "the service of the poor and needy - proclaiming God's compassion"; en "the search for justice, peace and the integrity of creation - proclaiming God's holiness".
Hier volg maar enkele opmerkings oor ingewikkelde histories gegroeide sake en is nie bedoel as finale voorstelle nie. Ek is bewus daarvan dat kommissies hieroor samesprekings voer en voorstelle formuleer.
Dit lyk asof die sinode nie verder wou gaan as om twee kommissies saam te voeg nie. Die prinsipiële samevoeging van twee werksaamhede is nie radikaal deurdink nie. Daarom is, ter wille van die bekendheid van die terme, met 'n samevoeging volstaan. Die alternatiewe naam Getuienisaksie sou wel 'n prinsipiële verskuiwing behels.
Die verduideliking is in ieder geval nodig, aangesien ook die ou begrippe sending en evangelisasie gebruik gaan onder baie misverstande.
Die NG Sendingkerk en die Ned Geref Kerk in Afrika het reeds in April 1994 verenig as die Verenigende Gereformeerde Kerk - die proses is aan die gang.
Ek praat hier van die Suid-Afrikaanse konteks. Die wêreldkonteks bring ook ander aspekte na vore, soos die werkelike "onbereiktheid" van 'n groot deel van die bevolking. Tog meen ek dat die taak van die kerk ook wêreldwyd verander het.
Vergelyk die belangrike artikel van A B du Toit, "Die geloofwaardigheid van die kerk en sy boodskap - enkele Nuwe-Testamentiese perspektiewe", *NGTT* 22 (1981), 166-178.
|
<urn:uuid:be4ff630-b01b-441f-945a-d33a167f7e54>-1
| 1
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 3 gegewensblaaie.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af.
11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Die versnelling as gevolg van gravitasie op Aarde is groter as dié op die maan.
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?
A Die gewig van 'n voorwerp op die Aarde is dieselfde as dié op die maan.
B Die massa van 'n voorwerp op die Aarde is dieselfde as dié op die maan.
C Die massa van 'n voorwerp op die Aarde is groter as dié op die maan.
D Die gewig van 'n voorwerp op die Aarde is minder as dié op die maan. (2)
1.2 Die kragtediagram hieronder toon die kragte wat op 'n houer inwerk.
N
F
Watter EEN van die volgende vergelykings is KORREK vir die grootte van die normaalkrag (N)?
A N = w + Fcosθ
B N = w + Fsinθ
C N = w – Fcosθ
D N = w – Fsinθ
1.3 'n Klip word vertikaal opwaarts teen 'n spoed van v m∙s -1 vanaf die bopunt van 'n gebou geprojekteer. Die posisie-tyd-grafiek hieronder verteenwoordig die beweging van die klip. Ignoreer die effekte van lugweerstand.
Watter EEN van die kombinasies hieronder oor die groottes van die klip se snelheid en versnelling, by tyd t1, is KORREK?
(2)
| | GROOTTE VAN SNELHEID (m∙s-1) | GROOTTE VAN VERSNELLING (m∙s-2) |
|---|---|---|
| A | 0 | 9,8 |
| B | 0 | 0 |
| C | v | 0 |
| D | v | 9,8 |
1.4 'n Trollie met massa m beweeg teen konstante snelheid v na regs op 'n wrywinglose horisontale oppervlak. 'n Bal klei, ook met massa m, wat vertikaal laat val word, val op die trollie by tyd t, soos in die diagram hieronder getoon word.
Die bal klei sit aan die trollie vas.
Watter EEN van die snelheid-tyd-grafieke hieronder is die KORREKTE voorstelling van die snelheid van die trollie voor en na tyd t?
1.5 'n Persoon lig 'n krat teen konstante snelheid vertikaal opwaarts deur 'n afstand h. Die persoon verrig in tyd t arbeid x op die krat.
Die persoon tel nou dieselfde krat teen konstante snelheid vertikaal opwaarts deur dieselfde afstand, maar in tyd 2t.
Die arbeid wat die persoon op die krat verrig, sal nou ... wees.
1.6 Die golflengtes van lig wat deur 'n afgeleë ster uitgestraal word, lyk korter wanneer dit vanaf die Aarde waargeneem word. Hieruit kan ons aflei dat die ster ...
A na die Aarde toe beweeg en die lig blouverskuiwing ondergaan.
B na die Aarde toe beweeg en die lig rooiverskuiwing ondergaan.
C weg van die Aarde af beweeg en die lig rooiverskuiwing ondergaan.
D weg van die Aarde af beweeg en die lig blouverskuiwing ondergaan. (2)
1.7 Twee identiese ligte grafietbedekte sfere, P1 en P2, word met gebruik van identiese dun geïsoleerde draadjies laat hang. P1 is gelaai, maar P2 is neutraal. Die sfere word dan met mekaar in kontak gebring, soos in diagram I getoon. Daarna neem die sfere die posisies in, soos in diagram II getoon.
Watter EEN van die volgende stellings oor die ladings op die sfere verduidelik moontlik waarom die sfere weg van mekaar beweeg nadat hulle geraak het, soos in diagram II getoon?
| | TEKEN VAN LADING OP P 1 | TEKEN VAN LADING OP P 2 | GROOTTE VAN LADINGS OP P EN P 1 2 |
|---|---|---|---|
| A | + | + | Ongelyk |
| B | - | - | Ongelyk |
| C | + | - | Gelyk |
| D | + | + | Gelyk |
(2)
geleier
magneetveld
A
B
C
D
1.8 Wanneer 'n resistor met weerstand R aan 'n battery met emk Ɛ en weglaatbare interne weerstand, verbind word, is die drywing wat in die resistor gelewer word, P.
Indien die resistor vervang word met 'n resistor met weerstand 2R, sonder om die battery te verander, sal die drywing wat verbruik word ... wees.
A ¼P
B ½P
C 2P
$$D 4P$$
(2)
1.9 Die diagram hieronder toon 'n stroomdraende geleier wat in 'n uniforme magneetveld lê wat na regs wys. Die stroom vloei in die bladsy in.
Watter EEN van die volgende pyle toon die rigting van die krag wat deur die geleier ondervind word as gevolg van die magneetveld?
(2)
1.10 Lig met 'n sekere frekwensie word op 'n metaal M geskyn en elektrone word vanaf die oppervlak vrygestel. Dieselfde ligbron word op 'n ander metaal N geskyn.
Die elektrone wat vanaf die oppervlak van metaal N vrygestel word, het 'n baie hoër kinetiese energie as dié vanaf metaal M.
Dit beteken dat ...
A metaal N dieselfde arbeidsfunksie as metaal M het.
B metaal N 'n groter arbeidsfunksie as metaal M het.
C die drumpelfrekwensie van metaal N hoër is as dié van metaal M.
D die drumpelfrekwensie van metaal N laer is as dié van metaal M.
(2) [20]
geleier
magneetveld
2.1 'n 8 kg-blok, P, word teen KONSTANTE SPOED deur konstante krag F teen 'n hoek van 30 o met die horisontaal teen 'n ruwe skuinsvlak opgetrek.
Krag F is parallel aan die skuinsvlak, soos in die diagram hieronder getoon.
2.1.1 Stel Newton se Eerste Wet in woorde.
2.1.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram vir blokP.
Die kinetiese wrywingskrag tussen die blok en die oppervlak van die skuinsvlak is 20,37 N.
2.1.3 Bereken die grootte van kragF.
(2)
(4)
(5)
Krag F word nou verwyder en die blok VERSNEL teen die helling
|
e0982464-a1bd-43f2-a7a8-fbd71a9bc8c8-0
| 1
|
Vooraf opmerkings:
• Hou altyd die volgende in gedagte:
"Daar is IEMAND wat weet wat jy nodig het nog voordat jy hoef te vra!"
• "Dit is onmoontlik om die Ons Vader-gebed na te bid terwyl jy jou volle aandag op elke woord daarvan rig, sonder dat daar 'n verandering, miskien onopmerkbaar klein maar tog onmiskenbaar in jou plaasvind."
• Jesus het dit nodig gevind om dikwels te bid - kan dit dan vir óns anders wees?
(Matteus 14:23)
• Helmut Thielicke het by geleentheid gesê:
"So wyd is die trefkrag van Jesus se modelgebed vir sy dissipels dat ons dit kan noem: Die gebed wat die wêreld omspan."
• Lees Lukas 11:11-13.
Wat leer die vertelling van die vaderskap van God?
• Die Aramese woord wat Jesus gewoonlik gebruik het as Hy met God praat, is *Abba* wat in Afrikaans eintlik "pappa" beteken. Een van die eerste woordjies wat 'n Joodse kindjie daardie tyd geleer het.
Wat beteken dit vir jou persoonlik?
• Wat dink jy is die verband tussen Hebreërs 12:29 en die vaderskap van God?
|
<urn:uuid:90b5186f-4713-4234-a8c2-e1ad57cc4e0c>-0
| 1
|
Skriflesing: Obadja
Teks:
Obadja 1:3-4, 21
Sing- Ps. 118:1,10; Ps. 147:2; Ps. 68:13; Ps. 133:1,2
Obadja 1
Oba 1:1 Die gesig van Obadja. So sê die Here HERE aangaande Edom: Ons het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!
Oba 1:2 Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.
Oba 1:3 Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?
Oba 1:4 Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel— daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
Oba 1:5 As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het—hoe is jy vernietig! —sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?
Oba 1:6 Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!
Oba 1:7 Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê 'n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!
Oba 1:8 Sal Ek nie in dié dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?
Oba 1:9 En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.
Oba 1:10 Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.
Oba 1:11 Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het—toe was jy ook soos een van hulle!
Oba 1:12 En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!
Oba 1:13 Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en nie die hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!
Oba 1:14 En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.
Oba 1:15 Want die dag van die HERE is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.
Oba 1:16 Want net soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.
Oba 1:17 Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal 'n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.
Oba 1:18 Dan sal die huis van Jakob 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam, maar die huis van Esau 'n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die HERE het dit gespreek.
Oba 1:19
Dan sal dié van die Suidland die gebergte van Esau, en dié van die Laeveld die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría, en Benjamin Gílead in besit neem.
Oba 1:20 Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefárad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.
Oba 1:21 Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.
Skriflesing:
Obadja
Teks:
Obadja 1:3-4, 21
Sing- Ps. 118:1,10; Ps. 147:2; Ps. 68:13; Ps. 133:1,2
Toe ons die profesie van Joël so twee weke gelede na vore gebring het, broeder en suster, toe het ons reeds gesê dat soos wat die Hosea en Amos saamgelees kan word, so moet Joël en Obadja in verband gebring word. Joël wat ons die profeet van Pinkster kon noem, hy wat die uitstorting van die Heilige Gees tussen al die profete so treffend kon aankondig. Nog 'n kenmerk van Joël was die swerms en swerms sprinkane wat daar na vore kom. Hoe sprinkane alles kan vreet, dit maak 'n land leeg, terwyl die Heilige Gees waarvan Joël die profeet is die Een is waarmee ons werklik vervul kan word. Die Heilige Gees maak lewens vol maar dan moet ons lewens met die Woord van God vervul wees.
Wanneer ons na deurlopende temas uit hierdie profesieë luister dan sal ons by almal tot dusvêr hoor hoe God die hart van die mens wil aanraak. In alles moet ons harte op diens aan die Here gerig wees. As God sy volk na Hom terugroep, dan moet hulle hul harte ook as volk op die Here rig. Die volk wat in daardie tyd as kerk eintlik maar dieselfde was. Dan kom God naby die mens, die mens kan dan in die volle teenwoordigheid van God kom. God se teenwoordigheid is in alles 'n werklikheid. Dit alles voor die ballingskap, ná die ballingskap dan sal baie van hierdie groot verwagtinge steeds dieselfde wees.
Dit van die drie profete tot nou toe nagegaan gelyktydig gespreek, vandag staan ons by Obadja wel in aansluiting by Joël in die sin dat hulle beide sterk daarop klem lê dat die dag van die Here as 'n ingrypende daad in menselewens gaan inkom. Dan gaan God sy toorn uitgiet, God gaan straf. Dit het Joël en Obadja met mekaar in gemeen, beide tree op in die suidelike ryk, die twee-stammeryk, om Juda in die oog te hou.
By Obadja het ons egter die mees ingrypende verskil dat God in belang van Juda teen Edom profeteer. Edom, die Edomiete watter hartseer staan hier nog altyd geskrywe as uitvloeisel
wat daar in die huis van Isak gebeur het. Jakob en Esau, die tweelingbroers, maar Esau en sy nageslag laat heeltyd 'n wrang smaak en wanklank agter. Moet nie 'n fout maak om te dink
die nageslag van Esau was sonder 'n mooi toekoms in die vergetelheid gelaat nie. In Obadja het alles met die Edomiete, met die nageslag van Esau te make. Tog wanneer Obadja die
groot toekoms wil binnetree, daar word spesifiek oor Edom geprofeteer dan laat ons die drie gedagtes tot ons spreek- 1. Hoe hoog was Edom uitgelig. 2. Hulle diepe vernedering. En
dan in die laaste plek – wat sê die Woord deur dit alles heen vir ons hier vandag.
2
Hoe hoog was Edom uitgelig:
Die nageslag van Esau was manne wat hulleself hoog en vindingryk in van die sterkste van posisies kon inwerk. Hulle was mense wat in die berglande kon bly. Hulle hoofstad het
|
<urn:uuid:2b30eda2-6eb2-48ab-b903-76b31b37f241>-0
| 2
|
wat die klip geen lewe het nie, maar die klip is weggerol. Christus die lewende Woord het dit Self weggerol. Van binne weggerol, van buite weggerol, maak nie saak nie, want Hy sou in alle geval soos wat Hy deur 'n gesluite deur kon beweeg sou Hy verby die harde klip van binne sy graf kon uitbeweeg en dit van buite wegrol. In alle geval sou Hy dit van binne ook kon wegrol, dit maak geen verskil nie, maar die verskil kom in hoe dooie stene die lewende Woord kan laat spreek.
Die lewende Woord van God het die dooie klippe en hoogtes van Edom deurgedring. Edom agter jou hoë rotse en verskansde stede, daar waar klip en hoogte julle volslae op julleself aangewese gemaak het, daar waar hulle gedink het, niks en niemand kan ons kwaad aandoen nie, ons kan maar op ons broervolk Juda trap, ons kan hulle maar verneder, ons kan leef asof hulle nie ons broers is nie. Ons is mos selfstandig, onafhanklik, ons is oortuig van ons independentisme, ons sou in verdere kerkreg taal hulle kon beskuldig van kongregasionalisme, alles groot woorde wat hoë uitdrukking wil gee, maar dit kom daarop neer, moet nie dink die verband met Juda wat langs julle is, kan maar op neergesien en daarop getrap word nie.
Juda is beslis nie sondeloos, vlekkeloos nie, nee alles behalwe, hulle sonde is baie. God stuur ook profeet na profeet om teen Juda te profeteer, maar Edom dit is tyd dat julle voor julle eie deure begin vee. Eintlik is dit te laat, al bly julle so hoog God gaan nie net voor julle deure vee nie, God gaan julle hele bestaan uitvee. Die dag gaan kom wat hierdie diepe vernedering stukkie vir stukkie gaan plaasvind-
Hoe hierdie vernietiging plaasgevind het, broeder en suster, is natuurlik belangrik om ook daarop te let. Hulle wat so voorberei was op aanvalle van buite, hulle voorraadskure was
volgepak, pakhuis na pakhuis sou hulle kos en wapens kon berg, maar hulle sou nooit voorberei kon wees van hoe God hulle sou tref nie. Die Here het verraaiers in hulle eie geledere laat binnekom. Hulle voorraadskure is stelselmatig geplunder. Kyk weer mooi na vers 7- ... die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê 'n strik onder jou as jou brood. 'n Verraaier is soos 'n rysmier. Hy doen sy vernietigingswerk van binne af. Baie keer gebeur dit dat die kerk se grootste vyande is diegene wat binne die kerk hulle plekke vir 'n ander doel gebruik. Eers wanneer dit te laat is dan kom jy agter maar hierdie een wat altyd nog saam met ons was, is nooit deel van ons gewees nie.
Verraad kan nooit goedgepraat word nie, daar is geen manier om dit te regverdig nie. Dink maar ook hoe 'n verraaier Judas Iskariot was, maar in Edom was dit die begin van hulle einde. Daar sou vir hulle geen beskerming meer oorbly nie. Wie presies hierdie verraaiers was word nie aangedui nie. Obadja maak wel baie duidelik hoe daar naderhand geen wyses meer oorgebly het nie. Hulle wat so lekker gekry het toe hulle broers onder die sweep van die veroweraars moes buig. Hulle lag toe daar eintlik baie hartseer hulle binneste moes indring. Toe Juda in die moeilikheid was, sou dit eintlik verwag kon word Edom moet ons wil help. Nee, hoe glimlaggend was hulle gesigte toe hulle broers onder die ander mense verguis en vergruis was.
Geliefdes dit bring ons by die laaste gedagte van hierdie besondere profesie in die reeks waarmee ons besig is.
Wat sê die Woord deur dit alles heen vir ons hier vandag:
Ons besef die sonde van onbetrokkenheid. Hulle wat hulle broers in die uur van nood verloën het. Draai hulle rug op die mense wat waarlik hulp nodig gehad het. Hier moet ons die Heilige Gees in sy werking deur die Woord goed in berekening bring. Daar moet herstel plaasvind, maar hoe?! Baie duidelik sal ons raaksien dat God se geskiedenis met sy volk loop nooit dood in ondergang en vernietiging nie, maar in herstel.
Onthou dit gaan om God se Woord wat vervul sal word, die koninkryk wat aan God toebehoort is waaroor ons vanuit Obadja so opgewonde oor kan wees. Ons lees ook van die besondere werkinge van die Heilige Gees in vers 18 en 19. Ons lees van vlamme- die huis van Jakob sal 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam. Edom sal soos stoppels hierdie vlamme inkom. Oor hulle hul broers uitlag en vergenoeg neerkyk op hulle lyding. Hulle dink
Juda is swak en sal net nog swakker word. Dit gee hulle 'n innerlike vergoeiliking. Ja, hier het ons ook die kerk in die Ou Testament. Dit is ander se oë swak, dit het nie baie krag nie, boonop verdeeld, maar deur die krag van God, deur die vlamme en die vuur van God word dinge anders na gekyk.Die vuur van die Ou Testament word voort gebrand in die vuur van die Heilige Gees.
Wanneer ons vandag na onsself as moderne mense sal wil verwys, laat ons maar hardop wonder of ons dinge anders doen as die oue Edomiete. Beteken dit as mens sê jy is beskaaf dat daar werklik ontwikkeling plaasgevind het op die terreine wat God na ons kyk. Ons moet nie vergeet waarmee hierdie profesie maar 'n enkele hoofstuk lank, mee eindig nie. Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort. As ons vandag op n besondere manier na die wêreld om ons kyk dan besef ons hier waar ons is, hier was baie mense voor ons. Eintlik staan alles in hierdie lewe op 'n verskriklike groot begraafplaas, waar dit nie net gaan om mense wat begrawe is nie, maar voorgeslagte se lewens lê in lae hier onder die grond. Die grondbodem bedek die geslagte soos wat tye verbygegaan het en die werke en lewens van hulle wat vóór ons was, lê laag op laag. Hoe groot 'n kasteel ook mag gebou wees, hoe veilig mense hulleself agter dikke mure en wat nog kon verskuil ons moet die taal van die verganklikheid kan praat. Die koninkryk van God is anders, alles wat aan God toebehoort is anders!
Edom was 'n streek, dit was mense, was 'n gebergte wat op geen wyse wou glo oor wie ons is, kan daar 'n einde wees nie. Dit is die fout van die lewe, want wie dit sê mis Wie die ware lewe is, Jesus Christus ons Here. Al was daar stad op stad, opgrawings wil beweer tot soveel as 30 stede was daar in daardie tyd, daar was geleerdes, daar was koopkrag, daar was mense met geweldige tegniese vaardighede om 'n plek uit te lê dat jou nes tussen die sterre gestel word, maar hoor weer die slotakkoord van hierdie profesie. Die koninkryk sal aan die Here toebehoort.
Ons as mense kan alles wil doen om vir onsself koninkryke op te rig, maar die enigste Wie se koninkryk werklik ewig sal wees is die van God in Jesus Christus. Hoe wonderlik om dan met mekaar af te spreek, dit wat God se Woord deur Obadja was, dit wat God met ons in Christus spreek is dat sy Woord ewig is en die Woord wat tot in ewigheid sal bly is die Woord in Christus wat altyd dieselfde sal bly. Tussen die verlossers wat Obadja na verwys wat die berg Sion kon opgaan, ken ons die ware Verlosser, die enigste wat daar kon wees wat
verder gegaan het as net die opgaan van 'n berg. Hy het die kruis, die dood moes deurgaan, Hy wat dood was, Hy lewe. Hy maak vir ons 'n tuiste, nog baie hoër, baie ruimer as die sterre, dit is ewig... In die huis van my Vader is daar baie woonplek... Hy voeg by, as dit nie so was nie sou Ek dit vir julle gesê het.
AMEN
|
<urn:uuid:2b30eda2-6eb2-48ab-b903-76b31b37f241>-1
| 1
|
LOGAN TONEELFEES - FRASERBURG WOLKKOP
Toekennings
GOUD vir Nuutgeskrewe Teks
GOUD vir Regie
GOUD vir Stel, Kostuums en Rekwisiete
GOUD vir alle Tegniese Versorging
GOUD vir spel Ben Albertyn
SILWER vir spel Jacques Meyer
GOUD vir spel Jane de Wet...
Nominasies
WolkKop as Beste Produksie
Marí Borstlap is genomineer vir:
Beste Nuutgeskrewe Teks
Beste Regisseur
BEN ALBERTYN WEN BESTE AKTEUR VAN DIE FEES.
JANE DE WET WEN BESTE AKTRISE VAN DIE FEES.
WOLKKOP WEN BESTE TEGNIESE VERSORGING VAN DIE FEES.
DIE MAN IN DIE LUGBALLON
Toekennings
BRONS vir Nuutgeskrewe Teks
SILWER vir Regie
GOUD vir Stel, Konsep, Rekwisiete
GOUD vir kostuums en grimering
GOUD vir Tegniese Versorging
GOUD vir spel Angelique Marais
SILWER vir spel Andahr Cotton
SILWER vir spel Carla Spies
SILWER vir spel Kirsten Moffit
SILWER vir spel Monique Pretorius
SILWER vir spel Xander Venter
SILWER vir spel Rohan Pieterse
SILWER vir spel Stefan Le Roux
SILWER vir spel Kyla Van der Merwe
SILWER vir spel Clara Knift
SILWER vir spel Morgan Mendelsohn
BRONS vir spel Ilse Erasmus
BRONS vir spel Line Boshoff
BRONS vir spel Alex Van Greuning
BRONS vir spel Chelsea Potgieter
Nominasies
Die man in die lugballon as Beste Produksie
Die man in die lugballon as Beste Ensemble
Annelie Van Zyl is genomineer vir Beste Tegniese Versorging
Angelique Marais is genomineer vir Beste Aktrise
THE PROJECT
Production:
Gold
Text:
Silver
Sound and lighting: Gold
Dean Erasmus: Gold and nomination for Best Supporting Actor
Liam Walsh: Gold and BEST SUPPORTING ACTOR AWARD
Cameron Murray: Silver
Liam de Bliquy: Silver
Carly Beavon:
Silver
Kyla van der Merwe: Silver
Nominations:
Best production, technical and ensemble
KLEIN LIBERTAS TIENERTONEELFEES - STELLENBOSCH
WOLKKOP
Goud vir AV
Goud vir Ligte
Goud vir Klank
Goud vir Verhoogbestuur
Goud vir Teks
Goud vir Regie
Goud vir spel Ben Albertyn
Goud vir spel Jane De Wet
Goud vir spel Jacques Meyer
WEN:
BESTE PRODUKSIE, BESTE AKTEUR (BEN), BESTE AKTRISE (JANE) EN BESTE AKTEUR IN 'N ONDERSTEUNENDE ROL (JACQUES) VAN DIE AAND.
DRING DEUR NA DIE FINAAL VAN DIE FEES.
WEN :
BESTE PRODUKSIE, BESTE AKTEUR IN 'N HOOFROL, BESTE AKTRISE IN 'N HOOFROL, BESTE TEGNIESE VERSORGING EN BESTE REGISSEUR TOEKENNINGS .
DIE MAN IN DIE LUGBALLON
GOUD vir Kostumering en grimering
SILWER vir toneelspel Morgan Mendelsohn
SILWER vir toneelspel Carla Spies
SILWER vir toneelspel Angelique Marais
SILWER vir toneelspel Andahr Cotton
BRONS vir toneelspel Alex Van Greuning
BRONS vir ensemble spel Rohan Pieterse
BRONS vir ensemble spel Xander Venter
BRONS vir ensemble spel Stefan Le Roux
BRONS vir ensemble spel Kirsten Moffit
BRONS vir ensemble spel Monique Pretorius
BRONS vir ensemble spel Chelsea Potgieter
THE PROJECT
Liam Walsh:
Gold
Liam de Bliquy: Silver
Carly Beavon:
Bronze
Kyla van der Merwe: Bronze
DURBANVILLE TIENERTONEELFEES.
WOLKKOP
DUBBELGOUD vir toneelspel:
Ben Albertyn as Alex
Jane de Wet as Trix
GOUD vir toneelspel:
Jacques Meyer as Max
DUBBELGOUD:
Regie : Marí Borstlap
Stel en Beligtigs Ontwerp: Marí Borstlap
Teks: Marí Borstlap
GOUD vir tegniese inkleding:
Jaco Potgieter - Klankoperateur
Josh Olivier - Beligtingsoperateur
Christian Jolly - AV Operateur
Charlene Erlank – Verhoogbestuurder
Nominasies
Beste Regisseur
Beste Tegniese Versorging
Beste Produksie
WEN
BESTE NUWE TEKS : MARÍ BORSTLAP
BESTE AKTEUR : BEN ALBERTYN
BESTE AKTRISE : JANE DE WET
DIE MAN IN DIE LUGBALLON
GOUD vir Nuutgeskrewe Teks
GOUD vir Regie
GOUD vir produksie
GOUD vir Stel, Konsep, Rekwisiete
GOUD vir kostuums en grimering
GOUD vir Tegniese Versorging
DUBBELGOUD vir Ensemble spel
GOUD vir spel Angelique Marais
GOUD vir spel Andahr Cotton
GOUD vir spel Clara Knift
GOUD vir spel Alex Van Greuning
SILWER vir spel Carla Spies
SILWER vir spel Kirsten Moffit
SILWER vir spel Monique Pretorius
SILWER vir spel Stefan Le Roux
SILWER vir spel Kyla Van der Merwe
SILWER vir spel Morgan Mendelsohn
SILWER vir spel Ilse Erasmus
SILWER vir spel Line Boshoff
SILWER vir spel Chelsea Potgieter
BRONS vir spel Xander Venter
BRONS vir spel Rohan Pieterse
Nominasie:
DIE MAN IN DIE LUGBALLON – BESTE ENSEMBLE
THE PROJECT
Ensemble:
Silver
Production:
Silver
Directing:
Silver
Script:
Silver
Dean Erasmus: Silver
Liam Walsh: Silver
Cameron Murray: Silver
Liam de Bliquy: Silver
Carly Beavon:
Silver
Kyla van der Merwe: Silver
Ruan Blanckenberg: Silver (sound operator)
Charl van Heynigen: Silver (light operator)
ATKV TIENERTONEELFEES – WES KAAP STREEKSFEES
WOLKKOP
Teks: GOUD
Regie: GOUD
Stel, Kostuums, Beligting + Klankontwerp en Tegniese Inkleding: GOUD
Ben Albertyn: GOUD
Jacques Meyer: GOUD
Jane de Wet: GOUD
Ensemble: GOUD
Jaco Potgieter vir Klankoperateur: GOUD
Josh Olivier + Charl van Heynening vir Beligtingsoperateurs: GOUD
Christian Jolly vir AV-operateur: GOUD
Charlene Erlank vir Verhoogbestuur: GOUD
Dring deur na die streeksfinaal by ARTSCAPE in Kaapstad WEN DIE STREEKSFINAAL VAN ATKV WES KAAP. DRING DEUR AS EEN VAN DIE 10 FINALISTE VIR DIE NASIONALE ATK FEES wat in Potchefstroom by die AARDKLOP Kunstefees plaasvind.
DIE MAN IN DIE LUGBALLON
Teks: GOUD
Regie: GOUD
Stel, Kostuums, Beligting + Klankontwerp en Tegniese Inkleding: GOUD
Ensemble: GOUD
Eddie Turner vir Klankoperateur: Silwer
Klankbaan ontwerp: GOUD
Belligtingsontwerp: GOUD
Tony Mcpherson vir Beligtingsoperateurs: GOUD
Shaylyn Pretorius vir verhoogassistent: Silwer
Suné Van Zyl vir Verhoogbestuur: Silver
GOUD vir spel Angelique Marais
GOUD vir spel Andahr Cotton
GOUD vir spel Clara Knift
GOUD vir spel Alex Van Greuning
GOUD vir spel Carla Spies
GOUD vir spel Kirsten Moffit
GOUD vir spel Monique Pretorius
GOUD vir spel Stefan Le Roux
GOUD vir spel Kyla Van der Merwe
GOUD vir spel Morgan Mendelsohn
GOUD vir spel Ilse Erasmus
GOUD vir spel Line Boshoff
GOUD vir spel Chelsea Potgieter
GOUD vir spel Xander Venter
GOUD vir spel Rohan
|
<urn:uuid:98e950dc-f671-4c0b-bb84-c017deef4cca>-0
| 0
|
DIE NUWE DEKADE
Wat hou 1980 en die nuwe dekade vir u en my in? Watter uitdagings, verantwoordelikhede en besondere probleme wag daar op ons in die werksituasie? Die antwoorde daarop sal bepaal word deur die verwikkelinge op vier gebiede:
- op die internasionale ekonomiese en staatkundige gebied;
- in ons eie Suid-Afrikaanse gemeenskap;
- aan ons moederorganisasie, die Universiteit van Pretoria; en
- in ons beroep, die biblioteek- en inligtingswese.
Oor elkeen kan ons baie sê, maar ek moet noodwendig met enkele opmerkings volstaan. Wat die eerste gebied betref, is die dramatiese styging van die goudprys 'n aanduiding dat die Russiese inval in die Midde-Ooste die wêreld op die randjie van 'n derde wêreldoorlog gebring het. Die olie van die Midde-Ooste is die spil waarom die wêreld in die komende dekade sal draai. As 'n super moondheid soos Rusland beheer daaroor kan uitoefen, lê die weg na eventuele wêreldoorheersing vir hom oop. In die lig van die VSA se huidige kragteloosheid as gevolg van 'n lamsakkige Carteradministrasie, dit opkomming van die magtige China en die ontwaking van Japani komunistiese regiem het by almal beseft Rusland waarskynlik dat die tyd nou geleë is om sleutelplanne deur te voer. Met ons strategiese ligging en rykdom aan minerale sal ons die implikasies van die verwagte magstryd nie ontsnap nie. Al sou 'n wêreldoorlog afgeweer word, sal oliepryse nogtans geweldig styg en sal ons steeds te doen hê met 'n ongekende inflasiekoers en moontlike resessie. Dit sal Suid-Afrika verhinder om die groeiende handhaaf wat nodig is om genoeg werkgeleenthede vir die toenemende aantal swart arbeiders in hierdie land te skep.
Ten spyte van die hoë goudprys, die gepaardgaande ekonomiese opbloei en bespiegelinge oor hoër salarisse kan ons in die lig van bogenoemde omstandighede nie 'n drastiese verbetering in die finansiële posisie van die Biblioteekdiens verwag nie. Trouens, vanweë die geweldige inflasiekoers sal dit al moeiliker word om die dalende kurwe ten opsigte van die groei van ons biblioteekversameling om te swaai. Wat 1980 betref, het ons reeds met ontsteltenis verneem dat ons begroting vir die aankoop van biblioteekmateriaal met R1/1 000 besnoei is: Under hierdie omstandighede vra die tyd wat voorlê van
ons 'n opskerping van ons sin vir waardes, inherente geestelike krag en maksimum produktiwiteit.
Wat die Suid-Afrikaanse gemeenskap betref, sal voorligtesette stappe om die spanning tussen bevolkingsgroepse sover moontlik te ontlont heelwat wisselende motiewe oor die beskikbaarstelling van bestaande faciliteite aan almal sal onder andere 'n groter druk op bestaande universiteite plaas. Die geweldige toename in die aantal swart matrikulante en potensiële aantal swart studente sal hoeë eise aan die uitbreiding van universitêre geriewe met gepaardgaande biblioteekfaciliteite vir swartes stel. Daarteenoor sal die groei in die aantal blanke studente afplat en selfs afneem. Die boodskap is duidelik: Ons blanke universiteite se "bloeiend werk" is vereis deur die kanalisering van staatsfondse na universiteite sal nuwe prioriteitie geld. Ons groot uitdaging sal wees om te bewys waartoe ons onder druk van omstandighede werkelik in staat is. Ons sal ons identiteit en die kultuur waarop ons so trots is moet koester, bewaar en bevorder. Daarin kan U.P. met sy besondere karakter en tradisie 'n belangrike rol speel.
Dit bring my by ons moederorganisasie, U.P. Vanweë verskeie faktore sal onderlinge mededinging tussen universiteite baie verskerp. Waar die gehalte van die universiteit se biblioteek- en inligtingsdienste in 'n hoog mate die beeld van die universiteit na buite bepaal, het ons 'n besondere verantwoordelikheid jeens ons universiteit. Verder plaas die nuwe bedeling op die gebied van tersiêre onderwys die universiteit nou op gelijke voet met die onderwysskollege en technikon. Dit is geen geheim dat die biblioteekfaciliteite van hierdie instellings vandag die pogging van akademiese opleiding beskou, in 'n nie opsigte nog ontgereken is nie. Ons sal in die kommende jaar bereid moet wees om in hierdie verband 'n helpende hand te reik.
Wat ons beroep betref, lê ons grootste uitdaging op die vlak om inligtingsverskaffing. Die universitêre opleiding raak toenemend groepsgerig en ons sal moet help om die student voor te berei vir sy eventuele behoefte aan en benutting van inligtings. Dit is nie voldoende dat die gehalte van navorsing ook afhanklik wees van ons vermoeë om relevante inligting tydig beskikbaar te stel. In die tagtiger jare sal die kennis en inligting om te kan vervaardig die vervaardigde item as handelskommoditeit vervang. Ons verantwoordelikhede en rol in die biblioteek-en inligtingsnetwerke wat ter ondersteuning daarvan uitgebou sal moet word, is groot.
Dit is stimulerend om te weet dat nuwe uitdagings op ons wag. Mag ons opgeskerp en bevoeg bly om reg daaraan te laat geskied. Dit sal bydra tot die sin van ons lewe in 'n nuwe dekade!
Prof. E.D. Gerrits
BIBLIKASIEREDAKSIE - 1990
Redaktrise Mej M Lee
Subredaktrises Mej M du Toit
Mnr M Nortjé
Mnr H Struwig
Mnr N Venter
Fotograaf
Medewerkers
Beplanning en Ontwikkeling Mej G Maritz
Aanskaf Mev M Rautenbach
Bindery Mnr C Buys
Leendienste Mej A Le Roux
Ontsluiting Mej J du Toit
Tiksters Mev J Maree
Mnr E Müller
Tydskrifadministrasie Mej R Wannenburg
Derde Verdieping Mev H Fouche
Tweede Verdieping Mev M van Zyl
IBL Mej J Bos
Africana Mej M Nortjé
Algemene Administrasie Mnr H van Breda
Finansiële Administrasie Mnr P Ferreira
Buitemuurs Mnr P Lourens
Reprografie Mnr K Muller
Medies Mev L Botha
Voorklinies Mev M Willemse
Veeratseny Mev M du Preez
Klinikala Mev W Vorster
Musiek Mev A Moolman
Landbou Mej J du Preez
7 Mej M Lee - Ykbibliotekaresse Tweede verdieping
8 Mnr T du Toit - Buitemuurs
9 Mev D Stols - Ontsluiting
13 Mev A van der Hoven - Ykbibliotekaresse Derde verdieping
14 Prof E D Gerrits - Direkteur
16 Mev M J van Rensburg - Tikster
22 Mnr M Labuschagne - Bindery
28 Mnr J G Beyers - Finansiële Administrasie
Adjunk-Direkteur:
Beplanning en Oudiovisueel?
biblikasie is:
Elke dag tussen half agt en half vyf
Welkom en totsiena
Belangrike gaste
Interessante gebruikers
Belangstellings van kollegas
'n Boek wat ek gelees het, en wil hê ander moet ook lees
Die mens by die tafel langs myne
Rekenarisering en vooruitgang
Afstof en wegpak
Die Merenaky
Jy
Skryf vir hom
Skryf hom
Lees hom
REDAKSIE 1980
versamel africana
Oumagrootjie sou haar oë nie kon glo nie ....
Hier staan haar ou ysterkateletjie dan so ewe in klein dan se Anna se kamer en die kind moes R600,00 daarvoor betaal!
Die versameling van Africana het 'n bykans onbetaalbare liefhebbery geword. Africana duil op boeke, kaarte, prente, drukwerk, kunsvoorwerpe en meubels wat betrekking het op Afrika. Die ouderdom en seldsaamheid van 'n item bepaal die gesogtheid daarvan by versameelaars. Vanaf 1939 het die neiging ontstaan om die term toeneemend op Suider-Afrikaanse voorwerpe van toepassing te maak. Die versameelaar kan hom toespits op enige van die voorwerpe of op 'n
|
8ea95bc6-f6e0-4c0e-87a2-179f9687f535-0
| 1
|
gewerkt word, hoor!
Gou-gou is begin
Musiekbiblioteek word uitgedos:
katalogus kry gekleurde laaigidse -
blou partiture, geel plate, groen boeke, oranje
kunstenaars
Lessenaars word gekleed
beige met bruin
en gekleurde dames wagtend
gretig om te help, of soms gehelp te word...
Plante pryk, so hier en daar
spestaal vir daardie "tropiese" atmosfeer
en sonnesky, sowat
dit klink onwaar!
Maar kollegas, dis nog niks
'n gekomponeerde almanak
met harp, note, sleutels
net moet alles wat 'n musiekhart begeer
Die kennisgewingbord ondergaan 'n musikale metamor-
fose
advertensies, foto's, programme, muusbrokkies
'n ware SDI-item
elke gebruiker moet net self selekteer...
Al gehoor van die Musiekbiblioteek se trots?
"tall", dark and handsome"
bespeel enige musiekinstrument binne sekondes
gratis onderrig- permanent en voltyds
Geen raaisel kan dit meer vees nie
Indien u nog nie weet nie -
probeer weer
Ja. twaalf gesofistikeerde plaat- en kasseteenhede!
Die jaar is verby
'n stilte sak toe
Bibliotekariisse bly agter
en swoeg nog voort
Die spintermawe gesiggie van vroeër
het gou in ons harte gekruip
Dit klink ongeslooflik
maar mejuffrou Elsa Bosman oarm ons verlaat.
Vawuit 'n musikale noot en nood
wil ons haar groot.
Dankie vir alles - sowat deugde word jou toegerê
ons sal jou mits, die gewis!
Aan alle kollegas -
'n groot DANKIE vir 'n groot jaar
vir vriendskap, liefde en onderskraging
wees verseker dit word oreg gewaardeer!
Ons wens u almal toe
'n Gesegnde Kersfees en
'n Voorspoedige Nuwejaar.
- ANITA MOOLMAN
"My hearing is fine... it's my LISTENING that's not so good."
VAKBIBLIOKARISSTELSEL
Die jaar negentien honderd en tagtig is besig om met 'n verbeterende snelheid ten einde te spoed en al wat nou nog voorlê voordat ons met splinter-nuwe moed en baie, goeie voornameens die nuwe jaar binne gaan, is die heerlike lang vakansiedae van niksdoen, swem en in die son lê. Die vooruitsien na en gereedmaak vir die Kersfees sal ons altyd vir 'n maand gepaaggaan met 'n mata van heimelê en 'n verlang na iets wat jy nie eintlik kan definieer nie. Die warm, geurige reuk van soet-koekies wat bak en kanne vol gemberbier, toegekurk om te gis, is assosiasies met hierdie tyd van die jaar wat 'n mens seker vir die res van jou lewe sal bybly. Tog eienaardig dat mens juís ook nou so 'n besondere behoefte aan samesyn beleef.
Op sy rondte deur die Merensky, het die poievaar hom skynbaar in besonder toegespits op die 2de vloer. Mev. Anna-Marie Arnold en Ria van Zyl gaan ons reeds aan die einde van Desember verlaat en Lucia Smith vroeg in volgende jaar. Anna-Marie, Ria en Lucia, ek kon tot dusver nog nie besluit of ek julle moet beny of bejammer nie. Een ding is egter seker, ons gaan julle baie mis. Mag hierdie nuwe fase in julle lewens alles wat mooi is, inhou. Dit is my wens dat julle almal gesonde babas sal hê wat lekker kan skreeu en stapels doekte elke dag in die was sal besorgi.
Die maand wat verby is het beslis ook nie ontbreek aan harde arbeid, ontwrigting en frustrasie nie. Die verskuiving van ons ou voorraad is binne 'n week afgehandel, danksy almal se energieke bydraes. Al naadel is dat ons nou almal probleme met ons regterhande se duime ondervind.
Mev Susan Swanepoel het nou gaan voel of die Kaapse seewater nog so koud is en Lucia het gaan vasstel of die Suidwesters se werk so hardry is as wat almal beweer. Anna die eksamen agter die rug van Ria ook geniet uitspan terwyl Anna-Marie naastligk probeer om haar opgehoopte verlof te benut.
Aan die personeel van die Biblioteekdiens: dankie vir 'n jaar se saamwerk; 'n vakansie vol lekkerhede word julle almal toegewees en mag Kersfees en die Nuwe Jaar vir almal net mooi inhou.
Groete van ons op die tweede vloer
Anita Joubert
1980 Het so stilweg onder ons neuse ingekruip - sommer sonder dat ons dit besef het. Maar toe die jaar eers in sy volle glorie toegeslaan het, sou ons ook nie kon weet wát alles hier sou gebeur nie. Die jaar het so holderster-bolder oor ons geloop - die einde in sig - en al wat oorgebly het om aan te dink: drie engeltjies en die blou-blou see vir die gelukkiges. Dis so asok 'n mens al die sout seesmaak oral kan proe en ruk.
So met die jaar saam het die mense gekom en gegaan. Sommer vroeg-vroeg al het mej Sonja Otto here-nessie hier begin skrop. Mnr Dries Gröbler het ook vroegtydig gewaarsku dat Junie-maag sommer om die draai lê. Dan sou hy nie meer een "baas" alleen hê nie, maar vele wat bevele rondslinger. En sy hare sou letterlik en figuurlik waai. Die res op die vloer moes skielik Ingenieurstudente help en watter choas gee dit soms af! Ons vrouens weet skaars waar 'n motorenjin sit. Hoe kan ons nou skielik die groot woorde en name daarvoor ken? Die studente skud sekerlik hul koppe en dink: "Red nod 'n volk met sulke mense."
Mnr Peet van die Merwe het ook besluit dat hy sy vlerke wyer moet uitsprei. Noorde toe was vir hom net die regte plek (hou wy dan kleg wekkom van die Blou Bulle?). Toe hy afskeid neem, het mej Rita Badenhorst weer bewys wat in haar steek. Sommer gou-gou het sy aangepas en die werk onder die knie gekry. Skaars was ons amper voltallig, of Sonja se bedanking beland op Annatjie se tafel.
Hopelik sal dit volgende jaar ook op sosiale gebied stiller gaan. So tussen alles deur het mej Anna-tjie Botes en Matilda Pieterse ons kans gesien om te begin huis oopit: 'n Mens kan maar net wonder of hulle dit weer sou doen as hulle weer kon besluit, want met seer lywe van 'n boektrekkery en trollie-stoot, moeë voete en tam oë, is dit sekerlik nie so maklik om saans vir manief die beste voetjie voor te sit nie?
Mnr Piet de Kock het ook nog soveel verlof geneem om oorsoe te kerjakker, dat hy nou met sulks lep-oë na almal kyk as hy net die woord "verlof" hoor. Met mev Jinnie van Oordt, Amanda van der Hoven en Hennie Fouché het dit rustiger gegaan, behalwe dat daar soms partytjies opgeduik het, en eersgenoemde twee net planné moes beraam om almal in die Merensky tevred te stel.
Ons wens almal 'n Geseënde Kersfees en gelukkige vakansies toe. Na 1980 het almal beslis 'n lang ruskanse nodig. Ons kan maar net hoop dat 1981 meer werkens met ons sal werk. Wel, eintlik kan ons maar nie wonder wat vorige jaar nog in die Merensky kan gebeur. In 1980 het die lektersers gebring, uittastings, die Groot Trek, bindberste, skitterblink vloere. Dus, dit lyk ammer asof ons
die nuwe jaar handjies gevrou kan inwag? Maar dis dinge waaraan ons eers die 5de Januarie kan dink. Geniet die vakansie: die vakansieangers en die tuisblyers, en aan almal wat ons verlaat, sterkte met die nuwe werk, of die babas, of die studies. Mag 1981 vir almal net die beste inhou.
- Hennie Fouché
17
Flartia Joubert
Elsa Bosman
Ria van Zyl
Ria Delport
Anne-Marie Arnold
Ronel Schwartz
Amanda v. Heer
Annette v.d. Meene
TOTSIEENS
|
8ea95bc6-f6e0-4c0e-87a2-179f9687f535-1
| 1
|
*
* Na die Depressie & droogte van die dertigerjare het baie mense in myne in stede gaan werk. Die stad (verstedeliking) is gesien as 'n vernietiger van die mens – veral van die Afrikaner. Dit het ook gepaard gegaan met die geestelike verval van die stadsmens.
* DJ Opperman se gedigte oor die grootstad gee strak beelde van 'n kunsmatige, onmenslike omgewing. In Stad in die mis, word die stad voorgestel as 'n staal-en-betondier; 'n sluipende metaalmonster wat dinge vernietig. Die ek-spreker beleef die stad met "gespanne spier" – 'n beeld van sy vrees vir die stadsgevare en die onheilspellende (threatening) atmosfeer wat daar heers.
1. Met gespanne spier
2. loop ek deur die mis
3. want om my sluip 'n dier
4. onder wit duisternis;
5. ek hoor hom knor en in oop mote
6. waggel sy pilare-pote
7. en sy kantelende rug metaal;
8. op hoeke van die strate blink
9. sy oë bloedbelope,
10.en met sy hap sluit staal op staal.
Regs: 'n wit mynwerker.
Onder: 'n ma en haar kinders. Baie blankes het hul plase verloor a.g.v. die droogte & is gedwing om in die stad in myne en fabrieke te gaan werk.
bite: byt
fog: mis, rokerigheid
steal along (away), prowl: skelmpies loop sodat niemand jou sien nie / ongemerk bly knor (growl) in oop mote: geluide / geraas in die strate wat soos valleie / mote (valleys tussen die geboue is
stagger : strompel, steier pilare-pote: metafoor – onder die oorweë (overhead crossings)
bloodshot eyes: metafoor – die rooi verkeersligte
Eerste Afdeling: versreëls 1-4
* Metafoor: die stad word uitgebeeld as 'n meedoënlose dier wat in die mis rondsluip. Die s-alliterasie beklemtoon die dreigende sisklank van die dier.
* Die eerste 3 versreëls vorm 'n eenheid deur die enjambement. Die funksie van die enjambement is om die beweging van dier en die spreker te beklemtoon.
* Ek-spreker is bang vir die dier wat rondsluip
Tweede Afdeling: versreëls 5-7
* Die spreker hoor die dier "knor" & hy sien hom ook op sy "pilarepote" in die strate ("oop mote") tussen die geboue.
Derde Afdeling: versreëls 8-10
* Stad as staalmonster verder beskryf: hy het bloedbelope oë, sy kake is soos 'n meganiese skopgraaf (mechanichal front loader) wat sluit soos staal op staal (steel).
'n Afrikanergesin voor hul huis in die 1930's. Sou jy 'Stad in die mis' as 'n aktuele gedig beskou, of is dit bloot 'n uitbeelding van 'n historiese gebeurtenis?
|
0f1d101e-b3ec-4aa5-a644-a3dd12bd3843-0
| 3
|
Liewe Vriende
Terwyl die jaar vinnig onder ons uitgly, is ons so intens bewus van ons Vader se sorg en voorsiening hier by Pharos. Juis hier waar ons dikwels die nood so vierkantig in die oë staar …
Daarom is ons so diep dankbaar vir elkeen wat op sy of haar unieke wyse `n bydrae lewer – hetsy finansieel, kos, klere, of op watter ander wyse ookal – om ons hande te sterk en ons in staat te stel om te volhard in ons werk.
Ons Trudreams-projek het vanjaar onder die bekwame leiding van Hester Burger groot hoogtes bereik! Ons het twee radio-praatjies gehad wat goeie vrugte afgewerp het en Groot FM het Pharos gekies as die organisasie deur wie hulle mense wil help. Sodoende kon ons verskeie matrikulante help om hulle Matriekafskeiddrome te verwesenlik.
Deur middel van effektiewe bemarking kon ons ook belangstelling lok van mense wat kan bekostig
om ons pragtige aanddrag te huur. Die huurinkomste kon ons weer aanwend om broodnodige behoeftes van ons kliënte aan te vul.
Die Pharos-groentetuin vorder fluks en ons is dankbaar vir Cornel Wentzel wat as landskapargitek ons kon help om die voorbereiding vir die besoek van ons donateurs – Ford Motor Maatskappy. Vir `n tweede agtereenvolgende jaar het Ford VSA se Global Giving Fund besluit om ons Life Skills-Projek vir hawe- en werklose manne te befonds en spesifiek vir `n groentetuin.
Die tweede fase van die projek wat eersdaags begin, is die opleiding van `n groep manne in tuinboukundige vaardighede wat deur Chris en Sandra van Staden gedoen sal word, in samewerking met Cornel. Die idee is dus om mense te bemagtig om meer selfversorgend te kan funksioneer, terwyl
hulle steeds wag vir werksgeleenthede in die plaaslike gemeenskap.
Groot was ons verbasing toe ABSA se Credit Lending CSI Pharos gekies het as een van vier Charities aan wie hulle tydens hulle Gholf-dag by Woodhill Country Club R20 000 geskenk het! Hierdie wonderlike meevaller saam met ander donasies maak dit vir ons moontlik om die nood te verlig van mense wat moed opgegee het in die lewe en nie meer kans sien om voort te gaan nie.
Ons waardeer almal se betrokkenheid en positiewe meelewing ongelooflik baie. Dit beteken vir ons so baie om te weet ons kan altyd staat maak op die wonderlike steun van ons vriende!
Saam is ons net soveel beter en sterker!!!
PHAROS-LIEFDE EN
|
e8a96d52-03e2-4e33-a140-b66c163ed5ab-0
| 1
|
EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Geregistreer by die poskantoor as nuusblad
NR. 177
(Julie 1983)
Geloof is 'n gawe van God
* * * * *
". . . Die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat Paulus gesê het."
Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520.
Geloof kom van God
Daar is 'n ware geloof.
En daar is 'n valse geloof.
Die ware geloof is om te glo dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God. (Mat. 16 : 16.)
En dit is oor die ware geloof waaroor ek met jou wil gesels, gewaardeerde leser.
Jy wil weet waar kom so 'n ware geloof dan vandaan? Met reg kan jy die vraag vra. In groot dankbaarheid kan ons waarlik weet dat die geloof nie uit onsself kom nie.
God is nie van my geloof afhanklik nie. Inteendeel - ek is vir my geloof van God afhanklik.
God is nie van my geloof afhanklik nie. Inteendeel — ek is vir my geloof van God afhanklik.
En nou wil jy dadelik weet hoe jy dan tot die ware geloof kan kom. God werk die geloof in jou hart deur die Heilige Gees. Die apostel Paulus noem dit so pragtig en op die man af in sy brief aan die Korinthiërs: . . . "en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees." (1 Kor. 12:3.)
En hierin speel my ore onder meer 'n baie groot rol. Paulus sê baie duidelik in Rom. 10:17: "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God." Ons hoor baie dinge in hierdie lewe. Maar dit kan nie in my geloof werk nie. Net wat ek hoor deur die Woord van God, wek die geloof in my.
"Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God."
Die Woord van God, die Bybel, werk ook nie die geloof in my hart nie. Die Bybel is slegs die instrument waardeur God die geloof in my hart bewerk.
Nou weet ons dat God deur Sy Heilige Gees en deur die Woord die geloof in my hart bewerk.
Die geloof is dus 'n gawe van God.
'n Geskenk as gawe aan die mens.
Dit werk baie sterk vertroue in my geloofslewe. Want sonder dat die Heilige Gees aan my sê dat Jesus, die Here is, sal ek dit nooit uit myself kan sê nie.
Daarom moet jy, soos ek, ook getrou gaan luister na die Woordverkondiging in die Kerk, want so bewerk God deur die Woord wat ek hoor, die geloof in my.
Maar so versterk God ook my geloof deur die Woord. Deur te luister . . . te luister . . . en te doen.
'n Gawe — 'n geskenk — maak ons baie bly.
So moet die gawe van geloof ons ook met baie groot blydskap vervul.
Die boodskap is so magtig dat dit die ewige heerlikheid voor my oopmaak en die ewige verderf vir my toesluit.
Dit wek net vreugde, vreugde en nogmaals vreugde.
Hoe kan God my dan so genadig wees?
Gods genade is vir ons genoeg.
Gods Woord openbaar aan ons die genade van God in Jesus Christus.
Die boodskap is so magtig dat dit die ewige heerlikheid voor my oopmaak en die ewige verderf vir my toesluit
Daarom is dit 'n krag van God tot saligheid vir elkeen wat glo. (Rom. 1:16.)
Is dit nie 'n pragtige gawe nie?
Laat ons dan maar ook die eerste ou woordjies wat ons geleer het, hier gebruik.
Toe jy as 'n ou klein kindjie iets ontvang het, is jy geleer om te sê: Ta.
Later: Dankie.
Hoe sê ons dan aan God dankie?
Deur Gods Naam uit dankbaarheid in gebed aan te roep.
Dankie Here vir die kosbare gawe van die geloof.
Ds. Andries H. Mulder.
Ken en vertrou
Op die weg na saligheid is geloof onmisbaar en noodsaaklik.
— Sonder geloof kan ons God nie behaag nie.
— Sonder geloof kan ons nie in Christus ingelyf wees nie.
— Sonder geloof kan ek nie salig word nie.
En daarom is dit vir enige persoon wat erns maak met sy ewige bestemming, van die uiterste belang om te weet wat die ware geloof is. Waaruit moet my geloof bestaan? Aan watter vereistes moet ek voldoen voordat ek myself as 'n ware gelowige kan beskou? Die opskrif van hierdie artikel noem die twee vereistes vir 'n ware geloof:
— ek moet ken
— ek moet vertrou.
Só leer die Bybel: 'n Ware geloof het altyd dié twee eienskappe
— kennis en vertroue.
— 'n gewisse kennis van die Woord van God en van al die beloftes van die Evangelie
— en 'n vaste vertroue dat al daardie beloftes ook op my van toepassing is.
Om waarlik te glo is dan om God te ken met 'n warm en liefdevolle hart.
— En om op Hom te vertrou met 'n volle oorgawe in my gemoed. Geloof is kennis en vertroue:
— Nie net kennis nie, want dan sou dit koud, liefdeloos en hoogmoedig wees.
— Nie net vertroue nie, want dan sou dit oppervlakkig wees, en van verbygaande aard.
Om te glo is om kennis te besit — nie net van die objektiewe feite van die Bybel nie, maar ook van die beloftes en die eise van die Here en die daadwerklike toeëiening en uitvoering daarvan. Om te glo is om 'n vaste vertroue te hê dat ook aan my die vergewing van sondes en die saligheid geskenk is uit louter genade, alleen ter wille van die verdienste van Christus.
Al kan ek nie alles verklaar en begryp en beredeneer nie, is my geloofskennis tog gebou op die waarheid van God se Woord wat onwankelbaar vas en seker is.
Al is ek swak van moed en klein van krag, en al knaag die twyfel aan my hart, en word ek soms in donker dieptes van ellende gedompel, tog is my geloofsvertroue gevestig op die Here wat geen belofte onvervuld laat nie, en wat alles tot die beswil van sy kinders beskik.
— Só moet ek ken.
— Só moet ek vertrou.
— Só moet ek glo.
En dan lê my geloof beslag op my hele wese:
— Op my hoof en hart en hande:
— Op my verstand en my gevoel en my wil.
Met my mond getuig ek van die genade van God wat ek ontvang het in Jesus Christus
'n Ware geloof het altyd dié twee eienskappe -
Kennis en Vertroue
Met my verstand poog ek om insig te verkry in die verborgenhede van God.
Met my hart dra ek myself in 'n vaste vertroue op aan die Here en al sy beloftes.
Met my hand is ek werksaam om geloofsdade tot eer van God te verrig.
Met my mond getuig ek van die genade van God wat ek ontvang het in Jesus Christus.
My lewe is vasgeanker in die verdienste van my Saligmaker.
My wil buig ek om, sodat dit in alles onderworpe is aan die goeie wil van God.
My gewete spreek my aan wanneer ek van die regte pad afdwaal. Selfs my gedagtes is daarop ingestel om in alles gehoorsaam te wees aan die opdrag van die Here.
En dan weet ek:
— Ek het deel aan God se verlossende genade!
— My lewe is vasgeanker in die verdienste van my Saligmaker!
— Niks kan my van Sy liefde skei nie!
— Selfs die Satan kan my nie uit sy almagshande ruk nie!
Deur my geloof is ek aan Hom verbonde — nou, en tot in ewigheid!
Ds. Pieter van der Walt.
Geloof sonder geloofsvrugte is geen ware geloof nie
Geloofsvrugte is noodsaaklik:
'n Vrugteboom wat nie vrugte dra nie, is van geen waarde in 'n mens se tuin nie. Dit is 'n sinlose vermorsing van tyd,
|
<urn:uuid:49e096c4-73e4-4c35-9436-581ef620f69b>-0
| 1
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 35 bladsye.
PUNTE: 70
Blaai om asseblief
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
| AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. | | |
|---|---|---|
| 5. Poppie – Die Drama | 35 | 20 |
| 6. Paljas | 35 | 24 |
| 7. Fiela se Kind – Die Drama | 35 | 27 |
| AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. | | |
|---|---|---|
| 8.1 ''Vegvlieënier Vivian'' | 18 | 30 |
| EN | | |
| 8.2 ''Die ballade van Robbie de Wee'' | 17 | 31 |
| AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. | | |
|---|---|---|
| 9.1 ''Die nuwe kind'' | 18 | 33 |
| EN | | |
| 9.2 ''Tien haikoes vir die Vredefortkoepel'' | 17 | 34 |
2
NASIENRIGLYNE
* As 'n kandidaat in AFDELING A en B meer as een vraag beantwoord het, word net die eerste vraag per afdeling nagesien en 'n streep word deur die tweede vraag getrek.
* As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.
* Indien net TWEE vrae in EEN afdeling beantwoord is, word slegs die eerste vraag nagesien.
* As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien.
* By aanhalings word spelfoute en leestekenfoute nie gepenaliseer nie, maar woordorde moet korrek wees.
* As 'n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word die antwoord as verkeerd beskou. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word die antwoord as korrek beskou.
* As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
* By oop vrae verdien die rede/motivering die punt. GEEN punt word toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Kandidate hoef nie laasgenoemde te skryf indien die motivering JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE insluit/impliseer nie. As JA/NEE gestel is, moet die motivering daarby aansluit om die punt te verdien.
4
AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
| VRAAG | ANTWOORD |
|---|---|
| 1.1 | Meulbos |
| 1.2 | Saul kon aflei dat oom Martiens baie verbaas/verras was om hom te sien/hom nie verwag het nie. (Of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.3.1 | andersheid |
| 1.3.2 | Saul het ... • gedink bome lewe/kry seer (en daarom wou hy nie die boom afkap nie). • toe al besef dat die bome bewaar moes word. • besef dat hy nie soos sy pa/die Bosmense gedink het nie. • besef dat hy nie soos sy pa/Bosmense ‘n houtkaaper wou wees nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.4 | Dit was beter om stil te bly, want ... • hy wou kos by oom Martiens hê. • hy het so die vrede bewaar/sou net konflik veroorsaak. • as hy iets sou sê, kon hulle hom dalk wegjaag/dink hy is ‘n spioen. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde). |
| 1.5 | Ja. • Saul het oom Martiens se gasvryheid so beledig. • Saul het nie begrip getoon vir die feit dat die Bosmense gasvry/trots was nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) OF Nee. • Saul wou nie bekend staan as iemand wat bedel vir kos nie. • Saul het geweet hy het baie meer geld as oom Martiens-hulle. • Saul wou goed doen aan oom Martiens-hulle. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.6 | • Oom Martiens se oudste seun/Arend is dood toe hy vir Saul gehelp het. • Die Bosmense het almal vir Saul kwalik geneem omdat hy die Bos verlaat het. (Of soortgelyk aan bogenoemde) |
| VRAAG | ANTWOORD |
|---|---|
| 1.7.1 | bloubokkie |
| 1.7.2 | weggejaagde/opstandeling |
| 1.7.3 | spioen/verraaier |
| 1.7.4 | wild |
| 1.8 | • Moenie mense veroordeel nie. • Vergeet van die verlede. • 'n Mens moenie altyd die ergste/slegste verwag nie. • Maak eers seker van jou feite. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.9 | • D • hy geen plek kon kry om sy houtbesigheid te begin nie. • D hy geen plek kon kry om sy houtbesigheid te begin nie. (Enige EEN) |
| 1.10 | Joram moes ... • vir Saul 'n kans gegee het om sy saak te stel. • hom nie aan die bospraatjies oor die gevare van goud steur nie. • probeer verstaan het dat Saul 'n beter toekoms vir almal wou hê. • nie met Saul daaroor baklei het nie. • nie toegelaat het dat die rusie vir hom en Saul uitmekaar dryf nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.11 | 'n Mens kan Saul bewonder omdat hy bereid was om ... • self vir Oupoot/sy dierbroer te skiet. • te keer dat iemand anders vir Oupoot skiet. • Oupoot te skiet om hom die vernedering te spaar. • sy planne opsy te skuif ter wille van Oupoot. • te staan vir dit waarin hy geglo het. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.12 | Saul het ... • leer Engels praat/verstaan/lees. • die skewe sirkel (waarmee die houtkappers bedrieg is) leer ken. • vir Kate leer ken. • gehoor dat daar goud ontdek is. • geleer hoe om goud te delf. • Geleer hoe om met mense te wrk/nie met mense te werk nie. (Enige DRIE of soortgelyk aan bogenoemde) |
NSS – Nasienriglyne
| VRAAG | ANTWOORD |
|---|---|
| 1.13.1 | Saul se loon/geld is gebruik om sy pa en broers se skuld te betaal. (Of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.13.2 | Jozef het gedink dat ... • Saul hulle verraai het/verklap het dat hulle olifanttande/ivoor onwettig verkoop. • Saul die oorsaak was dat hulle pa vir ivoortande beboet is/sy osse moes afstaan. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.14 | • A • verwyt. • A verwyt. (Enige EEN) |
| 1.15 | • iemand wat geld het/ryk is. • iemand wat Engels kan praat. (Of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 1.16 | Ja. Ek voel jammer vir Kate, want ... • sy is lief vir Saul. • sy is magteloos om dinge te verander/te verbeter/om hom te keer om weg te gaan. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) OF Nee. Ek voel nie jammer nie, want Kate ... • moes lankal besef het dit was 'n vergeefse verhouding. • moes aanvaar het dat daar te veel verskille tussen hulle
|
739e95f5-3f87-4b4d-8566-0394a3abca84-0
| 1
|
hom isoleer. • Dit vestig te veel aandag op ‘n skaam kind. (Of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 9.1.4 (a) | • B • Dit dui aan dat die houding van die leerders teenoor die nuwe kind verduidelik gaan word. • B Dit dui aan dat die houding van die leerders teenoor die nuwe kind verduidelik gaan word. (Enige EEN) |
| 9.1.4 (b) | • E • Dit dui aan dat die onderwyser die nuwe kind bekendstel. • E Dit dui aan dat die onderwyser die nuwe kind bekendstel. (Enige EEN) |
| 9.1.4 (c) | • D • Dit beklemtoon dat die nuwe kind sonder vriende is. • D Dit beklemtoon dat die nuwe kind sonder vriende is. (Enige EEN) |
ANTWOORD
PUNT
| 9.1.5 | • A • die kind maklik by die ander sou kon inpas. • A die kind maklik by die ander sou kon inpas. (Enige EEN) | 1 |
|---|---|---|
| 9.1.6 | • "mas"/mas • “hys” /hys • "(prentjie) seile"/(prentjie) seile • "vaar"/vaar (Enige TWEE) | 2 |
| 9.1.7 (a) | (die) kunsperiode | 1 |
| 9.1.7 (b) | hart | 1 |
| 9.1.8 | Ja. • ‘n Nuwe kind word gewoonlik deur onderwysers aan die ander kinders bekendgestel. • n Nuwe kind word gewoonlik nie dadelik deur die ander leerders aanvaar nie/aangestaar. • n Nuwe kind sit baie keer pouses alleen. • n Nuwe kind gedra hulle gewoonlik op die eerste dag goed by 'n nuwe skool. • skoolreëls • skooldrag • pouses • pouses se brood • kunsklas • “(ons) meneer” • Bank (Noem enige tipiese skooldinge) (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) OF Nee. • Dit is nie altyd onderwysers wat nuwe leerders ontvang/bekendstel nie. • Soms is daar leerders wat hulle dadelik oor nuwe leerders ontferm. • Sommige nuwe leerders pas onmiddellik in. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) (Die kandidaat kan hier ook een JA-EN een NEE-antwoord gee.) (Die kandidaat mag enkele woorde/verduidelikende woorde aanhaal wat na tipiese skooldinge verwys. Sommige reêlaanhalings benodig egter ‘n verduideliking.) (Die kandidaat mag vanuit sy eie verwysingsraamwerk die vraag beantwoord.) | 2 |
9.1.4 (d) •C
NSS – Nasienriglyne
| VRAAG | ANTWOORD |
|---|---|
| 9.1.9 | Hierdie tema is relevant, want ... • dis tipies van skoolkinders om nie sommer nuwe kinders te aanvaar nie. • enigiemand wat anders is as die groep, word nie sommer aanvaar nie. • Kultuurverskille/rasseverskille kan leerders soos buitestanders/verstoot laat voel. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
EN
9.2 ''TIEN HAIKOES VIR DIE VREDEFORTKOEPEL'' – Hans du Plessis
| VRAAG | ANTWOORD | PUNT |
|---|---|---|
| 9.2.1 | 'n Meteoriet/” klipvuis” het daar geval/meteoriet . | 1 |
| 9.2.2 | • Elke strofe/haikoe bestaan uit drie versreëls/is ‘n tersine. • Daar is nie 'n vaste rymskema nie/dit is rymloos/vrye vers. • Daar is 17 lettergrepe in elke strofe/haikoe • Die lettergrepe in elke haikoe word soos volg ingedeel: 5-7-5 • Elke haikoe bestaan uit een sin/word deur emjambement in een sin gebind. • Die haikoes beskryf een gebeurtenis/oomblik (in die teenwoordige tyd) • Die haikoes verwys na ‘n beeld wat op een of ander manier verwant is aan die natuur. • In die haikoes .word die oomblik, hoe klein ook al, uitgebeeld as ‘n baie belangrike (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) | 1 |
| 9.2.3 | krag | 1 |
| 9.2.4 | In haikoe 1 ... • het die klipvuis/meteoriet /vuishou alle vorme van lewe vernietig wat toe daar was. • het die klipvuis/meteoriet vuishou die aarde "wakker" geslaan/het die vuishou die moontlikheid van nuwe lewe geskep. • In haikoe 2 het die klipvuis “yskoue nagte”/duisternis veroorsaak. • Dit het die aarde hervorm/permanent merk gelaat. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) | 2 |
| 9.2.5 | "yslike" kan dui op ... • die koue van die winter, m.a.w. so koud soos ys. • die baie lang/groot winter/duisternis. | 2 |
| VRAAG | ANTWOORD |
|---|---|
| 9.2.6 | • B • die geruis van die water kan hoor. • B die geruis van die water kan hoor. (Enige EEN) |
| 9.2.7 | "(die) bakhand (van jou lyf)"/(die) bakhand (van jou lyf) |
| 9.2.8 | • Tydens herfs val die blare van die bome af sodat die bome se takke kaal word. • Herfs/seisoen verander en dit word winter. (Of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 9.2.9 | • "stof uit stof"/stof uit stof • “oorheers die aarde”/oorheers die aarde (Enige EEN) |
| 9.2.10 | Ja. • So 'n belangrike erfenis soos die Vredefortkoepel moes nie verwaarloos geword het nie. • Die mens was onverantwoordelik met die bewaring van die Vredefortkoepel. • Die mens moes die wêrelderfenisgebied beter bewaar/VERSORG het. • Die mens het die natuur/diere (in die wêrelderfenisgebied0 laat ly. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Die kandidaat kan oorhoofs na die vernietiging van die aarde/natuur verwys of voorbeelde noem.) OF Nee. • Die mens kan nie kwalik geneem word omdat hy nie van beter geweet het nie. • Die mens was nie bewus daarvan dat die Vredefortkoepel so 'n wêrelderfenisgebied sou word nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 9.2.11 | Die natuur word besoedel/vernietig. (Of soortgelyk aan bogenoemde) (Die kandidaat kan oorhoofs na die gevolge vir die aarde/natuur verwys of voorbeelde noem.) |
| 9.2.12 | die mens kan nie meer die skade aan die natuur herstel nie. |
40
NSS – Nasienriglyne
| VRAAG | ANTWOORD |
|---|---|
| 9.2.13 | • Die spreker is nie gelukkig met wat die mens met die Vredefortkoepel/die erfenis in die naam van vooruitgang aanvang nie. • Die spreker kla oor verskillende dinge (dier/duif wat sukkel om asem te haal) wat die mens doen om die natuur te vernietig. • Die kritiek wat die spreker teen die mensdom lewer, is bewys daarvan (dat die spreker die natuur wil bewaar.) • Die spreker waarsku dat die mens rekenskap sal moet gee van sy heerskappy oor die aarde. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) |
| 9.2.14 (a) | (Vredefort)koepel/ (wêreld)erfenis/natuurwonder/krater |
| 9.2.14 (b) | • vuis • einde/vernitiging • begin/(her)skepping (Enige EEN) |
|
739e95f5-3f87-4b4d-8566-0394a3abca84-1
| 1
|
Die Here Het Beloof Om Jou Te Verlos
Die Here Het Beloof Om Jou Te Verlos
In 'n geheime seremonie ontwerp deur die Here, het die profeet Samuel vir Dawid gesalf om koning van Israel te word. Samuel het vir hierdie goddelike jongman gesê, "Jy is nou deur God aangestel om heerser oor sy volk te wees." Dit sou egter 'n lang reis na die troon wees vir Dawid. Voor die belofte van sy salwing vervul is, sou hierdie toegewyde dienaar van die Here talle beproewinge en toetse beleef.
Net vyf hoofstukke later, sien ons Dawid skarrel oor heuwels en stowwerige paaie soos hy moes vlug voor Koning Saul wat gesweer het om hom dood te maak. Wat 'n nederige begin vir so 'n Godvresende, God-liefhebbende man soos Dawid. Hier was 'n dienaar na die Here se eie hart, onlangs gesalf en nou op vlug vir sy lewe, gejag, hulpeloos, haweloos en alleen. Dawid se enigste gedagte was, "Ek moet nou dadelik uit hierdie land wegkom. As ek nie uit Saul se regsgebied kom nie, is ek dood."
Hy het gevlug na die naaste grensgemeenskap, wat die Filistynse stad van Gat was en regeer is deur Koning Agis. Terwyl Dawid hierdie vyandige vesting genader het, het hy probeer om homself aanvaarbaar te maak deur op te tree as 'n gewone reisiger met die hoop dat hy nie herken sou word nie. Maar hy moes die gefluister van die grenswagte gehoor het: "Is dit nie Dawid, die man wat ons Goliat verslaan het nie? Die Israeliete het sy lof besing omdat hy 'tienduisende' van ons mense verslaan het! Dit lyk of ons 'n waardevolle besitting in ons midde het. Laat ons hom na die paleis neem en hom voor die koning bring."
Dawid het geweet sy lewe was in gevaar, omdat die vyandige Filistyne hom heel waarskynlik sou aankla van terrorisme. Hy sou waarskynlik skandelik geslaan word en 'n skouspel van gemaak word van stad tot stad. Die Skrif openbaar, "Dawid...het baie bevrees geword vir Agis, die koning" (1 Samuel 21:12).
Terwyl hy na die paleis gelei is, het Dawid so desperaat geword dat hy besluit het om te maak of hy kranksinnig is. Hy het sy gesig begin trek, sy oë omgedop en skuim by sy mond laat uitkom. Die Filistynse toeskouers moes geskok gewees het om te sien hoe hierdie eens magtige krygsman nou sinnelose woorde gebrabbel en geskreeu het soos 'n idioot. Ek stel my voor hoe daardie vyandige skares skielik pad gemaak het toe Dawid wilde bewegings uitgevoer, op deure gekrap en na diegene rondom hom geslaan het.
In daardie dae, was daar 'n groot vrees vir kranksinnige mense, omdat hulle vemeende duiwels gehad het wat mense kon aanval. Probeer jou voorstel die chaotiese toneel wat gevolg het in die paleis toe Dawid daar ingebring was. Terwyl hy voor Agis gemaak het of hy mal was deur te brabbel en te kwyl, het die Filistynse koning uitgeroep, "Kry hierdie man hier uit. Hy is 'n mal mens. Waarom het julle hierdie gek in my huis ingebring?"
En so was Dawid teruggeneem na die grens waar hy gewaarsku was om weg te gaan en nooit weer terug te kom nie. Skielik vrygelaat, het hy ontsnap na die grot van Adúllam, waar hy Psalm 34 geskryf het uit dankbaarheid vir sy verlossing. In hierdie aangrypende Psalm, beskryf Dawid die hele episode van sy gevangeneming en hoe God hom verlos het uit sy vreesaanjaende beproewing.
Ek moet sê, van al 150 Psalms, is hierdie een my grootste gunsteling. Dit gaan oor ons Here se getrouheid om sy kinders uit groot beproewings en krisisse te red. Dawid verklaar, "Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered...Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red
hulle uit...Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede...Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom" (Psalm 34:5,8,18,20).
Let op Dawid se aanspraak in hierdie Psalm: "Ek het die HERE gesoek...Hierdie ellendige het geroep..." (Psalm 34:5,7). Ek vra vir jou: wanneer presies het Dawid hierdie so geroep? Dit moes gebeur het terwyl hy gemaak het of hy kranksinnig was in Gat. Hy kon egter sekerlik nie hoorbaar gebid het in die Filistyne se teenwoordigheid nie.
Dit bring ons by nog 'n waarheid betreffende God se verlossing.
Soms is die hardste roepstem sonder 'n hoorbare stem.
Ek weet wat hierdie soort "innerlike roepstem" is. Baie van die hardste gebede van my lewe – my belangrikste, mees hartroerende, diepste uitroepe – is in totale stilte gemaak.
Met tye was ek so verlam deur omstandighede, dat ek nie kon praat nie en ek was so oorweldig deur situasies te hoog vir my, dat ek nie reguit kon dink om te bid nie. Per geleentheid het ek so alleen en verward in my studeerkamer gesit, dat ek nie in staat was om enigsins iets vir die Here te sê nie, maar die hele tyd het my hart uitgeroep: "God, help my! Ek weet nie hoe om nou te bid nie, so hoor die roepstem van my hart. Verlos my uit hierdie situasie."
Was jy al ooit daar? Het jy al ooit gedink, "Ek weet nie waaroor dit alles gaan nie. Ek is so oorweldig deur my omstandighede, so oorstroom met diepe pyn, dat ek dit nie kan verduidelik nie. Here, ek weet nie eens wat om vir U te sê nie. Wat gaan aan?"
Ek glo dit is presies waardeur Dawid gegaan het toe hy deur die Filistyne gevange geneem is. Toe hy Psalm 34 geskryf het, het hy 'n belydenis gemaak: "Ek was in 'n situasie so oorweldigend dat ek die rol van 'n dwaas gespeel het. Binne-in het ek egter gewonder, 'Wat gaan aan met my? Hoe het dit gebeur? Here, help!'"
En so het Dawid klaarblyklik gesê, "Hierdie arme man het van binne af uitgeroep, terwyl hy nie geweet het wat en hoe om te bid nie. En die Here het my verhoor en my verlos." Dit was 'n diep roepstem van die hart en die Here is getrou om elke huilstem te hoor, maak nie saak hoe sag dit is nie.
Met tye kan ons slegs stilstaan en weet dat die Here ons Verlosser is.
In 1958 was my hart gebreek oor 'n nuusberig oor sewe tienerseuns wat aangekla was van die moord op 'n kreupel seun. Die Heilige Gees het so sterk in my geroer, dat ek gelei gevoel het om na die New York hof te gaan waar die hofsaak plaasgevind het en ek het die hofsaal binnegegaan, oortuig dat die Gees my gedring het om met daardie jongmense te praat.
Toe die dag se sessie egter tot 'n einde gekom het, het dit vir my begin duidelik word. Ek het gedink, "Daardie seuns gaan in boeie deur daardie sydeur gelei word en ek sal hulle nooit weer sien nie." Daarom het ek opgestaan en my weg met die paadjie langs gevind tot by die regter se regsbank, waar ek gevra het om met die seuns te praat voor hulle terugkeer na hulle sel.
Binne 'n oomblik, het polisiemanne my gegryp en ek was onseremonieel begelei uit die hofsaal uit. Flitsligte het oral rondom my geflikker en ek was oorval met vrae van joernaliste wat oor die hofsaak verslag gedoen het. Ek kon net sprakeloos daar staan, heeltemal stomgeslaan, in 'n vernederende verleentheid. Ek het gedink, "Wat sal my kerk by die huis dink? Mense sal dink ek is mal.
|
9b7f2cda-cdaa-4b13-8170-7d85cd62183c-0
| 1
|
Rig alle korrespondensie aan: Address all correspondence to:
MUNISIPALE BESTUURDER/ MUNICIPAL MANAGER
Navrae/Enquiries :
Verw.Nr./Ref. No.:
MD Blanckenberg
15/14/11
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY
Posbus / P O Box 242 MOORREESBURG 7310
Telefoon/Phone (022) 4338400 Faks/Fax Nr. 0866926113
E-Mail Adres/Address :
[email protected]
03 Februarie 2020
BEANTWOORD VRAE SO BREEDVOERIG AS MOONTLIK
A. PERSOONLIKE GEDRAG EN GESINDHEID
1. Hoe sou u die stiptelikheid en deelname aan die klas aktiwiteite beskou?
______________________________________________________________
2. Is die leerder fatsoenlik en netjies aangetrek en goed versorgd?
______________________________________________________________
3. Is die leerder se gedrag voorbeeldig en navolgenswaardig?
Ja
Nee
4. Is daar n respek vir gesag teenoor personeel?
_______________________________________________________________
B. LEIERSKAP EN SPANDEELNAME
1. Sal u die leerder beskou as n spanspeler?
Ja
Nee
2. Het die leerder die vermoë om as leier binne in spanverband op te tree?
Ja
Nee
C. KOMMUNIKASIE EN INTERAKSIE VAARDIGHEDE
1. Hoe sal u die interaksie van die leerder met sy klasmaats beskryf?
______________________________________________________________
D. DISSIPLINE
1. Het die leerder enige oortredings begaan soos vervat in die skool se beleid?
Ja
Nee
2. Sal u die leerder goedkeur of afkeur vir die kamp
_________________________
____________________
Handtekening van prinsipaal/ onderwyser
Datum
Goedkeur
|
2c27db2d-fcfb-4cec-8791-9b2ab09b0ea1-0
| 1
|
SAAMPRAATPAPIER 18 FEBRUARIE 2018
MATTEUS 28: 19
– 20
19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."
A. LEES BOSTAANDE 3 keer en DEEL MET MEKAAR watter woord of gedagte in hierdie verse jou die meeste aanraak.
B. PRAAT SAAM: Christene ken Jesus se opdrag in Matteus 28. Ons jaartema is juis "Saam volg ons Christus". Maar almal volg nie in Jesus se voetspore en doen soos Hy gedoen het en soos Hy sê nie. NOEM AAN MEKAAR REDES daarvoor.
C. DINK SAAM (jul eie idees; moet nog nie kyk na die res van hierdie bladsy nie): hoe kan ons in die praktyk meer by mense uitkom waar ons iets van Christenwees kan vertel/wys?
.
D. IDEES: Josh Reeves lys 'n klompie idees wat hy glo God gebruik om jou te help om meer met jou bure om te gaan PRAAT SAAM oor elkeen: stem jy saam dat dit kan werk in SA/die Moot?)
E. MERK en deel met mekaar vir watter jy kans sien:
1. Bly langer buite in jou voortuin as jy tuin natgooi.
2. Stap gereeld elke dag op dieselfde tyd met jou hond in die woonbuurt.
3. Sit op jou voorstoep en laat die kinders in die voortuin speel.
4. Deel gebak uit (vars brood, koekies, ens.)
5. Nooi die bure vir ete uit.
6. Woon Huiseienaarsvereniging-funksies by en neem deel.
7. Woon partytjies waarheen die bure jou nooi, by.
8. Samel in die winter kos en klere in en betrek die bure daarby.
9. Hou 'n speletjiesaand: balspele buitenshuis en bordspeletjies binnenshuis.
10. Hou 'n kuns-uitruilaand. Bring die items waarvoor jy moeg is en ruil dit met die bure s'n uit.
11. Maak 'n groentetuin/vrugteboord en deel die ekstra groente en vrugte aan die bure uit.
12. Hou 'n Paaseiersoektog in jou buurt en nooi die bure uit om hul voortuine te gebruik.
13. Begin 'n weeklikse oop-ete-aand by jou huis.
14. Hou in die somer elke Vrydagaand 'n braai en nooi ander uit om dit ook by te woon.
15. Skep vir veiligheidsredes 'n epos- en telefoon-kontaklys vir die blok/straat.
16. Hou 'n partytjie/braai om sport te kyk.
17. Hou 'n koffie-en-poeding-aand.
18. Organiseer en hou 'n kuns/kreatiewe aand vir dames.
19. Organiseer 'n proe-toer in jou straat. Elke huis voorsien kos op 'n tafel op die voorstoep.
20. Hou 'n fliekaand en bespreking na die tyd.
21. Begin 'n draf-/stapklub in die woonbuurt.
22. Begin 'n weeklikse kinderspeeltyd saam met ander ouers wat ook bedags tuis is (nie buitenshuis werk nie).
23. Organiseer 'n saamryklub vir jou woonbuurt om brandstof te bespaar.
24. Bied aan om afrigter te wees vir een of ander sportsoort by 'n skool.
25. Hou in die somer 'n roomysfees in jou
|
cfd85d3d-d365-4476-842d-fc5c692f32fc-0
| 1
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
PUNTE: 80
Blaai om asseblief
AFDELING A: LEESBEGRIP
ASSESSERINGSRIGLYNE
* Indien die leerder woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
* Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
* By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
* Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee ʼn volsin, is dit korrek MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
* Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering verdien die punt.
* Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en ʼn reeks word gegee, sien SLEGS die eerste TWEE/DRIE na.
* Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat volledig geskryf word vir meerkeusevrae.
* Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1
TEKS A: KLEIN HATICE MAAK GROOT NAAM
| VRAAG | MEMORANDUM | PUNT |
|---|---|---|
| 1.1 | • Die skoolkinders het haar (oor haar lengte) geterg. • Volwassenes het grappies oor haar/dwergies gemaak. • Die skoolkinders/volwassenes het haar soos iemand van die plaaslike sirkus behandel. • Volwassenes/skoolkinders het haar soos ʼn kind behandel. (Enige EEN) (Fokus van vraag: WAT het haar skooldag ʼn nagmerrie gemaak?) | 1 |
| 1.2 | • Die volwassenes was onsensitief/ongeskik/onbeskof teenoor Hatice. • Die volwassenes het soos kinders opgetree/kinderagtig. • Die volwassenes het haar verbaal geboelie. • Die volwassenes het nie simpatie met Hatice gehad nie. (Enige EEN of soortgelyk) (Fokus: Wat lei jy af, wat was hulle ingesteldheid?) | 1 |
| 1.3 | Hatice is in Istanboel as die kortste vrou ter wêreld aangewys. | 1 |
[Verwerk uit: Huisgenoot, 23 Desember 2010 en http://wol.jw.org]
NSS – Memorandum
| VRAAG | MEMORANDUM | PUNT |
|---|---|---|
| 1.4 | • Hatice het lank gewag (voordat haar situasie verander het/voordat sy beroemd geword het). • Daar het baie tyd verloop (voordat Hatice se situasie verander het/voordat Hatice beroemd geword het). • Na ʼn lang ruk het dinge verander. (Enige EEN of soortgelyk) (Fokus: Tyd) | 1 |
| 1.5.1 | Figuurlik | 1 |
| 1.5.2 | Sy is baie bly/gelukkig. | 1 |
| 1.6 | • Om haar lengte akkuraat te meet. • Met skoene sou sy langer wees. (Enige EEN of soortgelyk) | 1 |
| 1.7 | • Khagendra is (4cm) korter as Hatice. • Khagendra is 67 cm/sewe en sestig/sewe-en-sestig sentimeter/cm lank. (Enige EEN) | 1 |
| 1.8 | • Hulle woon albei in Turkye./Hulle is landgenote. • Hulle is albei in die Guinness World Records opgeneem. • Hulle hou albei ʼn wêreldrekord./Hy is die langste man en sy is die kortste vrou in die wêreld. • Albei is in hul twintigs. (Enige TWEE) | 2 |
| 1.9 | • A • baie lank is. • A baie lank is. (Enige EEN) | 1 |
| 1.10 | • Hy is die langste man (in die wêreld)/2,47m lank. • Hy het die grootste hande/27,5cm. • Hy het die grootste voete/36,5cm. (Enige TWEE rekords, selfs binne 1 sin) | 2 |
| 1.11 | “Ons het nie besef sy ly aan dwergisme nie.” (Aanvaar antwoord sonder aanhalingstekens) | 1 |
4
NSS – Memorandum
| VRAAG | MEMORANDUM | PUNT |
|---|---|---|
| 1.12 | Ja. • Hatice se ouers kon geld/ʼn motor geleen het (om haar na die spesialis te neem). • Die ouers kon ʼn fonds gestig het (sodat die gemeenskap hulle kon help om haar na die spesialis te neem). OF Nee. • Hatice se ouers was te arm (om haar na ʼn spesialis te neem). • Hatice se ouers het nie geld/ʼn motor gehad (om haar na ʼn spesialis te neem) nie. (Enige EEN of soortgelyk) (Fokus op rugprobleem – par. 8) | 1 |
| 1.13 | • Hatice is fisies nie baie sterk nie. • Hatice kan net klein goedjies optel/ʼn bietjie skoonmaak/sy kan nie baie dinge self doen nie. (Enige EEN of soortgelyk) LW: Geen aanhalings nie. | 1 |
| 1.14 | • Hatice hoop om iemand te ontmoet wat vir haar lief gaan wees. • Hattice hoop sy kan eendag trou/iemand ontmoet wat saam met haar voor die kansel gaan staan/die regte troumaat vind. • Hatice hoop om onafhanklik te wees/dinge vir haarself te doen. • Hatice sal wil werk/ʼn beroep volg. • Hatice wil die wêreld plat reis. (Enige TWEE of soortgelyk) | 2 |
| 1.15 | • (Deur die gebruik van) die kat (in die foto). • Deur vir Hatice saam met die kat af te neem. (Enige EEN of soortgelyk) | 1 |
| 1.16.1 | • Hatice het beroemd/bekend geword. • Hatice se naam het beroemd/bekend geraak. • Hatice het (wêreld)erkenning gekry. (Enige EEN) | 1 |
| 1.16.2 | • Die teenoorgesteldes/antonieme/paradoks beklemtoon/vestig aandag op/som op/kontrasteer. EN • Hatice se klein bou en die wêreldroem wat sy verwerf het. (Of soortgelyk) | 2 |
| 1.17 | • Die skrywer wil wys dat dwergisme ʼn universele verskynsel/toestand is/regoor die wêreld voorkom. • Die skrywer wil wys dat die lewe vir alle dwerge regoor die wêreld moeilik is. (Enige EEN of soortgelyk) | 1 |
|---|---|---|
| VRAAG | MEMORANDUM | PUNT |
| 1.18 | • Gesonde mense/gemeenskappe moet mense met dwergisme of mense met gebreke normaal/met simpatie/sensitief behandel. • Drome kan waar word. • Bly positief. • Feite oor dwergisme (Of soortgelyk – opvoedkundige-/sedeles) | 1 |
TEKS B: BESTE BESTUURDERS VOLGENS NAVORSING
| VRAAG | MEMORANDUM | PUNT |
|---|---|---|
| 1.19 | Opel, Nissan, Ford | 1 |
| 1.20 | • Die Hyundai-bestuurder word as nommer 1 aangedui/Boaan die lys/Die Hyundai se bestuurder staan in die eerste posisie. • Die Hyundai-bestuurder het 10/die meeste sterre gekry./Met sterre. | 2 |
|
|
83e771d0-0521-40c1-affc-bbb3be9306cb-0
| 1
|
HOOFSTUK 2
HISTORIESE OORSIG
2.1 Inleidend
Die godsbegrip onderliggend aan die Presbiteriaal-sinodale stelsel gaan prinsipieel uit van 'n optimistiese godsbeskouing wanneer Jesus Christus as Hoof van die kerk en Heer van die wêreld bely word. Daarnaas impliseer díé uitgangspunt 'n pessimistiese mensbeskouing, 'n mens wat in sonde geval en daaruit alleen deur Jesus Christus uit genade verlos kan word. Dit is juis wat in die Presbiteriaal-sinodale stelsel gevind word wanneer gestel word dat die hoekpilaar van díé kerkregtelike stelsel saamgevat word in die feit dat Jesus Christus Hoof van die kerk, en Heer van die wêreld is. Die feit word in die Kerkorde bely wanneer gestel word '[a]mpsdraers is dienaars van Jesus Christus, die enigste Hoof van die kerk' (NHKA 2001: 36; Van Wyk 1991: 175). Van 't Spijker (1987: 432) wys daarop dat Martin Bucer die eerste van die reformatore was wat díé uitgangspunt op die regering van die kerk van toepassing gemaak het. 'Bucer was de eerste, die het beginsel van de Christusregering toepaste op de kerk, en die daarmee de gedachte, dat Christus het Hoofd van zijn gemeente is hanteerde in het afwijzen van elk hiërarchisch getint vicariaat enerzijds,...'.
Daaruit vloei voort dat wanneer die Hoof en Heerskap van Jesus Christus op die wyse aan die orde gestel word, 'n wesenlike uitgangspunt van die belydenis van die kerk ter sprake kom. Alhoewel die kerklike orde nie 'n bykomende belydenis van die kerk is nie, dra dit 'n belydende karakter. Dit onderskei 'n kerklike orde ook sonder meer van die konstitusie van 'n vereniging, wat op bestuur ingestel is. 'Een organisatie, die op besturen en niet op belijden is ingesteld, mag die naam niet dragen' (Noordmans 1984: 431; 1984: 446). 'n Verdere opmerking van dieselfde skrywer in die verband is die volgende: 'Als de ouderling bestuurslid is, wordt de predikant ambtenaar' (1984: 446). Wanneer Noordmans (1984: 444) daarop wys dat kerklike denke die voorwaarde is vir kerklike orde, bedoel hy dat daar verband bestaan
University of Pretoria etd – Van Wyk, B J (2005)
tussen belydenis en organisasie. Daarom is dit begryplik dat die Nederduitsch Hervormde Kerk in sy Algemene Kerkvergadering bevestig dat die Presbiteriaal-sinodale stelsel die kerkregtelike vormgewing is waarbinne die Kerk sy roeping in die wêreld sal uitleef.
Die belydende karakter van die Presbiteriaal-sinodale stelsel, dat Jesus Christus Hoof van die kerk en Heer van die wêreld is, dui die episkopale sowel as independentistiese of kongregasionalistiese stelsels van kerkregering as onbruikbaar aan. Kenmerkend van die episkopale stelsel is die wesenlik hiërargiese aard daarvan wat die kerkvolk verdeel in geestelikes en leke. Die pous van Rome as die hoof van die RoomsKatolieke Kerk beklee 'n gesagsposisie as opperherder wat ook beteken dat die kerk gesag oor die burgerlike owerheid voer. Alhoewel biskoppe ook gesag uitoefen is hulle tog aan die gesag van die pous ondergeskik. Hierdie vorm staan bekend as die monargale episkopaat. Daar bestaan ander variante van die stelsel wat hier met rus gelaat word (Van 't Spijker 1990a: 301).
Die independentisme of kongregasionalisme is verskillende aanduidinge vir dieselfde saak. Die kongregasionalisme dui op die gemeente as uitgangspunt wat as sodanig die draer is van alle kerklike gesag. Die lede van die gemeente het die bevoegdheid om alle sake selfstandig te hanteer. Die naam independentisme dui daarop dat die gemeente nie van 'n biskop of 'n sinode afhanklik is nie, terwyl in breëre sin die onafhanklikheid ten opsigte van belydenis en kerkverband ook 'n rol speel (Van 't Spijker 1990b: 313). Bronkhorst (1947: 245) sien die kerkbegrip van die independentisme soos volg: 'Kenmerkend voor het kerkbegrip der Independenten is al dadelijk, dat het accent valt sterk op de onzichtbare Kerk. Slechts de waarlijk wedergeborenen, de beproefde Christenen, kunnen tot de Kerk worden gerekend'.
Miskien is dit goed om ook die volgende mening van Balke (1992: 119) oor die saak te oorweeg:
Er is maar een smalle weg tussen episcopalisme en congregationalisme. Het episcopalisme zoekt de uniciteit en de katholiciteit te garanderen door een strakke en hiërarchische kerkvorm. De waarheid wordt er onder bedolven terwijl de liefde er binnen verkilt….
Het congregationalisme meent met een beroep op de vrijheid des Geestes over te kunnen gaan tot vrije gemeentevorming, die ieder iets vertonen van de veelkleurige eenheid en katholiciteit van de kerk. Echter de waarheid wordt gedegradeerd tot deelwaarheid, tot groepswaarheid. En de liefde gaat op in de warmte binnen de eigen groep….Het congregationalisme gaat uit van groepen van gelovigen (congregations), die zich dan kerkelijk organiseren. Het ideaal is: vrije zelfstandige gemeenten van ware gelovigen te vormen, die alleen Jezus Christus als Hoofd erkennen. Men wil vrij zijn van de staat, vrij van bisschoppen, vrij van synodale inmenging, vrij van iedere dwang van buiten of van boven af. Men verwerpt de belijdenis en de ambten. God is immers Zelf de herder van Zijn kudde.
Uit bogenoemde verwysing na die episkopale sowel as na die independentistiese of kongregasionalistiese stelsels van kerkregering, is dit duidelik waarom die presbiteriaal-sinodale stelsel van kerkregering in die Calvinistiese dampkring na vore gekom het as vrug van die Reformasie, met besondere verwysing na die vormende denke van Johannes Calvyn (1509-1564). Selfs die kerkregtelike stelsel wat in die Lutherse denke vorm aanneem en deur die uitgangspunt cuius regio, eius religio bepaal is, is deur die Presbiteriaal-sinodale stelsel as 't ware gekorrigeer. Dit is ook duidelik dat die nahou van 'n bepaalde kerkbegrip bepalend is vir die kerkregtelike sisteem wat deur sodanige kerkbegrip vergestalt word. Die Nederduitsch Hervormde Kerk is van oortuiging dat die Presbiteriaal-sinodale stelsel diensbaar is in die belydenis dat Jesus
Christus Hoof van die Kerk en Heer van die wêreld is en gevolg gee aan die roeping van die Kerk wat op die titelblad van die Kerkorde onder andere stel: 'Die roeping van die kerk is om die blye boodskap van Jesus Christus, die gekruisigde en opgestane Heer, as die enigste Verlosser te bely en in die wêreld te verkondig' (NHKA 2001: titelblad).
2.2 Die ontstaan, verloop en vorming: 'n stelsel op Calvinistiese lees geskoei
Die vraag na die herkoms van die Presbiteriaal-sinodale stelsel van kerkregering, verplaas die gedagtegang terug na die Reformasie, na die ordenende denke van Johannes Calvyn. 'Dit was Calvyn, as hervormer van die tweede generasie, wat die voorafgaande dinkwerk saamgevat het en 'n kerklike orde ontwerp het wat bepalend vir die denke van die Calvinistiese kerke geword het' (Van Wyk 1991: 4). Wanneer dit so gestel word, beteken dit nie dat die bydraes van ander uitgesluit is, of dat Calvyn geen invloed van tydgenote ondergaan en verdiskonteer het nie. Verskillende skrywers beklemtoon egter die belangrikheid van die beginselvaste dinkwerk van Johannes Calvyn (Van Wyk 1991: 4).
Beklemtoning van die belangrike denkarbeid van díé hervormer verplaas die aandag meteen na Genève waar hy
|
<urn:uuid:48637736-e33f-413a-9b8e-e88e09558bde>-0
| 1
|
word in artikel 6 na die anti-hiërargiese beginsel verwys, waar gehandel word oor die vergaderings van ampsdraers, en kom die anti-independentistiese beginsel in artikel 13.4 na vore waar oor die Kerkboek gehandel word. Die formulering funksioneer hier veral in ekumeniese verband, terwyl in Bepaling 12.12 gehandel word oor besluite wat op die Algemene Kerkvergadering geneem, en bindend is op alle gemeentes van die Kerk nadat die besluit geneem is (NHKA 1992: 3, 6 en 22).
Die Kerkwet van 1951 soos gewysig tot en met 1992, was 'n kerkorde wat die basiese beginsels van die presbiteriaal-sinodale stelsel reflekteer het. Ten spyte daarvan was dit jammer dat die kerkorde as 'n kerkwet bekend gestaan het, wat moontlik daartoe bygedra het dat die genuanseerde aard en gebruik van 'n kerkorde nie tot sy reg gekom het nie. Dit is veral versterk deur die feit dat die rotasiebeginsel nie konsekwent toegepas is nie. Die 1992-Kerkwet het bepaal dat 'n ouderling of diaken, verkieslik nie na meer as drie agtereenvolgende ringsvergaderings afgevaardig word nie (Bepaling 7). Dieselfde het
gegeld met betrekking tot lede van die ringskommissie (Bepaling 9, 6 en 7). By die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering is gestel dat geen ampsdraer vir langer as twee termyne vir dieselfde posisie verkies word nie (Bepaling 12 8). Die invoeging van die woord verkieslik, het rotasie vir alle praktiese redes opgehef. Dit het noodwendig daarop uitgeloop dat ampsdraers vir selfs dekades op die Kommissie gedien het, wat aan die Kommissie 'n redelik prominente plek in die Kerk besorg, en veral aan die telkens kontinuerende voorsitter, besondere voorrang verleen het.
2.7 Die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk sedert 1997
Op voorstel van die ring van Noordelike Pretoria tydens die twee en sestigste Algemene Kerkvergadering in sitting vanaf 25 Junie tot 1 Julie 1989, word 'n besluit aanvaar om die huidige Kerkwet na 'n kommissie van ondersoek en studie te verwys met die oog op herformulering, herrangskikking en aanpassing indien nodig. As motivering word die volgende gestel:
Die kerkwet is die neerslag van die kerk se verstaan van homself en sy roeping in die konkrete historiese gegewenheid van sy eie dag, op grond van sy omgang met die Bybel en die belydenisskrifte.
Die kerkwet praat op die oomblik nog met 'n swaar aksent van die teologie van die Nederlandse Hervormde Kerk uit die jare vyftig. Vir die kerk kan dit net goed wees as die Kerkwet opnuut onder oë geneem word sodat die aksente van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se eie teologie in sy Kerkwet sal spreek.
(NHKA 1989: 273)
Die werksaamhede aan die nuwe Kerkwet het bestendig gevorder, en is uiteindelik tydens die buitengewone Algemene Kerkvergadering wat plaasgevind het op 30 Junie 1997, en volgende dae, finaal goedgekeur en in die Kerk in werking gestel.
Die Kerk het met die invoering van die Kerkorde gekies vir die benaming kerkorde, wat die gebruiklike term is vir die ordende reëls van die kerk, wat sedert die Sinode van Middelburg 1581 gebruiklik is (Jansen 1952: 7).
Tweedens is dit duidelik dat die begrippe artikels en bepalings weggeval het, vir die keuse om die gedeelte wat voorheen as die wet by wyse van artikels, te vervang met 'n kerkorde wat in ordereëls verdeel is. Daarnaas is die bepalings vervang met ordinansies wat ook na elke ordereël aan die orde kom. Die nuwe Kerkorde bestaan uit tien ordereëls wat telkens deur 'n aantal ordinansies gevolg word. 'n Verdere opvallende onderskeid is dat elke ordereël in vetdruk, gevolg word deur 'n verdere uiteensetting van die bepaalde ordereël, en daarna deur die ordinansies wat as kommentaar en verdere praktiese uiteensetting van die ordereël gesien kan word. Dit is opvallend dat die Kerkorde die belydenis voorop stel as aanduiding van die belydende karakter van die Kerk, en is tiperend van hoe die Kerk homself sien. Die eerste ordereël wat handel oor die belydenis word gevolg deur die ampte, vergaderings van die ampte, gemeentes en kerk, verkondiging, verband met ander kerke, huwelik, gesin en opvoeding, dissipline, kerklike goedere en kerkorde.
Daarnaas bevat die Kerkorde geformuleer in Ordereëls 3 en 8, die kernbeginsel dat Jesus Christus die enigste Hoof van die kerk is (NHKA 2001: 36, 95), die bekende maar noodsaaklike anti-hiërargiese beginsel (Ordereël 3), asook die anti-independentistiese beginsel, ekumenies gesien (Ordinansie 1.2.3, 1.3.2) en binne kerklik beskou [Ordinansie 3.8.3 (xii)] .
Dit is tekenend van besondere vooruitgang in die kerkregtelike denke van die Nederduitsch Hervormde Kerk dat die rotasiebeginsel in die Kerkorde ingeskryf is, óók op sinodale vlak sodat die figuur van die kontinuerende voorsitter van die Algemene Kerkvergadering verdwyn het, daar 'n huidig verkose voorsitter slegs twee termyne as voorsitter mag dien, of selfs lid van die Kommissie mag wees [Ordinansie 3.8.3 (vi)].
Vir sommige sal dit opmerklik wees dat die bekende artikel 3 van die Kerkwet verval het. Tog is die saak behou in 'n meer kerklike formulering in Ordereël 4, naamlik: 'Die Kerk is 'n volkskerk met sy eie kerklike kultuur, geskiedenis, taal en tradisie wat geroepe is tot die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus aan die Afrikanervolk en tegelyk aan alle mense'.
Die Kerk erken in sy Kerkorde slegs drie kategorieë van predikante, naamlik predikante in gemeentes, predikante met 'n besondere opdrag en predikante wat geëmeriteer het (Ordereël 2.1.1). Wesenlik is daar slegs twee moontlikhede, naamlik diensdoenende predikante, en emeriti. Die keuse was duidelik bedoel om weg te doen met die sogenaamde deeltydse-, Bepaling 150 predikante en pastorale hulpe wat volgens die Kerkwet moontlik was. Daarom is hier wesenlik 'n keuse gemaak vir die funksionele ampsbeskouing, wat uitgaan van die standpunt dat 'n bedienaar van die Woord al sy tyd en aandag aan sy dienswerk gee. Die uitgangspunt is dus 'n voltydse roeping met volle versorging, óf gedeeltelike versorging óf geen versorging [Ordinansie 2.1.2.1 (ii)] .
Ongelukkig is die saak weer redelik afgewater met die besluite van die ses en sestigste Algemene Kerkvergadering wat nie net die figuur van die deeltydse predikant weer ingevoer het nie, maar dit ook moontlik gemaak het dat 'n predikant ampsvoorreg mag behou, selfs sonder om aan 'n vaste werkplek soos aan 'n gemeente, verbind te wees (NHKA 2001b: 48-49). Laasgenoemde is die tipiese figuur van die amptenaar
University of Pretoria etd – Van Wyk, B J (2005)
predikant, wat vanweë praktiese omstandighede, veroorsaak deur die algemene ekonomiese toestand waarin die Kerk sy werk moet doen, onder andere, daartoe lei dat beroepe buite die kerk beoefen word wat nie altyd dien om iemand in staat te stel om predikant te wees en sodoende sy gesin te versorg nie, maar ook vanweë die ruim finansiële voordeel wat dikwels aan sulke beroepe verbonde is.
|
<urn:uuid:48637736-e33f-413a-9b8e-e88e09558bde>-1
| 1
|
gedink om haar kunstalent deur middel van die onderwys uit te leef. Maar sy was slegs drie jaar lank kunsonderwyser – en nadat sy en haar prokureur-man, Roelf, ‘n ruk lank oorsee was, het sy besluit om die onderwys vaarwel toe te roep en haar voltyds op haar kuns toe te lê.
Maar vandag verklap haar kunsateljee die feit dat sy toe tóg nie ‘n keuse tussen kinders en kuns gemaak het nie. Oral pryk daar kinderkuns. En sy vertel dat sy deeltjies kunsklasse vir 60 jong kunstudentjies aanbied.
“Waar jy geplant is”
Waarmod juis proteas?
“Omdat hierdie fynbos-blomplant sterk, pragtige plante, eie aan Suid-Afrika, voortbring,” antwoord sy. “Die koningsprotea se kroonblare is boonop vir my ‘n simbool van ons Koning se kroon.”
Sy verwys na die veldbrande wat dikwels die fynbos verwoes. “Dit is natuurlik noodsaaklik, hierdie verwoesting, omdat die vlamme se hitte die saad in die nuwe seisoen laat lewe voortbring.
“Net so moet ‘n mens ook aan homself sterf, sodat God die nuwe lewe in hom kan begin,” sê sy. “Wanneer jy jou lewe aan die Koning gee, word jy dikwels deur jou Skepper gelouter en gesuiwer – totdat jy die mens word wat Hy jou gemaak het om te wees. Ná die snoeiprocesses vind daar groei plaas; nuwe lewe spruit daaruit voort.”
Ter versterking van die brand-tema, gebruik Hermien soms houtskool en brandbare gom as medium.
Só het Hermien se onlangse uitstalling by die Rust en Vrede-galery in Durbanville die tema “Blom waar jy geplant is” gehad. Haar temas was nog altyd diesselfde, vertel sy, maar sowat twee jaar gelede het sy begin om met nuwe mediums te eksperimenteer.
Dit is haar oortuiging, sê Hermien, dat Christene moet blom waar hulle geplant is.
“Daarom,” sê sy, “wil ek van aanstaande jaar af eers weer nêt op my geloofskuns en my gesin fokus. En opnuut blom waar God my geplant het.”
---
**KUNSBLOKKIES**
“Love is the currency of eternity.”
“Heaven sings over me.”
Só lui twee van die boodskappe wat op Ingrid Hall (27) se unieke kunsblokkies pryk. En soms is daar ook die kosbare woorde wat sy tot God gebid het: “Lead me to the expanses of your heart.”
Hierdie woordkuns, saam met Ingrid se foto’s en sketse, vorm uiteindelik ‘n unieke kunsblokkie met ‘n baie spesifieke doel: Om ‘n boodskap vol lewe en waarheid in Jesus oor te dra.
“Wil jy régtig …?”
Ingrid, wat ‘n kwalifikasie in teologie by die Timothy Ministry Team Biblical School op Wellington verwerf het, vertel dat sy nog altyd kuns beoefen het en dikwels daarmee geëksperimenteer het. “Maar,” gee sy toe, “ek het nooit gedink dat dit ‘n loopbaan sou word nie.”
Nadat sy haar studies voltooi het, was daar veral twee redes waarom sy in hierdie rigting beweeg het, vertel sy.
Haar ma, Marietjie, is die eerste rede. Dié se ingesteldheid teenoor haar kind se kuns het aanvanklik die groot verskil gemaak. “Nadat ek klaar geswot het, het my ma my aangemoedig om te bly eksperimenteer,” vertel Ingrid. “Sy was rustig oor die feit dat sy my finansiële sou moes ondersteun. Ek wil ander ma’s aangemoedig om hulle kinders ook daardie ruimte te
|
<urn:uuid:ba82bf39-d970-402f-b953-4e3726fe295d>-0
| 1
|
"Betrokke Kritiek" – Literatuurkritiek wat die wêreld verander? Literatuurkritiek ná Teorie
"Critique Engagée" – Literary Critcism that can change the world? Literary Criticism after Theory
Willie Burger
Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria [email protected]
Willie Burger is professor in literature and head of the Afrikaans Department at the University of Pretoria. His research is focused on Modernism. He often reviews literature for various publications and is also a columnist in the popular media.
Willie Burger is professor in letterkunde en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Willie se navorsing is tans gefokus op modernisme. Hy resenseer gereeld in verskeie publikasies en tree op as rubriekskrywer in die populêre media.
ABSTRACT
Over the last few decades postmodernist literature and criticism have rejected the idea of a white, western, male monoculture. Elements of Derridean and Foucauldian thought have penetrated to every level of literary criticism, resulting in a characteristic incredulity towards universal truth claims and evaluative judgement. The humanist concepts of universal timeless qualities of the good, the truth and the beautiful inherent in good literature have been undermined. Every discourse is a historically situated narrative amongst other narratives – each with its own characteristics and effects. In these circumstances the task of literary criticism was often reduced to merely showing how each text is merely a narrative and that each word gets its meaning as a result of its place in the structure. Critics are "deconstructing" in order to show how a specific discourse excludes (and thus wields power).
"Critique Engagée" – Literary Critcism that can change the world? Literary Criticism after Theory.
The deconstruction of presuppositions and certainties eventually leads to a cynical relativism, an ironic way of living where nothing is real and where "anything goes". The author and critic underwriting these ideas indeed rid us from an obsolete cultural ideal but in the process render themselves irrelevant.
In these circumstances, it is argued that there is a need for "engaged criticism": a kind of criticism (deduced from the idea of "littérature engagée") that appeals to the reader to take full responsibility for his/her own being in the world, an evaluative criticism that does not return to
superseded humanistic beliefs but that values literature that enables us to share our most important questions and our deepest emotions.
KEY WORDS:
Literary criticism, engaged criticism, teaching of literature, humanism, Cultural Studies, experimental thought, aesthetic concepts, evaluation
TREFWOORDE:
Literêre kritiek, waardeoordeel, betrokke kritiek, literatuuronderrig, humanisme, Kultuurstudies, eksperimentele denke, estetiese konsepte
OPSOMMING
Die dekonstruksie van vooronderstellings en sekerhede versand uiteindelik tot 'n siniese relativisme, 'n ironiese lewenshouding waarin niks meer "werklik" is nie en waarin alles aanvaarbaar is: "anything goes". Die skrywer en kritikus wat hierdie idees onderskryf, raak wel ontslae van 'n uitgediende kultuurideaal, maar is dan self ook irrelevant.
Postmodernistiese literatuur en -kritiek het oor die afgelope paar dekades afgereken met die idee van 'n wit, westerse, manlike, monokultuur. Die idees van Derrida en Foucault het deurgesyfer tot op elke vlak van die literatuurkritiek en -studie met 'n gevolglike agterdog jeens algemeengeldende waarheidsaansprake en waardeoordele. Die humanistiese beskouing dat daar universele kwaliteite geld waarvolgens goeie kunswerke die goeie, ware en skone sou bevat, is ondermyn. Elke diskoers is 'n histories-ontstaande verhaal tussen ander verhale – met elk hulle eie kenmerke en wetmatighede en ook hulle eie praktiese magseffekte. In hierdie omstandighede het die taak van literatuurkritiek geword om daarop te wys hoedat alle tekste eintlik verhale is: hoedat terme na mekaar verwys en hulle betekenis verkry van hulle plek in die gestruktureerde geheel. Kritici is dus besig om te "dekonstrueer" ten einde aan te dui hoedat die bepaalde konstruksie uitsluitend is (en dus mag uitoefen).
In hierdie omstandighede ontstaan die noodsaak vir "betrokke kritiek" – 'n soort kritiek wat (n.a.v. die idee van "betrokke literatuur") 'n aanspraak op die leser maak om volle verant woordelikheid vir sy/haar eie menswees in die wêreld te aanvaar, 'n evaluerende kritiek wat nie terugkeer na uitgediende humanistiese opvattings nie maar wat wel waarde heg aan letterkunde wat ons belangrikste vrae en diepste emosies onderling deelbaar maak.
1. INLEIDING
1.1 Een boekeblad
In Maart 2010 het 'n redelik heftige debat oor die Afrikaanse literatuurkritiek in dagblaaie uitgebreek nadat Media24 aangekondig het dat daar voortaan nie meer drie afsonderlike boekeblaaie – in Beeld, Volksblad en Die Burger sal verskyn nie, maar slegs een nasionale boekeblad. In plaas van drie boekbladredakteurs is daar sedertdien een superredakteur. 1
Skrywers en literatore het dadelik 'n bohaai opgeskop en hulle sterk hierteen uitgespreek. By die Stellenbosch Woordfees is in Maart selfs 'n komitee op die been gebring om skrywers en literatore se verset te koördineer. Hulle argumente het meestal op die volgende neergekom:
* In 'n klein taalwêreld soos Afrikaans gaan mens voortaan op een mening, een resensie per boek aangewese wees, in plaas van drie.
1 Die verloop van die debat kan gevolg word by die Litnet miniseminaar: http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=boekeredakteur.
* 'n Enkele boekredakteur (hoe voortreflik dié persoon ook al mag wees) word dan byna almagtig om te besluit wat in Afrikaans geresenseer word en deur wie.
* Die aantal boeke wat geresenseer kan word, word minder – voorheen kon daar darem nog hier en daar 'n boek in een van die drie blaaie bespreek word, al val dit deur die net by die ander.
Kortom, die verset was 'n beginselverset teen hegemonie, teen die sentralisering van mag en uiteindelik is selfs so ver gegaan as om te beweer dat vryheid van spraak deur hierdie stap in gevaar gebring word.
Du Plessis maak die opmerking dat die protes teen die enkele boekeblad nie van die "gewone lesers" (soos hy hulle genoem het) af kom nie, maar dat dit net van 'n klompie skrywers en literatore af kom. 'n Mens moet hom gelyk gee: te oordeel aan die briewekolomme, is die aanwys van een almagtige boekredakteur en die gevolglike verskraling van resensies in Afrikaans, 'n stap van Media24 wat oënskynlik veel meer aanstoot gee aan die inwoners van die klein Republiek van die Lettere as aan die massa van koerantlesers daarbuite.
Media24 se reaksie op die protes van die literatore en skrywers het hoofsaaklik bestaan uit korporatiewe clichés: Tim du Plessis het verduidelik dat hierdie nie 'n afskaling is nie, maar 'n verbetering, omdat al die hulpbronne voortaan gekonsentreer word sodat 'n beter diens gelewer kan word. Maar Du Plessis het ook 'n ander belangrike punt ge-opper wat, as mens daaroor nadink, belangrike implikasies het vir die breër menswetenskappe.
Die oënskynlike gebrek aan belangstelling oor die lot van die boekeblad plaas sekere vrae op die voorgrond:
* Waarom is daar oënskynlik weinig publieke belangstelling in literêre kritiek?
* Wat sê die min belangstelling in die letterkunde (en die menswetenskappe) in die algemeen?
* Wat sê die geringe belangstelling oor literatuurkritiek?
* Uiteindelik kan ook gevra word wat die implikasies is vir die onderrig van letterkunde (en van die menswetenskappe in die algemeen).
Onderliggend aan Tim du Plessis se stelling dat die "gewone lesers" oënskynlik nie beswaard is oor minder resensies nie, lê twyfel dat die woordkuns hoegenaamd 'n rol in ons samelewing te speel het, 'n twyfel dat die poësie en die romankuns iets te sê het oor die aktuele politieke en sosiale werklikheid, 'n twyfel dat die woordkuns 'n betekenisvolle rol in mense se lewens kan
|
<urn:uuid:9132fb99-2cf4-4409-8b18-06a89b62de2e>-0
| 1
|
form, are each one like the next, are completely consumable in the morning and completely discardable in the afternoon. (Kundera, 1996:17-18)
Hiermee spel Kundera duidelik uit wat hy verwag van die skrywer. Elke skrywer is in gesprek met die tradisie, 'n tradisie wat die skrywer ook – ten einde werklik 'n bydrae tot die kunsvorm te verleen – moet verruim en verken. Uiteindelik is dit ook wat van kritiek verwag word – om te kan aandui hoedat die literêre teks verskuif aan die definisie van die genre, verskuif aan die grense. Alleen dan druk die kritiek ook 'n waardeoordeel uit wat raak aan die eksistensiële vrae van die leser; dan nooi dit die leser uit om saam te dink.
Die roman durf nie maar net "narrativized life" wees nie maar moet dink, moet laat dink, en dit kan alleen gebeur as die tradisie goed geken is, sodat teen die barrikades van moontlikhede wat deur die voorgangers opgerig is, geskop kan word. Eweneens behoort kritiek 'n oordeel te kan uitspreek omdat dit binne 'n tradisie staan. Waardeoordeel is dan nie 'n blote subjektiewe oordeel nie maar deur die fyn nuanseverskuiwings in taalgebruik, in styl en in toon aan te dui, kan kritiek aandui hoedat die verruiming van denke plaasvind.
Volgens Hermann Broch is die enigste bestaansrede vir 'n roman dat dit moet ontdek dit wat slegs deur die roman ontdek kan word (in Kundera 1988:5). Kundera gaan so ver as om te sê dat 'n roman wat nie 'n tot dusver onbekende segment van ons bestaan ontdek nie, immoreel is (Kundera 1988:5-6). Die taak van die letterkunde is nie om filosofie te wees nie, nie om politieke pamflette te wees nie, nie om joernalistiek te wees nie, nie om te bevestig wat ons reeds weet nie, maar om die ongekaarte terrein van ons bestaan te ondersoek; om deur die verhaal, deur die metafoor, kortom, om deur die moontlikhede wat taal bied, 'n ander manier van ken, van verstaan van ons wêreld en van ons bestaan moontlik te maak.
Die verskuiwings is dikwels baie subtiel: 'n klein ondermyning van die narratiewe struktuur hier, die skep van 'n vreemde beeld daar. En baie lesers sien dit dalk nie raak nie. Dit is die taak van kritiek om hierdie verskuiwings aan te dui. Dit is die taak van literatuuronderrig om hierdie metodes aan te dui.
Nuwe moontlike maniere van dink oor ons bestaan het nie skielike, grootskaalse gevolge nie. Lees is nie 'n spansport nie. Lees het nie baie simboliese kapitaal in die verbruikersamelewing nie. Die leeservaring is baie persoonlik en spreek tot een leser per keer op 'n spesifieke manier. Maar wat wel noodsaaklik is, is dat die kritiek hierdie verskuiwings (of die gebrek daaraan) moet blootlê. Want dit is hierdie verskuiwings wat nuwe denkmoontlikhede en daarom ook bestaansmoontlikhede oopmaak; 'n soort kritiek wat 'n aanspraak maak op leserbetrokkenheid en op die onderrig van letterkunde wat studente betrokke maak.
BIBLIOGRAFIE
Adorno, T.W. 1973. The Dialectic of Enlightenment. (vertaal deur John Cummings). London, New York: Herder & Herder.
Bhabha, Homi. 2004. The Location of Culture. New York: Routledge.
Arnold, M. 2008 (1882). Culture and Anarchy. Aanlyn beskikbaar by http://www.gutenberg.org/ebooks/4212 (15 November 2010 geraadpleeg).
Bourdieu, P. 1984. Distinction: A Social Critique of the Judgement of Taste. London: Routledge & Kegan Paul.
Breytenbach, Breyten. 2007. Die windvanger. Kaapstad: Human & Rouseau.
Bourdieu, P. 1996. The Rules of Art. Stanford: Stanford UP.
Cunningham, Valentine. 2001. Reading After Theory. London: Blackwell.
De Kock, Leon. 2011. Why rage is inevitable. Mail & Guardian, 11 March. http://www.leondekock.co.za/ wp-content/uploads/march11-books.pdf
Davies, T. 1997. Humanism. New York: Routledge.
De Martelaere, P. 1993 (2003). Een verlangen naar ontroostbaarheid. Amsterdam: Meulenhoff.
Eagleton, T. 2007. The Meaning of Life. London: Penguin.
Eagleton, T. 2004. After Theory. London: Penguin.
Foucault, M. 1972. The Archaeology of Knowledge. New York: Pantheon.
Gates, H. L.Jr. 1989. The Signifying Monkey: A Theory of African-American Literary Criticism. Oxford: Oxford University Press.
Foucault, M. 1981. Power Knowledge. New York: Pantheon.
Klages, M. 2007. Literary Theory: A Guide for the Perplexed. New York: Continuum.
Kundera, M. 1988. The Art of the Novel. London: Faber & Faber.
Kronman, A. 2007. Education's End: Why Our Colleges and Universities Have Given Up on the Meaning of Life. New Haven: Yale University Press.
Kundera, M. 1996. Testaments Betrayed. London: Faber & Faber.
Letoit, André. 1989. Suidpunt-jazz. Pretoria: HAUM-Literêr.
Kundera, M. 2007. The Curtain. London: Faber & Faber.
McIlvanny, L. & Ryan, R. 2011. The Good of the Novel. London: Faber & Faber.
McDonald, R. 2007. The Death of the Critic. London: Continuum.
Lyotard, J-F. 1984. The Postmodern Condition. Manchester : Manchester University Press.
Nietzsche, W.F. 1992. Basic Writings of Nietzsche. (Vertaal deur Walter Kaufmann). New York : The Modern Library.
Sloterdijk, P. 2000. Regels voor het mensenpark. (vertaal deur P. Beers). Amsterdam: Boom.
Pamuk, O. 2007. Other Colours. Essays and a Story. London: Faber & Faber.
Pool, G. 2007. Faint Praise: The Plight of Book Reviewing in America. Columbia: University of Missouri Press.
Ricoeur, P. 1984. Time and Narrative. Volume I. (vertaal McLaughlin, K & Pellauer, D). Chicago: University of Chicago Press.
Ricoeur, P. 1977. The Rule of Metaphor. Toronto: University of Toronto Press.
Ricoeur, P. 1985. Time and Narrative. Volume 2. (vertaal McLauglin, K & Pellauer, D). Chicago: University of Chicago Press.
Ricoeur, P. 2007 (1986). Imagination in Discourse and in Action. In: From Text to Action. Essays in Hermeneutics II. (transl. Kathleen Blamey and John B Thompson). Evanston, Illinois: Northwestern University Press, pp.168-187.
Ricoeur, P. 1988. Time and Narrative Volume 3. (vertaal McLaughlin, K & Pellauer, D). Chicago: Univ. of Chicago Press.
Riemens, R. 2008. Nobility of Spirit: A Forgotten Ideal. New Haven: Yale University Press.
Vaessens, T. 2009. De revanche van de roman. Literatuur, autoriteit en engagement. Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.
Shields,
D. 2010.
Reality Hunger.
London: Hamish Hamilton.
Van Alphen, E. 2005. Art in mind: how contemporary images shape thought. Chicago: University of Chicago Press.
Van Niekerk, Marlene. 2004. Onderhoud met Willie Burger. DeKat. Winter.
Van Heerden, E. 2008. Dertig nagte in Amsterdam. Kaapstad: Tafelberg.
Litnet miniseminaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_ id=1270&page=boekeredakteur
|
<urn:uuid:9132fb99-2cf4-4409-8b18-06a89b62de2e>-1
| 1
|
9. RAPPORT VAN DIE DEPUTATE KORRESPONDENSIE VAN DIE AGENDA (ARTT 8), 339
A. Br HSJ Vorster lewer die Rapport.
B. Die Rapport word staande die Sinode afgehandel.
C. Besluit: Punt 2.5 van die Rapport word verwys na die Ordekommissie.
D. Ds CA Jansen rapporteer namens die Ordekommissie.
E. RAPPORT
1. Opdrag
Acta 1991:60, 5.4 en Acta 1997:37, 3.3.12.2.
1.1 Uitnodiging aan kerke, instansies, Sinodes om groete oor te bring
1.2 Uitnodiging te rig om afgevaardigdes te stuur
1.3 Uitnodiging te rig om waarnemers te stuur
1.4 Stukke vir die Agenda te ontvang, te orden, persklaar te maak, te laat druk en aan die afgevaardigdes te stuur
1.5 Die vergadering byeen te roep om die programmering van die Agenda te doen
1.6 SAPA en CNW van die Sinodesitting in kennis te stel
1.7 Benoeming van Deputate
1.7.1 Verwittig benoemde Deputate van die Sinode van hul benoeming
1.7.2 Benoem Deputate waar die Sinode in gebreke gebly het om dit te doen
1.8 Tref reëlings dat groete namens die Gereformeerde Kerke van die Nasionale Sinode oorgebring word
1.9 Gaan die Handelinge van die Nasionale Sinode 1997 deur en gee die sake wat by die Algemene Sinode tuishoort, vir kennisname en behandeling deur. Die Deputate moet ook die kredensiebrief, soos gereël in Sinode 1991, in orde kry
1.10 Benoeming van 'n korrespondent vir Radio- en TV-nuusversameling
1.11 Registrasie van huweliksbevestigers uit ander Nasionale Sinodes deur die Administratiewe Buro op Potchefstroom
1.12 Die Deputate ontvang korrespondensie, hanteer dit sover dit binne hul opdrag val, of verwys dit na ander Deputate wat wel die betrokke saak hanteer.
Besluit: Kennis geneem van 1.1 tot 1.12.
2. Sake waarvan die Sinode moet kennis neem
2.1 Uitnodiging na die Sinode
2.1.1 Om groete by die amptelike opening oor te bring: Waarnemers van die NG Kerk, NH Kerk en AP Kerk is genooi na die amptelike opening op 14 Januarie 2009 om 19:00 in die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Noord by welke geleentheid ook die groete van die Kerke oorgebring sal word. Die waarnemers is ook genooi om die Sinode by te woon.
2.1.2 Om die amptelike opening by te woon: Die afgevaardigdes van Sinode Soutpansberg asook die rektore van die Teologiese Skool Potchefstroom en die Noordwes Universiteit (Potchefstroom kampus) is uitgenooi na die amptelike opening, maar geleentheid sal ingeruim word gedurende die Sinode om die groete van die vergaderings en instansies oor te bring.
2.1.3 Om afgevaardigdes te stuur
Aan die volgende Deputate van Sinodes of kerke is uitnodigings gerig:
- Sinode Soutpansberg (2 afgevaardigdes)
- Christelijke Gereformeerde Kerke in Nederland
- Christian Reformed Church in North America
- Eglise Reformée Confessante Au Congo
- Free Church of Scotland
- Free Church of Scotland (Continuing)
- Reformed Church in Botswana
- Gereformeerde Kerke Nederland (Vrijgemaakt)
- Nederlands Gereformeerde Kerken
- Orthodox Presbyterian Church, VSA
- The Presbyterian Church in Korea
- Reformed Churches of Australia
- The Reformed Church in Japan
- Reformed Churches of New Zealand
- The United Reformed Churches in North America
2.1.4 Om waarnemers te stuur:
- Afrikaanse Protestante Kerk
- Die Vrije Gereformeerde Kerk in SA
- Free Church of SA
- Lanka Reformed Church
- Nederduitse Gereformeerde Kerk
- Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
- Presbyterian Church of America
- United Reformed Churches in North America
2.2 Stukke vir die Agenda
2.2.1 Die volgende is in kennis gestel van die besonderhede aangaande die oproep na Sinode:
- die Deputate deur die Sinode benoem wat spesifieke opdragte gehad het
- die Kuratorium van die Teologiese Skool
- die Partikuliere Sinodes.
Die volgende inligting is gegee:
2.2.1.1 Keerdatum vir Rapporte
- vir Agenda - 30 Junie 2008.
- vir die Aanvullende Agenda - 1 November 2008.
2.2.1.2 Keerdatum vir stukke van die Streeksinodes – 7 dae na afloop van Streeksinode vergaderings.
2.2.1.3 Inligting oor wat in die Aanvullende Agenda opgeneem mag word (Acta 1967:39, 6 en 7).
2.2.1.4 Riglyne vir die opstel van die Rapporte (Acta 1991:57, 4.4 en 59, 5.3.4).
2.2.2 Kennisgewing in Die Kerkblad: Bogenoemde inligting is in Die Kerkblad van Januarie 2008 gepubliseer.
2.2.3 Die Agenda vir die afgevaardigdes van die Streeksinodes is direk aan elke Streeksinode gestuur sodat dit aan die afgevaardigdes beskikbaar gestel kan word. 'n Agenda per laserskyf is ook aan elke Kerkraad gestuur.
2.3 Benoeming van Deputate deur die Streeksinodes: Die Streeksinodes is versoek om:
2.3.1 Die Deputate vir Programmering te benoem – een uit elke Streeksinode asook 'n sekundus. Die vergadering vir dié Deputate is bepaal vir Vrydag 5 Desember 2008 om 09:00.
2.3.2 Benoeming vir Regsdeputate vir Advies insake Appèlle en Beswaarskrifte: In terme van die Beskrywingspunt van Partikuliere Sinode Noord-Transvaal (Acta 1991:539/540, 22.19) is die Streeksinodes ook versoek om een Deputaat te benoem. Hierdie Deputate vergader 5 Desember 2008 om 09:00.
2.4 SAPA en CNW: 'n Persverklaring is opgestel en uitgereik en aan SAPA en CNW gestuur.
Besluit: Kennis geneem van 2.1. tot 2.4.
2.5 Persverklaring: Die Agenda word op versoek beskikbaar gestel met die voorbehoud van kopiereg totdat die saak tydens die Sinode gestel word.
Besluit:
1. Die term "kopiereg" nie meer t.o.v. die Agenda en Aanvullende Agenda gebruik word nie.
2. Die Agenda en Aanvullende Agenda nie publiek openbaar gemaak word, alvorens die Sinode gekonstitueer het nie, waarna die Sinode die dokumente as Agenda en Aanvullende Agenda aanvaar.
3. Afgevaardigdes ontvang vooraf kopieë van die konsep Agenda en konsep Aanvullende Agenda om vir die Sinode voor te berei.
Besluit: Goedgekeur.
2.6 Benoeming van Deputate: Die Deputate het die volgende gedoen:
2.6.1 Al die voorsitters van Deputate soos deur die Sinode aangewys, kennis gegee van die benoemings. Opdragte soos by die benoemings aangegee, is aan die voorsitters deurgegee.
2.6.2 Deputate benoem waar die Sinode in gebreke gebly het om dit te doen: Geen gevalle het voorgekom nie.
2.7 Benoeming van 'n korrespondent vir Radio- en TV-nuusversameling: Die Administratiewe Buro hanteer die saak op 'n deurlopende basis deur nuusberigte aan CNW, Radio Pretoria en NBC te stuur.
2.8 Registrasie van huweliksbevestigers uit ander Nasionale Sinodes deur die Administratiewe Buro op Potchefstroom: Die opdrag word op 'n deurlopende
|
<urn:uuid:ea4d8223-2552-498b-be78-f7921aa4de42>-0
| 0
|
Book Title:
Volkome vergifnis
Book Cover:
Author:
R. T. Kendall
ISBN:
978-1-77000-912-7
Publisher:
CUM, 2011, R89,95* *Book price at time of review
Review Title:
Opwindende nuwe boek oor vergewing!
Reviewer:
George Lotter 1
Affiliation:
1Practical Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Email:
[email protected]
Postal address:
PO Box 20777, Noordbrug 2522, South Africa
How to cite this book review:
Lotter, G., 2012, 'Opwindende nuwe boek oor vergewing!', In die Skriflig/In Luce Verbi 46(1), Art. #124, 1 page. http//dx.doi.org/10.4102/ ids.v46i1.124
© 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
Page 1 of 1
Opwindende nuwe boek oor vergewing!
Vergifnis is en bly steeds 'n baie aktuele onderwerp binne die geloofsgemeenskap en die verskyning van hierdie boek illustreer die feit weer eens. Die subtitel lui: 'Om te vergewe, is God se pad tot volkome vryheid', en dui die eintlike fokus van die boek duidelik aan. Die skrywer, R.T. Kendall, was vir baie jare verbonde aan die Westminster Chapel in Londen (alhoewel hy oorspronklik van Amerika af gekom het) en het 'n indrukwekkende lys van boeke geskryf. Hierdie boek is die resultaat van 'n lang en vrugbare bediening en deel Kendall se eie ervarings met betrekking tot vergifnis. Dit is deurgaans binne 'n goeie teologiese raamwerk geplaas, terwyl dit ook getuig van sy pastorale agtergrond.
Kendall hanteer, wat my betref, al die belangrikste aspekte van vergewing wat steeds noodsaaklik is wanneer oor die tema geskryf word, soos dat vergewing by God begin, dat dit moet deurwerk na jou naaste en ook dat vergewing terapeutiese waarde het. Dit doen hy deur tersaaklike verwysings in die Skrif wat spesifiek oor vergewing handel te bespreek en ook deur dit toe te pas in die hedendaagse konteks. Verder word ander sake ten opsigte van vergewing ook bespreek, soos die hantering van jou vyand en woede en ander emosies wat betrokke is wanneer jy vergewe of dalk nie vergewe nie.
Na 'n breë inleiding kom Kendall tot 'n planmatige aanbieding van die verskillende aspekte van vergewing (bl. 36 e.v.) waar onder andere die volgende aan bod kom: wat volkome vergifnis nie is nie (hy noem tien sake) en daarna wat volkome vergifnis is (bl. 43 e.v.), ingedeel in tien aspekte. Die laaste twee wat hy noem, naamlik om God te vergewe (bl. 53 e.v.) en om onsself te vergewe (bl. 55–56) is egter problematies. Hierdie aspekte van vergewing kom dikwels in die hedendaagse literatuur na vore (veral die feit dat jy jouself moet vergewe), maar is myns insiens nie 'n geldige bybelse begrip van vergewing nie. Vanweë die beperking van die resensie kan die saak nie volledig teologies bespreek word nie, maar dis tog noodsaaklik dat enkele redes aangevoer word waarom so 'n siening nie houdbaar is nie. Om te vergewe impliseer dat iemand teen jou moes gesondig het of jou te na gekom het en dit kan onder geen omstandighede van God gesê word nie. Die werklikheid is juis die teenoorgestelde: die mens het teen God gesondig en moet van Hom vergifnis ontvang! Verder is die sogenaamde selfvergewing ook nie bybels nie; die bedoeling is waarskynlik eerder om God se vergewing te aanvaar en te beleef. So nie sou die mens die finale gesag met betrekking tot vergewing wees en nie God nie (hierdie tema word bespreek op bl. 146–156).
In die tweede hoofstuk van die boek (bl. 59 e.v.) kom Kendall by die toepassing van vergewing in ons eie lewens deur die vraag te vra: 'Hoe weet ons ons het volkome vergewe?' Hier leun hy swaar op die geskiedenis van Josef (Gen 37–50). Hy maak die saak prakties deur van die leser te vra om dit toe te pas in sy of haar lewe (bl. 66 e.v.) en noem dan sewe aspekte wat ter sake is. Hy noem ook 'n saak waaroor 'n mens nie te dikwels in verband met vergifnis dink nie: met vergifnis sal ons hulle toelaat om hulle aansien te red (bl. 73) en wys daarop dat dit presies is wat God doen wanneer Hy ons vergewe.
Ter wille van beperkte ruimte word die volgende hoofstukke slegs gemeld:
* Hoofstuk 3: Die Ons Vader-gebed en vergifnis
* Hoofstuk 5: Wanneer dit vir ons reg is om te oordeel
* Hoofstuk 4: Om God te speel
* Hoofstuk 6: Die kuns van vergewe en vergeet
* Hoofstuk 7: Hoe om te vergewe – volkome
Die boek sluit af met praktiese toepassings: 'Stappe om ander volkome te vergewe' (bl. 176–180) en 'Die vyf stadiums van vir ons vyande bid' (bl. 181–183).
Benewens die kritiek hierbo op die stellings dat 'n mens God en jou naaste moet vergewe, reflekteer die res van die boek goeie teologiese insigte en heelwat praktiese voorbeelde uit Amerika en Engeland wat Kendall self beleef het. Daar is selfs 'n verwysing na Nelson Mandela as voorbeeld van iemand wat tot versoening kon kom (bl. 143).
Ek beveel graag die boek aan vir 'n verskeidenheid van lesers: dié wat gewoon uit (akademiese) belangstelling meer wil weet oor vergewing, ander wat self die pad van vergewing moet loop en dié wat ander begelei tot vergewing (predikante, pastore en beraders). Die boek bied 'n kort, kernagtige hantering van die belangrike tema van vergewing, lees maklik en is
|
<urn:uuid:61b38a13-73b0-4aa0-adae-3265965ce4a6>-0
| 1
|
Matieland
Universiteit van Stellenbosch
Jaargang 16
Nommer 2 Augustus 1972
DIE FEDERALE GROEP
Manne met dryfkrag
Middele vir groeikrag
Moontlikhede met trefkrag
Betaal jouself van nou af eerste...
en word 'n WinsMaker
Wie jy is en wat jy verdien maak nie saak nie. Jy kan geldelik jou eie toekoms skep. Dis binne jou bereik met die omvattende WinsMakerplan.
Die geheim is om jouself eerste te betaal
Voordat jy geld bestee aan vermaak, klere, motor, ens. moet jy elke maand 'n bedrag aan jouself toeken wat ingespan kan word vir jou toekomstige onafhanklikheid.
Hoe word die Wins gemaak?
WinsMaker is 'n langtermynplan wat jou in staat stel om, deur middel van maklike paaiemente en oor 'n tydperk waarop jy self besluit, 'n aansienlike belang in Die Ou Mutual se maatskappygroep te verkry. As vennoot van Die Ou Mutual is jy geregtig op 'n deel van sy winste. Dit is die WinsMakerplan. Dit kan jou 'n opbrengs gee van meer as 8% p.j.
Lewensdekking
Die Ou Mutual dek jou lewe vir die volle bedrag van jou belang. In geval van vroegtydige dood, sal jou beleggingsprogram dus namens jou voltooi word.
Belastingbesparing
Jy trek voordeel uit belastingkorting op jou paaiemente en kragtens huidige wetgewing betaal jy geen belasting op die uitkeerbedrag nie.
Ander Voordele
WinsMaker kan voorsiening maak vir die gevare van blywende siekte en ongesiktheid, en sodra jou WinsMakerplan goed gevestig is, kan jy kontant leen ingeval jy geld dringend nodig het.
Skryf om 'n gratis volkleur-brosjure aan: "WinsMaker", Posbus 66, Kaapstad, of kry volledige besonderhede by jou naaste Ou Mutual-kantoor.
WinsMaker is vir mense wat op en wakker lewe
STAAAL
VIR VOORUITGANG!
YSKOR, wat reeds meer as driekwart van Suid-Afrika se staalbenodigdhede voorsien, is tans besig met 'n grootskaalse uitbreidingsprogram, teen 'n koste van meer as R1 000-miljoen.
Daar bestaan geleenthede vir interessante en lonende betrekkings in hierdie groeiende onderneming, wat werke op Vanderbijlpark, in Pretoria en Newcastle, asook verskeie mynsentrumse omvat. YSKOR het die dienste nodig van bedryfs-, chemiese, elektrotegniese, metallurgiese, mynboukundige en werktuigkundige ingenieurs, terwyl gegradueerdes in wetenskappe, lettere en handel in sy tegniese en administratiewe departemente geplaas kan word.
YSKOR-werknemers geniet die voordele van 'n pensioenskema, mediese bystand, 'n huiseienaarskema, 'n verlofbonus, 'n groeplewensversekeringskema, ontspanningsfasilitiete en ander welsynsgeriewe.
Oorweeg u 'n loopbaan in die staalbedryf saam met talle oud-Maties? Skryf dan gerus om nadere besonderhede aan die Personeelbestuurder.
SUID-AFRIKAANSE YSTER EN STAAL
INDUSTRIËLE KORPORASIE, BEPERK
Hoofkantoor: Posbus 450 Pretoria
MATIELAND
UITGEGEE VIR OUD-STUDENTE EN DONATEURS
DEUR DIE
UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH
ONDER REDAKSIE VAN
J. J. OOSTHUYSEN
MET MEDEWERKING VAN
DIE DEPARTEMENT VAN ONTWIKKELING
JAARGANG 16 NO. 2 AUGUSTUS 1972
In Hierdie Uitgawe
Baanbrekers in Afrikaanse Volksmusiek, 5
Redaksioneel, 6
Aktiewe Minderhede en Stille Meerderhede aan Studentefronte, 6
Nuwe Lede van Universiteitsraad, 7
Ons Eer Hul Nagedagtenis, 8
Majuba se vyfde verjaardag, 9
Opvoeding en Praktyk – C. J. F. Human, 10
Aanvullende Grade- en Diplomaplegtigheid:
9 Maart 1972, 14
Nuwe Doktore, 14
Kursusse, 16
Periandros van Korinthe, 16
Matie-rekenaar gesels in Afrikaans, 16
Tandbeelkunde, 18
Maatskaplike Werk: Pleglige Verklarings, 18
Die Bestuurskool, 19
Militêre Studente Stap deur Namib, 20
Bevorderings en Aanstellings, 22
Ereprofessor in Fisika, 22
Nuwe Professore, 22
Medeprofessore, 22
Andere, 24
Beplanning van 'n Ontwikkelingskema vir U.S., 26
Gesellig, 34
Op Hoë Noot, 34
Beurse en Skenkings, 36
Oud-Maties, 37
Notule van Konvokasie, 2 Des. 1971, 37
Kennisgewing van Konvokasie, 30 Nov. 1972, 39
Oud-Maties 1936–1944 trek saam, 40
Akademiepryswenners, 41
Die Vooruitsterwende, 43
Studentebedrywighede, 44
Universiteitskoor na Portugal, 44
Intervarsity 27 Mei 1972, 45
Trapkar-intervarsity, 45
VOORBLADFOTO:
Skenking van bonsai
Mej. Cecilia Gildenhuys (nagraadse student aan U.S.)
met bonsai. Mev. Bettie Lucas het haar kosbare
versameling aan U.S. geskenk. Hulle is in die Hortus
Botanicus te sien.
BAANBREKERS IN AFRIKAANSE VOLKSMUSIEK
Mej. Joan van Niekerk en prof. Con de Villiers (middel) is op die aand van 4 April 1972 in die konservatoriumsaal op Stellenbosch deur die F.A.K. gehuldig vir hulle bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse volksmusiek. Prof. H. B. Thom, voormalige voorsitter van die F.A.K., het die oorkondes aan hulle oorhandig.
Aktiewe Minderhede en Stille Meerderhede aan Studentefronte
Gedurende die afgelope paar maande het dit duidelik op die universiteitskampusse geblyk dat aktiewe minderhede in staat is om storms op te swiep en deur middel van vooruitbepalende nuudekking – selfs met behulp van rolprentkameras en bandopnemers by „vreedsame“ betogings – hierdie tornado’s te laat uitgolf oor ons land.
Tot vervelens toe, maar tóg dikwels met ’n mate van wisselende sukses, is die sportfronte aangeval, want anders as met godsdiens, politiek, taal en kultuur wat dikwels verdelend werk, is daar veral tussen die blankes ’n besondere mate van samewerking op sportgebied. Daarom is, begryplikerwys, op universiteitsgebied die gesamentlike onderneming van Intervarsity die afgelope twee jaar die aanvalskyf gemaak.
Om nie in ’n polemiek te verval nie, sal ons swyg oor die motiewe – oor dié wat aan die oppervlakte genoem word en oor dié wat in die donker dieptes skuil – en ons eerstens bepaal by die krag van die minderheid. Onder leiding van oud-Ikeys soos dr. Lapa Munnuik, L.U.K., dr. Charlie Morkel van die Strand, mev. Adrienne Koch (burgemeesters van die Paarl) en dr. North Wells van Claremont, het nie net die rugby plaasgevind nie, maar is die Ikeypawiljoen ook, ondanks die korte corblwynde tyd wat tot beskikking was, gevul. Dit is baie duidelik hoeveel deur die ywerige, aktiewe minderheid wat die weg van gesonde verstand en ordelike optrede gevolg het, vermag is.
’n Student, en enige ander persoon in Suid-Afrika, het ’n veel beter kans om sy saak te stel en aangehoor te word as hy netjies, beleefd en voorbereid optree – ongeag sy taalverband of politiek, of wie die regering van die dag is, want orde en ordentlikheid was nog altyd paspoorte tot ons owerheede; dog
|
25bcc2b1-c61b-4900-b136-5859012204c2-0
| 1
|
van Tegnologie, Engeland, was. Ek het die kursus in Lugvervoer-ingenieurswese gevolg.
Die graad M.Sc. van die Instituut is onlangs aan my toegeken. Die „Air Corporations Prize in Air Transport Engineering“ is ook aan my toegeken vir my werk op Cranfield.
Noudat ek die uitslae ontvang het, wil ek my diepe dank uitspreek teenoor die trustees van die beursfonds vir die geld wat die studies moontlik gemaak het, en aan die Departement Ontwikkeling vir die hulp wat hulle my gegee het toe ek vir die geld aansoek gedoen het. Baie dankie!
Ek is al vyf maande lank terug in Suid-Afrika en werk nou by die Atlas Vliegtuig Korporasie te Kempton Park. Ek hoop dat ek daar my dank sal kan uitwerk in die praktyk, vir die belegging wat in my gemaak is.
Die uwe,
w.g. N.H.B. Faull
---
**Studentebedrywighede**
**Universiteitskoor na Portugal Genooi**
Die Universiteitskoor Stellenbosch het 'n pragtige onderskeiding te beurt geval. Hierdie koor is een van die sestien kore van dwarsoor die wêreld wat genooi is om aanstaande jaar in April aan die Internasionale Universiteite-koorfees in Portugal deel te neem. Andere lande wat uitnodigings gekry het om kore te stuur, is die V.S.A., Duitsland, Engeland, Italië, Japan, Spanje, Switserland en Brasilië.
Die fees van onbegeleide sang, wat van 4 tot 20 April duur, word deur die Orfeon Académico de Coimbra van die Universiteit van Coimbra aangebied en is geskooi op die lees van die groot Internasionale Universiteite-koorfees wat sedert 1965 in New York
---
**DIE MATIES SING**
Mej. Elena Agostinis oorhandig die plaat van die 25e Stellenbosse Sangfees, gehou in September 1971, aan die Rektor, prof. J.N. de Villiers.
Tukkies het gewen deur in die ses uur 144,5 km af te lê, met Stellenbosch se ingenieurs tweede (143 km). In die pylvak het Stellenbosch se ingenieurs egter met Gees van Esperanza die hoogste snelheid (31,11 km/h) behaal. Dagbreek het die beste gemiddelde (30,72 km/h) gehandhaaf. U.P. het die voortreflikste trapkar gehad en Huis Marais die voortreflikste kuip.
Mej. René Stott, die Maties se mej. Ingenieur, was hulle inspirasie.
Maak geld soos dit u pas — laat ons u help om dit te behou.
Hoe moet mens regkry om te spaar as pryse daaglik s styg? Wanneer jy wel spaar, hoe verseker jy dat jy maksimum winste op jou kapitaal verkry? En tog ook veiligheid en sekerheid?
Wanneer dit by geldsake kom, vra U die vraë.
Die antwoorde lê by Saambou-Nasionaal.
Hoe gouer u met Saambou-Nasionaal praat, hoe gouer pluk u die vrugte.
SAM101/1A
OU-D-MATIEBAADJIES
Prys R25.00
Vervaardig deur Veka
Alle Nommers altyd in Voorraad
Nuwe Terylene Oud-Matiedas
Prys R2.35
Skryf aan:
pikkie blommaert
mansuitrusters stellenbosch
Posbus 94
Stellenbosch
C. J. Langenhoven 1873-1973
Versamelde Werke
Deel 1 en Deel 2 van Langenhoven se 'nuwe' Versamelde Werke verskyn binnekort. Die oorspronklike stel, wat in 1927 uitgegee is en drie keer herdruk moes word, is jare lank nie meer verkrygbaar nie. Nou het u weer die geleentheid om die versamelde werk van hierdie groot volkskrywer te besit. Die volledige stel van 16 bande word in 'n splinternuwe gedaante heruitgegee en dit behoort teen Augustus 1973 beskikbaar te wees. Die inhoud is dieselfde as dié van die oorspronklike stel. Die boeke het egter 'n effens ander formaat en dit word in 'n aantreklike stofomslag uitgegee. Vra u naaste boekhandelaar om volledige besonderhede.
Louis Michel Thibault (1750-1815)
Huguette Roy de Puyfontaine
Nou, vir die eerste keer, het daar 'n volledige beeld van hierdie merkwaardige begaafde Franse militêr, kunstenaar, ingenieur, landmeter en argitek aan die Kaap die Goeie Hoop in druk verskyn. Die boek is saamgestel uit briewe en verslae wat Thibault aan kliënte en amptenare van die N.O.I.K. en die Bataafse en Britse regerings geskryf het en die antwoorde wat hy ontvang het. Heeltyd illustrasies, baie in kleur, van dorpsplanne, geologiese opnames, geboue, brûe en vestings wat Thibault self geteken het, is in die boek opgeneem. Die skryfster – die dogter van 'n Franse senator – het 'n magdom feite oor Thibault in die argiewe van Parys, Delft, Den Haag en Kaapstad opgediep en die boek aan die Kaap kom skryf. Dit verdien 'n ereplek op u boekrak.
Kind in ons Midde
P. Pistorius
Opvoeding is wesenlik 'n gesinstaak en nie 'n skooltaak nie. Baie ouers besef dit, maar die ingewikkeldse lewensorstandighede maak hulle onseker. Om hierdie leemte aan te vul, is die Sosio-Pedagogiek ingestel. Kind in ons Midde, die resultaat van 'n nugter wetenskaplike benadering, is bedoel as handleiding by die studie van die Sosio-Pedagogiek. Maar dit is ewe belangrik vir die ouer wat die opvoedingstaak sy erns maak.
Die Mens en die Moderne Wêreld
Tien referate wat in Julie verlede jaar by die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns op Potchefstroom gelewer is. Die referate dien as 't ware as 'n prisma waardeur die lig op sommige van die belangrikste aspekte van die huidige wêreld val.
(R4,50)
Ritme en Skandering
A.J. Coetzee
'n Belangwekkende studie oor die kwessie van ritme en die ontleding daarvan in die poësie – 'n probleem wat dikwels deur letterkundiges verwaarloos word. Die skrywer formuleer 'n skanderingstelsel wat die ritmiese patroon in 'n gedig met die grootste moontlike objektiwiteit visueel sal weergee. Hy bewys ook dat ritme 'n uiters belangrike hulpmiddel is by die ontleding en evaluasie van gedigte.
(R7,50)
Plantkundewoordeboek
In opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns saamgestel deur prof. A.P. Goossens en bewerk deur die Vaktaalburo en 'n komitee vir plantkundetiere. Dit dek die hele veld van die plantkunde en bevat 15 000 Afrikaanse terme. Dit kan met groot vrymoedigheid aanbeveel word by plantkundiges, skole en ander gebruikers.
(R11,50)
Ander woordeboeke wat in samewerking met die S.A. Akademie gepubliseer is, is: Aptekerswoordeboek (R2,50); Bonuwoordeboek (R5,50); Land- en Bosbouwoordelys (R1,00); Opmeetwoordeboek (R3,75); Chemiewoordeboek (R1,00); Statistiekwoordeboek (R1,90); Sterrekundewoordeboek (R4,20); Versekeringswoordeboek (R2,95); Water- en Rioolwerkterme (R2,00) en Wiskundewoordeboek (R3,50).
Al hierdie boeke is by u naaste boekhandelaar verkrygbaar.
Tafelberg-Uitgewers, Posbus 879, Kaapstad.
Ons is om elke hoekie—met die regte soort hulp.
Besoek ons of ons sal u besoek
Suid-Afrikaanse Permanente Bouvereniging
Permanente Gebou, Pleinstraat 4, Stellenbosch.
Gedruk deur Nasionale Handelsdrukkery Beperk, Elsiesrivier, Kaap
Elke Sigaret 'n Meesterstuk
Vervaardig in Suid-Afrika
|
25bcc2b1-c61b-4900-b136-5859012204c2-1
| 1
|
Datum: 5 July 2007
Verw: Nuclear 1 03A
Bladsy: 1 van 4
Geagte «Title» «Surname»
ESKOM – OMGEWINGSIMPAKSTUDIE (EIA: 12/12/20/944)
VIR ‘n VOORGESTELDE KERNKRAGSENTRALE EN GEPAAARDGAANDE INFRASTRUKTUUR
U word vriendelik uitgenooi om ’n Sleutelbelanghebberwerkswinkel op enige van die volgende dae by te woon:
| DAG EN DATUM | PROVINSIE & DORP | PLEK EN ADRES | TYD |
|-----------------------|--------------------------------|--------------------------------|-----------|
| Vrydag, 27 Julie 2007 | Oos-Kaap, Port Elizabeth | The Beach Hotel, Marine-rylaan | 10H00 – 13H30 |
| Dinsdag, 31 Julie 2007| Noord-Kaap, Kimberley | Kalahari Lodge | 10H00 – 13H30 |
| Maandag, 13 Augustus 2007 | Wes-Kaap, Durbanville | Durbanville Golf Club | 10H00 – 13H30 |
Ligte verversings sal na afloop van die vergadering voorsien word. Aanwysings word op die RSVP vorm voorsien.
Hierdie werkswinkel is deel van die Omgewingsimpakstudie (OIS) -proses wat deur ARCUS GIBB (Pty) Ltd onderneem word vir die voorgestelde Eskom Kernkragsentrale en gepaardgaande infrastruktuur. Verdere inligting is in ’n Agtergrondinligtingsdokument saam gevat. Dit sluit ’n kaart in en is per pos aan u gestuur.
Projek dokumentasie kan ook op Eskom se Webwerf: www.eskom.co.za/eia gevind word deur die skakel “Nuclear 1” te volg.
Die terreine wat tans as deel van die OIS onderzoek word is soos volg:
- Bantamsklip (Wes-Kaap – 10 km suidoos van Pearly Beach).
- Brazil (Noord-Kaap – Kleinsee/Port Nolloth area).
- Duynefontein (Wes-Kaap – langs die bestaande Koeberg Kragsentrale, Kaapstad).
- Schulpfontein (Noord-Kaap – Hondeklipbaai/Kleinsee area).
- Thyspunt (Oos-Kaap – Wes van Port Elizabeth naby Kaap St Francis).
As 'n sleutelbelanghebbende stel ons u bywoning van een van die werkswinkels hoog op prys en het gepoog om die werkswinkels so sentraal as moontlik te reël. Die doel van die werkswinkels is om 'n uiteenstelling van die projek te verskaf en aan u die geleentheid te bied om die Projekspan by te staan met die identifikasie van sleutel kwessies en impakte wat ondersoek en bestuur moet word.
Ons glo dat so 'n werkswinkel waarde inhoud deurdat u die geleentheid gebied word om ander sleutel belanghebbendes se sienswyses en kwessies aan te hoor en dit in konteks met u eie te stel. Sodoende word 'n meer geïntegreerde benadering bevorder.
Vind asseblief die RSVP vorm hierby aangeheg. Om reëlings te vergemaklik, sal ons dit waardeer indien ons u antwoord nie later as Vrydag, 20 Julie 2007, ontvang nie. 'n Lys van sektore en organisasies wat na die werkswinkel genooi is, is ook aangeheg. Dui asseblief op die RSVP vorm aan indien u van mening is dat enige ander persone of organisasies ook uitgenooi behoort te word.
Indien u nie die werkswinkel kan bywoon nie, voltooi asseblief die kommentaarvorm wat saam met die Agtergrondinligtingsdokument wat na u gepos is, of kontak my gerus om u kwessies te opper en/of 'n alternatiewe ontmoeting te reël.
Ek dank u by voorbaat vir u aktiewe en betekenisvolle deelname in die OIS-proses, en daarmee saam u bydrae tot 'n beter ingeligde besluitnemingsproses.
Vriendelike groete.
Die uwe,
Me Bongi Shinga
Publieke Deelname Spanleier
Die inhoud wat aan u gestuur is, is soos volg:
Bladsy 1 van 5: Uitnodigingsbrief, bladsy 1
Bladsy 2 van 5: Uitnodigingsbrief, bladsy 2
Bladsy 3 van 5: RSVP Vorm
Bladsy 4 van 5: Lys van sektore en organisasies uitgenooi
Bladsy 5 van 5: Aanwysings na die
|
6a5083ec-a92a-43c3-a4b1-9a2de535a673-0
| 0
|
N.G. Gemeente Vaalpark
Gebedsbulletin no 50
11Desember 2022
Die boodskap van Openbaring 12
Wanneer ons die geboorte van die Kind van Openbaring 12 vier, is ons blydskap nie beperk tot Sy eerste koms nie. Ons ken die volledige Openbaring 12-verhaal en dit bemoedig ons. Ja, ons ís die vrou in die woestyn – ons kry swaar en ly, maar ons word nie moedeloos nie – die gebrokenheid van die wêreld dien as 'n herinnering, 'n teken da tons van Gód afhanklik is! Ons leer toenemend dat niks of niemand buiten God ons régtig kan beskerm nie. A.g.v. die onherbergsame aard van die woestyn ontdek ons deur die uitdagings wat ons die hoof moet bied, hoe wonderlik dit is om God te ken en van Hom afhanklik te wees. Sy versorging bied ons meer as genoeg. Niks kan met Sy liefde vir ons vergelyk word nie!
In Hom en deur Hom leer ons oorwin. Ons is eeue gelede in Openbaring 12 beskryf as mense wat God se heerlikheid weerkaats en dit is juis in die woestyn dat ons begin lewe as mense wat met die son beklee is! Ons afhankliheid van God maak dat ons vrees verdwyn. En toenemend kom ons agter dat die nag se duister nie meer vir ons'n verskrikking inhou nie. Die maan is onder ons voete. Hoewel ons deur die bose bedreig word en hy by tye selfs magtig voorkom, laat ons ons nie langer mislei nie. Sy krone is nie heerserskrone nie, dit is skyntekens van mag. Op óns koppe is daar 'n oorwinnarskroon! Ons is nie uitgelewer nie, ons heers!
Net soos Herodus, Pontius Pilatus en Kajafas nie régtig vir Jesus kon doodmaak nie en die satan Hom ook nie in die dood gevange kon hou nie, sal die dood óns wat in Christus is, ook nie kan vashou nie. Al is die aanslag hoe fel en vreesaanjaend – Christus het reeds oorwin! Deur die Lam is die oorwinning vir eens en vir altyd behaal en ons wat aan Hom behoort, mag nou reeds in daardie oorwinning deel. Saam met Johannes roep ons ook in die woorde van Openbaring 12:11-12 uit: "Ons het die oorwinning behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan ons getuig!" – dr Elza Meyer
Dankie!
* Dat God ons so liefhet dat Hy Sy geliefde Seun na die aarde toe gestuur het om vir ons verlossing en redding en genesing te kom bewerk!
* Vir God se genade in en deur Jesus Christus, ons Middelaar!
*
* Deur die Lam van God is die oorwinning vir eens en altyd behaal!
Dat ons deel het in Christus se oorwinning!
Gemeente en algemene voorbidding:
* Vir ons predikante en hulle gesinne.
* Vir 'n geestelike ontwaking in die Kerk, verlossing van ongereddes en sosiale
* geregtigheid. Vir eenheid, herlewing en transformasie in SA.
* Vir die opbou en toerus van God se kinders om God se hart aan stukkende en verlore mense te openbaar.
* Vir ons president, regering en vir almal wat gesag uitoefen 1 Tim 2:1-6.
* Vir die ekonomie, mense wat hulle werk verloor het en werkskepping.
* Dat ons 'n biddende gemeente sal wees, met 'n hart van gebed soos Jesus.
* Vir ons huwelike en gesinne. Vir versoening, herstel en genesing van verhoudings.
* Kom ons bid met Sy Koninkryksvisie en -misie in ons harte vir ons land. Kom ons belyn ons harte met God se hart.
* Vir ons jeug – dat hulle ook God se hart vir hulle sal ontdek.
* Vir die Christusfees seisoen! Dat ons die Grootste Geskenk met ander sal deel..
Gebedsversoeke
Jaap Naudé Maria Steyn
Oom Sampie Swart Ria Putter
Jaco Steenkamp Oom Hannes Loots
* Tannie Marinda Jordaan Lilian van Zyl
Annika Killian Wally Fourie
Louis Strauss Louise Lodewyk
Gedagte vir die week
Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die Naam beteken God by ons. Matt 1:23
Gebedsversoeke: Ds Deon 083 288 7555 of Kerkkantoor
N.G. Kerk Vaalpark se webtuiste:
|
5cb10f5a-5790-44e6-b4e0-b7590ba8b8b7-0
| 1
|
BabaGim en opehartchirurgie
Gona Reddy
Tiarra het op 13 Desember 3 geword. Hierdie verjaardag was 'n groter viering as die vorige twee. Sy het 'n groot hartoperasie ondergaan as baba. Tot 5 maande gelede het hierdie pragtige dogtertjie net geloop as sy nie anders kon nie. Sy het aan die muur vasgeklou en met 'n paniekbevange uitdrukking op haar gesiggie treetjie vir treetjie sywaarts geskuifel.
Tiarra het nie vlot gepraat nie. Sy was baie traag om woorde te herhaal of selfs voorwerpe te benoem. Sy het dit wel geniet as 'n mens sing en het af en toe 'n woord of twee saamgesing. Ek het in Oktober 2007 begin om BabaGimmassering met Tiarra te doen (wanneer sy beskikbaar was by haar versorger se huis). Ek het altyd die boodskap op haar arms en bene herhaal, en koördinasie-oefeninge met haar ledemate gedoen op maat van rympies en liedjies. Haar versorger stimuleer haar heeldag deur met haar te praat en vir haar te sing. Sy moedig haar ook aan om te loop. Aangesien Tiarra beswaarlik eet, het ek ook die BabaGim-oefeninge herhaal om suig en spraak te stimuleer.
Ons het die wonderlikste Kersgeskenk gekry toe Tiarra 'n week voor Kersfees begin loop het. Sy het dikwels haar arms op skouerhoogte gehou, met haar vingers opgekrul vir balans en veiligheid. Van twee weke gelede af beantwoord Tiarra nou ook vrae en identifiseer voorwerpe. Sy loop ook met haar arms langs haar sye. Sy het nog baie liefde en massering nodig om haar looptegniek en spraak te verbeter.
Ek het geleer om NOOIT tou op te gooi
|
b4d3ca6e-4eaf-443a-aee9-483beff4f03d-0
| 1
|
MARIE SE KERRIE KOMKOMMER
MARIE SE KERRIE KOMKOMMER
2 engelse komkommers
3 meduim uie
1 koppie kookwater
2 koppies suiker
2 koppies bruin of witasyn
2 eetlepels kerrie
1 teelepel mostert
1teelepel sout
2 of meer teelepels mazeina in bietjie water.
Kook water voeg alles by en kook tot suiker op gelos het. Laastens die komkommer en kook vir vyf minute. Nie te lank nie komkommers word gou pap verdik met die mazeina.
Bron my ma se buurvrou elize se resep Foto marie rheeder
|
d4a4a932-e27f-4f59-ba4e-cd851a1dd1d3-0
| 1
|
23. Liturgie
23.1 RAPPORT STUDIEDEPUTATE OOR HERSIENING VAN LITURGIE (Artt.85, 150, 160, 239)
A. Dr. B.J. de Klerk stel die Rapport.
C. Dr. S.J. van der Walt rapporteer namens die Kommissie.
B. Besluit: Die Rapport word verwys na Kommissie Liturgie 1.
D. RAPPORT:
1.1 Die opdrag van die Studiedeputate vloei voort uit 'n Beswaarskrif van Part. Sinode Wes-Transvaal op die Sinode van 1994. Hierdie beswaar teen sekere besluite (insake die liturgie) van die Sinode van 1985 het op een grond geslaag, nl. dat van die besluite onvolledig en ongemotiveer is (vgl. p.554-559). Die Part. Sinode Wes-Transvaal het op grond van sy beswaar die Sinode van 1994 versoek om Deputate te benoem "om die besluite oor die liturgie te hersien en om duidelike beginsels uit die Skrif, Belydenis en Kerkorde aan te wys vir die liturgiese orde" (p.557).
1. Opdrag
1.2 Die Sinode van 1994 keur die volgende aanbeveling van die Kommissie vir Liturgiese sake goed:
Studiedeputate word aangewys
"Aan die versoek van Partikuliere Sinode Wes-Transvaal word op die volgende wyse voldoen:
(1) om die besluite van 1985 oor die liturgie te hersien en aanvullend navorsing te doen;
(3) om te bepaal watter liturgiese inhoude, vorme en ordes aan die vryheid van die kerke oorgelaat behoort te word en watter ter wille van 'n meer eenvormige erediens in die kerkverband die gesamentlike instemming van die kerke behoort te ontvang".
(2) om duidelike beginsels, liturgiese inhoude en vorme uit die Skrif, Belydenis, Kerkorde en kerkgeskiedenis aan te wys vir die liturgiese orde; en
Besluit: Kennis geneem van punt 1.
2. Die opdrag nader gedefinieer
Die opdrag aan hierdie Studiedeputate gebruik die begrippe "liturgie", "liturgiese orde" en "erediens". Die Deputate het die volgende hieronder verstaan:
2.1
Sake waarvan die Sinode kennis kan neem
2.1.1 Liturgie
Liturgie (van die Grieks leitourgia) dui persoonlik, huislik en gemeentelik (kerklik) op wat mense doen wanneer hulle God ontmoet, na Hom luister en Hom aanbid, godsdiens beoefen en Hom verheerlik. In die Ou en Nuwe Testament is daar geen twyfel dat die gemeente God verheerlik en self die liturgie beoefen. Dit is die
opdrag van die Skrif aan die gemeente wat vandag in gemeenskap met die Here lewe. Selfs wanneer die geroepe voorganger ontbreek, bly die onus op die gemeente om liturgie te beoefen.
2.1.2 Liturgiese orde
Die geroepe voorganger lei, as dienaar van God, kragtens die apostolaat in die dienste in elke gemeente (vgl. onder andere Hd 3:11; 5:19-20, 40-42; 6:2, 8; 9:15; 13:1-2; 14:22, 23; 15:22; 1 Kor 16:13-20, ens.), en voer besondere handelinge uit kragtens sy Goddelike roeping en missie. Dit behels onder andere die groetseën of die wegstuur-seën en die bediening van die sakramente. Waar hierdie geroepe dienaar ontbreek of waar handelinge nie volgens sy Goddelike roeping net deur hom verrig hoef te word nie, lei iemand anders die liturgie, omdat liturgie is wat die gemeente doen.
Hierdie begrip bedoel die orde en nie die volgorde in die samekoms van die gemeente nie. Die volgorde kan 'n faset van orde wees, maar liturgiese orde is nie gelyk aan volgorde en ook nie aan formele liturgie nie. Orde sluit veral die harmonie in die handelinge van 'n spesifieke samekoms in, asook die liturgiese inhoud van die handelinge.
Hierdie begrip word dikwels staties geneem, asof die "erediens" 'n program is wat begin en afgesluit word. Die dinamiese aspek van die samekoms in Gees en waarheid om te ontmoet, te gehoorsaam en met oorgawe te luister en te aanbid, kom nie altyd tot sy reg nie. Die handeling wat die gemeente as gemeente in die samekoms verrig, word in Engels met "worship" en in Duits met "Gottesdienst" weergegee. Die Deputate hou rekening met die verkeerde hantering van "erediens" as statiese begrip en wil met omskrywing daarvan eerder die dinamiese karakter aandui, asook die feit dat dit voortgaan in huise en in die binnekamer van die gelowige, as uitvloeisel van die samekoms van die gemeente as volk van God.
2.1.3 Erediens
Besluit: Kennis geneem van punt 2.
3. Kort agtergrond van die liturgie in sy hoofmomente: Ou Testament, Nuwe Testament en kerkgeskiedenis
3.1.1 Die Sinode van 1985 het in 'n historiese perspektief sekere lyne van die Skrif en uit die kerkgeskiedenis getrek. Ons Rapport dui aanvullend belangrike riglyne van die Skrif en die kerkgeskiedenis aan.
3.1 Sake waarvan die Sinode kennis kan neem
3.1.2 Aanvullend by wat in 1985 oor die tempelliturgie gesê is, wys hierdie Rapport dat die tempelliturgie met sy simbole, offers, koorsange, ens 'n inspirasie vir die verbondsvolk is om die Here deurlopend in hulle huise te dien. Die skeur van die voorhangsel en Pinkster hou in dat Christus die tempelliturgie vervul en die aanbidding van God word opdrag in die Nuwe-Testamentiese kerk
onder alle volke en tale. Naas die tempelliturgie is die OuTestamentiese liturgie onderhou met besnydenis en Paasmaaltye in die huise. Die liturgie van die Nuwe-Testamentiese sakramente van doop en "die breek van die brood" vloei uit die Ou-Testamentiese handelinge voort. God is in Christus teenwoordig, ook in die huise en in die liefdesmaaltye van die eerste Nuwe-Testamentiese gelowiges, waar Hy aanbid en gedien word.
3.1.4 Die eenheid van "Woorddiens en Nagmaalsdiens" is in die 1985-besluite beklemtoon. In die periode van die kerkvaders en daarna laat juis die geloofsbelydenis die kategumene na die doop aldus na die eucharistie (danksegging) of kommunie oorgaan. Kerkwees het dus gekulmineer in die ontmoeting van die gelowiges met God en mekaar in eucharistie (danksegging) en kommunie. Dit het onder toesig van die opsieners gebeur.
3.1.3 Aanvullend by die beklemtoning dat die Nuwe-Testamentiese liturgie aansluit by die sinagogale opset van liturgie, stel hierdie Rapport dat die Vroeë Kerk verskil van die sinagogale liturgie waar dit 'n eie vorm aanneem. Die gemeente kom saam en aanbid in Gees en waarheid en bly nie by Moses en die tempel en die sinagoge staan nie.
3.1.5 Die Sinode van 1985 het baie min oor die Middeleeue gemeld. Enkele sake wat tog van belang is, is die volgende. Hoewel die retorika aanvanklik hoog aangeslaan is, raak die Woorddiens in onbruik en die sakramentalisme neem vanaf die sesde eeu oor. Die misoffer neem die plek van die maaltyd van die Nagmaal en die liturg tree los van die gemeente op. Die gemeente word toeskouers en deel in die kommunie sonder die beker en net onder gedaante van brood. Wat positief van die Middeleeuse liturgie is, is die poging om die teenwoordigheid van
|
<urn:uuid:2d3f4fe1-61dc-40b2-bda4-d827aa3a6cd5>-0
| 1
|
1.3 Die GKSA het tot hiertoe - vir eie gebruik - die kerklied beperk tot dié genoem in KO, art.69. Die gebruik van liedere in die erediens waarvan die teks nie direk uit die Bybel kom nie, is egter nog nooit as sodanig by ander kerkgemeenskappe afgekeur of as vals bestempel nie. Sodanige gebruik by ander kerkgemeenskappe het ook nog nooit 'n belemmering gevorm om korrespondensie met sodanige kerke te onderhou nie. Kerke wat in die Sinodes Middellande en Soutpansberg saamkom, sing trouens liedere van 'n heeltemal ander aard as ons kerklied. Tog het dit nie ons korrespondensie en eenheid in kerkverband in die weg gestaan nie.
1.2 Voorbeelde van Skrifgetroue kerkliedere wat reeds met stigting gebruik word, is Sb.26:11, die hele Sb.27. Nie een van hierdie liedere is direk op 'n bepaalde teks van die Bybel gebaseer nie. Eersgenoemde is 'n sinvolle integrasie van die Ou en Nuwe Testament, en 'n goeie voorbeeld van die soort lied wat die gemeente kan verryk.
Uit die kerkgeskiedenis is die standpunt van ds. Dirk Postma bekend wat hy in die kerkvergadering van die Hervormde Kerk op 11 Januarie 1859 ingeneem het: Hy sou geen kerk veroordeel wat regsinnige gesange sing nie (soos hy ook bevestig het deur Gesange te laat sing in die eredienste na sy aankoms in die Kaap). Hy voeg egter by: "Wie slegs gesange sing waarvan die teks in die Bybel gevind word, is op die veiligste weg".
In Ef 5:19 en Kol 3:16 word psalms (psalmos), lofsange (humnos) en ander geestelike liedere (ooidê) genoem waardeur die gelowiges onder mekaar (of: tot mekaar) moet spreek. Die kerksang is hier te sprake. J.P. Versteeg ("Oog voor elkaar", Kampen Kok, 1979:48, 49, 55-57) is van oordeel dat
1.4 Die Ou Christelike Kerk het soos dit in die Nuwe Testament gereflekteer word, stellig nie net die Ou Testamentiese Psalms, laat staan nog "berymings" gesing nie.
- hierdie Skrifdele die samekomste van die gemeente voor die aandag roep en stellig 'n liturgiese kleur het;
- die woord "psalmos" nie beperk kan word tot die bekende Psalms van die Ou Testament nie, aangesien lofliedere wat spontaan in die gemeente ontstaan het (1 Kor 14:15) ook "psalmos" heet;
- hier nie drie kategorieë liedere ter sprake is nie, maar eerder die veelheid liedere weerspieël waarmee die gemeente mekaar kan opbou;
- "geestelike liedere" is liedere volgens die aard van die Heilige Gees, of ooreenstemmend met die Gees, en gee die maatstaf aan vir psalmoi en humnoi. Geestelike liedere kom voor waar die gemeente met die Gees vervul is (Ef 5:18), wat op sy beurt 'n wisselterm is vir die ryklike inwoning van die Woord van Christus (Kol 3:16). Die apostoliese prediking is dus ook die maatstaf vir die inhoud en strekking van die kerklied.
In die lig van bostaande is dit moeilik volhoudbaar dat alleen die Bybelse Psalms en ander "berymings" uit die Bybel in die samekomste van die gemeente geskik is.
Die Nuwe Testament bied inderwaarheid verskeie voorbeelde van himniese gedeeltes. Van een daarvan (Fil 2:6-11) sê dr. A.F.J. Klijn (De Prediking van het Nieuwe Testament: Brief van Paulus aan de Filippenzen, Callenbach 1961:56, 60) dat Paulus hier 'n bestaande himne aanhaal en dat dit voorstelbaar is dat die lied in die erediens gesing is as oproep om te buig voor die heerskappy van Christus. Ander voorbeelde van himniese gedeeltes wat moontlik teruggaan op liedere wat deur die werking van die Heilige Gees ontstaan het en in die gemeentes gebruik is, is: Kol 1:15-20, 1 Tim 3:16, 2 Tim 2:1113).
1.5 Die ideaal om suiwer die sin en inhoud van die Skrifdeel in die beryming of omdigting weer te gee (Sinode 1994:538) is 'n baie optimistiese maar moeilik bereikbare doelwit.
1.6 Die eensydigheid van ons huidige kerkliedereskat kan kwalik ontken word. Die oorgrote meerderheid van die liedere wat ons sing, kom uit die Ou Testament. Dit beteken dat die vervulde heil in Christus maar skraal funksioneer in ons kerksang. Gesien die belangrike invloed wat die kerklied op ons spiritualiteit het, sal meer liedere oor die vervulde heil in Christus van besondere betekenis wees. Vir die groei van die gemeente kan ons die kerklied wat die volle heil in Christus tot inhoud het, nie ontbeer nie.
Die gebruiklike Psalmberyminge bied talle voorbeelde van uitbreidings op die Bybelteks, uitweidings en vertolkings en weglatings uit die oorspronklike teks. Dis onvermydelik gesien die uiters hoë eise wat aan die (om)digter gestel word. (Vgl. T.T. Cloete: "Die nuwe omdigting van die Psalms in Afrikaans as kreatiewe werk". In die Skriflig, JG. 30, Nr. 1, Mrt. 1996.) Hierdie feit hoef ons nooit te pla nie, maar moet ons wel versigtig maak in ons verwagting dat "Skrifberyming" die weergawe van die suiwer sin en inhoud van 'n Skrifdeel waarborg. Die oomblik as ons aan 'n teks raak, is ons besig met vertolking.
Besluit: Daar word nie gevolg gegee aan die Beskrywingspunt nie.
Motivering: Die liedere wat die Here ons in sy Woord gegee het (dit sluit berymde en te beryme OT en NT liedere in) is vir gebruik in die kerke die beste en voldoende.
23.7 BESKRYWINGSPUNT SUIDELIKE PARTIKULIERE SINODE I.V.M. KERKORDE, ARTIKEL 69 (Artt.113, 177)
A. Ds. P.K. Lourens lig die Beskrywingspunt toe.
C. Dr. I.L. Bekker rapporteer namens die Kommissie.
B. Besluit: Die Beskrywingspunt word verwys na Kommissie Liturgie II.
D. BESKRYWINGSPUNT
Die Suidelike Partikuliere Sinode rig 'n versoek tot die Nasionale Sinode 1997 dat daar na die regsinnigheid van die Sionsliedere gekyk word.
1. Motivering
1.1 Hierdie saak kan nie volgens KO, art.30 in 'n mindere vergadering afgehandel word nie en was nog op geen meerdere vergadering ter tafel geneem nie.
1.2 Kerke met wie ons in Kerkverband is, sing wel die Sionsliedere, sonder dat dit ooit getoets is, terwyl baie klem gelê word in die Gereformeerde Kerke op die suiwere toepassing van KO, art.69.
Besluit: Die Sinode gee op die volgende wyse aan die Beskrywingspunt gevolg:
1.3 Die taalkwessie skep 'n probleem om die Sionsliedere plaaslik te toets of af te handel.
1. Dat die volgende woorde in die Beskrywingspunt weggelaat word: "en/of dat die Sinode hom uitspreek oor die versoenbaarheid van KO, art.69 en die Sionsliedere" (wysiging reeds gedoen - Deputate Handelinge).
3. Dat die saak kragtens KO, art.48 na die Deputate vir Korrespondensie met ander Nasionale Sinodes verwys word om met die ander kerke daaroor in gesprek te tree en eventueel saam te werk aan die regsinnigheidstoets daarvan en aan Sinode 2000 daaroor te rapporteer..
2. Dat die Sinode van die GKSA hom daarvan weerhou om op eensydige wyse die gevraagde evaluering aan te pak.
|
<urn:uuid:2d3f4fe1-61dc-40b2-bda4-d827aa3a6cd5>-1
| 1
|
Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose
Gereformeerde Kerk Benoni
VANDAG SE EREDIENSTE
KOINONIA
09:00 OGGENDDIENS
Dr. Braam Krüger
Skrifgedeelte: 1 Joh 3: 1– 10
Fokusverse: 1 Joh 3: 1
Tema: God - die Vader vir vaders (en moeders)
18:30 AANDDIENS
Dr. Braam Krüger
Skrifgedeelte: Kol 3: 18 - 21
Fokusverse: Kol 3: 18 - 21
Tema: Huistafels.
Reeks: Kol (no.2/2019)
HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN BESOEKERS BY DIE EREDIENS. KOM GENIET GERUS 'N KOPPIE TEE /
BYBEL EN KOMBERSPROJEK
Dit is met soveel dankbaarheid dat ons die Bybel en kombersprojek kan aanpak met minstens 90 komberse na 'n groot skenking van 'n lidmaat en betrokkenheid van die Barmhartigheidsdiensgroep. Ons beplan DV volgende Sondag, 30 Junie, na die oggenddiens die komberse saam met Bybels met skriflesing en gebed te gaan afdra. Daar is tans 65 volwassenes en 11 kinders.
Dit behoort nie langer as 30-45 minute te neem nie en is by die blankeplakkerskamp Angle Wings Care Centre in Putfontein.
Alle lidmate wat graag sou wou deelneem aan die uitreik kan ons kontak of volgende Sondag 30 Junie net opdaag by die ingangsportaal na die oggenddiens en tee. Ons wil graag so by 11h00 vertrek. Ons glo die Seën van die Here sal ook op hierdie projek rus.
Vir meer inligting kontak Pieter of Lenie Venter by
083 457 8861 of [email protected]
Ons dra Henco Smit , sy gesin en familie op vir vertroosting na die afsterwe van Henco se pa Vrydag-oggend.
Flippie Opperman is in die Linmed hospitaal opgeneem en ontvang behandeling vir longonsteking.
Helgard Potgieter is in Linmed hospitaal na komplikasies na 'n skoueroperasie.
Ons doen voorbidding vir Shannica Burmeister (belydenisklas leerder) en haar gesin wat die trauma van 'n rooftog Maandag in die vroeë oggendure in hul blyplek by 'n lodge naby Mookgophong, tydens vakansie daar, moet verwerk.
GELUKWENSING
Ons het die voorreg om vanoggend getuies te wees van die bediening van die Heilige Doop van Regardt, seuntjie van Gustav en Jeanne Koekemoer en kleinseun van Schalk Venter.
Baie geluk aan Arina Sterkenburg se dogter, dr. Paula Sterkenburg in Nederland wat as professor by die universiteit daar aanwys is.
GEMEENTE - NUUS
Ter approbasie: Br. Peet Muller word aan die gemeente voorgehou as ouderling vir wyk G3.
Gemeenskap met die GK Benoni opgesê:
- Johan, Adri, Heinrich en Anzelle Kamffer.
.
2 Datums & geleenthede om te onthou!
OP DIE PROGRAM VIR HIERDIE WEEK 23 – 30JUNIE 2019
SOEK DIE BYBELVERS
VERJAARSDAE 23 - 29 Junie
16 Junie 2019 se antwoord: Ester 2: 7
Die volgende Bybellesers het korrekte antwoorde ingestuur:
Chrissie Pretorius; Una Steyn; Elma Jansen
Hierdie week: Soek die Bybelvers
" Hy het ook die toring van ????? platgeslaan, en die mense van die stad doodgemaak. "
Vraag: Watter stad in Israel se toring het die rigter Gideon platgeslaan?
Lees gerus Rigters noem watter stad se toring deur Gideon platgeslaan is en noem die vers waar dit staan, en SMS die antwoord met jou Naam en Van na 082 873 3173.
Gereformeerde Kerk Benoni
Die President Kruger Kinderhuise bestuur, personeel en kinders bedank u opreg vir die kontant bydrae van R12000 wat ons op 11/06/2019 ontvang het.
Hierdie bydrae maak ons hande sterk om ons kinders 'n huis te bied waar hul kan ontwikkel tot hul volle potensiaal. Dankie dat Gereformeerde Kerk Benoni ons kinders se beste belange op die hart dra.
Weereens baie dankie.
Vriendelike Groete, President Kruger Kinderhuise
BAIE GELUK AAN ALMAL MET HUL VERJAARSDAE VANDAG EN IN DIE KOMENDE WEEK! MAG DIT 'N GESEËNDE LEWENSJAAR WEES.
(☺ doop-l) (* 70 ≤ 79) (** 80 ≤ 89) (*** 90≤ )
KERKLIKE ADMINISTRASIE
Beroepe aanvaar:
- Ds. R Janse van Rensburg (Regard) van GK Reitz/Lindley na GK Delmas.
2
KAN JY ONTHOU . . . . ???
In aanloop van die 10-jaar samesmelting- feesvieringe wat DV Saterdag 27 Julie plaasvind deel ons graag hierdie lekkerlees-artikels.
3 Die laaste erediens in Victorialaan se kerkgebou was 10 Januarie 1993.
BENONI GEMEENTE (DEEL 1)
-geskryf deur Ina Bolt-
Deur groot genade en seën van ons Hemelse Vader is ons nou 28 jaar koster en hulpkosters, van die Benoni gemeente. Deur die jare het ons baie beleef in die Benoni gemeente – mooi dinge, hartseer dinge en baie vreugdes.
Dit was maar 'n hartseertyd en tog ook 'n opgewondenheid, want 'n nuwe kerkgebou in Farrarmere was in aanbou. Vir 'n paar maande is daar kerk gehou in die Northmead skoolsaal in die oggende en aanddienste saam met Benoni-Noord in hulle gebou. Begrafnisse en troues is ook uit Benoni-Noord se kerkgebou gedoen. Farrarmere Kerkgebou
Ons het as kosters begin op 1 April 1991 in Victorialaan in die dorp (waar nou die Lakeside Mall is). Ons het oorgeneem van br. Gerrie Kriek en br. Nico Stoffels wat die oop- en toesluit op Sondae gedeel het.
In April 1993 trek ons in ons nuwe kerkgebou in. Wat 'n trots en lekkerte was dit nie toe ons die splinternuwe kerkgebou in gebruik geneem het nie.
Die Victorialaan gebou was 'n pragtige ou kerkgebou, met sy outydse rooi stoepe, groot houtdeure, sy blou glas vensters en dan natuurlik sy kloktoring. Vir ons kinders Ernst en Eric was dit amper 'n bakleiery Sondagoggende oor wie die tou kon trek, sodat die klok om 9 uur lui om die diens aan te kondig.
Ruim klaskamers vir ons kinders. 'n Pragtige kombuis met baie en mooi hout kaste, groot spens, opwasbakke, en groot stoof vir die susters. Hieruit is baie funksies, begrafnisse en troues gehou en sommer net gebak en gebrou met groot liefde vir ons Hemelse Vader. Daar was 'n kerkkantoor en die konsistorie was helder en groot. Wat vir ons baie spesiaal was by die kerkgebou was die geleentheid om tydens elke nagmaal almal saam as gemeente te kon nagmaal gebruik.
10 Daar was ook baie interessante insidente wat hier gebeur het tydens begrafnisse en troues. Die wat ek die beste kan onthou was die begrafnisondernemer wat tydens 'n paar begrafnisse nie genoeg van Tannie Rina se koeksisters kon kry nie. Hy was elke paar minute terug vir nog een, nog een en nog een. En 'n troue waar die gevolg uit die konsistorie moes kom. En daar in die konsistorie, voor die diens, het een van die gaste al die verwarmers per ongeluk aangesit opsoek 'n na skakelaar wat in die kerk moes werk. Vensters was ook nie oop nie, anders sou die wind die kerse doodblaas. Niemand maar niemand het tydens die seremonie kom vertel die kerk
|
<urn:uuid:79541300-0d16-4c24-a1e3-081748482115>-0
| 1
|
Ontmoeting 5:
Roeping en versoeking
Die les handel oor Jesus se versoeking in die woestyn.
Luk 4:1-13
Hulpmiddels:
Maskeerband
ʼn Papierkoppie vir elke kind
Minstens 2 balle van enige grootte
Papier en potlode
Speletjie: Beskerm jou beker
Verskaf 'n lyn in die middel van die area. Deel die groep in twee spanne. Plaas een span aan elke kant van die lyn. Gee aan elke kind 'n papier of polistereenkoppie wat hy enige plek aan sy kant van die lyn kan plaas, nie verder as 6 meter van die middellyn af nie. Elke kind moet nou halfpad tussen sy koppie en die middelyn gaan staan.
Een van die spanne kry die bal vir om die spel te begin. Die persoon wat die bal het, moet die bal na die ander kant toe rol en probeer om 'n koppie om te rol. Die verdedigende span mag probeer om hulle koppies te beskerm. Indien iemand se koppie omgerol word, moet daardie persoon sy/haar koppie neem en op die kant gaan staan en wag. Indien die spel te stadig neem, kan 'n tweede en selfs derde bal deelgemaak word van die spel. Na ongeveer 4 minute kan jy die spel stop en almal weer kans gee om hulle koppies reg te sit vir nog 'n rondte van die speletjie.
Stilword ritueel
Liedere:
Lees jou Bybel, bid elke dag (Lofliedjies vir Jesus 2, Snit 12) Here Jesus ek is klein (Lofliedjies vir Jesus 2, Snit 11)
Ek's so bly ek behoort aan Jesus(Lofliedjies vir Jesus 2 Snit 27)
Romans 16 (Louis Britz)
Ek is veilig (Soekie en die Radikids – Issie Waarheid, Snit:6) Open the eyes of my heart, Lord (Cedemont Worship for Kids 1, Snit:6)
Temalied
Bid: Ps 136
Uit reksel uit Psalm 136 (Uit: Die Bybel vir Almal)
Leier:
Julle moet dankie sê vir die Here, want Hy is goed.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Net Hý het groot wonderwerke gedoen.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Hy het die hemel gemaak, Hy het geweet hoe om
dit te doen.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het
Leier:
Hy het die aarde neergesit op die water.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Hy het die groot ligte gemaak.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Hy het die son gemaak om oor die dag te regeer.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
En Hy het die maan en die sterre gemaak om oor die nag te regeer.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Julle moet dankie sê vir Hom wat aan ons gedink
het toe dit baie sleg gegaan het met ons.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Hy het ons gered van ons vyande.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Leier:
Dit is Hy wat kos gee vir alles wat lew.
Kinders:
Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het
Leier:
Julle moet dankie sê vir die God van die hemel. Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Kinders:
Luk 4:1-13
Gee vir Jesus en die duiwel elkeen 'n eie stem. Vra die kinders om jou te help kies aan 'n stem wat jy kan gebruik wanneer jy gaan lees. (bv. vir die duiwel: 'n diep stem wat stadig praat of "slangstem" waar jy jou "s" sleep, of 'n sagte, besliste stem.) Lees nou die verhaal stadig en lê klem met die stemme.
Die kinders dink na oor die verhaal
Ek wonder van watter deel van die verhaal het jy die meeste gehou.
Ek wonder watter deel van die verhaal dink jy is die belangrikste.
Ek wonder wie is jy in die verhaal.
Ek wonder of daar 'n gedeelte is waarvan jy niks hou nie.
1. Ek wonder wat ons kan doen om die Bybel beter te leer ken. Vra die kinders om voorstelle te maak hoe ons die Bybel beter kan leer ken.
2. Leer 'n paar beloftes uit die Bybel, bv. Heb 13:5,6. Laat die kinders die vyf woorde van die vers op hulle vingers leer. Neem die linkerhand en sê op elke vinger 'n woord: "Ek sal jou nooit verlaat". Neem nou die regterhand en herhaal vs. 6: "Die Here is my helper." Laat die kinders nou hulle hande vuiste maak en moedig hulle aan om hulle vuiste op hulle harte te sit en hulle eie te maak. Dis 'n belofte wat God aan hulle maak.
3. Laat die kinders hulle hande afteken en skryf die woorde van die verse in die vingers.
Opruim en
|
ec5b5143-3b14-4121-a9b5-aea8b87efe50-0
| 4
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V1
MODEL 2020
NASIENRIGLYNE
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 26 bladsye.
PUNTE: 150
NOTAS VIR NASIENERS
INLEIDING
Die notas vir nasieners word verskaf vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te verseker:
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners regdeur die land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by skole/onderwysinstellings
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel: :
Nasiener:
Senior Nasiener:
Adjunkhoofnasiener:
Hoofnasiener:
Interne moderator:
DBE-moderator:
Rooi
Groen
Bruin
Pienk
Oranje
Turkoois
2. Kandidate se antwoorde op AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal egter van die aard van die vraag afhang
3. 'n Omvattende nasienriglyn word verskaf, maar dit is geensins volledig nie. Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
* 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
* Oorspronklik is
* Uit 'n ander betroubare bron kom
* 'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag of subvraag te vergemaklik
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag verband hou.
9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien laasgenoemde nie duidelik is nie.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui aan met 'n 'H' of 'R'.
11. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik word:
11.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele hofgedinge.'√
11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale standpunt in te neem. In hierdie geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word op lang siviele hofgedinge, want die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie. '√
LET WEL:
1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Adviseer (Gee raad), noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/ toon verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, regverdig, ontwerp, analiseer, evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na wanneer kandidate meer as een antwoord gee vir vrae in AFDELING B en C wat net een antwoord vereis.
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek of gebruik die woord 'Kanselleer'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos volg nagesien word:
* Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
* Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om die toekenning van punte te vergemaklik
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die nasienriglyne toegeken
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B EN C (waar van toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
| Struktuur/Uitleg | Is daar 'n inleiding, inhoud en 'n gevolgtrekking? |
|---|---|
| Ontleding en vertolking | Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- opskrifte te
|
4271b86c-d89f-46f6-9158-002191a2c420-0
| 1
|
kritiese prosesse daar te stel.√
- Kan lei tot groter verbruiker retensie/lojaliteit√ en besighede kan hoër pryse vra.√
- Kan lei tot verhoogde√ mededingendheid/winsgewendheid.√
- Groot besighede kan toegang kry√ tot globale markte.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe /voordele van totale kliënte/klante-tevredenheid as 'n TGB element op groot besighede
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Monopolistiese maatskappye het 'n groter bedingingsmag, √ en het dus nie nodig om altyd klante tevrede te hou nie.√
- Werknemers wat selde met klante in aanraking kom√, het dikwels nie 'n duidelike begrip van wat klante se behoeftes sal bevredig nie.√
- Nie alle werknemers is betrokke by/toegewyd√ aan totale klante-tevredenheid nie.√
Submaks (8)
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe/nadele van totale kliënte/klante-tevredenheid as 'n TGB element op groot besighede.
6.4.3 Voldoende finansiering en kapasiteit Positiewe/Voordele
- Hulle kan bekostig om stelsels in plek te hê√ om foute in prosesse/defekte in grondstowwe/produkte te voorkom.√
- Groot ondernemings het genoegsame finansiering√ om alles te toets voor implementering.√
- Kan produknavorsing/marknavorsers bekostig√ om inligting te versamel.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe/voordele van voldoende finansiering en kapasiteit as 'n TGB-element.
- Kan bekostig om kwaliteit grondstowwe√ en toerusting aan te koop.√
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Hierdie vinnig groeiende maatskappye kan groot hoeveelhede kapitaal verbruik√ as hulle probeer om normale bedrywighede en uitbreiding te balanseer.√
- As die vraag na die maatskappy se produk toeneem, begin die bestellings vinniger as wat verwag word√, en die maatskappy het nie die kapitaal wat benodig word om die voorraad te finansier om die bestellings te vul nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe/nadele van voldoende finansiering en kapasiteit as 'n TGB-element.
Max (16)
Submaks (8)
6.5 Gehalte-aanwysers van die aankopefunksie en die produksiefunksie 6.5.1 Gehalte-aanwysers van die aankopefunksie
- Kies betroubare verskaffers wat die beste gehalte grondstowwe / kapitaalgoedere teen billike pryse lewer. √√
- Koop grondstowwe in grootmaat teen laer pryse. √√
- Plaas bestellings betyds en volg gereeld op om te verseker dat goedere betyds afgelewer word. √√
- Vereiste hoeveelhede moet afgelewer word op die regte tyd en plek. √√
- Effektiewe koördinasie tussen aankope- en produksiedepartemente sodat aankopepersoneel die vereistes van die produksieproses verstaan. √√
- Implementeer en handhaaf voorraadbeheerstelsels om die sekuriteit van voorraad te verseker. √√
- Monitor en rapporteer oor minimum voorraadvlakke om voorraadtekorte te voorkom. √√
- Handhaaf optimale voorraadvlakke om te veel voorrraad te voorkom/verouderde voorraad te verminder. √√
- Doeltreffende gebruik van stoorplek en handhawing van produkkwaliteit terwyl dit in die stoor is. √√
- Verseker dat daar geen produksieonderbreking is as gevolg van voorraadtekorte nie. √√
- Betrek verskaffers in strategiese beplanning/produkontwerp/materiaalkeuse/ gehaltebeheerproses. √√
- Vestig verhoudings met verskaffers sodat hulle in lyn is met die besigheid se visie / missie / waardes. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalte-aanwysers van die aankopefunksie wat besighede kan gebruik om mededingend te bly.
- ʼn Deeglike begrip van die bestuur van die verspreidingskanaal hê.√√
Submaks (8)
6.5.2 Gehalte-aanwysers van die produksiefunksie
- Die produksie-/bedryfsprosesse van 'n besigheid moet korrek gedoen word deur behoorlike produksiebeplanning en -beheer. √√
- Voorsien hoë kwaliteit dienste/produkte volgens spesifikasies. √√
- Produkte en dienste moet teen die laagste moontlike koste vervaardig word om maksimum winste te verky. √√
- Produkte moet aan klante se vereistes van veiligheid, betroubaaheid en duursaamheid voldoen. √√
- Besighede moet die rol en verantwoordelikhede duidelik aan die produksiewerkers kommunikeer. √√
- Besighede moet goeie na-verkopedienste en waarborge lewer.√√
- Kry akkreditasie van die SABS/ISO 9001 om te verseker dat gehalteprodukte geproduseer word. √√
- Bemagtig werkers sodat hulle trots kan wees op hul vakmanskap. √√
- Spesifiseer die produk/ diens se standaarde en neem kennis van die faktore wat verbruikers gebruik om gehalte te beoordeel. √√
- Benut masjiene en toerusting optimaal. √√
- Implementeer gehaltebeheerstelsels om te verseker dat gehalte produkte deurlopend vervaardig word. √√
- Akkurate berekening van produksiekoste. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalte-aanwysers van die produksiefunksie wat besighede kan gebruik om mededingend te bly.
- Kies die toepaslike produksiemetode bv. massa / lot / stukwerk. √√
Submaks (8)
Maks (16)
6.6 Gevolgtrekking
- Gehaltebeheer in alle departemente is 'n vereiste vir die sukses van 'n besigheid.√√
- Gehalte is belangrik sodat ʼn besigheid volhoubaar kan wees.√√
- Elke besigheid moet ʼn gehalte bestuurstelsel hê wat verseker dat stelsels en prosesse korrek en veilig uitgevoer word.√√
- Dit is belangrik dat besighede ʼn behoorlike stelsel vir die bestuur van gehalte het, byvoorbeeld TGB wat die koste verlaag en die winste sal verhoog.√√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met gehalteversekering/ gehaltebestuur en gehalteprestasie/totale klantetevredenheid/voldoende finansiering en kapasiteit/gehalte-aanwysers van die aankopefunksie en die produksiefunksie.
- Die aankopefunksie en die produksiefunkie moet altyd saamwerk om te verseker dat die gehalte van produkte deurlopend verbeter .√√
Enige (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE
| BESONDERHEDE | MAKSIMUM | TOTAAL |
|---|---|---|
| Inleiding | 2 | Maks 32 |
| Betekenis van gehaltversekering | 6 | |
| Onderskei tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie | 8 | |
| Impak van TGB elemente op groot besighede: o Totale kliënte-/klante- tevredenheid o Voldoende finansiering en kapasiteit | 16 | |
| Gehalte-aanwysers van die aankopefunksie en die produksie- funksie | 16 | |
| Gevolgtrekking | 2 | |
| INSIG | | 8 |
| Struktuur en uitleg | 2 | |
| Analise/interpretasie | 2 | |
| Sintese | 2 | |
| Oorspronklikheid | 2 | |
SASO - vir elke komponent:
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
|
4271b86c-d89f-46f6-9158-002191a2c420-1
| 1
|
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018
DMed Mensfisiologie (10260273)
studie
Kontak
Programinligting
Die graad DMed word toegeken op grond van 'n proefskrif en indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.
Sien ook Algemene Regulasies.
Toelatingsvereistes
Om tot studie vir die graad MD toegelaat te word moet die student in besit wees van die MMed- of PhD-graad of 'n kwalifikasie van gelykwaardige status wat volg op 'n MBChB-graad – in die geval van Huisartskunde die MMed in Huisartskunde; en in die geval van Farmakologie die MPharmMed-graad van die Universiteit van Pretoria; of die student moet aan die bepalings voldoen soos uiteengesit in die Algemene Regulasies.
Navorsing
'n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif (asook die volledige curriculum vitae van die kandidaat) moet aan die Nagraadse Komitee van die Skool vir Geneeskunde en indien nodig ook aan die Etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring. Die proefskrif moet handel oor 'n probleem uit een of ander gebied van die geneeskunde en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk op die gebied van die geneeskunde is. 'n Oorsig moet gegee word van die literatuur wat oor die onderwerp gebruik is. Die proefskif moet ook 'n beskrywing bevat van die waarnemings en proefnemings wat deur die student gedoen is en 'n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe geraak is.
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018 |
www.up.ac.za
| 14:30:17 08/08/2023 | Bladsy 1 van 3
Kurrikulum: Jaar 1
Minimum krediete: 360
Kernmodules
Proefskrif: Mensfisiologie 990 (MFG 990)
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018 |
www.up.ac.za
| 14:30:17 08/08/2023 | Bladsy 2 van 3
Kurrikulum: Finale jaar
Minimum krediete: 360
Kernmodules
Proefskrif: Mensfisiologie 990 (MFG 990)
Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018 |
www.up.ac.za
| 14:30:17 08/08/2023 | Bladsy 3 van
|
80b22f19-4e0e-4e59-9e79-173f4883fef1-0
| 0
|
Skriflesing: Jesaja 65:1-14
Teks: Jesaja 65:8
Sing- Ps. 45:1,2; Ps. 119:20; Ps. 145:10; Ps. 23:3; Ps. 116…. Ps. 145:9
Broeder en suster, ons wil vanoggend Nagmaal vier. Wanneer ons die brood eet en die wyn drink, kan ons dit wat Jesaja vanoggend ons laat hoor op besondere manier toepas. Jesaja praat van druiwe, van 'n tros druiwe en in daardie tros is daar korrels wat nog sap dra. Dit gaan om die mos in die druiwetros. Die wyn wat ons drink moes daar sap uit die druiwe gehaal gewees het. Dit is die begin van wyn. Van droë druiwekorrels kan rosyntjies gemaak word, maar nie wyn nie.
Ons moet vanoggend besef die sap by die druiwe en die wyn in die beker moet 'n aansluiting met ons elkeen se lewe maak. Daar moet sap in ons lewe wees. Wanneer die Here vir ons sy belofte gee, dat Hy nie sal verniel nie, dat Hy in werklikheid sal seën daar waar mos in 'n tros druiwe is, moet ons die vers van twee kante kyk. Hier is sprake van verniel, hier is sprake van seën… Ons tema by hierdie Nagmaal is die vraag hoe kan ons ons deur God by hierdie Nagmaal geseënd wees terwyl daar baie vernieling plaasvind. Ons stel as hoofgedagtes die vraag na hoekom is daar vernieling? Tweedens, wanneer laat God ons wel van sy seëninge toekom?
Hoekom is daar vernieling?
Ons staan hier by die voorlaaste hoofstuk van 'n groot boek. Ses-en sestig hoofstukke het die profeet Jesaja keer op keer twéé kante van dieselfde saak moes hanteer. God se reg, God se liefde, God se oordeel, God se barmhartigheid, hoe moet ons dit verstaan? Die God wat straf terwyl Hy eintlik die mens wil seën. Elke keer word Jesaja op hierdie meskant van twéé kante geplaas. Jesaja wat ook genoem word die evangelis van die Ou Testament. 'n Evangelis wil die evangelie bring. 'n Evangelis wil 'n draer van goeie nuus wees, dié draer van 'n blye boodskap. Dit was Jesaja, evangelis, keer op keer kan hy goeie nuus laat hoor, ons dink maar net hierdie blye boodskap wat 'n volk in ballingskap tot diep in hulle harte moes raak- Jes. 40:1- 2 1 Troos, troos my volk, sê julle God. 2 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes. Watter wonderlike nuus wat hy vir sy volk kon bring.
Aan die ander kant, die volk van die Here wat hierdie boodskap mag hoor, is daar by hulle waardering vir wat God doen. Is hulle dankbaar? Is hulle bly? Hoor hulle werklik wat die
Here vir hulle wil sê? In hfst. 1 het die Here al gesê – vv 2-3 2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree. 3 'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. U hoor duidelik hoe God in alle opsigte vir hulle 'n God wil wees. Ja, geliefdes ons kan dit nog duideliker sê - ons hoor in baie van die profete hoe God Self sy hart vir sy kinders oopmaak. In Jesaja 5 waarby Jesaja 65 direk aansluit lees ons die lied van die wingerd. God stap deur die wingerd deur Homself geplant. Dit is 'n wingerd deur God geplant, deur God versorg, daar is 'n parskuip, 'n wagtoring, 'n heining om die wingerd, alles wat nodig is, is daarin. Jesaja 5 is God se verwagting hulle moet kan druiwe dra. Wat gebeur- hulle dra druiwe, maar dit is wilde druiwe. God se gunstige omstandighede wat God vir die wingerd geskep het, word met 'n gesindheid van negatiwiteit en hardheid geoordeel. Op die einde dan as God hard is, dit omdat die mens nie dankbaar is nie, dan word God van hardheid beskuldig…
Mense, so was dit ook in Jesaja, het God as die harde God wou voorstel. Een wat straf, Hy wat onverbiddelik sy eise teen die mens opstel. Dikwels het die profete nie anders kon as om God se oordele duidelik af te kondig. God gaan straf. Straf God omdat Hy daarvan hou, het God 'n behae in sy eie oordele? Hou God daarvan om te verniel? In Jer. 1:10 dan staan daar ook weer hierdie harde feit- God wat gaan verniel- Die Here sê vir Jeremia- 10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes… dan aan die einde van die vers sê dieselfde God vir Jeremia, Hy gaan ook bou en plant…
***
Ons moet besef wanneer God praat van hoe Hy gaan verniel, dan het ons met mense te doen wat lankal vir God wou verniel. Nou kan u dalk vra maar hoe kan die mens God wil verniel?! Broeder en suster, blaai maar net so bietjie terug, want alles wat in Jes. 65 staan, begin eintlik al by Jesaja 63. Jesaja 63:10 praat van hoe hulle die Heilige Gees bedroef het, terwyl vers 7 'n opeenstapeling was van hoe goed die Here vir hulle wil wees- Jesaja roep dit uit- 7 Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede. As die Here sy hart oopmaak, ons kry as't ware 'n kyk in God se
Vaderhart, maar die kinders van God maak God hartseer. Hulle bedroef die Heilige Gees. Hulle dink dat God het nou vir hulle 'n vyand geword.
En hulle is nie verkeerd nie. God Self sê Hy kan nou vir hulle soos 'n vyand word (63:10), maar hoekom? Die volk kerm en kla, hulle sê baie harde dinge teenoor die Here. Hulle maak asof die Here in die ou dae beter was as wat Hy nou is (63:11). Toe het God hulle deur die see laat trek, Hy die herder van sy kudde? Nou vra hulle- Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het? In v17 van hfst. 63 word dit wat die volk teen die Here sê net nog duideliker- 17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel! Hulle gaan sover om die Here die skuld te gee vir hulle wég dwaling en verharding! Die Here moet na hulle terugkeer. Hfst 64:1 roep hulle dat die Here se terugkeer deur die hemele moet wees. Die Here moet die hemele skeur, Hy moet neerdaal dat die berge moet wankel. Die res van hfst. 64 is dit heeltyd nog 'n worsteling van of God wéér na ons gaan terugkeer. Dit voel vir hulle of niks meer is soos dit was nie. Jes. 64:11- 11 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword.
***
In Jesaja 65 antwoord die Here sy kinders na aanleiding van dit waarmee hulle die Here verwyt. Hy is nie weg van hulle nie. Trouens, hulle wat die Here beskuldig dat Hy hulle verlaat het. Hy was die hele tyd/deurentyd daar. Die Here stel dit baie
|
<urn:uuid:8780b8fc-2fdb-47e4-90ad-fa2bfcf0ee57>-0
| 1
|
Maandag 3 Februarie
Skrifgedeelte: 1 Kronieke 28:1-7; 29:20-25 (1983-vertaling)
Fokusgedeelte: 1 Kronieke 28:4-5; 29:23
Die Here seën Salomo met 'n koninklike majesteit soos geen een voor hom ontvang het nie
oning Dawid kom aan die einde van sy koningskap en sy lewe, maar eers roep hy 'n vergadering byeen van al die volksleiers en hooggeplaasdes. Daar in die vergadering maak hy dan bekend dat die Here uit sy seuns sy troonopvolger uitgekies het (1 Kron. 28:5-7). So, onder die genadevolle en seënende hand van die Here, kan hy sy seun Salomo aanwys as sy troonopvolger. K
Maar Salomo? Nie soos gebruiklik die oudste seun, dus nie Amnon of Absalom nie, maar deur God gekies en aangewys, die seun van Batseba. Batseba, vroeër die vrou van Uria, die vrou met wie Dawid owerspel gepleeg het. 'n Oortreding waaroor Dawid diepe berou toon wanneer die profeet Natan hom daaroor konfronteer (Ps. 51).
Hierin ontvang Dawid 'n volgende wonder van God wanneer Salomo nie net as troonopvolger deur God aangewys word nie, maar ook as die koning van vrede wat die tempel, wat Dawid nie waardig was om te bou nie, vir God mag oprig as ontmoetingsplek vir die Here met sy volk Israel. Dit beteken: deur die genade van die Here is die ongeregtigheid van Dawid met Batseba weggeneem (Ps. 32:5). Dit gee Dawid die versekering van God se belofte dat sy geslag die troon van die Here sal inneem (1 Kron. 28:5; 29:23).
Dit beteken dat ons Here die eintlike Koning van Israel is; die aardse koning is alleen maar sy orgaan – die persoon deur wie God regeer – sy heerskappy in Christus duur tot in ewigheid!
Met hierdie geskiedenis word ons verseker van God se genadevolle verkiesing tot koningsheerskappy. God kies mense in Christus om sy heerskappy te handhaaf oor alles wat verkeerd en sondig is, oor Satan en sy magte en oor ons eie vlees.
Sing: Psalm 32-1:1, 3
Ds. JE Franck (Blok)
|
1fde589c-565f-461e-99a1-e646d6831c93-0
| 1
|
EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Geregistreer by die poskantoor as nuusblad
NR. 87
Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520.
JY HET TE VEEL TYD
JY is te besig sê jy? Te veel verantwoordelikhede en verpligtinge om na te kom? 'n Oorvol program wat alles opeis?
My antwoord aan jou is: Dit is mooi as ons mense het wat hulle verantwoordelikheid besef. Dit is lofwaardig dat daar nog mense is wat hulle tyd opoffer vir goeie sake. Dit is goed dat jy besig is!
Te veel tyd?
Maar nou wonder ek net: Wat is dit wat jou lewe so in beslag neem? Het jy nie miskien te veel tyd nie? Te veel tyd vir allerhande ander dinge. Jou lewe is miskien heeltemal ongebalanseerd. Aan die eenkant te veel tyd, aan die ander kant te min tyd. Te veel tyd vir jouself en jou eie belange en te min tyd vir God en sy Kerk se belange.
Ek verstaan nie
Nee, sê jy, ek verstaan nie die probleem nie. Ons praat bymekaar verby. Jy het nie 'n hele week waarin jy kan doen wat jy wil nie. Jy werk van agt tot vyf; Sondae moet jy oortyd ook werk. En as jy weier om oortyd te werk, word dit teen jou gehou vir latere bevordering. In die week het jy nog vergaderings wat jy moet bywoon en as jy miskien 'n dag vry het, wil jy darem ontspan.
Ek moet erken dat jou program vol is. Maar dit wil ek darem ook vir jou sê: Moenie dink dat nét jou program so druk is nie. Almal moet werk, almal wil ontspan, almal het verpligtinge, maar tog is dit nie die allesoorheersende in die lewe nie.
Iemand het tyd
En nou wil ek nie vir jou 'n program uitwerk nie, dit moet jy self doen. Maar het jy al opgemerk dat jou vriend wat saam met jou werk, meer tyd het vir God en sy saak. Het jy al opgemerk dat hy baie Sondae af vra om sy kerk te besoek en dat hy, wat bevordering betref, op gelyke voet met jou staan? Het jy al gemerk dat hy Sondagoggend saam met jou gewerk het, en dat hy die aand saam met sy huisgesin met Bybel en psalmboek vertrek het? Het jy opgemerk dat ook hy Saterdag 'n potjie gholf gaan speel het?
Verskil
Weet jy wat is die verskil tussen jou en jou vriend? Jy wil nie tyd hê vir God nie. Daarom sorg jy dat ander dinge jou tyd in beslag neem.
Ek weet van iemand wat ook 'n vol program voorgehou het — 'n Ryk jongman noem die Bybel hom. Hy het dit gedoen en hy het dát gedoen en hy wil nog meer doen. Op hierdie vol program wat hy voorhou kry hy net een antwoord: "Gaan en verkoop alles wat jy het en volg My".
Iemand anders sê: Ek het 'n paar osse gekoop en kan nie nou kom nie. 'n Ander een weer: Ek moet noodsaaklik na my grond uitgaan wat ek gekoop het.
Vol programme.
Te besig.
Te veel verantwoordelikhede.
Te min tyd vir God.
As hulle maar net hulle lewe oor kan hê, om hulle tyd anders te bestee.
Jy het jou lewe oor
Dit is egter nie moontlik nie, want jy het dit reeds oor. Ons lewe moes vanweë die sonde van ongehoorsaamheid en koudheid in ewige duisternis geëindig het. Maar dan kom die Seun van God om vir ons sonde te betaal, om ons te verlos van die ewige verdoemenis. Daar kom herstel en vernuwing. Almal wat in Hom glo, wat die wil van die Hemelse Vader doen, deel in hierdie redding, hierdie verlossing en hierdie vernuwing.
Nou is dus die tyd. Dit is die dringende, liefdevolle roepstem wat ons telkens hoor. Uit dankbaarheid moet ons nou ons lewe aan God in Jesus Christus gee.
A. H. Klopper.
"EK WERK AS EK LUS HET"
EK begryp jou standpunt. Werk is vermoeiend en dit lewer nie altyd die verwagte vrugte op nie. Verder is daar ook rondom die arbeid baie ontstellende dinge. Jy werk met mense — saam met mense en vir mense. En waar jy met mense te doen het, kan daar baie wrywingspunte ontstaan. Jy kan baie teleurgesteld raak. Daar is diskriminasie wat meebring dat bevordering nie altyd op meriete geskied nie. Jy wonder nog altyd hoe Jan daardie bevordering kon kry terwyl sy kwalifikasies en dienstyd teen hom getel het. Hulle sê dit was die werk van die "skoen". Dit gaan nie altyd om WAT jy ken nie, maar WIE jy ken!
Nou voel jy dat alles nie die moeite werd is nie ... al die gespartel wat jou nêrens bring nie!
Ek kan jou verseker dat daar geen lewensterrein is waar jy nie met die dinge te kampe het nie. Selfs die kerklike terrein is hiervan nie vry nie. Ook daar word maar met die elmboë weggestamp, veral as jy dalk so 'n talent of twee meer mag besit as die een wat oor jou 'n beslissing moet neem
Jou werkgewer
Die vraag is of al hierdie dinge jou en my daartoe mag bring om 'n onverskillige houding in te neem teenoor ons werk. Ons staan, wat ons werk betref, nie voor mense nie, maar voor God! God is in die eerste plek ons Werkgewer. Lees maar weer Genesis 2:15: "Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak".
Hierdie opdrag gee God voor die sondeval aan die mens. Arbeid is daarom nie 'n straf nie, maar 'n heerlike voorreg! Die lewe van Adam en Eva in die Paradys het dus nie uit niksdoen bestaan nie. Dit was ook nie aan hulle lus-gevoel oorgelaat of hulle wou werk of nie. Nee, hulle moes met volgehoue ywer die Paradys "bewerk" en "bewaak" tot eer van die HERE. Reeds Genesis 1:28 leer ons dat die mens 'n van God-opgelegde taak gehad het. Die mens kon sy grootste vreugde put uit sy arbeid.
Maar toe kom die sondeval deur die mens se ontrou en moedswillige ongehoorsaamheid. Wat eers vir hom 'n vreugde was, word nou 'n las! Ons lees in Genesis 3:17 en 19(a): "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie — vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe". "In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet..."
Ek het lus ...
Jy en ek moet dus verwag dat arbeid moeisaam sal wees. Ons moet verwag dat die lus en liefde daarvoor baie keer sal ontbreek. Ons moet ook baie remmende faktore in die arbeid verwag op grond van die sondeval. Maar te midde van dit alles: Arbeid self is geen straf nie, maar die straf lê in die moeite waarmee die arbeid gepaard gaan en in die beperktheid van resultate.
Maar te midde van alles bly God ons eintlike Werkgewer aan Wie ons verantwoording verskuldig is. Alle mense val hier weg. Alle werksomstandighede val weg en ek staan alleen voor God. En wat my lusgevoel betref... dit word gewek langs die weg van getroue vervulling van my Goddelike opdrag.
Al wat oorbly is dat ek en jy elke dag maar weer sal bid: "Laat U wil geskied, soos in die
hemel net so ook op die aarde!" Dit beteken: "Gee dat ek en alle mense ons eie wil versaak, om aan U wil, wat alleen goed is, sonder enige teëspraak gehoorsaam te wees; sodat iedereen sy amp en beroep so gewillig en getrou mag beoefen en uitvoer as die engele in die hemel dit doen". (Heidelbergse Kategismus, vraag 124).
Weet en glo as jy hierdie bede bid . . . Jesus Christus het dit eerste gebid! Hy het ook die gebed vir ons vervul in sy
|
3cc3a7a0-8589-494f-9155-42b5b184f290-0
| 1
|
Snoei van perske- en nektarienbome
KYK
SNOEI-VIDEOS
Perske- en Nektarienbome
Pruimbome
Appelkoosbome
In alle sagtevrugtebome, eintlik alle vrugtebome, is ligbestuur van kritiese belang. Dit is belangrik om die gesegde te onthou – ons boer nie met vrugte nie, ons boer met lig om vrugte te produseer.
Die beginsel van perskes en nektariene snoei, is dat perskes en nektariene vrugte op eenjarige hout produseer en dat ons dra-eenhede (eenjarige lote) van goeie gehalte so na-aan die strukturele tak as moontlik moet verkry:
* Dit maak nie saak watter opleistelsel gebruik word nie, mens moet die strukturele tak identifiseer en dit tot 'n enkele vlak beperk, m.a.w. verwyder alle vurke op die strukturele takke. Dit geld hetsy dit 'n sentrale leier boom is, een met twee leiers of 'n vier-leier kelkvormige boom. Identifiseer die strukturele tak en snoei met behoud van eenjarige hout van breinaalddikte en effe dikker eenjarige hout wat so na as moontlik aan die strukturele tak agtergelaat word.
* Verwyder alle vurke van die strukturele tak, m.a.w. sytakke dikker as 1/3 die dikte van die strukturele tak, met 'n 2cm tappie wat agtergelaat word.
* Verwyder alle tweejarige en ouer hout deur dit terug te sny tot by 'n eenjarige loot van breinaalddikte en dikker. Ideaal gesproke moet dit 30cm-80cm in lengte wees. Hoe nader hierdie eenjarige lote wat teruggesny word aan die strukturele tak is, hoe beter. Dus
APRIL 2020 STEENVRUGPRODUKSIE
moet die doel wees om so min as moontlik tweejarige en ouer hout buiten die strukturele hout op die boom te hê.
* As daar gekonsentreer word op die verwydering van die vurke word die meeste van die ligprobleme uitgesorteer.
* Verwyder vuurhoutjiedikte en dunner eenjarige lote. Hier dun, klein draers het nie genoeg reserwes en blare om vrugte van goeie gehalte te produseer nie.
* Moenie terugsny in eenjarige hout in nie, veral nie in die winter nie, aangesien hierdie snitte gewoonlik tot terugsterwing lei.
* Regop eenjarige lote van tot 80cm in lengte is in orde, aangesien die vrugte wat hul dra weens hul gewig die lote afwaarts sal buig.
Die beste manier om na te gaan of u voldoende of te veel snoei, is om die getal vrugte wat 'n boom per sentimeter stam-omtrek kan produseer, te bereken. Met sommige van die vroeë variëteite kan nie meer as ses vrugte per sentimeter stam-omtrek gelaai word nie, maar vir sommige van die later, hoogs vroeg-vrugbarevariëteite kan daar tot 14 vrugte per sentimeter stam-omtrek gedra word.
Dit is 'n goeie idee om by u tegniese adviseur uit te vind wat die ideale oeslading is wat hierdie bome kan dra gegewe die variëteit, boomdigtheid, opleistelsel en ouderdom van die boom. Mens tel al die eenjarige lote van 20cm of langer in lengte as draeenhede en daar word gewerk op 'n gemiddeld van 1.5 vrugte wat per draeenheid gelaat kan word. Dus, as u byvoorbeeld 'n variëteit het wat ses vrugte per sentimeter stam-omtrek kan produseer gegewe die opleistelsel, ouderdom, ensovoorts, en die stam-omtrek is 30cm, dan het hierdie boom die vermoë om 180 vrugte van 'n gewenste grootte per boom te produseer. Om hierdie 180 vrugte te produseer, word 120 draers per boom benodig (1.5 vrugte per draer).
Die skrywer verkies om perskes vroeg in die herfs te snoei sodat die oorblywende hout aan direkte sonlig blootgestel kan word en ordentlik kan ryp word voor die winter rustyd begin. Sien die foto onder van eenjarige drahout van goeie gehalte wat u moet probeer om op die boom agter te laat om die volgende jaar se oes te dra.
Dit is belangrik om die snoeitoerusting te ontsmet ná elke boom wat gesnoei word sodat bakteriese of ander siektes nie by wyse van die snoeiskêr versprei word nie. Die skêr moet met 'n aanbevole ontsmettingsmiddel ontsmet word en die instruksies op die etiket moet streng gevolg word.
In die geval van steenvrugte verkies ek om snoeiwonde wat groter is as 'n R5 muntstuk met 'n gepaste boomseëlaar te verf. Ek dink nie dit is nodig om appel- en peerwonde te verseël nie, maar doen dit graag met steenvrugte.
Moet nooit op reënerige dae snoei nie, omdat siektes baie maklik in reënerige toestande versprei.
Die skrywer het geen probleem daarmee om snoeiknipsels op die bankie te plaas nie, óf deur hulle met 'n snoeisnyer of -kapper te versnipper wat hulle dan op die bankie plaas, óf deur hulle netjies met die hand op die bankie te plaas. Die groter takke kan fyn opgesny word om op die bankie geplaas te word. Hierdie is 'n goeie manier om die organiese materiaal op die bankie op te bou.
Take vir na oes en in die herfs
In die na-oes/herfstydperk moet aandag aan 'n aantal produksie-insette geskenk word. Dit sal goed wees om hierdie oorsiglys na te gaan om seker te maak almal kry aandag:
* Dreinering: Maak seker alle dreine is oop, sonder blokkasies en reg vir die winterreëns.
* Onkruidbeheer: Skenk aandag, veral meerjarige onkruide; meerjarige grasse soos Kikuyu, Fynkweek ens. is maklik om in die Herfs te beheer deur gebruik te maak van 'n goeie, sistemiese onkruiddoder wanneer die sap na die wortels vloei.
* Ondersteuningsprieel: Herstel drade en trek hulle styf, ens.
* Bestudeer resultate van die Uitskot Analise om te bepaal wat die plae en siekte probleme was in die vorige seisoen en begin met die formulering van 'n strategie vir die komende seisoen. Baie plae en siektes kan in die Herfs of Winter beheer word.
* Analiseer die opbrengste van die vorige seisoen en bepaal watter faktore bygedra het tot laer as verwagte opbrengste en hoeveel van daardie faktore tydens die komende Herfs, Winter en Lente aangespreek kan word, en aandag aan geskenk kan word.
* Maak seker dat alle bome sekuur aan die ondersteuningsprieel vasgemaak is om te keer dat hulle in die grond rondruk.
o Byvoorbeeld; kruisbestuiwing: Was daar voldoende kruisbestuiwing en was die korrekte bestuiwers teenwoordig? Hierdie is van kritieke belang vir pruime. Soos voorheen bespreek, is twee bestuiwers beter as een. U kan bepaal of dit nodig is om bykomende kruisbestuiwers in Julie/Augustus in te ent en dan begin om planne daarvoor te maak.
* Aalwurmmonsters: Neem monsters van aalwurms en dien hulle in vir analise om te bepaal of hulle moontlik een van die beperkende faktore in die boorde is. Algemene aanwysers kan hoë grond K% en lae blaar K%, swak groei en afname in vruggrootte insluit.
* Verkry 'n na-oes misstof en blaarvoeding spuitprogram vanaf u plantvoedingkonsultant.
Insek- en Siektebeheer
Steenvrug Peste en Siektes
* Bakteriese Kanker, Bakteriële Vlek/Xanthomonas & Gomvlek – Alle Steenvrugte. Vir 'n standaard beheerprogram (geen buitengewone probleme ervaar hierdie afgelope seisoen nie) op alle steenvrug bome, moet 'n enkele spuit van koperoksichloried @ 350g/hl toegedien word @ 75% blaarval. Indien probleme ervaar is die afgelope seisoen, kan 2 spuite van koperoksichloried @ 350/hl
|
11d08a27-2b42-45cb-96ee-0fed6aa3ac3f-0
| 1
|
23 Mei 1 Korintiërs 13:1-7, (Teks: Gal 5:22)
Die Heilige Gees werk vrug in jou lewe
Die vrug van die Heilige Gees is ook goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
GOEDHEID dui op ruimhartigheid en vrygewigheid. God se goedheid trek saam in sy genade wat Hy aan ons bewys in Christus en indra in ons lewe deur sy Heilige Gees. Hy eis dat jy jou gesindheid en optrede teenoor jou naaste aan die standaard van sy wet sal voldoen. Het jy goeie gedagtes jeens jou naaste? Watter goeie dinge beplan jy om vandag aan mense te doen? Bid dat die Heilige Gees jou goeie werke sal laat doen.
GETROUHEID dui op lojaliteit en stiptheid. God hou sy verbondsbeloftes. Kyk hoe getrou vervul Christus sy dienswerk. Jy moet getrou jou roeping in God se koninkryk vervul, in die klein en groot dinge. Hoe getrou is jy in jou huwelik, gesin, gemeente en beroep. Bid dat die Heilige Gees jou getrou sal maak en waak op jou wagpos.
SAGMOEDIGHEID is om onselfsugtig en nederig te wees. Christus tree op as 'n nederige Dienskneg wat Homself ontledig. Jy moet onselfsugtig voorrang gee aan jou naaste se belange, veral in jou huwelik en huisgesin. Bid dat die Heilige Gees jou sal help om nie op ander mense te trap in 'n poging om jouself te bevoordeel nie.
SELFBEHEERSING is om nougeset gefokus te bly op jou doelwit. God voer sy raad onkeerbaar deur en laat sy koninkryk kom. Jy moet standvastig op koers bly. Bid dat die Heilige Gees jou sal help om God se koninkryk en eer bo alles te soek!
Sing: Skrifberyming 21:5
Dr. V. Combrink
|
bdf4f943-0e54-401a-8de3-2afacced4725-0
| 2
|
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017
Structural geology 365 (GLY 365)
Fakulteit
Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 |www.up.ac.za| 09:31:42 24/04/2020 | Bladsy 1 van
|
371aa4bd-9804-4dd0-878d-e80ed271eadb-0
| 0
|
G.J.du Preez 072 1876 076
B
oer teenoor Afrikaner.
Om te kyk na die twee benamings moet ons na die geskiedenis gaan kyk om hulle te kan verklaar, en daarna kan jy besluit onder watter naam wil jy geassosieer word.
Ons begin met die naam Afrikaner. Die 'Afrikaner' naam het sy ontstaan gekry by 'n baster met die naam Jonker Afrikaner of 'eintlik by sy pa Jager'. Soos ons weet het 'n baster nie werklik 'n voor geslag nie, want die pa(of ma)was 'n blanke man en die ma 'n swart vrou en deur hulle daad kan hy homself nie werklik identifiseer nie. Gewoonlik as die baster kind groot genoeg word gee hy homself (Soos die swart volke) 'n bynaam (Meer 'n ander naam), want hy rebelleer gewoonlik teen beide sy ouers se uit kenning en die resultaat van sy nageslag skep 'n nuwe geslag. Jonker het die naam Afrikaner by sy pa ontvang waarvan hy tevrede was omrede hy in Afrika gebore was. Hy was gebore in 1798 aan die Kaap waar die kerk en die wêreld op daardie stadium verbastering aanbeveel het. Toe Jonker groter geword het, het hy by die VOC gaan werk. Kort voor lank het hy homself in 'n gunstige posisie in gewerk waarvan Jonker by 'n groep ingeskakel het wat sekere take vir die VOC gedoen het. Met die loop van tyd het die VOC meer potensiaal in Jonker gesien en hom na Suid Wes gestuur (Waar hy gesterf het in 1861). Jonker Afrikaner was die jongste seun van Jager Afrikaner. Jager was die onderkaptein in die vroeër Griekwa stam onder in die Kaap (Saldanhabaai). Die Griekwa stam was nie 'n stamgroep wat ingetrek het in die Kaap nie, maar wel 'n stam wat ontstaan het onder die blanke en ander basters in die Kaap. Hulle was ook bekend as die oorlamse stam van die Kaap. Die oorlamse naam is oorleun van die Maleisiese benaming "oerma lama" wat ouman beteken (Wat ook slim man beteken), want soos hulle dit gereken het is dat slimheid en wysheid kom van die oumens. Vanweë die blanke bloed in hulle het hulle 'n hoor intelligensie vlak as al die ander stamme rondom hulle gehad.
Die pa Jager wat na Suid Wes gestuur was, was deur die VOC as 'n polisiebevelvoerder aangestel. Hy het sy amp gebruik tot wellus en het baie arrogant begin raak (Met die VOC se goedkeuring natuurlik) en skrikbewind onder die swart en ander volke in Suid Wes gedoen. Hy was teenstrydig teen enige wette en het die volk verslaaf en vermoor tot wellus. Suid Wes het in vrede geleef voor die man onder die volkere begin het met sy veldslae. Die volke het in vrees begin leef, want hulle het geweet dat Afrikaner bende vreesloos was, en dat hulle die beheers-besluite oor hulle lewens gehad het. Die Afrikaner bende het geplunder met wellus en skrik aangejaag met die wete dat die volke van Suidwes moes pleit vir hulle lewens, en doen soos dit hulle behaag.
Jager (Jonker se pa) was goed in die wapen kuns, want hy was opgelei in die kuns by 'n Boer met die van 'Pienaar'. Nadat Jager gevoel het dat hy genoeg geleer het van die wapen by die Pienaar gesin het hy hulle vermoor en toe begin met sy veldtog onder die inboorlinge in Suid Wes. Jager het later in die vroeër 1800' s die 'Afrikaner' stam gestig uit al die moordlustige manne wat hy vergader het. Sy meeste moord togte was rondom die oranje rivier gebied waarvan hy later van jare ook gebly het. Toe Jager oud geword het, het hy vrou gevat en sy kinders na 'n sendingskool op Warmbad gestuur waar Jonker sy jongste kind laat leer lees en skryf het. Een of ander sendeling het by Jager aan huis intrek en dit het tot die man se sodanige bekering gelei en waar die sendeling hom ook gedoop het. Jager is oorlede in 1823 waarvan die Afrikaner stam hom beween het, maar ook hulle gereed gemaak het wie nou die Afrikaner stam sou lei. Volgens die ou "Nama" reg moes die oudste seun hom opvolg, maar Jonker wat die jongste was het daarteen gerebelleer en 'n klomp wat saam met hom gestem het uit die stam gebied (Oranje rivier) getrek tot midde Suid Wes. Met die pa se moord en plunder bloed in hom het hy met wellus daarmee voort geploeter, want tydens sy pa se optogte (Toe hy nog geleef het) het Jonker sy pa vergesel en baie geleer. Ook het Jonker sy wreedheid ten toon gestel waarvan sy makkers hom as 'n intelligente vegter aan gesien het. Met sy veldtogte het hy baie geroof waarvan hy en sy makkers baie besit het. Met die geroofde lewende hawe het hy gereeld na die Oranje rivier gebied gegaan om wapens en ander geroofde goed te ruil vir meer moderne wapens, perde en nuwe rekrute wat hom moes help in sy moord en plunder togte.
Dit eers daar gelaat wat hulle veld togte aangaan.
Nou kan ons net 'n vinnig kyk gee hoekom die Afrikaner naam so sterk gestaan het dat die blanke volk van Kaapland dit geassimileer het. Soos ons geleer het in ons geskiedenis dat die meeste blankes wat na die suide punt van Afrika gekom het vlugtelinge was. Hulle was manne wat vry wou kom van die juk wat op hulle geplaas was van die Vrymesselaars orde, wat deur die Rooms-Katoliek uitgevoer was. Dus was hulle mikpunt om vry te wees en weg te kom van die jeuk van die Katolieke stelsel. Die VOC was bewus van die gebeure en wou 'n stokkie daar voor steek. Die VOC het ook geweet dat die wilde Afrika getem moes word en dat dit nie 'n maklike saak sou wees nie; Daarom het hulle besluit dat hulle die wat so graag onder Roomse juk wou uitkom (In Europa) gebruik (Misbruik) moet word (Dus verbaster hulle so gou as moontlik en raak weer later van hulle ontslae).
Die reeds verbaster "Afrikaner stam" het die VOC die geleentheid gegee om al die Kapenaars "Afrikaners" te noem. In die vroeë 1800 het die vlugtelinge wat uit Europa gekom het besef dat hulle vryheid weereens onder druk was. Hulle het hulle besittings gepak en op ossewaens die binneland in getrek en is aan ons bekend as die Voortrekkers (Eintlik bekend as die Vryburgers).
Nou die Vryburgers het hulle bekendheid onder die wêreldling gekry as "Boer" waar die Kapenaars gedoop was deur die wêreld as "Cape Dutch" (Kaap kolonie hane) en later "Afrikaner"
In al die oorloë na die groot trek uit Kaapland het nie een Afrikaner in deel geneem nie. Geen Afrikaner het gesneuwel in enige Boere oorlog nie. Die Afrikaner het geen stryd gestry of geveg tot vryheid nie. Geen bloed is verspil van 'n Afrikaner nie. Die Boer aan die anderkant het die Suidelik Afrika ingetrek en dit getem wat die Britte nie kon doen nie. Die Boer het so ver gegaan om hulle eie gebiede uit te roep as hulle eie nl: Transvaal, Vrystaat en noord Natal. Elk van die gebiede was selfonderhoudend en het as Boere Republieke bekend geword. Elk van hulle het hulle eie vlag, volkslied en eie regering gehad.
Om terug te kom na die Boer en Afrikaner kwessie; Dit is belangrik om jouself te identifiseer onder watter een jy gaan staan. Staan jy onder die "Afrikaner" vaandel, dan staan jy as 'n baster wat ontstaan het in die Kaap. Die Afrikaner staan onder die Rooms-Katoliek kerk met al haar susterkerke. Die Afrikaner staan in die kerklike wette waarvan hulle geen mag of outoriteit het tot self beskikking nie. Alle Afrikaners is en moet liberalisties wees anders gaan hulle tugtiging ontvang van die Katolieke orde.
Staan jy onder die Boere vaandel dan staan jy onder die volgende: Erken dat YAH aan ons Boere grond geskenk het m.a.w. erkenning
|
3c73e645-97c6-410a-9715-33f09caf8a56-0
| 1
|
EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Geregistreer by die poskantoor as nuusblad
NR. 187
(Junie 1984)
* * * * *
"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is . . ." (Mat. 5:3)
Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520.
Geseënd is die barmhartiges . . .
Jy lewe omdat daar aan jou barmhartigheid bewys was toe jy eens op 'n tyd 'n baba was;
— Jy kon jouself nie help nie.
— Jy moes gevoer word toe jy honger was.
— Jy moes van plek tot plek gedra word.
Iemand het aan jou barmhartigheid bewys (uit liefde, uit ontferming, uit genade) sodat jy kon groei, grootword en lewe. Nou is jy ook in 'n posisie om aan ander barmhartigheid te bewys. Maar, jy kan nie werklik aan iemand barmhartigheid bewys voordat jy nie die volgende besef nie, naamlik:
Dat jy nie werklik sou kon leef as God nie self die grootste daad van barmhartigheid ook aan jou bewys het nie. Hy het Sy eie seun, Jesus Christus, laat sterf, sodat jy kan lewe — vir ewig kan lewe, omdat Hy jou in jou ellende raakgesien en Homself oor jou ontferm het. God het dus aan jou barmhartigheid bewys. Die vraag is dus nou, hoe hierdie grootste daad van God jou raak? Kan dit jou heeltemal koud laat? So koud dat jy;
— hulpbehoewende mense rondom jou raaksien, maar tog ignoreer?
— jy iemand wat by jou om hulp aanklop, afjak of wegjaag?
Of, probeer jy jou gewete sus deurdat jy maar net geld vir welsynsorganisasies gee, maar self niks verder daaraan doen nie?
Of, vuur die dankbaarheid in jou hart jou aan om
— jou te ontferm oor iemand wat hulpeloos is, soos jy was?
— uit die rykdom wat God aan jou toevertrou het, ook mildelik te voorsien in die behoeftes van ander?
Barmhartigheid is tweeledig:
— 'n gevoel van innige ontferming; en
— 'n daad waarin jy jouself persoonlik en daadwerklik met 'n behoeftige bemoei.
Barmhartigheid vloei uit die besef van hoeveel barmhartigheid God aan jou bewys het.
Luister na Matt. 5:7:
— "Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word."
Geseënd is dié wat barmhartig is uit dankbaarheid vir die barmhartigheid wat aan hulle bewys is. Geseënd — Gelukkig — Salig! Let op: Hier is ook 'n belofte ter sprake:
"... want aan hulle sal barmhartigheid bewys word."
God belowe die barmhartige:
— Hy sal nie arm word nie, al verg sy hulp alles wat hy het.
— sy nagedagtenis sal skoon, mooi, geseënd wees.
— hy sal nooit tekort skiet in dit wat hy benodig nie.
Jy kan deel in dit wat God beloof.
Jy sal deel in dit wat God beloof!
Jy moet net jouself persoonlik en daadwerklik bemoei met barmhartigheid.
Luister hóé belangrik ag ons Here Jesus Christus barmhartigheid. Met die oordeelsdag sal
Hy as Regter 'n onderskeid maak tussen barmhartiges en onbarmhartiges. Aan die barmhartiges sal Sy woorde wees:
"Kom, julle wat deur my Vader geseën is! . . . want Ek was honger en julle het my iets gegee om te eet; Ek was dors . . ." (Matt. 25:34-40).
Maar, aan die onbarmhartiges sal Hy sê: "Gaan weg van my af julle vervloektes! . . . want Ek was honger en julle het my niks gegee om te eet nie, Ek was dors . . ." (Matt. 25:41-46).
In duideliker taal kon Jesus dit nie gesê het nie. Toets jouself ten opsigte van die barmhartigheid wat jy doen. Bekeer jou as jy afgedwaal het.
Wees opnuut dankbaar vir dit wat jy van God ontvang het. Dit sal jou in der ewigheid nooit berou nie!
L. S. D. du Plessis
Geseënd is dié wat rein van hart is
Reinheid van hart!
Wat 'n skoon, edel woord in 'n vuil, besoedelde wêreld!
In die bergpredikasie openbaar Jesus die kenmerke van die koninkryk van die hemele:
Direk na die barmhartigheid as eerste vrug van die wedergebore hart, stel Hy reinhartigheid as volgende stap op die weg van heiligmaking. Barmhartigheid roep dan ook om reinheid want in die barmhartige hart is daar nie plek vir onrein valsheid nie.
"Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien". Hierin lê die ware lewensbeginsel wat lei tot die hoogste lewensbestemming. Geseënd!
Wat 'n heerlike, ryke woord uit Jesus se mond!
'n Woord wat genade verkondig aan die gevalle mens. Soos in Ps. 1:1 druk dit die hoogste vorm van geluk uit.
Wat dit beteken
Wat beteken hierdie reinheid van hart?
— Op sigself beteken dit nie sondeloosheid nie, maar dit wortel in die vergewing van sondes.
— Letterlik beteken dit enkelhartigheid in teëstelling met die dubbelhartigheid van hulle wat uiterlik vroom voorkom, maar innerlik vol selfsug is.
— Reinheid van hart raak ten diepste ons persoonlike verhouding tot God.
— Is dit in orde, dan bots hart en hand nie en dan weerspreek belydenis en lewenswandel mekaar nie.
— Dit word verkry, nie deur allerlei seremonies en reinigingsmaatreëls nie, maar deur die geloof in Jesus Christus.
— Want reinheid van hart is 'n vrug van die geloof. Mens ontvang dit van God. Dis 'n gawe van die Heilige Gees.
— Hoewel uitwendige reinheid ook betekenisvolle waarde het, is reinheid van hart die diepste wat God van ons vra en wat ons van God kan vra.
Stryd
Ondanks veel inspanning en daaglikse stryd om reinheid van hart te verkry, verval die wêreld steeds dieper en dieper in onreinheid en aaklige vuilheid. Vandaar dat Dawid in Ps. 51:12 bid om krag in hierdie stryd: "Skep vir my 'n rein hart, o God!"
Daarom verklaar Christus dié wat met 'n rein hart begenadig is, geseënd, want dit waarvan die hart vol is, loop die mond van oor.
Die bron
Sodanige reinheid is egter alleen daar waar God se Woord die enigste maatstaf is.
Ons kan egter alleenlik rein wees teenoor ons medemens, geen kwaad bedink en geen agterdog koester nie, as ons in die woorde van 1 Petrus 1:22 ons in gehoorsaamheid aan die waarheid van God se Woord gereinig het om mekaar ongeveins lief te hê.
Eis met 'n belofte
Waar reinheid van hart die moeilike eis is, is die seën van God die heerlike belofte.
Deur die eeue heen is die begeerte om die godheid te sien dan ook die hoogste ideaal van alle godsdienste.
Om God te sien? Wat 'n duiselingwekkende toesegging!
Vir die mens is dit skynbaar net so onmoontlik as om self sy eie hart te reinig. Bowendien, het God dan nie self gesê niemand mag Sy aangesig sien nie? — Eksodus 33:23.
Tog belowe Jesus dit hier, maar slegs aan dié wat rein van hart is.
Onreines van hart kan God nie sien nie, want onreinheid bedek God vir ons. Vuilheid sluit dig.
Reinheid daarteenoor maak jou hart oop vir God en jou medemens. 'n Rein hart gee 'n rein oog.
Reinheid bring
|
b5ff1533-bb50-4b76-871e-1df577811f9e-0
| 1
|
Skrifgedeelte: Romeine 10:5-21 Fokusgedeelte: Romeine 10:13-
15
Die Woord – genademiddel tot geloof en redding
Hoe wonderlik klink die voetstappe van hulle wat die goeie boodskap bring ... Vir Jesaja was dit die goeie boodskap van terugkeer van Israel uit die ballingskap in Babel. Hierdie woorde moes die volk bygebly het, want vyf eeue later haal Paulus dit aan as hy vertel van die goeie boodskap van verlossing uit die sondedood. Die boodskap van redding vir elkeen wat die Naam van die Here bely. Die "roeping" van Romeine 8 waarby ons gister stilgestaan het.
Weereens 'n ketting van onlosmaaklike gebeure. Dit eindig by die redding van elkeen wat die Naam van die Here Jesus aanroep. Maar dit begin by God wat mense roep om hierdie goeie boodskap te bring. Die ketting van gebeure is hier: om sy Naam aan te roep, moes jy in Hom glo. Om in Hom te glo, moes jy van Hom hoor; om te hoor, moes iemand preek; om te preek, moes die Here die boodskapper stuur. Glo, sy Naam aanroep, gered word, dit begin in jou lewe as jy die goeie boodskap hoor.
Hoekom? Omdat hierdie boodskap nie verlossing uit die ballingskap aankondig nie, maar Jesus Christus verkondig. Omdat ek nie anders in sy verlossing kan deel as dat Hy aan my gepreek en deur my geglo is nie. Ja, Hy het aan die kruis en uit die oop graf die ewige verlossing uit die ballingskap van sondedood bewerk. Maar Hy maak dit jou deel alleen deur die genademiddel van preek en hoor en glo, die genademiddel van die Woord.
Sy Heilige Gees wat alleen die geloof in jou hart kan werk, doen dit nie anders nie as deur die Woord, sy Woord wat Hy deur die eerste boodskappers laat opteken het. Sy Woord wat werk in elkeen wat glo.
Staan daarom 'n oomblik stil, jy wat tot redding in Jesus Christus glo. Dank Hom dat Hy hierdie redding bewerk het. Dank Hom dat Hy dit in jou lewe ingedra het deur die goeie boodskap van die evangelie.
Sing: Psalm 89-1:6
Ds. C Aucamp (Cassie)
|
a6f4c53e-b2b9-4904-86ac-42ace565b9de-0
| 1
|
Geesvervuldheid maak die regte soort musiek!
Sing en jubel met julie hele hart tot eer van die Here (Efesiers 5:19)
Die werking van God se Gees en musiek loop ook hand aan hand. Dit leer Paulus my in Efesiers 5:19. Om Geesvervuld te wees beteken om nuwe liedere te sing. Dit beteken om God se lof vanuit my hart te laat opbruis oor my lippe. Die Gees maak my tot oorlopens toe vol met dankbaarheid. Hy oorstroom my met lof en vreugde. Daarom kan ek nie anders as om te sing nie. Daarom wil ek van die bergtoppe af uitroep dat God groot en goed is. Daarom wil ek op elke straathoek uitbasuin dat die Here se dade mooi en prysenswaardig is.
Geesvervulde sang is hartmusiek. Dit kom van binne af. Dit borrel oor in my stem. Dit is altyd gevul met lof en dank. Daar's nie tyd of plek vir kla en jammerkryliedjies wanneer die Gees werk me. Daar's immers geen klaagliedere of verbitterde gedigte meer in die Nuwe Testament te bespeur me. Vandat die era van die Gees aangebreek het, sing ons net blye liedere. Nou juig ons. Ons huppel van vreugde en dans rond in die teenwoordigheid van ons wonderlike God. Sy lof is nou permanent op ons lippe, nie ons eie swaarkry of seer nie. Nou maak die Gees ons oorvol met God se glorie en dolleeg van ons eie selfsug en nonsens. Nou laat Hy ons van onsself vergeet en slegs van God onthou.
Prof. Stephan Joubert
Saam-praat:
1 Watter verband is daar tussen Geesvervuldheid en lofprysing ?
2 Watter plek het lofprysing in jou persoonlike lewe ?
3 Hoe kan ons meer van lofprysing maak in ons lewe, omgeegroep en gemeente
|
d6ad0cfe-d48c-404d-ae34-9016ea72b584-0
| 1
|
Skriflesing:
Johannes 19: 23-37
Teks: Johannes 19:30
Sing- VOORAF SANG: Ps. 118:11, 12
TYDENS EREDIENS: Sb.2-4 (33):1,3; Ps.130:2,3; Sb.5-4 (10): 1,2,5,6 Sb.5-3 (8):1,3,5
Johannes 19: 23-37
Joh 19:23 Toe die soldate Jesus dan gekruisig het, het hulle sy boklere gevat en dit in vier dele verdeel, vir elke soldaat 'n deel. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef. Joh 19:24 Hulle sê toe vir mekaar: "Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry." Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word waar dit sê: "Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en vir my kleed het hulle geloot." Dit is wat die soldate gedoen het.
Joh 19:25 By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan.
Joh 19:26 Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: "Daar is u seun."
Joh 19:27 Daarna sê Hy vir die dissipel: "Daar is jou moeder." Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.
Joh 19:28 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: "Ek is dors."
Joh 19:29 Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou.
Joh 19:30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: "Dit is volbring!" Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
Joh 19:31 Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was 'n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word.
Joh 19:32 Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is.
Joh 19:33 Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie.
Joh 19:34 Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom.
Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis af, en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die
Joh 19:35 waarheid praat, sodat julle ook kan glo.
Joh 19:36 Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: "Geen been van Hom sal gebreek word nie." Joh 19:37 En verder sê die Skrif op 'n ander plek: "Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het."
Skriflesing:
Johannes 19: 23-37
Teks:
Johannes 19:30
Sing- VOORAF SANG:
Ps. 118:11, 12
TYDENS EREDIENS: Sb.2-4 (33):1,3; Ps.130:2,3; Sb.5-4 (10): 1,2,5,6 Sb.5-3 (8):1,3,5
Geliefdes in ons Here Jesus Christus, die kruiswoord waarby ons Vrydag was, is in die Grieks net 'n enkele woord Diyw/– Ek het dors ... so is vandag se kruiswoord op hierdie Sondag van die opstanding ook net 'n enkele woord. Die woord- tete,lestai - Dit is volbring. Die sesde kruiswoord, dit waarby ons vandag kom, dui ook op 'n geweldige oorgang. So geweldig soos die oorgang van die dood na die lewe kan wees, so is die oorgang van die Vrydag tot vandag se Sondag. Die dag van die opstanding.
1
Die vierde kruiswoord- my God, my God waarom het U my verlaat en die vyfde kruiswoord – Ek het dors - was uitroepe van smarte – Hier aan die einde van die kruiswoorde is dit duidelik die sesde en sewende kruiswoord was geen klagtes meer nie. Dit is uitroepe van oorwinning. Jesus moet nog sterf, Hy moet nog die graf in, die opstanding het nog nie plaasgevind nie, maar dit is asof sy verhoging in beginsel gebeur. Hy kan koninklik in oorwinning sterf al lyk Hy alles behalwe soos 'n koning wat kon oorwin. As ons Hom hoor sê – Dit is volbring en dan die laaste kruiswoord – Vader, in U hande gee Ek my Gees oor, dan is dit 'n Oorwinnaar wat praat. Die Sondag, vandag sou sy oorwinning bewys!
***
Die Sondag wat Jesus uit die dood opgestaan het, spesifiek vandag - kom in lyn met wat Jesus eintlik al aan die kruis begin sê het: Dit is volbring ... m.a.w. my lydenspad is nou voltooi. Dit is klaar. In die oorspronklike staan hierdie woord in 'n tydvorm wat ons noem die Perfektum-tyd. Dit is 'n daad wat in die verlede afgehandel is, maar die gevolge, die effek daarvan duur voort. Die gevolge strek die toekoms in! Niks kan hierdie werk ongedaan maak nie! Christus mag dit nou oor Homself sê: Ek het alles volbring, die ganse Wet en die profete. Die voltooiing van Jesus se lydingspad wys duidelik op 'n afsluiting wat ons mag beskou as die afsluiting van die eerste hoofstuk van die wêreldgeskiedenis. So groot is dit! Al is daar nog baie wat met Jesus gaan gebeur, daardie Vrydag moes Hy die graf nog in, daar is die doodsheid van die graf wat nog op Hom sou wag, tog sal sy graf wees, ook dit waarvoor ons vandag nie hoef te vrees nie. Tot vandag weet ons, as Hy sê – dit is volbring, dan het Hy klaar die angel van die dood uitgetrek. Selfs die dood sou Hom nie kon vashou nie. Vandag bevestig dit. Hy het uit die dood opgestaan. Hy het waarlik uit die opgestaan.
Met die kruiswoord van Dit is volbring ... het ons die inleiding tot 'n nuwe bedeling. Dit kan ook gesien word as van die grootste draaipunte wat daar nog ooit in die wêreldgeskiedenis kon wees. Ons hoor Jesus dit met 'n heldere verstand dit sê- ja mag ons sê dit sou kon wees dat Jesus hierdie twee laaste kruiswoorde dalk in een asem sou kon sê- daardie enkele sekondes voor Hy sy aardse asem sou uitblaas en sy gees oorgegee het. Dit is volbring en in U hande gee Ek my gees oor volg waarskynlik maar enkele sekondes uitmekaar.
As Jesus die woord volbring uitspreek, dan is daar eintlik net drie plekke in die hele Woord van God wat die woord tot in sy diepste betekenis tot ons moet spreek. By die skepping in Genesis 2 vers 1- as ons lees van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, is voltooi. Daardie voltooi gaan om God wat sy skepping volbring het. Dit was alles goed geskape, die hele skepping het aan sy doel geantwoord. Alles wat geskape is, is bedoel om God te verheerlik. God het dit só gedoen dat Hy werklik verheerlik kan word. Die tweede volbring is dit wat hierdie kruiswoord is. Jesus het gekom om die opdrag van sy Vader te volbring.
Die laaste wat die woord weer ter sprake mag kom is by die voleinding. In Openbaring 21 vers 6 lees ons van die koms van die nuwe hemel en
|
9023017f-be34-4a61-8191-dcd4a51db0de-0
| 1
|
8. RAPPORT VAN DIE ROEPENDE KERKRAAD (Artt 3, 7)
A. Ds HS Coetzee lewer die Rapport.
B. Besluit: Die Rapport word staande die Sinode afgehandel.
C. RAPPORT
Die Roepende Kerkraad rapporteer soos volg oor die oproep en ontvangs van die Nasionale Sinode 2009.
Besluit: Kennis geneem.
1. Oproep
Die oproep van die Sinode is vroegtydig in Die Kerkblad (Januarie 2008) gepubliseer, terwyl oproepe later aan al die Deputate vir Korrespondensie van die Partikuliere Sinodes gestuur is. Besluit: Kennis geneem.
2. Kredensiebriewe
Hieroor sal tydens die vergadering gerapporteer word.
Besluit: Kennis geneem.
3. Huisvesting
Die Universiteitskoshuis, Dennepark, is tot die beskikking van die Roepende Kerkraad gestel. Etereëlings sal in die Aanvullende Rapport bekendgemaak word. Vir die buitelandse besoekers is ook verblyf gereël en die sportfasiliteite van die Universiteit is tot die beskikking van die afgevaardigdes gestel.
Die Sinodegangers kan van die Universiteitskoshuise gebruik maak van Maandag 5 Januarie tot Vrydag 16 Januarie 2009.
Besluit: Kennis geneem.
4. Verversings
Die susters van die Potchefstroomse gemeentes sal aan die afgevaardigdes koffie, tee en vrugtesap tydens die pouses verskaf.
Besluit: Kennis geneem.
5. Godsdiensoefening
In ooreenstemming met die besluit van die Nasionale Sinode 1967 is gereël dat die Sinode op die openingsaand (5 Januarie 2009) om 19:00 in die kerkgebou van Potchefstroom-Noord saamkom. Die godsdiensoefening staan onder die toesig van Potchefstroom-Noord.
Besluit: Goedgekeur.
6. Sittingstye
Die Roepende Kerkraad beveel, in ooreenstemming met die sittingstye van die vorige Sinode, die volgende tye aan:
```
Weeksdae: 08:00 – 10:30 (Teepouse) 10:45 – 12:45 14:30 – 16:00 (Teepouse) 16:15 – 17:45 19:00 – 21:00 Saterdag: 08:00 – 10:30 10:45 – 12:45
```
Besluit: Kennis geneem.
7. Verwelkoming
Alle afgevaardigdes en besoekers is hartlik welkom op Potchefstroom en die Roepende Kerkraad sal graag u verblyf so aangenaam as moontlik maak.
Ons bid dat die Here sy seën sal gee sodat hierdie vergadering die instandhouding en groei van die Gereformeerde Kerke sal dien.
D. AANVULLENDE RAPPORT
Die Roepende Kerkraad, Potchefstroom-Noord rapporteer aanvullend oor die ontvangs en deputering na die Algemene Sinode 2009.
Kredensiebriewe
Kredensiebriewe is van al die Deputate Korrespondensie van die Partikuliere Sinodes ontvang. Dit is behoorlik onderteken en in orde bevind.
Besluit: Die Rapport word met dank aanvaar. Die Voorsitter bedank ds HS Coetzee vir die treffende opening, die oproep en die reëlings
|
<urn:uuid:1b69ccbe-ce3d-4b66-80fe-5c86b8ca28cf>-0
| 0
|
Mind Moves® verander 'herre-en-doppe' na 'al-my-vakke-deur!'
Rhyna Thiel, Gevorderde Mind Moves Instrukteur Instrukteur skryf oor een van haar kliënte: Hierdie is 'n suksesstorie van 'n student wat ek met Mind Moves oefeninge gehelp het . Sy het gevoel sy leer nie reg nie en dat die massas werk haar onder kry. Maar deur die spesifieke Mind Moves daagliks te doen, kon sy hierdie moeilike situasie oorwin.
Sy het hierdie briefie vir my gestuur…..
Ek het elke keer as ek in die oggende opgestaan het om te begin leer, al die Mind Moves oefeninge gedoen. Om te onthou om dit te doen, het ek al die voorgeskrewe oefeninge op my kas geplak: die Muismatras, Selfvertroue hupstoot ens. Hierdie oefeninge het my baie gehelp om kalm te bly...die intense paniek, asook die paniekaanvalle was weg. Ek het nog steeds met tye gespanne geword, maar ek was in 'n mate verseker rustiger. Ek het nie so toegegooi gevoel onder die werk nie. Ek het nou 'n plan gehad.
Ek het al die oefeninge gedoen voor ek gaan skryf het. Ek het die Kragskakelaar oefening gedoen as ek reeds in die skryflokaal was. Die Palm/vingerstrek oefeninge het ek gedoen as ek met die vraestel besig was en my hande moeg geraak het. My gemiddeld het hierdie eksamen met 'n volle 10 % verbeter .
Ek het op skool nooit 'n probleem gehad nie - of dalk het ek, maar dit was van so aard dat dit nie te problematies was nie. Die werkslading en geweldige stres van Universiteit het dit wel na vore laat kom. Gelukkig kan ek Mind Moves daagliks doen om my te help.
Dit is heerlik om te weet ek is hierdie eksamen AL my vakke deur....daar is GEEN 'herre'. My punte het van 'herre en doppe' verander na 'n gemiddeld wat met 10% op is. Ek is heel tevrede.
Ek moet sê, ek gaan die Mind Moves oefeninge nooit ophou doen nie.
Die hele paniekgevoel voor 'n vraestel was onder beheer en ek kon relatief kalm die lokaal binnegaan. Sodoende kon ek die inligting weergee wat ek geleer het, en dit weerspieël verseker in my punte.
Weereens dankie vir die hulp.
Groete
Hiermee die oefeninge waarna sy in haar brief verwys:
Muismatras
Die oë is die brein se rekenaarmuis - hulle aktiveer verskillende dele van die brein wanneer hulle opwaarts, afwaarts, horisontaal, na links en na regs draai. Hou die duim op elmboogafstand van die oë af en fokus daarop. Beweeg die duim opwaarts, eers rondom die linkeroog en dan rondom regteroog. Herhaal vyf maal. Ruil hande om en herhaal dieselfde proses. Trek altyd eers 'n sirkel om die linkeroog en dan om die regteroog.
Hierdie oefening stimuleer die visuele, ouditiewe en kinestetiese resepsievermoë. Terselfdertyd word die middellyn gekruis om die linker- en regterkantste dele van die brein en liggaam te integreer. Dit ontwikkel ook hand-oog-koördinasie en visuele integrasie.
Selfvertroue-hupstoot
Kruis die enkels en arms in 'n omhelsing. Laat rus die tong in die suigposisie agter teen die verhemelte om die emosionele brein te aktiveer. Maak die oë toe om visuele prikkels uit te skakel indien verkies. Haal stadig asem. Hierdie oefening kalmeer die liggaam, siel en gees. Dit versterk ook die immuunstelsel en bevorder ritme.
Kragskakelaar
Vryf die holte net onder die sleutelbeen in lyn met die linkeroog. Hierdie oefening herstel die elektriese vloei via die vagussenuwee na die spraakorgane en maag om senuweeagtigheid te verlig en 'n mens te help om met gemak te praat.
Palmstrek
Sprei die vingers so wyd moontlik oop vir agt tellings, en ontspan. Maak 'n stywe vuis, hou vir agt tellings, en ontspan. Asem stadig in en uit tydens die oefening. Hierdie oefening verbeter die spiertonus van die hande, skryfvaardighede, fynmotoriese beheer en bilaterale integrasie. Dit bevorder ook vlot spraak.
[email protected]
|
<urn:uuid:daa15dcb-7cbb-4229-ba39-ecd70ff11406>-0
| 1
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
WISKUNDE V2
FEBRUARIE/MAART 2013
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, 3 diagramvelle en 1 inligtingsblad.
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy in die bepaling van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.
4. Volpunte sal nie noodwendig aan antwoorde alleen toegeken word nie.
5. Jy mag 'n goedgekeurde, wetenskaplike sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik, tensy anders vermeld.
6. Indien nodig, rond antwoorde af tot TWEE desimale plekke, tensy anders vermeld.
7. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
8. Diagramvelle vir VRAAG 1.1, VRAAG 3.1 en VRAAG 10.3 is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op hierdie bladsye in die ruimtes voorsien en plaas die bladsye agterin jou ANTWOORDEBOEK.
9. 'n Inligtingsblad, met formules, is aan die einde van hierdie vraestel ingesluit.
10. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
11. Skryf netjies en leesbaar.
NSS
VRAAG 1 Die tabel hieronder gee die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers en die gemiddelde maandelikse
olieprys vir die jaar 2010.
| | Jan. | Feb. | Mrt. | Apr. | Mei | Jun. | Jul. | Aug. | Sep. | Okt. | Nov. |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Wisselkoers in R/$ | 7,5 | 7,7 | 7,2 | 7,4 | 7,7 | 7,7 | 7,6 | 7,3 | 7,1 | 7,0 | 6,9 |
| Olieprys in $ | 69,9 | 68,0 | 72,9 | 70,3 | 66,3 | 67,1 | 67,9 | 68,3 | 71,3 | 73,6 | 76,0 |
1.1 Teken 'n spreidiagram op DIAGRAMVEL 1 om die wisselkoers (in R/$) teenoor die olieprys (in $) voor te stel.
(3)
1.2 Beskryf die verband tussen die wisselkoers (in R/$) en die olieprys (in $). (2)
1.3 Bepaal die gemiddelde olieprys.
(2)
1.4 Bepaal die standaardafwyking van die olieprys.
1.5 Daar is gewoonlik kommer by die publiek as die olieprys hoër as twee standaardafwykings van die gemiddelde is. In watter maand(e) sou daar kommer by die publiek wees?
VRAAG 2
Die mond-en-snor-diagramme hieronder stel Vuyani en Peter se punt vir hul Skoolgebaseerde Assesseringstake in 'n spesifieke vak deur die jaar voor.
Vuyani se punte
2.1 Gee die variasiewydte van Peter se punte.
(2)
2.2 Gee die minimum van Vuyani se punte.
2.3 Lewer kommentaar oor wie jy dink 'n meer konsekwente prestasie deur die jaar gehad het. Motiveer jou antwoord deur na die waardes in die mond-en-snor-diagramme te verwys.
(1)
(2)
[5]
(2)
(2)
NSS
VRAAG 3 Die gemiddelde persentasie van 150 leerders vir al hul vakke is in die kumulatiewefrekwensie-
tabel hieronder opgesom.
| PERSENTASIE INTERVAL | KUMULATIEWE FREKWENSIE |
|---|---|
| x ≤ 10 | 5 |
| x ≤ 20 | 21 |
| x ≤ 30 | 50 |
| x ≤ 40 | 70 |
| x ≤ 50 | 88 |
| x ≤ 60 | 110 |
| x ≤ 70 | 135 |
| x ≤ 80 | 142 |
| x ≤ 90 | 147 |
| x ≤ 100 | 150 |
3.1 Teken die ogief (kumulatiewefrekwensie-grafiek) om die data hierbo voor te stel, op DIAGRAMVEL 2. (4)
3.2 Gebruik die ogief om die volgende te skat (benader):
3.2.1
Die getal leerders wat minder as 85% behaal het
(2)
3.2.2 Die interkwartielvariasiewydte (Toon ALLE berekeninge.) (3)
[9]
VRAAG 4
In die diagram hieronder is trapesium ABCD met AD // BC geteken. Die koördinate van die hoekpunte is A(1 ; 7); B(p ; q); C(–2 ; –8) en D(–4 ; –3). BC sny die x-as by F. . B C ˆ D α =
4.1 Bereken die gradiënt van AD.
(2)
4.2 Bepaal die vergelyking van BC in die vorm y = mx + c. (3)
4.3 Bepaal die koördinate van punt F. (2)
4.4 AB / CD is 'n parallelogram met B / op BC. Bepaal die koördinate van B / deur 'n transformasie ) ; ( ) ; ( b y a x y x + + → wat A na B / stuur, te gebruik.
(2)
4.5 Toon aan dat ° = 37 , 48 α . (4)
4.6 Bereken die oppervlakte van ∆ DCF. (6) [19]
VRAAG 5.
Sirkel C1 en C2 in die figuur hieronder het dieselfde middelpunt M. P is 'n punt op C2 PM sny C1 by D. Die raaklyn DB aan C1 sny C2 by B. Die vergelyking van sirkel C1 word gegee deur 0 2 6 2 2 2 = + + + + y y x x en die vergelyking van lyn PM is y = x – 2.
y
5.1 Bepaal die volgende:
NSS
VRAAG 6
6.1 Skryf die koördinate van die beeld van punt A(–5 ; 3) neer nadat dit die volgende transformasies ondergaan het:
6.2 Beskou die volgende diagram:
6.2.1 In die diagram hierbo is driehoek KMN deur 'n sekere faktor vergroot om driehoek / / / N M K te vorm. Bepaal die faktor van vergroting. (2)
6.2.2 Gee die algemene reël vir die transformasie in VRAAG 6.2.1. (2)
6.2.3 Gebruik die antwoord op VRAAG 6.2.2 om die beeld P / van P(3 ; 2) te bepaal. (2)
6.2.4 M is die refleksie van K om die lyn met vergelyking x = a. Bepaal die waarde van die konstante a. (2)
6.2.5 ∆ KMN is 180 o om die oorsprong geroteer om // // // N M K ∆ te vorm. Gee die koördinate van K // . (2)
6.2.6 ∆ KMN is 3 eenhede na regs en 1 eenheid na bo getransleer om ∆K /// M /// N /// te verkry. Skryf die verhouding van /// / /// / M K K K na die translasie
[17]
neer. (3)
VRAAG 7
In die diagram hieronder is punt K(a ; b) kloksgewys deur 'n hoek van ° 90 om die oorsprong na K
|
5b86c919-e6df-4281-adbb-c9bff14beac2-0
| 3
|
EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUIDAFRIKA
Geregistreer by die poskantoor as nuusblad
No. 243
God is Groot!
Vertel dit vir almal
Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in SuidAfrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520.
WAAROM BESTAAN JY?
Dis „n vraag waarvoor geen mens kan weghardloop nie:
- Wat maak jy eintlik in hierdie wêreld?
- Waarom is jy hier?
- Wat is die sin van jou bestaan?
Ja, al die swoeg en gesweet net om uiteindelik eendag maar kop neer te lê, en ander gaan met jou "skatte" heen?
Die lewe SELF en die omstandighede van die lewe laat ons elke keer weer opnuut hierdie vrae vra. Dit gebeur veral wanneer ons groot mislukkings of teleurstellings deurgaan, soos byvoorbeeld:
As jou ideale een na die ander verdwyn;
As jou loopbaan afstuur op „n ramp . . . rasionalisasie;
As die verhouding waarvan jy so baie verwag het „n verkeerde koers inslaan;
As die een wat jy met jou lewe vertrou het, jou letterlik in die rug steek
Dan wonder „n mens: Is die lewe die moeite werd?
Wat maak ek nou eintlik in hierdie wêreld?
JY is nie die eerste een wat hierdie vrae vra nie . . .
Eeue voor Christus se geboorte was daar al „n wyse koning in Jerusalem wat hom juis met hierdie vrae besig gehou het:
Wat maak die mens se lewe die moeite werd?
Waar sal die mens tog die sin van die lewe gaan soek?
(Jy kan gerus „n tydjie inruim en die boek wat hierdie wyse koning hieroor geskryf het, gaan lees. Die boek is deel van die Bybel – God se Boek – en die titel is "Prediker". As jy egter min tyd het, lees dan net eers hoofstuk 2 daarvan)
Met al die mag en middele tot sy beskikking het hierdie koning na antwoorde op al hierdie vrae begin soek.
- Hy het byvoorbeeld gaan kyk of hy nie dalk die sin van die lewe kan kry in baie vreugde en gelag nie . . .
- Of lê dit dalk in harde en suksesvolle werk?
- Of in groot rykdom?
- Of in die skone kunste en kultuur?
- Of is die mens se lewe dalk sinvol as jy baie mag en invloed het?
- Of baie kennis en wysheid?
En hierdie koning het nie net oor al hierdie dinge gedink nie . . .
- Hy‟t hierdie dinge self gaan doen en gaan verwerf
Weet jy wat sy konklusie was? Jy gaan geskok wees!
Hy het bevind dat hy al hierdie dinge verniet gedoen en verwerf het.
In al hierdie dinge was daar geen sin in die lewe te vind nie!
Elke keer – sê hy – as hy gedink het:
NOU het ek dalk iets beet wat sin gee aan die lewe en dit die moeite werd maak, dan moes hy tog maar weer agterkom dat hy wind nagejaag het . . . leegheid . . . niks . . . alles tevergeefs . . .
„n Verskriklike konklusie, nie waar nie?
Maar tog, „n baie eerlike konklusie!
Natuurlik = WANT DIE BYBEL IS „N EERLIKE BOEK!
Die Here praat in die Bybel reguit en eerlik met elke mens. God draai nie doekies om nie. En weet jy hoekom die Prediker nie die sin van die lewe kon kry nie? Omdat hy doelbewus die fout van die mens aan ons wil uitwys – „n fout wat elke mens keer op keer maak.
En dit is: „n Mens soek na die sin van alles op hierdie ou wêreld, hier duskant die graf.
En verder soek die mens die sin van die lewe in homself en in sy naaste en in sy omstandighede.
En God?
Nee kyk, God word in die soeke na die sin van die lewe buite rekening gelaat.
En as God nog in die prentjie kom, word die fout by Hom gesoek! Maar juis dit is die punt van hierdie wyse koning van die Predikerboek:
ELKE mens se lewe SONDER GOD:
bly tevergeefs
bly leeg
bly sinloos . . .
En as jy dan wil soek na die sin van jou lewe, soek dit dan by God en in Sy bestaan.
Sonder die Vader in die hemel gaan jou lewe ook leeg, nutteloos en sinloos BLY!
Wonder jy waarom jy bestaan?
Waarom jy eintlik hier is?
Waarom sekere dinge in jou lewe gebeur of dalk NIE gebeur nie?
Moenie langer vir die antwoord op hierdie vrae wag nie.
Kom na die Here toe en na Sy Woord, die Bybel;
Kom na Sy huis, die Kerk;
Kom na Sy "plan", die verlossingsplan in Christus.
By Hom is al die antwoorde en in Sy teenwoordigheid kry alles blywende en ewige sin.
KOM! Die pad is oop…….
Aan die kruis van Golgota – bykans 2000 jaar gelede – het Jesus Christus dit ook vir JOU moontlik gemaak om die sin van alles raak te sien.
KOM!
Die Heilige Gees sal jou lei . . . deur die Bybel
KOM!
Die Heilige Gees sal jou lei deur die Kerk
KOM!
Die Heilige Gees sal jou lei . . . met jou oë toe . . . op jou knieë . . . in gebed!
______________________________________________________________________
MY GELD . . . MY GOD
Is dit nie wat met jou gebeur het nie?
Eers het jy net hard gewerk om genoeg geld te kan hê
Toe het geld, so ongemerk, al hoe belangriker begin word.
- Dit het „n al hoe groter rol in jou lewe begin speel.
- Dit het, hoe langer hoe meer, die spil begin word waarom al jou planne en al jou aktiwiteite draai.
Die volgende stap was dat jy, in die proses om meer geld te maak, begin het om dinge te doen wat eintlik teen jou beginsels was.
- Eers was dit net klein dingetjies, „n witleuntjie hier en „n verswyginkie daar, en dit het jou toe nog gepla!
- Met verloop van tyd, het hierdie oortredings al hoe groter geword, al hoe meer deel van jou daaglikse lewe, terwyl jy dit reggekry het om die skuldgevoelens al hoe meer te onderdruk!
Terselfdertyd het „n klomp ander dinge in jou lewe begin agteruitgaan:
- jou huwelik,
- jou gesinslewe,
- jou algemene gedrag,
- jou godsdiens . . .
Totdat jy vandag heeltemal vasgevang is in hierdie meedoënlose gejaag na geld. En die ergste van alles is dat jy jouself oortuig het dat dit goed is so, en dat dit in elk geval nie anders kan nie . . .
As die stukkie hierbo jou lewe beskryf, is jy eintlik „n baie godsdienstige mens – afgodsdienstig!
- Jy is „n flukse Mammon-aanbidder.
- Jou kantoor/besigheid is sy tempel.
- Jou gesondheid,
- Jou huwelik, jou gesin, jou sielerus
Die offers wat hy vra . . . !
Hoe goed ken die Here ons nie! Een van Sy woordvoerders het eeue terug al geskryf: "Geldgierigheid is die wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal . . . "(1 Tim 6: 10)
As jy „n Mammon-aanbidder is, of dalk oppad om een te word, moet jy weer „n keer aan die volgende dinge dink:
Geen mens kan God en Mammon tegelykertyd dien nie (Mat 6:24),
Rykdom is gevaarlik. Dit laat mense dink dat hulle sonder God kan klaarkom.
- Daarom – so sê die Here Jesus self – sal „n ryk mens moeilik in die koninkryk van die hemel kom (Mat. 19:23)
Waarom sal ons, ons hele lewe en al ons verhoudings opoffer vir brood wat nie regtig versadig nie? (Jes. 55:2)
Vir skatte wat deur motte gevreet
|
10adcf13-7184-4d9f-b72d-0f194fc1b3d5-0
| 1
|
BASIESE FEITE OOR DIE WET OP DIE BEKAMPING VAN VERKRAGTING
Gender Research & Advocacy Project
LEGAL ASSISTANCE CENTRE Windhoek, Namibia, 2008
Wat is verkragting?
Wat om te doen as jy verkrag is
Verkragting is die "doelbewuste uitvoering van 'n seksuele daad onder omstandighede van dwang" (met ander woorde sonder die persoon se toestemming).
Beide 'n man en vrou kan verkrag word.
'n "seksuele daad" is:
die insit van die penis in die vagina, mond of anus van 'n ander persoon
die insit van enige gedeelte van die liggaam van 'n mens of dier in die vagina of anus
die insit van enige voorwerp in die vagina of anus
orale stimulering van die vroulike of manlike geslagsorgane
enige ander vorm van geslagsorgaan stimulering.
"Omstandighede van dwang" is wanneer 'n persoon gedwing of gedreig word byvoorbeeld:
fisiese geweld of dreigemente
dreigmente om enige ander skade aan 'n persoon te verig
'n persoon nie in die posisie is om van 'n spesifieke situasie te kan vlug nie
waar dit nie moontlik is om 'n sekere situasie te verhoed nie, soos byvoorbeeld wanneer 'n persoon dronk is/onder die invloed van verdowingsmiddels verkeer/slaap of gestremd is
die beskuldigde voorgee om 'n ander persoon te wees of voorgee dat wat gebeur nie 'n seksuele daad is nie
meer as een persoon gebruik word om die persoon te intimideer om seksuel te verkeer
die een persoon 14 jaar oud is en die ander persoon meer as 3 jaar ouer is.
Post-exposure Prophylaxis (PEP)
Dit is baie belangrik dat alle oorlewende slagoffers van verkragting MIV toetse en berading moet ondergang. Die medisyne word PEP genoem en moet so gou as moontlik gebruik word nadat die verkragting plaasgevind het. Dit is gratis as jy nie daarvoor kan betaal nie.
Verkragting binne die huwelik
'n Huwelik verhoed nie verkragting nie. As 'n man of vrou sy/haar huweliksmaat forseer om seks te hê, dan is dit verkragting.
Verkragting bly verkragting, al vind dit ook plaas binne die huwelik!
Hou al die bewyse
Moenie bad nie.
Moenie ander klere aantrek nie.
Moenie die plek skoon maak waar die verkragting plaas gevind het nie.
Plaas al die bewyse in papier. Moenie dit in 'n plastiek sak plaas nie.
Gaan na die polisie of 'n Vroue-en Kinderbeskermingseenheid
Meld die verkragting aan by die polisie sodat die persoon wat jou verkrag het, gevang kan word. Jou informasie sal privaat gehou word en so ook die hofverhoor.
Gaan na 'n dokter, kliniek of hospitaal
Jy moet so gou moontlik 'n dokter of verpleegster gaan sien. Die dokter kan vir jou medikasie gee om MIV infeksie, seksuele oodragbare infeksies en swangerskap te verhoed weens die verkragting.
Jy sal 'n bad kan neem sodra die dokter jou klaar ondersoek het. Ons sal jou klere en onderklere moet hou as bewyse vir die verkragtingsaak.
Wat as jy swanger sou raak weens verkragting?
As jy swanger word as gevolg van die verkragting, is jy geregtig om 'n wettige aborsie te verkry. Jy moet 'n swangerskaptoets onmiddelik doen indien jou volgende maandstonde laat is en jy moet jou dokter vertel dat jy 'n aborsie wil hê.
Vir meer inligting raadpleeg gerus die Legal Assistance Centre se Gids oor Die Wet op die Bekamping van Verkragting.
Legal Assistance Centre P.O. Box 604, Windhoek, Namibia Tel. 061-223356 Befondsing: Embassy of the French Republic
Gids oor
Die Wet
op die Bekamping
van
|
dc8777d2-a221-44a9-a379-2d196ec6f186-0
| 1
|
Naln se Otto sterf ná stryd teen kanker
Oudkurator van Naln (66) sterf ná kankerstryd
Volksblad, 26 September 2016, Ruan Bruwer
"Om iemand wat net goed vir sy skoonouers was, die beste man wat enige ouer vir sy of haar dogter kan begeer, 'n pa wat die eerste liefde in sy drie dogters se lewe was, tot wedersiens te moet roep, is 'n eiesoortige leed."
Só het die skrywer Maretha Maartens haar skoonseun Otto Liebenberg, wat die naweek oorlede is, gehuldig.
Dié bekende Bloemfonteiner, wat veral baie prominent was in die Afrikaanse kultuurkringe, is Saterdagoggend vroeg ná 'n kort siekte dood.
Die 66-jarige Liebenberg is aan kanker oorlede.
Hy het 'n jaar gelede ná byna 40 jaar diens aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein afgetree. Die laaste 35 jaar daarvan was as assistentdirekteur en kurator.
"Ons kleinkinders het 'n onvernietigbare voorbeeld en die opvoeding van 'n Godsman van Otto ontvang. Ons dank die Here dat Hy Otto met sy eie hand in ons familielewe ingebring het. En ons in Otto se familie ingeneem het. Waarlik, ons erfenis is vir ons mooi. Dankie, dankie, Here," het Maartens geskryf.
Volgens Leana Lategan, wat 38 jaar lank 'n kollega van hom by Naln was, is hy op 1 September in die hospitaal opgeneem waar fase 4-kanker by hom gediagnoseer is. Hy het aggressiewe chemoterapie ontvang, maar dit is verlede Maandag weens brongitis gestaak. "Hy het omtrent nog elke dag na sy vorige werkplek gekom vir navorsing wat hy vir sy radiopraatjie Donderdae op Radio Rosestad gedoen het. Hy was amper heeltyds daarmee besig," sê Lategan.
Hy het nog tot sy afsterwe as voorsitter van die Vriende van Naln, 'n finansieringsmodel, gedien en was vroeër jare ook ondervoorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.
"Otto was altyd baie netjies met 'n das of baadjie, ongeag wat die geleentheid was.
"Hy het 'n groot belangstelling in die geskiedenis van veral die Afrikaanse kultuur gehad. Enige vorm van bewaring het hom baie na aan die hart gelê. Hy het baie kennis daarvan gehad. Naln sal nie weer dieselfde wees nie."
'n Groot deel van sy werk by Naln was om geskiedkundige letterkundige artikels te kry en te bewaar.
Liebenberg word oorleef deur sy vrou, Danila, en drie dogters, Lilian (19), Margerethe (20) en Danilde (12). Danila werk by die Universiteit van die Vrystaat en is 'n voormalige boekeredakteur van Volksblad.
Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
|
e508c758-65d1-4c9b-b2bd-310074627674-0
| 1
|
Trek.
Winnie Rust. Kaapstad: Human & Rousseau, 2013. 256 pp. ISBN: 978-0-7981-5933-3. E-boek: ISBN: 978-0-7981-5934-0.
DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v51i2.19
Om te trek is om jou kortstondig in 'n liminale staat te bevind. Nóg by jou vertrekpunt, nóg by jou uiteindelike bestemming, sonder die geborgenheid wat hierdie twee vaste plekke kwansuis bied. In 'n hele aantal opsigte is Trek van Winnie Rust 'n beskrywing van verskillende liminale state.
Dit is egter nie 'n reisverhaal met diepgaande besinning oor dit wat waargeneem word nie. En dit is teleurstellend, aangesien die materiaal wat Rust tot haar beskikking het die potensiaal het om meer as net goeie gewilde prosa te wees.
Die roman is in twee verdeel. Die eerste (ongetitelde) deel bevat vyf hoofstukke wat elk die naam van 'n karakter dra: Girlie, Mossie, Molly, Hanna, Lien en Miss Pat. Verwarrend genoeg is daar nie noodwendig 'n korrelasie tussen die hoofstuktitel en die fokalisator nie, selfs nie eens tussen die hoofstuktitel en 'n belangrike karakter in daardie hoofstuk nie.
Die tweede gedeelte heet "Bovlei" en word ingelui deur die waarskuwing dat die karakters fiktief is en dat "[d]aar geen verwysing na huidige of vorige inwoners van die Bovlei" is nie (97). Aangesien baie van die karakters in die tweede gedeelte óf reeds in die eerste gedeelte verskyn, óf in die eerste gedeelte genoem word, dwing hierdie vermaning die leser tot nadenke oor die verhouding tussen fiksie en geskiedenis. Weereens dra die hoofstuktitels karaktername: Boeta, Lambert, Lettie.
Die eerste gedeelte van die roman speel oor 'n tydperk van bykans tagtig jaar af en volg, grotendeels, die lewe van Girlie Moses en die karakters (meestal bruin plaaswerkers en dorpsbewoners) wat met haar paaie kruis.
Die tweede gedeelte begin 'n kort tydjie ná die einde van die eerste en speel af oor 'n paar maande. Hier sentreer die vertelling om Lambert en sy skoonsuster, Lien.
In albei dele is daar uitgebreide terugflitse, wat die reiselement in die verhaal nie net 'n kwessie van fisieke verhuising maak nie, maar ook een van tyd: die leser reis met verskillende fokalisators heen en terug in tyd en kry dieselfde gebeure uit verskillende perspektiewe te sien.
Albei dele beklemtoon trek, verhuising en reis––veral die wedervaringe van die bruin gemeenskap van Wellington. Moeilike werksomstandighede op plase, seksuele teistering, die afsterf van familielede en veral die Groepsgebiedewet dra by tot verskuiwings wat, indien nie gedwonge nie, die enigste opsie blyk te wees vir 'n beter bestaan.
Soos die verhale van Girlie, Mossie, Molly, Hanna en Lien egter duidelik maak, beteken die nuwe bestemming nie noodwendig vastigheid of geborgenheid nie. Hanna se nuwe huis, wat sy self laat bou (65), en die HOP-huis wat Lien huur (78), beskerm hulle nie teen maatskaplike kwessies soos geweld, dwelms of werkloosheid nie.
Dit wil voorkom of geborgenheid en 'n vaste identiteit dalk gevind kan word in 'n tipe "stamgrond", dit wil sê "grond waaruit [die karakter] gevorm is" (254). Hanna trek byvoorbeeld terug na die Bovlei-plaas waar sy baie jare vantevore gewerk het (92) in 'n poging om weer vastigheid (veral ekonomies) te verwerf.
Die hoofkarakters in die tweede deel–– almal wit––beleef 'n soortgelyke "haweloosheid", hoewel dit meestal emosioneel is. Vir Lambert begin daar eers rus en stabiliteit in sy lewe tree wanneer hy teruggaan na 'n plaasbestaan––en veral nadat hy die familieplaas vir oulaas besoek. (Daar is ook 'n suggestie dat, vir minstens twee karakters, die reis na die Ou Engelse langne ham of langan hame [long home––die dood] die enigste is wat
met sekerheid 'n werklik onverstoorde tuiskoms bied.) Vir Lettie lyk dit of die "stamgrond" in Nederland te vinde is, waar haar dogter 'n suksesvolle––en oënskynlik idilliese––bestaan voer.
Wat egter in al hierdie reise ontbreek, is die geleentheid om te besin oor dit wat die onderskeie karakters waarneem. Die karakters se eie besinning is meestal oppervlakkig of oorvereenvoudig en dit hou die leser se eie besinning––oor die karakters se lot, die SuidAfrikaanse geskiedenis en kwessies soos menseverhoudinge en skuld––in 'n groot mate terug.
Rust se spel met historiese feit en literêre borduursel, beskou aan die hand van trekke deur twintigste-eeuse Wellington, sou veel meer met die geskiedenis en die leser se verwagtinge kon doen. Die verskillende perspektiewe op dieselfde gebeure, die narratiewe moontlikhede wat onakkurate herinneringe bied en die verskillende stemme van die karakters word in 'n redelike mate verspeel.
Met die beweging heen en weer oor tyd en ruimte––en die ontrafeling van mense se lewens terwyl hulle sonder vastigheid is––is daar in beginsel die geleentheid om die drade van die amptelike geskiedenis stelselmatig los te trek en op 'n ander manier weer saam te weef en aan die leser voor te lê. Sodoende kan aangedui word dat die geskiedenis self nie vas is nie––nes die lewens waaroor dit kwansuis verslag doen. (Die ontdekking van nuwe feite en die veranderende beskouing van aanvaarde feite hou die geskiedenis self pal in 'n liminale plek––sodra daar 'n "amptelike" weergawe is, probeer ander dit ondermyn of herskryf.)
Ongelukkig gryp Rust nie hierdie geleentheid aan nie. Sy trek hoogstens hier en daar 'n draad los om dit uit te lig, om te dui op die "weefdrade van verskillende kleure wat die skering en inslag vorm" (254). En dalk moet 'n mens haar dit vergewe: die tydstip wanneer die lap "verbrokkel" (254) en geeneen van die patrone––oud of nuut––sigbaar is nie, is immers 'n tussenintyd van groot onsekerheid. Nes trek.
Lenelle Foster [email protected] Universiteit van Stellenbosch
|
0d3e39bc-1ad2-4744-a5bc-4f678024028d-0
| 1
|
Geen Plek vir Jesus
Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B130a Eng/Afr.
Skriflesing uit Lukas 2:1 – 7
Kernvers : 7 – ‘en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.’
Geen plek vir Jesus nie….. Josef moes sy gesin na Betlehem neem om in sy vaderstad ingeskryf te word. Tussen swierige kamele en minder swierige reisigers en karavane was daar een familietjie wat stadig voortbeweeg het en dit was Josef en Maria en hul ongebore kind.
Maria se tyd was naby en daarom kon hul nie vining beweeg nie, sodat teen die tyd wat hulle in Betlehem aangekom het was die plek reeds oorstroom en al die herberge reeds vol. Daar was geen plek vir Jesus om gebore te word nie.
As al daardie mense wat hulle weggewys het maar net kon weet! Maar toe die Koning van die konings gebore is, moes Hy in ‘n krip neergelê word tussen die diere van die veld in ‘n stal. Josef en Maria het geweet en hoe opgewonde moes hulle net nie gewees het om die langverwagte Christus te ontvang?
Die engel het aan hulle albei verskyn en vertel van die Koninkryk waaroor hierdie Kind die Koning sou wees – hulle het besef dat Maria hierdie kosbare skat in haar skoot gedra het en hulle was oorstelp van vreugde te midde van daardie nederige omstandighede.
Mag die Here ook met u en met my vandag praat oor baie tye, geleenthede en gesindhede in ons lewens waar ons nie tyd of plek gehad het vir Jesus nie… Jesus is in Sy Woord en op daardie plek as ek op my knieë gaan voor Hom – daar sal ek Hom vind. Ons het dikwels so baie dinge aan en geen tyd vir Jesus
|
<urn:uuid:fc5f4f4f-8bfc-438c-a7e9-5b7339221c23>-0
| 1
|
"DIE BLINKKLIPPIE"
WEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN GEREFORMEERDE KERK POSTMASBURG
(Jaargang 22 - nr. 30)
"Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." Johannes 1:14
24 Julie 2022
EREDIENS: Dr. Petrus Venter
Erediens – 9h30
LITURGIESE GEGEWENS
Skriflesing: Openbaring 15: 1 – 8
Teks: Openbaring 15: 3-4, 8
Sing- VOORAF SANG: Ps. 119:25, 26
TYDENS EREDIENS: Ps. 118: 13, 14;
Ps. 38:1,8; Sb. 2-7 (37):1; Sb. 2-7 (37):2,3
DIE SING VAN MOSES SE PSALM DEUR DIE ROOK HEEN
Op 15:3 – 4 Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam: "Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.".... 8 Die tempel het vol rook geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.
* God se oordele is 'n werklikheid.
* Ons moet kan sing al is dit met rook in die oë.
* Is ek bereid om God se oordele te besing?!
Vooraf sang: Ps. 119: 25, 26
Ontmoetingsdiens
Votum
Lofsang:
Ps. 118: 13, 14
Geloofsbelydenis
Apostoliese Geloofsbelydenis
Verootmoediging en versoeningsdiens
Wet
Sing:
Ps. 38: 1, 8
Woorddiens
Gebed
Sing:
Sb. 2-7 (37): 1
Skriflesing: Openbaring 15: 1 – 8
Teks:
Openbaring 15: 3-4, 8
Preektema DIE SING VAN MOSES SE PSALM DEUR DIE ROOK HEEN
Antwoorddiens
Slotgebed
Kollekte
Liefdesdiens kollekte – DVB (Diakonie) By die deure – Bediening vir Postmasburg
Slotsang
Sing- Sb. 2-7 (37): 2,3
Wegstuurseën
KOLLEKTES
Vandag
In die banke: DVB (Diakens)
By die deure: Bediening vir Postmasburg
Sondag: 31 Julie 2022
In die banke: Dorkas (Susters)
By die deure: Sustentasie GKSA
U kan die SnapScan kode gebruik om u kollekte aan die diakonie af te dra ...
WYK – DIENSBEURT
Sondag – 24 Julie 2022 Wyk 8
Ouderling: Br Michiel Burger
Diaken: Br Roelf Coetzee
Wyksuster:
VERJAARSDAE
Maandag 25 Julie Dawie Schoeman
Dinsdag 26 Julie Ruan Muller
Saterdag 30 Julie Irene Viviers
Mag u 'n geseënde nuwe lewensjaar ingaan met die volle oortuiging dat ons tye is in die Here se hande.
LIEF EN LEED
Sr Truia Venter sal hopelik Saterdag ontslaan word. Sy is tans nog in die hospitaal vir behandeling met haar langdurige rugpyn.
OORSIGTELIK FINANSIËLE STAND VAN GEMEENTE
Voorsitter is oudl. Lukas Potgieter (079 695 0555)
DANKOFFERS
U kan die Bybelse beginsels en dit wat 'n prinsipiële uiteensetting van die opdrag tot 'n dankbaarheidslewe en dit wat ons dankoffers moet wees, van ons webwerf aflaai.
U kan dit aflaai by http://bit.ly/2D0uRqf
Laat ons asseblief met die nodige erns wat ons voor die Here hiermee moet werk dan wel hieraan aandag gee. Al is ons in bitter swaar tye met ekonomiese werklikhede so negatief as kan kom moet ons dankbaarheid voor die Here altyd eerste staan. Ons het ook 'n nuwe artikel in die verband bygevoeg. Wyle ds. Ben Fourie het ook baie goed die saak kon uiteensit. U kan dit lees by https://bit.ly/3j1e2xT
ALGEMENE KERKNUUS
GKSA NUUSBROKKIES
Gaan laai gerus nuusbrokkies van ons webwerf af. Die jongste beroepenuus en vele meer is daarop beskikbaar soos weekliks aan ons deurgestuur. U kan dit van ons webwerf aflaai by: http://bit.ly/2SxThy0
KATEGESE
Ons katkisasie werk en roosters is op ons webwerf gelaai. Dit is beskikbaar by http://bit.ly/2KhypYe Laerskool-kategese Laerskool kategese gaan vandag weer voort.
Hoërskool – kategese Alle Hoërskool-kinders se katkisasie word elektronies aangebied. Die elfde les vir hierdie jaar is opgelaai. Hierdie les se werk moet voor Dinsdag 2 Augustus ingehandig wees.
Ouers en kinders kan die huidige les aflaai by https://youtu.be/wVVhQDEW7U0
BYBELSTUDIE - https://youtu.be/TPKsvWDgnCs
Ons het ons Bybelstudies rondom die groot tema van Gebede uit die Here se Woord afgesluit. Ons het na 30 gebede in die reeks gekyk. Die laaste Bybelstudie was 'n gebed van die Heilige Gees Self. Amen, Kom Here Jesus U kan in die Bybelstudie deel by https://youtu.be/TPKsvWDgnCs
HUIS JAN VORSTER (HJV)
'n Woord van besondere dank na die oproep vir skenking van seep aan Huis Jan Vorster. Ons het berig ontvang dat daar ruim skenkings ingekom het. Ons is dankbaar dat u die belange van hierdie tehuis ook in u hart, gebede en beursies met u saamneem.
PRETORIA FM OPNAMES (MAAK MY U WEË BEKEND) EN KATEGISMUS-PREDIKING
Uitsendings word op Sondae om 17h00 uitgesaai. Luisteraars kan in Postmasburg en in die grense van ons gemeente inskakel op TV oudiokanaal 887. U kan ook deur die internet luister by http://www.pretoriafm.co.za .
Daar is ook webgrepe (potgooie) van die program op Pretoria FM se webwerf. U kan daarna gaan by http://bit.ly/2NuDyOX
Daar is dele naby Postmasburg wat die stasie op die frekwensie 107.5 wel opgevang word.
Die program begin Sondae om 17h00 op die skottel by kanaal 887.
Sondag-aande is daar ook prediking vanuit die Kategismus wat deur verskeie leraars hanteer word. Dit begin om 19h00 en staan bekend as 'n Aand-Ateljeediens.
VSOD (VERENIGING VIR SENDING ONDER DUITSSPREKENDES)
Ons as gemeente is op 'n besondere wyse met die roeping en sendingwerk van dr. Victor d'Assonville in Duitsland verbind. Hy is deur ons ingevolge Artikel 7 Kerkorde beroep en na Duitsland gestuur. Hy is tans rektor by 'n Teologiese Skool in Duitsland. Laat ons voortdurend sy roeping en werk biddend voor die Here bring en dat dit geseënd mag wees. As u meer wil uitvind oor die kerklike toestande in Duitsland en die groot nood dat teologiese opleiding aldaar moet kan plaasvind gaan na www.vsod.co.za. Op Facebook kan u gaan na bit.ly/2OoU0nf
Die VSOD stel ons in Postmasburg in staat dat daar volhoubaarheid in die werk kan wees. As u dit
|
8b549746-955a-4d56-888d-13eb482a3159-0
| 0
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
PUNTE: 100
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
* Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
* Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
* Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1 Die huis met die rooi dak se geheim(-e)
Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor iemand/die mense wat in die huis met die rooi dak woon se geheim(-e). Indien die onderwerp beskrywend aangebied word, kan die kandidaat die invloed wat die geheim(-e) op die huismense het, beskryf.
1.2 Onregverdigheid lei tot groot hartseer.
Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur situasies/gebeure te beskryf waar onregverdigheid tot groot hartseer gelei het. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die hartseer van talle onregverdighede in ons samelewing. 'n Verhalende opstel kan handel oor gebeure/handelinge van mense wat onregverdig opgetree het en daardeur ander mense benadeel het. As beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer oor die redes en gevolge van onregverdighede in ons samelewing.
1.3 Die storm se krag ...
Die onderwerp kan as verhalende opstel handel oor 'n rampspoedige dag toe 'n storm angs of verwoesting saai. Die kandidaat kan 'n beskrywende opstel aanbied waarin die figuurlike storm wat in die skool/gemeenskap/huisgesin woed, beskryf word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die kragtige invloed wat letterlike of figuurlike storms van die lewe op die mens het. Die kragtige invloed van probleme/storms in ons samelewing kan beredeneer/geargumenteer word. Die kandidaat kan "storm" in alle gevalle letterlik of figuurlik, of gekombineerd, interpreteer. Die "storm" kan in alle gevalle ook positiewe gevolge hê.
1.4 Dis 'n land van kleur en klank.
Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As 'n verhalende opstel kan die kandidaat skryf oor 'n reis deur Suid-Afrika/na 'n ander land en die kultuurervaring wat hy/sy daar beleef. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat 'n reisbeskrywing gee van lande/plekke wat hy/sy besoek/nagevors het. By 'n argumenterende/ beredeneerde aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig van die waarde van reis. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die positiewe geleenthede wat 'n land (bv. Suid-Afrika) bied.
1.5 die suidoostewind blaai die dae al haastiger om ...
Die kandidaat bied 'n beskrywende opstel aan waarin hy/sy beskryf hoe dit herfs word. Die kandidaat kan ook 'n figuurlike herfs/die ouderdom beskryf. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel hoe hy/sy die draai van die seisoene beleef terwyl hy/sy op die koms van die herfs/op die stilte van die herfs wag. Die kandidaat kan bespiegel dat seisoene 'n mens opnuut bewus maak van die kosbaarheid van tyd./die ouderdom wat 'n mens bekruip./of ouderdom noodwendig sleg is./watter seisoen die beste is.
[50]
[50]
[50]
[50]
[50]
1.6.1 Span/Groep mense wat hande vashou tussen kranse
Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende opstelle, bv. 'n beskrywing van die besluit van die groep om mekaar oor die kloof te help./die waagmoed wat dit verg om mekaar in hierdie mate te vertrou. Die kandidaat kan fokus op verskillende soorte mense wat in die stadsituasie met mekaar moet saamwerk. 'n Verhaal kan handel oor 'n groep wat van 'n situasie ontsnap en van die een krans na die ander krans en veiligheid beweeg; 'n kandidaat kan ook verwys na sg. klowe wat ons (stedelike) bestaan tot gevolg het. Hierdie onderwerp kan die waarde van spanwerk/uitdagings/struikelblokke bespiegel. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer oor die uitdagings om jou vrese te oorkom of selfs die uitdaging wat spanwerk bied indien almal nie hulle deel bydra nie. Ander moontlikhede sluit in die waarde wat spanwerk bv. in Suid-Afrika het om brûe te bou.
1.6.2 Appel met A+
Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor 'n skrander leerder wat besef dat goeie gewoontes tot sukses lei./hoe gesonde eetgewoontes sy/haar lewe raak./negatief ongesonde eetgewoontes is. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat vereistes vir akademiese sukses beskryf. Indien die opstel bespiegelend aangebied word, kan die kandidaat bespiegel oor moontlike toekomsgeleenthede wat harde werk op skool tot gevolg sal hê. Die belangrikheid van prestasie/ gesondheid/dieet kan in 'n beredeneerde/argumenterende opstel beredeneer word. Die kandidaat kan ook fokus op 'n "Apple"-rekenaarkursus.
1.6.3 Kop met voorwerpe wat uit die kop vloei
Die onderwerp leen hom tot 'n beskrywende opstel waarin die kandidaat die positiewe/negatiewe invloed van menslike aktiwiteite/kuns/tegnologie/musiek beskryf. Die kandidaat bied 'n verhalende opstel aan waarin hy/sy die verhaal/storie rondom 'n bepaalde herinnering vertel. Indien die opstel bespiegelend aangebied word, kan die kandidaat bespiegel oor positiewe/negatiewe ervarings wat beleef is en/of die invloed van sekere gebeurtenisse/uitvindings op 'n persoon/die mens se lewe. Die kandidaat kan mymer oor die mens se prestasies./die waarde van menslike prestasies. Die kandidaat kan in 'n beredeneerde/argumenterende opstel die mens se intellektuele vermoë beredeneer. 'n Kandidaat kan ook die onderwerp interpreteer as breinspoeling, die toekoms deur robotte se oë, sterre in die oë
|
7426c201-13f1-4e81-bbd7-e404186d300b-0
| 1
|
gehoor en konteks 30 PUNTE | | Hoë vlak | 28–30 | | 22–24 | | 16–18 | | 10–12 | | |
| | | | -Respons is uitsonderlik/treffend en bo verwagting -Idees is intelligent, volwasse en stem leser tot nadenke -Uitsonderlike organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot | | -Respons baie goed; getuig van vaardigheid -Idees heeltemal relevant, interessant en lewer bewys van volwassenheid -Organisasie baie goed en samehangend, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot | | -Respons bevredigend -Idees redelik samehangend en oortuigend -Redelike organisasie en redelik samehangend, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot | | -Wisselvallige samehang in respons -Idees onduidelik, nie oorspronklik nie -Min bewys van organisasie en samehang | | |
| | | Lae vlak | 25–27 | | 19–21 | | 13–15 | | 7–9 | | |
| | | | -Respons uitmuntend, maar uitsonderlik treffende eienskappe van 'n opstel ontbreek -Idees intelligent en volwasse -Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot | | -Respons goed; getuig van vaardigheid -Idees relevant, interessant -Organisasie goed en samehangend, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot | | -Respons bevredigend, maar verval soms in onduidelikheid -Idees redelik samehangend en oortuigend -'n Mate van organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot | | -Respons is grootliks irrelevant. -Idees begin los staan en kan verwarrend wees -Skaars 'n bewys van organisasie en samehang | | |
Kopiereg voorbehou
11
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
| | Kriteria | | | Uitsonderlik | | Knap | | Gemiddeld | | Elementêr | Onvoldoende |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| TAAL, STYL & REDIGERING Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel/effek en konteks; Woordkeuse; Taalgebruik en konvensies, punktuasie, grammatika, spelling 15 PUNTE | | Hoë vlak | 14–15 | | 11–12 | | 8–9 | | 5–6 | | |
| | | | -Toon, register, styl en woordeskat hoogs gepas vir doel, gehoor en konteks -Taalgebruik getuig van vertroue, indrukwekkend -Toon retories treffend en effektief -Grammatika en spelling feitlik foutvry -Knap gedaan | | -Toon, styl, register en woordeskat baie gepas vir doel, gehoor en konteks -Taalgebruik effektief en 'n deurlopende gepaste toon word gebruik -Grammatika en spelling grootliks foutvry -Baie goed gedoen | | -Toon, register, styl en woordeskat gepas vir doel, gehoor en konteks -Gepaste taalgebruik om betekenis oor te dra -Toon is gepas -Retoriese middele gebruik om betekenis te versterk | | -Toon, register, styl en woordeskat nie gepas vir doel, gehoor en konteks nie -Taalgebruik baie basies -Toon en woordkeuse skaars toepaslik -Baie beperkte woordeskat | | |
| | | Lae vlak | 13 | | 10 | | 7 | | 4 | | |
| | | | -Taalgebruik uitstekend en toon is retories effektief -Grammatika en spelling feitlik foutvry -Baie goed tot knap gedaan | | -Taalgebruik toepaslik en oor die algemeen effektief -Toon gepas en effektief -Enkele foute in grammatika en spelling -Goed gedoen | | -Voldoende taalgebruik, maar teenstrydighede word opgemerk -Toon oor die algemeen gepas en beperkte gebruik van retoriese middele | | -Taalgebruik onvoldoende -Weinig indien enige sinsverskeidenheid -Woordeskat baie beperk | | |
| STRUKTUUR Kenmerke van teks; Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie 5 PUNTE | | | 5 | | 4 | | 3 | | 2 | | |
| | | | -Uitstekende ontwikkeling van onderwerp -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe uitsonderlik gekonstrueer | | -Logiese ontwikkeling van details -Samehangend -Sinne en paragrawe logies en toon variasie | | -Relevante detail ontwikkel -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer -Opstel maak nog sin | | -Sommige punte geldig -Sinne en paragrawe foutief -Opstel maak nog effens sin | | |
Kopiereg voorbehou
12 NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
| | Kriteria | | Uitsonderlik | | Knap | | Gemiddeld | | Elementêr | Onvoldoende |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| INHOUD, BEPLANNING & FORMAAT Respons en idees; Organisering van idees vir beplanning; Doel, gehoor, kenmerke/konvensies en konteks 15 PUNTE | | 13–15 | | 10–12 | | 7–9 | | 4–6 | | |
| | | -Respons uitsonderlik, bo verwagting -Idees intelligent en volwasse -Grondige kennis van kenmerke van die soort teks -Skryfwerk behou fokus -Samehang in inhoud en idees -Idees behoorlik uitgebrei met detail wat die onderwerp ondersteun -Gepaste en akkurate formaat | | -Respons baie goed en demonstreer goeie kennis van kenmerke van die soort teks -Behou fokus – geen afwyking nie -Samehang in inhoud en idees; baie goed uitgebrei met detail wat die onderwerp ondersteun -Gepaste formaat met onbeduidende foute | | -Respons voldoende en toon voldoende kennis van kenmerke van die soort teks -Nie heeltemal gefokus nie – enkele afwykings -Redelike samehang in inhoud en idees -Sommige detail ondersteun die onderwerp -Formaat oorwegend gepas, maar met enkele foute | | -Basiese respons toon geringe kennis van kenmerke van die soort teks -Aanduiding van fokus, maar met afwykings -Inhoud en idees nie altyd samehangend nie -Min detail ondersteun die onderwerp -Nodige reëls van formaat vaagweg toegepas -Kritiese foute begaan | | |
| TAAL, STYL & REDIGERING Toon, register, styl, doel/effek, gehoor en konteks; Taalgebruik en konvensies; Woordkeuse; Punktuasie en spelling 10 PUNTE | | 9–10 | | 7–8 | | 5–6 | | 3–4 | | |
| | | -Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir doel, gehoor en konteks -Grammatika akkuraat en goed gekonstrueer -Feitlik foutloos | | -Toon, register, styl en woordeskat baie geskik vir doel, gehoor en konteks -Grammatika oor die algemeen korrek en goed gekonstrueer -Baie goeie woordeskat -Oorwegend foutloos | | -Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel, gehoor en konteks -Enkele grammatikafoute -Voldoende woordeskat -Foute belemmer nie betekenis nie | | -Toon, register, styl en woordeskat minder geskik vir doel, gehoor en konteks -Grammatika onakkuraat met etlike foute -Basiese woordeskat -Betekenis belemmer | | |
Kopiereg voorbehou
|
7426c201-13f1-4e81-bbd7-e404186d300b-1
| 1
|
Matieland
Stellenbosch vereer 'n eie profeet. Bladsy sestien
In eie bodem lê ons rykdom.
Diep lê die Federale Groep in die ekonomie van Suid-Afrika ingegrawe. Ons myn die metale en minerale waarom die hele wêreld vra. Ons ontwikkel die nywerhede waarom Suid-Afrika vra. Tot voordeel van iedereen — put ons uit eie bodem 'n rykdom aan geleenthede.
Federale Volksbeleggings Bpk.
In hierdie uitgawe:
Redaksioneel en
Uit die vuis ...
bladsy drie
Matieland se oud-redakteurs
bladsy vyf
Paul Martens laat kinders stryk en straal
bladsy ses
Dr. Albert Wessels waarskuteen sluipende sosialisme
bladsy agt
Jong Stellenbosse digters duï pad aan vir ons poesie
bladsy elf
Wie gaan stryd op Loftus wen?
bladsy veertien
Vinniger, hoër, verder ...
bladsy twee-en-twintig
Nuwe navorsingsgroepe
bladsy sewe-en-twintig
Nog twee fakulteite kry heeltydse dekane
bladsy sewe-en-twintig
Universiteit gee meer geld vir beurse
bladsy dertig
T. V. -geweld en ons kinders ...
bladsy twee-en-dertig
Drie wyse manne vereer
bladsy vier-en-dertig
Prikkelende navorsing deur nuwe doktore
bladsy ses-en-dertig
Prof. Erika Theron maak geskiedenis
bladsy agt-en-dertig
N. P. van Wyk Louw-borsbeeld vir Universiteit
bladsy nege-en-dertig
'Vaal wêreld' se Piet word redakteur by Landbouweekblad
bladsy nege-en-dertig
Nuwe aanstellings by Universiteit
bladsy veertig
Ontwikkeling se span
bladsy twee-en-veertig
Só het die Ontwikkelingsfonds gegroei
bladsy vyf-en-veertig
Stellenbosch vereer 'n eie profeet - Dr. D.F. Malan
bladsy sestien
Gedruk deur Nasionale Boekdrukkery Beperk
Watter bank gee nog al u geldsake die persoonlike aandag wat u soek?
Beleggings, oophand-finansiering soos huurkope, huur van toerusting, lenings en verbande...
Of boedelbeplanning; agentskapwerk soos die verhuring van geboue; spaarrekenings; vendusiereëlings; koop en verkoop van vaste eiendom; opstel en indiening van inkomstebelasting-opgawes; sekretariële werk...
U loop nie meer aldag 'n bank raak wat ál u geldsake in 'n persoonlike lig beskou nie. Daarom is Santam Bank so 'n buitengewone bank. Kom, laat u sake positief koers kry by Santam Bank.
Santam Bank
SANTAM BANK BEPERK (GEREGISTREERDE ALGEMENE BANK)
Om ons te ken is om van ons te hou.
REDAKSIONEEL
Die Universiteit van Stellenbosch het sy probleme en bekommernisse. Gelukkig is daar ook vreugdes! Só is daar groot blydskap oor die aanstaande inwyding van die D. F. Malan-Gedenksentrum op 22 Mei vanjaar, wanneer die honderdste herdenking van die geboortedag van wyle dr. D. F. Malan gevier word.
Hierdie sentrum sal, in teenstelling met die meeste ander monumente in Suid-Afrika, van praktiese nut wees. Die feit dat dit in 'n universiteitsdorp verrys het, bring vanselfsprekend mee dat jong mense dit sal besoek en in hierdie geval daagliks sal gebruik. Dit sal daarvan 'n lewende monument maak en nie een wat net in tye van emotionele opwelling betekenis kry nie.
Nog iets wat groot vreugde verskaf, is die gesindheid van ons oud-studente en donateurs. Dit het onder meer geblyk uit die skenkings vir die Ontwikkelingsfonds van die Universiteit – die mooi bedrag van R72 285 in 1973!
Die vertroue wat daardeur in die Universiteit gestel word, sterk hom in sy taak om nuwe uitdagings die hoof te bied en noodsaklike uitbreiding aan te pak.
Die groei van Suid-Afrika se blanke bevolking en die toenemende behoefte aan geriewe vir hoër onderwys, plaas 'n groot finansiële las op alle universiteite in ons land en geen universiteit wat werkelik in diens van die gemeenskap wil staan, kan daarvoor terugdeins nie.
In die proses lei botsende belange en behoeftes onvermydelik tot beslissings en besluite wat nie in almal se smaak val nie. Ongelukkig gebeur dit dan ook dat individue en sake wat ook die Universiteit na aan die hart lê soms daaronder ly en uiloop op teleurstelling en frustrasie waarin kwaadwilligheid 'n vrugbare teelaarde vind.
Heeltemal onuithoubaar word dit wanneer individue en groepe dan die situasie wat daaruit ontstaan vir persoonlike of seksionele gewin probeer uitbuit. En dit is iets waaraan dese en gene, sowel as mense van wie meer nugterheid en waardering vir perspektief verwag kan word, hulle skuldig maak.
In 'n komplekse opset soos 'n universiteit ondervind jy dit op uiteenlopende terreine.
Losies is maar een daarvan, ondanks die prominensie wat dit in die jongste tyd te beurt geval het.
Die teleurstelling wat talte ouers en studente ondervind het, is baie begryplik. Dat almal wat wel losies gekry het nie ewe gelukkig is nie, is ook bekend. Gelukkig het baie begrip getoon vir die situasie en dit aanvaar of in hul teleurstelling berus. Diegene wat opstandig en selfs vyandig geword het, het die turksvy net nog meer dorings gegee.
Aan die feit dat universiteite self 50% van die kapitaal- en rentedelging op lenings vir nie-akademiese geboue, soos koshuise, moet bekostig, verander dit geen snars nie!
UIT DIE VUIS ...
Die W.N.N.R. verskaf werk aan meer as 4 000 mense. Hiervan is meer as 3 000 blankes waarvan sowat 1 000 vier jaar en langer aan 'n universiteit gestudeer het. Die W.N.N.R. stel elke jaar 150 ingenieurs en wetenskaplikes aan en die personeel neem jaarliks met sowat 5% toe. Vyftig van ons land se knapste skoliere word elke jaar gekies om met beurse van die W.N.N.R. as ingenieurs en wetenskaplikes aan 'n universiteit opgeleei te word. Altesame 134 professore van S.A. se 16 universiteite is op die een of ander manier by die aktiwiteite van die W.N.N.R. betrek – dikwels om die Raad in buitelandse komitees te verteenwoordig.
● Die grootste enkele groep beurshouers van die W.N.N.R. – altesame 34 – studeer aan die Universiteit van Stellenbosch – Prof. C. v. d. M. Brink by geleentheid van 'n beurshouersdinee op Stellenbosch.
'n Mens se studentedae is een van die interessantste tydperke in jou lewe. Jy vergeet baie dinge uit jou kinderjare, jou skooljare – party mense vergeet selfs wat op hulle wittebrood gebeur het – maar jy vergeet nooit wat in jou studentejare gebeur het nie. Een van die redes is dat 'n mens met so baie soorte trekkers te doen kry, veral in die koshuise ... dwarstrekkers, neusoptrekkers en kurktrekkers – Dr. J. S. Gericke, Vise-Kanselier, by die verwelkoming van die eerstejaars.
Die Stellenbosse student is betrokke by die landspolitiek en -probleme en moet sy bydrae lewer. Ek wil egter skynbaar gewilde metodes om 'n standpunt op te dring – versoekskrifte en demonstrasies – afkeur en die hoop uitspreek dat Stellenbosch se studente eerder sal voortgaan om die kanale wat vir hulle aan U.S. bestaan te benut om hul mening tuis te bring – Mnr. Willem Doman, voorsitter van die S.R. by die opening van die akademiese jaar.
Die druippersentasie aan die Universiteit van Stellenbosch is laer as die gemiddelde van al die ander S.A. universiteite. In 1972 was dit 24% aan
|
aef5be20-929b-4c85-a097-e05cdd662f5c-0
| 1
|
| Mev. A. J. Botha |
| Walvisbaai | Mnr. L. Crous |
| | Mnr. S. W. Herzberg |
| | Mnr. U. Jentsch |
| Warrenton | Mnr. H. S. Schlebusch |
| Welkom | Mnr. S. J. Mostert |
| Wellington | Mnr. D. J. le Roux |
| Westville | Mnr. W. R. Hackmann |
| Wilhelmsdal | Mnr. O. Grub |
| Wilskoppies Tvl. | Mnr. E. A. Reichardt |
| Williston | Mev. M. C. Louw |
| Willowmore | Mnr. S. F. le Roux |
| | Mnr. C. H. Maasdorp |
| | Mnr. E. G. J. van Rensburg |
| Windhoek | Mnr. K. C. Baard |
| | Mnr. J. C. Dixon |
| | Mnr. A. E. R. Froese |
| Swakopmund | Dr. J. Gildenhuyss |
| | Dr. A. Hitzeroth |
| Touwsrivier | Mnr. H. M. J. Ludwig |
| | Mnr. J. W. S. Schimansky |
| Tsunem | Mnr. J. P. J. Swanepoel |
| Tulbagh | Mnr. F. P. Crowley |
| | Mnr. P. L. Theron |
| Uitenhage | Mnr. A. L. Coetzee |
| Upington | Mnr. F. Jooste |
| | Mnr. C. H. Marais |
| Vanderbijlpark | Mnr. F. W. Schütz |
| Vereeniging | Mnr. C. J. van der Westhuizen |
| Victoria-Wes | Mev. S. L. Badenhorst |
| Vishoek | Mev. M. A. Myburgh |
| Vredfort | Mnr. J. H. de Jager |
| Vredendal | Mnr. T. G. Brand |
| | Mnr. A. B. Knoesen |
| | Dr. J. Nortje |
| Worcester | Mnr. M. B. Brink |
| | Mnr. L. Naudé |
| | Mnr. S. N. Pool |
| Wynberg | Mnr. R. Louw |
| | Mnr. en Mev. W. F. Muller |
| Zeerust | Mnr. A. J. de Waal |
| Bulawayo | Mev. M. Evinson |
| Idutywa | Mnr. A. Rayment |
| Rhodesië | Mev. E. M. Jackson |
| Wassenaar-Holland| Mnr. C. P. K. Winckel |
| Zoeloeland | Mev. A. de la R. Badenhorst |
Die merkwaardige Toyota Mk II
Om te kan glo dis maar net 'n viersilinder...........maak hier vol!
Die nuwe Mk II. Grootmotorgerief met 'n vurige 2-literenjin so sterk en stil, dis moeilik om te glo dis maar net 'n viersilinder.
Todat u weer die petrolpomp besoek...
Leer ken dan die vreugde van 6,65 l/100 km (43 mpg).
En die waarde van tot 735 km op een vol tenk.
Geniet die trots wat die lieflike, netjiese stilering mens laat voel. En die veersagte sitplekke in 'n ruim kajuit smaakvol afgewerk in bypassende kleure. Die Toyota Mk II.
Tot dusver die Toyota-vakmanne se allerbeste.
Kies uit...
Toyota Mk II Handrat met komsitplekke, konsole en vloerratwisseling.
Outomaties met banksitplek en stuurkolomratwisseling.
Outomaties met komsitplekke, konsole en vloerratwisseling.
TOYOTA
Voorste met vakmanskap
Toyota S.A. Beperk is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy wat volkome besit word deur Suid-Afrikaners. Elke Toyota word gerugsteun deur versiening en onderdele by meer as 240 handelaars oral in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika.
Elke Sigaret 'n Meesterstuk
Die tegniese vaardigheid van die ou meesters en hul strewe na die beste, leef voort in die vervaardiging van Rembrandt van Rijn—die wêreld se eerste vollengte-sigaret met filtermondstuk—die Meesterstuk in Sigarette.
Room van die Oes
Vervaardig in Suid-Afrika
|
aef5be20-929b-4c85-a097-e05cdd662f5c-1
| 1
|
N.G. Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin no 46 13 November 2022
Die Vurk in die pad
Doodloopstrate en T- aansluitings is die wêreld vol. Soms kom jy self ook onverwags by 'n vurk in die lewenspad. Dan wonder jy: moet ek links draai of regs? Moet ek omdraai of liewers stilstaan? Moet jy emigreer of bly? Moet jy met daardie persoon gaan praat wat 'n probleem het, of moet jy nog 'n rukkie wag?
Wees versigtig wie se raad jy volg
'n Bofballegende , Yogi Berra het op 'n keer gesê: "When you get to a fork in the road, take it!" Nou ja… Spreuke 3:5-6 help. " Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."
Drie vrae om te help
* Watter aksies, keuses en woorde sal hier nou tot God se eer wees, en watter nie?
* Watter aksies, keuses, en woorde sal hier en nou bydra tot diens en opbou van ander mense en watter nie?
* Watter pad is die moeilikste pad, wat die meeste opoffering en selfverloëning van my gaan verg?
Verhoudinge is belangrik vir God
Die Here se waarheid is nie abstrak nie, dit is verhoudingsgerig. Die regte waarheid bring ons dieper in verhouding met God, maar dit bring ons ook dieper in verhouding met ander mense.
Tor eer van God en voordeel van ander
God se eer en ander mense se opbopu is lewensbelangerike koersaanduidings wanneer jy moeilike keuses moet maak. Dan moet jy opnuut besef: "Dit draai nie alles om my nie!" Ons lewe is bedoel om as 'n offer tot eer van Christus en tot voordeel van ander geleef te word. Daarom geld dit ook vir al die keuses wat ons maak. As ons dus nie weet of ons links of regs moet draai nie, weet ons het die keuse wat ons moet maak is die een wat God nog meer sal eer en wat ander mense nog meer sal dien.
Jesus se soort pad
Jer 17:9 leer dat ons harte nie aldag betroubaar is nie. Ons harte kan selfsugtig raak. Ons kan elke keer keuses maak wat net onsself bevoordeel en wat ons persoonlik sal help. Daarom moet ons onself gedurig by elke vurk in die pad vra – watter roete sal die meeste selfverloëning van ons verg? Dan weet ons dis die regte pad, want dis Jesus se soort pad.
'n Lig vir my pad en 'n lamp vir my voet
Nou ja, daardie vurke in die pad is deesdae nie meer sulke groot krississe nie, want die Here se Woord is ook hier die lig vir ons pad en die lamp vir ons voet. – Prof. Stephan Joubert
Dankie!
* Vir die reën wat oor verskeie dele van ons land geval het! En ook hier by ons.
* Dat Sy Woord 'n lig vir ons pad en 'n lamp vir ons voet is!
* Vir die Heilige Gees wat in ons woon om ons te help met ons keuses!
Gemeente en algemene voorbidding:
* Vir ons predikante en hulle gesinne.
* Vir 'n geestelike ontwaking in die Kerk, verlossing van ongereddes en sosiale
* geregtigheid. Vir eenheid, herlewing en transformasie in SA.
* Vir die opbou en toerus van God se kinders om God se hart aan stukkende en verlore mense te openbaar.
* Vir ons president, regering en vir almal wat gesag uitoefen 1 Tim 2:1-6.
* Vir die ekonomie, mense wat hulle werk verloor het en werkskepping.
* Dat ons 'n biddende gemeente sal wees, met 'n hart van gebed soos Jesus.
* Vir ons huwelike en gesinne. Vir versoening, herstel en genesing van verhoudings.
* Kom ons bid met Sy Koninkryksvisie en -misie in ons harte vir ons land. Kom ons belyn ons harte met God se hart.
* Vir ons jeug – vir die voorbereiding van eksamens wat voorlê en vir die matrieks wat alreeds begin het..
Gebedsversoeke
Ria Putter Jaco Steenkamp
Gedagte vir die week
"Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe."
Gebedsversoeke: Ds Deon 083 288 7555 of Kerkkantoor
N.G. Kerk Vaalpark se webtuiste:
|
b0008619-1205-450f-b3c9-7f9fc999f516-0
| 1
|
NUWE LEISELS VIR ERFENISSTIGTING
Pretoria, 24 Februarie 2014. Die Besturende Direkteur van die Voortrekkermonument, me Sonja Lombard, is so pas aangestel as die BD van die Erfenisstigting ook. Sy is sedert 2011 die Besturende Direkteur van die Voortrekkermonument, maar sal nou die leisels van die ES ook oorneem, aangesien die Direksies van mening is dat die twee maatskappye meer gespoor bestuur moet word. Sy is die eerste vrou wat aan die hoof van beide organisasies staan.
Sedert me Lombard die leisels van die VTM in 2011 oorgeneem het, het die Monument as toerismebestemming internasionaal en nasionaal uitgeblink. So het die VTM in 2013 die Goue Prestasietoekenning by die China Outbound Travel and Tourist Market in Beijing, Sjina, ontvang en is as algehele wenner by die skou aangewys. Daar was vyf kategorieë met 'n brons, silwer en goue toekenning in elk. Die VTM het reeds vroeër by hierdie skou in 2009 die brons toekenning in die Media/Internetbemarkingskategorie ontvang en kon eintlik nie weer in aanmerking vir 'n toekenning kom nie, maar die organiseerders het gevoel dat die Monument 'n uitstaande toerismebestemming is en die erkenning verdien.
Plaaslik wen die Monument ook reeds vanaf 2012 elke jaar die Professional Management Reviewtoekenning in die Leiers- en Presteerderskategorie. Die toekenning in 2014 was die hoogste ooit en die Monument het 'n prestasie van 4.8 uit 'n moontlik 5 aanslagpunte behaal, die hoogste aanslag van al die deelnemers. Hierdie prestasie is in 2015 herhaal. Die Monument wen ook vandat dit begin is, die Beste Monument- toekenning in die Best of Pretoria wat sedert 2013 deur die Rekord koerant aangebied word. Hierdie toekenning word deur lesers aangewys. Die Monument is ook vir die eerste keer as finalis aangewys deur SA Toerisme met die Lilizela toekennings in 2014.
Die afgelope vier jaar is gekenmerk deur verskeie innoverende idees wat me Lombard by die Monument deurgevoer het. Die een is die e-skyfie vir slimfone wat in die Monument aangebring is. Dit stel besoekers in staat om sonder 'n gids self die Monument te kan verken, in vier verskillende tale. Sy het ook die drie Geloftepanele in Afrikaans, Engels en Nederlands laat oprig en die versoeningsbrug by Bloedrivier, wat reeds jare lank sloer, is op 16 Desember 2014 uiteindelik amptelik deur president Zuma geopen.
_______________________________________________________________
UITGEREIK DEUR: SONJA LOMBARD BESTURENDE DIREKTEUR VOORTREKKERMONUMENT
Tel: 012 326 6770
Faks: 012 326 8374
E-pos:
|
<urn:uuid:7e63ddf2-5632-42c5-85b2-ab351389db89>-0
| 1
|
tsar
2
2
0
1
3.
2021 . 3
TYDSKRIF VIR DIE SUID-AFRIKAANSE REG
Journal of South African Law
ARTIKELS
* Die Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg staan onder beheer van die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit van Johannesburg.
* Ten volle geakkrediteerde tydskrif by Dept van Onderwys (DOE) Social Sciences Citation Index (SSCI) Web of Science (WoS) and Scopus accepted accredited journal
* ISSN 0257–7747
* Redaksie: J C Sonnekus BA LLB LLM LLD S F du Toit BA LLB LLD
C F Hugo BA (Regte) LLB LLM LLD M M Watney BA LLB LLM LLM LLD
(redakteur)
K E van der Linde BIuris LLB BA Hons LLM LLD
M J van Staden LLB LLM LLD M L du Preez BA LLB LLM
(taaladviseur)
C H MacKenzie BA (Hons) MA PhD
* Redaksionele advieskomitee: Nasionaal – sy ed regter J C Kriegler; sy ed appèlregters F R Malan; R W Nugent en N P Willis; sy ed regter D H van Zyl; proff D van der Merwe en M F B Reinecke. Internasionaal – Proff V Sagaert (Leuven); M Martinek (Saarbrücken); W J Zwalve (Leiden).
* Uitgewer: JUTA Law – Kaapstad – Claremont – Johannesburg.
* Redaksie-adres: Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Johannesburg Posbus 524 Auckland Park 2006 Suid-Afrika/Editorial address: Faculty of Law University of Johannesburg PO Box 524 Auckland Park 2006 South Africa – Telefax (011) 559 2049.
* Uitgewersadres: Posbus 24299, Lansdowne, 7779 Suid-Afrika – Telefaks (021) 659 2360.
* Hierdie tydskrif verskyn in Februarie, Mei, Augustus en November van elke jaar. 'n Register vir elke jaar word die daaropvolgende jaar versend.
Publisher's address: PO Box 24299, Lansdowne, 7779 South Africa – Telefax (021) 659 2360.
* 2021 intekengeld: inskrywings deur agente of boekwinkels: R1 687,00 (BTW ingesluit)
* Drukker: DJE Flexible Print Solutions.
TSAR-STYLE — GUIDELINES FOR AUTHORS
THE MANUSCRIPT — GENERAL
1 TSAR considers, after anonymous peer review, original manuscripts in Afrikaans, English or Dutch of articles, notes, discussions of case law and book reviews that have not been presented for publication elsewhere. Copyright of publications vests in the publishers.
and book reviews no footnotes are used, abbreviations may be used in brackets in the text, as the part in brackets performs the function of a footnote. In the text, BGB, BW, NBW, ABGB, CC and KO may be used as abbreviations, as well as etc, eg, ie, viz. Foreign language abbreviations, such as BGB, in an English text, should be italicized as a foreign language. J or CJ etc should be used only in English contributions and will then follow directly after the surname of the particular judge: Innes CJ.
3 Length: Unless agreed otherwise with the editor, articles, including footnotes, must not be longer than 9 500 words, and notes and discussions of case law, not longer than 8 000 words. Contributions of less than 4 500 words will not be considered.
2 The original manuscript in TSAR style, accompanied by a copy on computer disk or compact disc or per e-mail, must be delivered to the editor. On the printed manuscript, the author should indicate against each reference with a √ that the applicable reference has been doublechecked personally at first-hand. In the event of the editorial staff having to make more than 15 style-related or spelling-related changes, the piece will be returned to the author in order to be attended to.
B ARTICLES
1 All contributions must be accompanied by a short summary of approximately 350 words in another of the official languages indicated in A 1 above. (An article written in Dutch must contain an English summary.) The summary must be provided with a title. No footnotes or references are allowed in the summary.
2.1 The footnotes of articles, numbered sequentially, should be electronically incorporated into the text and should be shown at the bottom of pages and not at the end of the manuscript.
2 Footnotes
2.2 In the text, the footnote number is generally shown after the first relevant punctuation mark, eg: Van der Merwe argues that the moon is made of cheese. 2
2.4 Footnotes begin with small letters unless the text in the footnote itself constitutes a full sentence, with a verb, eg: s 23(1); above, but Compare/See Van der Merwe 12. In English articles, Cf or cf, ie and eg should be italicized.
2.3 Identification of the writer of an article (as well as any acknowledgements) should be indicated in the footnotes, before note 1, with an *, as in : * Professor in Private Law, University of Johannesburg; Senior lecturer in Commercial Law, University of Pretoria. It is important for the sake of cross-referencing of later footnote numbers (see 2.9 below) that authors ensure that their wordprocessing programmes do not count this * as the first footnote.
2.5 All footnotes end with a full-stop.
2.7 In footnotes, a space should be left between the page number and ff/ et seq — eg 124 ff (ff not italicized).
2.6 Refer to previous footnotes as follows: n 16 above and to footnotes which follow: see n 34 below [ie, a space should be left between n and 16/34]. Supra and infra are normally not used, but if used, should be in small letters if the word stands alone.
2.8 In the event that several sources are referred to in the same sentence, separate information with; except for the last two sources, where ''and'' should be used.
2.10 In referring to case and book reviews, only the author, journal and page should be referred to. No reference to the title of the case or book review should be given, eg Van Wyk 1975 THRHR 152. With regard to subsequent references to reported case law in footnotes in articles as well as in notes and case discussions the shortened referencing style is used where merely a key word (normally the identifying name of the prominent party) is used with the word case followed by the relevant page number — eg the Smith case 687G and not merely "in Smith" (no cross-reference as for other sources — see B 2.9 above).
2.9 Cross-references in footnotes: When referring to a source in a later footnote, which source has already been fully referenced in a previous footnote, the following shortened referencing-style should be used: Surname of the author or shortened case name (n #) 678 {where # is the first full reference to the particular source}. In the event of several sources of the same author being referred to in this previous footnote, the date of the particular source should be mentioned in ( ), in order to avoid confusion: Surname of the author (n # (1990)) 678, in order to distinguish it from another source of the same author, to which source full reference has been made in the same footnote. This shortened referencing-style naturally does not apply to case discussions and notes, where there are no numbered footnotes. In these last-mentioned instances, refer to the author and the applicable page or paragraph number – except when there is reference to more than one contribution by the same author in this contribution where a key word from the title is also provided.
3 Abbreviations
3.1 Apart from certain exceptions, no abbreviations nor acronyms should be used in the text but, owing to the fact that in discussions of case law
3.3 Avoid full-stops in abbreviations. Words written together should be abbreviated without a space. Similarly, separate words should be abbreviated without full-stops (SA; THRHR; TSAR; LLB), except where confusion may result, then a space should be used.
3.2 In footnotes, abbreviations should be used whenever possible.
C NOTES AND DISCUSSIONS OF CASE LAW
As under B regarding articles, but no footnotes are used. References etc, which would have been contained in footnotes, should be placed in brackets in the text and should — in the interests of legibility — be used sparingly; no summary in another language is given.
D REFERENCES
1
No initials or first names of authors are used unless there may be confusion (eg more than one author with the same surname has
|
04429511-f243-40cc-a5d7-a9fd7d04b430-0
| 0
|
3; Voet 8 1 1; 8 4 15; Van der Linden Supplementum ad Voet 8 1 1; Huber 2 43 9; Willoughby's Consolidated Co Ltd v Copthall Stores Ltd 1913 AD 267 286-287; Stephens v De Wet 1920 OPD 78 79 en 90 waar die verkeerdelik as erfdiensbaarheid geregistreer is terwyl slegs voorsiening gemaak is vir die bevoegdheid van die diensbaarheidsreghebbende om op die dam te gaan vaar met sy skuit en sodoende watersport te beoefen op die dam. Sien ook Jonordon Investment (Pty) Ltd v De Aar Drankwinkel (Edms) Bpk 1969 2 SA 117 (K) 123; Hotel De Aar v Jonordon Investment (Edms) Bpk 1972 2 SA 400 (A) 405-406; Lorentz v Melle 1978 3 SA 1044 (T) 1049.) Van der Merwe beklemtoon ook dat die voordeel danksy die diensbaarheid die inherente nutsvoordeel vir die eienaar van die heersende grondstuk moet verhoog "[D]aar [moet] 'n direkte korrelasie ... bestaan tussen die voordeel wat vir die heersende erf deur middel van die erfdiensbaarheid verkry word en die beswaring wat die erfdiensbaarheid vir die dienende erf meebring" ("Die nutsvereiste by erfdiensbaarhede" in Joubert (red) Petere Fontes: LC Steyn Gedenkbundel (1980) 163 176; sien ook Neels "Erfdiensbaarhede: nut vir die heersende erf" 1988 TSAR 527 528-530).
Die vergelyking gaan egter nie werklik op nie: Die eventuele voertuigparkeerders in die tersake 250 parkeerplekke in die aandeleblok se gebou, is nie die "regheb bendes" van die persoonlike diensbaarheid nie maar die kliënte van besighede wat dit op die perseel van die buurperseel bevind. In die opsig verskil die feite én dus die regsposisie wesenlik van die van die ses beswaarmakers wat ses parkeerplekke vir hul gebruik in die Seascape-saak bekom het.
13Beperkte duur van 'n persoonlike diensbaarheid
'n Persoonlike diensbaarheid onderskei dit onder andere daarin van 'n erfdiens baarheid dat dit nie ewigdurend die bevoegdhede van die eienaars van die dienende erf sal kan beperk nie. 'n Persoonlike diensbaarheid word by ontstentenis van 'n andersluidende afspraak wat die duur selfs kan verkort, laastens beëindig met die afsterwe van die natuurlike persoon as reghebbende of waar die reghebbende 'n regspersoon is na 100 jaar en omdat persoonlike diensbaarhede nooit oordraagbaar is nie, kan dit nie oorgedra word aan 'n erfgenaam of regsopvolger van die aanvanklike serwituutreghebbende nie. (D 7 1 56, 33 2 8; De Groot De Jure Belli ac Pacis 2 4 7; Voet 7 41, 22 3 17; Van Leeuwen RHR 2 9 13, CF 1 2 14 2; Noodt De Usufructu 2 6; Johannesburg Municipality v Transvaal Cold Storage Ltd 1904 TS 722 729; South African Railways and Harbours v Paarl Roller Flour Mills Ltd 1921 CPD 62 68; Goliath v Estate Goliath 1937 CPD 312 316.) Omdat 'n persoonlike diensbaarheid nooit geregistreer kan word ten gunste van 'n ongespesifiseerde reghebbende nie (dit sal immers onmoontlik wees om te bepaal wanneer so 'n ongespesifiseerde reghebbende te sterwe gekom het sodat dit afgeloop kan wees) is dit ondenkbaar dat die parkeerserwituut ten aansien van die 250 parkeerplekke geregistreer kon wees vir 'n ongespesifiseerde toekomstige skaar van kliënte of besoekers aan die ysskaatsbaan of die filmteaters. Hierdie aspek is nie eens aangeraak in die onderhawige uitspraak van regter Moodley nie.
14Gevolgtrekking
Die uitspraak dui nie aan dat hoegenaamd besin is oor die verskillende aard van 'n ewigdurende erfdiensbaarheid teenoor 'n persoonlike diensbaarheid of selfs daarteenoor rekening gehou is met 'n persoonlike reg nie. Die hof staar dit blind teen die feit dat die parkeeraanspraak as 'n erfdiensbaarheid geregistreer is en toets nie of aan die tersake vereistes vir die vestiging van sodanige diensbaarheid voldoen is nie. Indien nie, het die hof die bevoegdheid om rojering van die foutiewelik geregistreerde diensbaarheid te gelas. Die feit dat geen eweredige teenprestasie as vergoeding of quid pro quo ooit deur die verwerwer van die diensbaarheid aan die aandeleblokskema as reghebbende van die vermeende dienende erf betaal is nie, laat reeds ernstige twyfel. Die scenario van 'n periodieke aanspraak op 'n parkeergeldjie sou nie eens voldoen het aan die unikum-reëling vervat in die Nederlandse wetboek onder die reëling van 'n retributieplig nie.
Regter Moodley het desnieteenstaande ten gunste van die eiser beslis dat die geregistreerde serwituut K173/97 soos geregistreer in die KwaZulu-Natal Akteregister op 18 Februarie 1997 vanaf daardie datum geldig is. Gevolglik beslis die hof ten gunste van die eiser vir skadevergoeding:
Geen syfers oor die werklike "inkomste" wat gedurende al die jare met die parkeerreëling deur die aandeleblokskema verdien is, blyk uit die uitspraak nie, maar daar word betwyfel of dit in dieselfde orde sou kon wees as die bedrag van meer as R6,7 miljoen wat die eiser as skadevergoeding vir die laaste drie jaar voor litis contestatio gevorder het. (Daar is getuig dat onderdakparkering in 'n nabygeleë parkeergarage R350 per maand bedra wat minder as R12 per dag is (par 32). Indien bv aanvaar word dat in daardie tyd die gangbare parkeerfooi gemiddeld R5 per uur kon beloop het en dat gemiddeld 200 dae per jaar 100 van die parkeerplekke telkens vir 5 uur voltyds beset kon wees deur besoekers aan die kongres- en verwante fasiliteite, kon die totaal aan parkeerinkomste kwalik meer as R500 000 per jaar bedra het en oor die drie jaar tydperk dus weiniger as R1,5 miljoen. Hierdie berekening mag selfs té ruim wees in die lig van die enigste verwysing na werklike benuttingsyfers: "The plaintiff had only used the parking on one day, when approximately 60 bays were used twice" (par 62). Dit is nie alleen wesenlik minder as die R6,7 miljoen wat die eiser as skadevergoeding vorder nie, maar 'n aanduiding dat geen eweredige teenprestasie vir die voordeel wat die serwituutreghebbende geniet aan die reghebbende van die dienende perseel verskaf is in ruil vir die voordeel wat die erfdiensbaarheid vir die reghebbende daarvan inhou nie.
"The plaintiff's claim for damages against the first defendant succeeds to the following extent:
4.2 The damages in para 4.1 shall be computed from 18 April 2010, as any claim for damages prior to that date has prescribed.
4.1 The first defendant is held liable to pay to the plaintiff damages sustained by the plaintiff in consequence of the first defendant's failure to permit the plaintiff to exercise its right to parking under the servitude. ...
4.3 The damages in para 4.1 shall be inclusive of damages until the first defendant performs under the servitude or tenders to do so.
4.4 The quantification of such damages is held over for later determination" (219D-G).
In die lig van die voorgaande is daar ruimte om te betoog dat 'n ander hof op appèl tot 'n ander uitspraak mag kom.
JC SONNEKUS
Universiteit van Johannesburg
|
04429511-f243-40cc-a5d7-a9fd7d04b430-1
| 0
|
EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Geregistreer by die poskantoor as nuusblad
NR. 62
Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520.
Die lied van die swaard
Ada en Silla, jul vroue van Lameg, sien hierdie vegsman en hoor na sy stem! Groot is my mag met die slagswaard van Tubal, die swaard van my seun met sy flikk'rende lem!
Luister na my by die fluitspel van Jubal. Ek sing van my dade, my wraaklus so groot; 'n man slaan ek neer in sy bloed, om 'n wonde, 'n seun wat my kwes, maak ek sekerlik dood!
Groot is die wraak van die nakroos van Kain — sien hoe my hande van veglus nou beef — tienvoud van sewe selfs bowe die godswraak; voor Lameg se toorngloed sal niemand kan leef!
Volgens Genesis 4 was Lameg 'n direkte afstammeling van Kain. Met Lameg kom daar 'n nuwe era. Die Skrif meld dat hy afgewyk het van die skeppingsordinansie van een man, een vrou. Lameg het vir hom twee vroue geneem. Hiermee word die vrou van haar ereposisie weggestoot. Die man misbruik die huwelik vir magsuitbreiding. Die kinders wat gebore word, gee verdere mag. Industrie, kultuur en tegniek maak van Lameg 'n groot man in sy eie oë. Hy sing en juig seëvierend. Hy beskou homself as hoog uitgestyg bo sy voorvader, Kain, maar waarin oortref hy sy voorvader, as ons sy lied beskou — in haat en wraaklus.
Vandag is kultuur en tegniek baie ver gevorder. Lameg se kinders het die terreine betree. Die mens van vandag het diep ingemarsjeer, maar in watter gees? Is dit nie tot 'n groot mate in dieselfde gees nie? Vir die swaard het die waterstofbom gekom en die mens wil dit gebruik vir selfhandhawing en magsuitbreiding. Van swaard tot bom — vir dieselfde doel! En intussen is daar nie die minste teken van oorwinning nie.
Jesus het aan sy dissipel Simon Petrus gesê: "Steek jou swaard in die skede." Nie omdat die swaard nie 'n funksie het nie; die apostel Paulus sê in Romeine 13:4 dat die swaard wel 'n funksie het. Maar die swaard bring geen verlossing en oorwinning nie. Die oorwinning is slegs deur Jesus van Nasaret.
Hylco Heidema
Omdat die Bybel homself WEERSPREEK?
Jy sê, my vriend, dat die Bybel homself weerspreek, en dat dit die rede is waarom jy nie die Bybel kan aanvaar nie; want as iemand homself weerspreek, dan beteken dit een van twee dinge; óf hy weet nie waarvan hy praat nie,
óf hy lieg. En hoe minder 'n mens in beide gevalle met so iemand te doen het, hoe beter. Ek moet sê, jou standpunt laat aan duidelikheid niks te wense oor nie, maar kom ons kyk ook 'n bietjie hoe reg dit is.
Is die Bybel vól teenstrydighede?
Weerspreek die Bybel homself op amper elke bladsy? Niemand sal dit seker wil beweer nie. Anders sou die Bybel sekerlik nie die mees gelese boek van alle tye gewees het nie. As 'n mens die saak op die keper beskou, is die plekke waar dit lyk asof die Bybel homself weerspreek, maar 'n klein handjievol — en die Bybel is een van die dikste boeke wat daar is, eintlik 'n biblioteek met 66 boeke.
Die sogenaamde teenstrydighede in die Bybel is dus iets wat skromelik oordryf word. Tog sê jy, is hulle daar en dit help nou eenvoudig nie om die oë vir hulle te wil sluit nie. By die plekke waar dit so duidelik lyk of die Bybel homself weerspreek, is die veronderstelling dat die Bybel 'n goddelike, onfeilbare boek is, nie 'n bietjie vreemd nie?
Laat ons nie hare kloof nie
As dit oor sulke ernstige sake gaan, wil geen mens hom met allerlei bykomstighede bemoei nie. Daarom wil ek dadelik toegee, sodat ons so gou as moontlik by die essensie kan kom, dat dit inderdaad lyk asof daar allerlei verskilpunte in minder belangrike besonderhede is. Niemand gaan tog sekerlik snags wakker lê, omdat ons nie met sekerheid weet waar Ragel begrawe is nie! (Sien Gen. 35:19-20 teenoor 1 Sam. 10:2.) Net so gaan niemand tog daarvan droom om die Bybel te verwerp net omdat daar êrens 'n donkie te veel (of te min?) voorkom nie! (Sien Mat. 21:7 teenoor Mark. 11:7). Trouens, as 'n mens 'n bietjie nugter dink en rekening hou met bepaalde omstandighede van destyds, is dit nie so moeilik om vir byna al hierdie skynbare teenstrydighede 'n redelike verklaring te vind nie.
Ons laat dit egter alles daar, want ons wil by die hoofsaak kom.
Die menslikheid van die Bybel
Niemand het nog ooit beweer dat die Bybel 'n bo-menslike boek is nie. Die Bybel is die menslikste van alle boeke... net deur mensewoorde klink ook God se woord voluit. Hoe 'n boek 100% woord van mense en terselfdertyd 100% Woord van God kan wees, weet ek nie, maar die Bybel is so. Christus self is trouens ook so: 100% mens én 100%, God.
Miskien is van die kerkmense wat jy ken, geneig om twee foute te maak as hulle met jou oor die weersprekings in die Bybel gesels. Die eerste is juis dat hulle die menslikheid van die Bybel 'n bietjie vergeet en miskien wil ons dalk te angsvallig die goddelikheid van die Bybel
verdedig. Een van die duidelikste tekens van die goddelikheid van die Bybel is egter juis in sy menslikheid geleë. Hoe sou 'n mens dit immers kon verklaar dat soveel verskillende mense met heeltemal verskillende geaardhede, onder totaal verskillende omstandighede, oor 'n periode van 'n stuk of 1500 jaar aan 'n boek kan skrywe en dat die onderlinge verskille dan nog so min en so onbelangrik kan wees? Wys dit nie al onmiskenbaar dat die Bybel méér moet wees as maar net nog 'n boek onder boeke nie?
Verstaan ons alles?
Die tweede fout wat van ons kerkmense helaas te maklik maak, is miskien om (dalk onbewus) te veel die indruk te gee dat ons alle wysheid in pag het — ook as dit oor die Bybel gaan. In plaas daarvan dat ons liewers eerlik erken dat daar dele van die Bybel is waarvan ons baie min verstaan, probeer ons tog teen wil en dank om 'n verklaring te gee. As dit dan 'n geknoeiery afgee, is dit natuurlik óns skuld, nie die Bybel s'n nie. Enige boek kan verkeerd verstaan word — die Bybel selfs nog meer as ander.
Dit is vandag duidelik dat baie van die teenstrydighede wat in die loop van die eeue om die Bybel raakgesien is, in werklikheid daarin ingelees is, omdat die Bybel verkeerd verstaan is (deur kerkmense én deur buite-kerklikes!) Val van jou teenstrydighede nie dalk ook in hierdie kategorie nie: dat jou probleem nie soseer is met woorde uit die Bybel nie as met woorde oor die Bybel; nie met die Bybel self nie, maar met die manier waarop dit verstaan en verklaar word?
Dat ons hier probleme het, is nie vreemd nie. Dit bly 'n wonder dat ons as nietige mense tog nog iets van God kan verstaan; dat God se Woord in mensewoorde nagesê kan word en tog nog sy Woord bly. Dit is dan ook nie so dat eers die Bybellesers hier voor probleme te staan gekom het nie. Vir die Bybelskrywers self moes dit baie keer alles behalwe maklik
|
12e7638d-696f-4d10-a5af-5a7a73f13502-0
| 1
|
Skryf die getalnaam.
Teken 67 items
Hoeveel ene is daar in 67?
Hoeveel tiene is daar in 67?
Watter getal kom net voor 67?
Watter getal kom net na 67?
Wat is tien meer as 67?
Wat is tien minder as 67?
Watter getal staan direk bokant 67 (honderdblok)?
Kyk na ‘n honderdblok. Watter getal staan direk onder 67?
Verdubbel 67.
Halveer 67.
Daar 67 kinders in jou graadgroep. 37 is dogters. Hoeveel kinders is seuns?
Daar is 67 kinders in jou graadgroep. As elkeen R3 skenk om kos vir die Dierebeskermingsvereniging te koop, hoeveel geld samel julle altesaam
|
<urn:uuid:bdeaef37-fede-405c-b315-aa49255ca914>-0
| 4
|
SENTRUMNOMMER
EKSAMENNOMMER
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2012
SPESIALE ANTWOORDEBOEK
| VRAAG | PUNTE | PARAAF | MOD. |
|---|---|---|---|
| 1 | | | |
| 2 | | | |
| 3 | | | |
| 4 | | | |
| 5 | | | |
| 6 | | | |
| TOTAAL | | | |
Hierdie antwoordeboek bestaan uit 16 bladsye.
2
VRAAG 1
1.1 Voltooi die stellings deur die ontbrekende woorde of syfers neer te skryf. (Kies by VRAAG 1.1.3 en 1.1.4 uit die woorde wat tussen hakies gegee word.)
1.1.1
1.1.2
1.1.3
1.1.4
1.1.5
1.1.6
14
1.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad volgens die EIEU- metode op 31 Desember 2011.
6
1.2.2 Bereken koste van verkope.
Bereken bruto wins.
9
1.2.3 Gebruik die syfers wat hierbo bereken is om die winsopslag-% op kosprys te bereken.
5
1.2.4 Verwys na die winsopslag-% hierbo bereken. Lewer kommentaar of hierdie winsopslag-% in 2011 vir Mzansi Handelaars voordelig was. Let daarop dat die bruto wins R400 000 en die winsopslag 75% in die vorige finansiële jaar was.
6
TOTALE PUNTE
VRAAG 2
2.1 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) neer.
2.1.1
2.1.2
2.1.3
2.1.4
8
2.2 Bereken die waarde van direkte-arbeidskoste wat in die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2011 sal verskyn.
5
2.3.1 Bereken die totale produksiekoste van klaarprodukte.
5
2.3.2 Bereken die eenheidskoste van produksie (per sweetpak).
3
2.4.1 Bereken die getal meter grondstofmateriaal wat waarskynlik in die produksieproses vermors is.
6
2.4.2 Daar was geen diefstal in die besigheid nie. Gee TWEE voorbeelde van hoe die vermorsing kon plaasvind en gee Miriam in elke geval raad oor hoe om die probleem op te los.
VOORBEELDE
RAAD
1.
2.
8
2.5.1 Verwys na Inligting D. Bereken die gelykbreekpunt vir die 2011 finansiële jaar.
6
2.5.2 Die gelykbreekpunt vir 2010 was 2 250 eenhede. Behoort Miriam tevrede of ontevrede te wees met die gelykbreekpunt vir 2011, wat hierbo bereken is? Verduidelik.
4
TOTALE PUNTE
6
VRAAG 3
3.1 Dui aan of die stellings WAAR of ONWAAR is:
3.1.1
3.1.2
3.1.3
3.1.4
3.2.1 Sien volgende bladsy.
3.2.2 NOTAS TOT FINANSIËLE STATE
| VASTE BATES | Voertuie | Toerusting |
|---|---|---|
| Drawaarde – begin van jaar | | |
| Kosprys | | |
| Opgehoopte waardevermindering | (468 000) | (105 000) |
| Bewegings | | |
| Toevoegings | | |
| Verkope (31 Desember 2011) | | |
| Waardevermindering | | |
| Drawaarde – einde van jaar | | |
| Kosprys | | |
| Opgehoopte waardevermindering | | |
8
3.2.1 PRIME BPK.
INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2012
Verkope
Koste van verkope
Bruto wins
Ander bedryfsinkomste
Huurinkomste
Bruto bedryfsinkomste
Bedryfsuitgawes
Direkteursfooie
Ouditfooie
Salarisse en lone
Verbruiksgoedere
Bankkoste
Diverse uitgawes
Oninbare skulde
Bedryfswins voor rente
Wins voor belasting
Netto wins na belasting
3.2.2 Sien vorige bladsy.
3.3.1 Verduidelik wat die rol van die onafhanklike ouditeur is.
2
3.3.2 Noem TWEE persone behalwe die aandeelhouers wat in die ouditverslag sal belangstel en gee 'n rede vir hulle belangstelling.
6
3.3.3 Verduidelik waarom dit vir 'n onafhanklike ouditeur belangrik is om aan 'n professionele liggaam soos SAIGR ('SAICA') te behoort.
2
TOTALE PUNTE
VRAAG 4
4.1
| 2011 Des. | 31 | 2011 Des. | 31 |
|---|---|---|---|
VERDELINGSREKENING
13
4.2 Bereken slegs die ontbrekende syfers wat deur (a) tot (e) in die Kontantvloeistaat van Ambrosio Bpk. op 31 Desember 2011 aangedui word.
(a)
(b)
(c)
(d)
(e)
4.3.1 Bereken die % bedryfsuitgawes op verkope op 31 Desember 2011.
15
3
4.3.2 Bereken die solvensieverhouding op 31 Desember 2011.
4
4.3.3 Bereken die skuld-ekwiteitverhouding op 31 Desember 2011.
3
4.4 Lewer kommentaar op die bedryfsdoeltreffendheid van die maatskappy vir die jaar geëindig 31 Desember 2011. Haal TWEE finansiële aanwysers (werklike verhoudings of persentasies) met betrekking tot die Inkomstestaat aan om jou kommentaar te staaf.
6
4.5 Sal die aandeelhouers gelukkig wees met die opbrengs, verdienste en dividende vir die jaar geëindig 31 Desember 2011? Verduidelik. Haal DRIE finansiële aanwysers (werklike verhoudings of persentasies) of syfers met betrekking tot die Inkomstestaat aan om jou kommentaar te staaf.
Opinie:
Verduideliking:
Aanhaal van finansiële aanwysers of syfers:
12
4.6 Die HUB voel dat dit 'n goeie idee sal wees om volgende jaar die lenings te vermeerder. Haal TWEE finansiële aanwysers (werklike verhoudings of persentasies) aan om sy mening te staaf.
4
TOTALE PUNTE
VRAAG 5
5.1.1 Bereken die syfers wat deur A–E in die Kontantbegroting aangedui word.
A
B
C
D
E
5
5.1.2 Bereken die onthaaluitgawes vir Januarie 2012.
3
5.1.3 Bereken die % verhoging in die huurinkomste vir Januarie 2012.
3
5.1.4 Bereken die verwagte ontvangste van debiteure vir Januarie 2012.
6
5.1.5 Bereken die verwagte betalings vir die aankoop van voorraad vir Februarie 2012.
5
|
481a5c57-1add-4d68-8cb9-110b31825cd9-0
| 2
|
Sodat jy beter kan hoor, my kind.
Gloria Estefan sing: "The rhythm is gonna get you". Is daar enigiets ouliker as jou baba wat ewe lomp op musiek begin dans? Dis die een wankelrige beweging na die ander, allesbehalwe vloeiend maar beweeg, sal baba beweeg. En dis belangrik!
Is dit nou te laat? Navorsing bewys dat as baba nie van jongs af ouditief gestimuleer word nie, dit soms gebeur dat kinders voel hul word nie gehoor nie. "Jul sal inelkgeval nie verstaan nie," is seker enige tiener-ouer se nagmerrie-sin. Daar is egter hulp beskikbaar in die vorm van musiekterapeute.
Petra Jerling, 'n gekwalifiseerde musiekterapeut wat tans besig is met haar meestersgraad in positiewe sielkunde, stel dit so mooi: "Musiek is deel van elke mens se wese." Twee van die belangrikste komponente van musiek is ritme en melodie. Die mens se lewe is 'n ritmiese patroon: van asemhaling, tot dag-en-nag patrone, etenstyd en ander roetines. Melodie kan vergelyk word met die beweging en stemming in ons lewens. Daar is vinnige en stadige tye, vrolike en hartseer tye, maar daar is altyd beweging".
Volgens haar is ouditiewe ontwikkeling deel van 'n kind se normale ontwikkeling, maar ouditiewe vaardighede help baie met die sosiale aanpassing van kinders. Dit is moeiliker om te luister as om te hoor. Wanneer kinders van kleins af ouditief gestimuleer is, is hulle luistervaardighede van so 'n aard dat hulle ook na ander sal luister, hul beurt afwag, nie ander maats in die rede val nie, 'n sin vir redenasie ontwikkel en ander mense se opinies in ag kan neem en dit respekteer.
Verseker belangrike vaardighede vir elke mens, maar wat kan 'n BELLA-mamma doen om ouditiewe vaardighede by baba en kleuter te stimuleer?
In die geval van 'n klein babatjie, of selfs voor geboorte, is die belangrikste waarde wat musiek inhou die gevoel van geborgenheid en rustigheid. Dit is baie belangrik om reeds voor geboorte vir baba te sing of musiek te speel. Onthou: die musiek moet ouderdomsgepas wees!
Wanneer jou baba gebore word, kan jy klanke op 'n musikale manier namaak. Wiegeliedjies is ook baie waardevol.
Soos baba ouer word is liedjies wat gedrag bepaal van groot waarde soos liedjies oor gesonde kos of tandeborsel. Baie van die liedjies word by die kleuterskool geleer. Vra jou kleuter watter liedjie hul die week geleer het en sing en beweeg saam met hom.'n Buite-kurrikulêre musiekprogram, soos Kindermusik, kan baie waardevol vir ouditiewe stimulasie wees.
Sielkundiges en kenners is dit eens: musiek verskaf vreugde, maar verbind ook breinselle, wat nodig is vir bykans enige intellektuele vaardigheid. Musiek kan en moet deel van die kommunikasie tussen Ma en baba word.
Musiekterapie is die professionele gebruik van musiek of elemente van musiek as 'n ingrypingsmetode. Dit fokus op die potensiaal en nie op die probleem nie. Musiekterapie verbeter sosiale vaardighede, uitdrukking van emosies (wat lei tot verbeterde selfvertroue) asook verbetering in fyn- en groot motoriese vaardighede. Verbetering van konsentrasie, fasilitering van ontspanning, beheer van pyn en angs asook kreatiewe selfuitdrukking is net 'n paar van musiekterapie se voordele. Musiekterapie kan ook help met post-traumatiese en nageboortelike depressie. Prop jou iPod 'n slag uit en draai die volumeknoppie van die draadloos op. Die voordele is legio.
Musiekterapie is 'n erkende mediese beroep en terapeute moet geregistreer wees by die HPCSA. Besoek die SuidAfrikaanse Musiekterapie Assosiasie by www.samta.co.za om geregistreerde musiekterapeute in jou area op te spoor. Besoek Kindermusik by www.kindermusik. co.za vir meer inligting rakende hul klasse.
Mamma maak só:
l Mimiek jou baba se klanke op musikale wyse.
l Boots tempo en intensiteit na. (selfs as baba huil).
l Sê saam met jou kind rympies op.
l
Dans met jou baba en kleuter.
Dans is 'n belangrike stimulasie vir jou kind se fisiese ontwikkeling.
Dit oefen arms en bene en lei later tot balans en ritmiese bewegings.
Zumba is nie verniet 'n aërobiese
klas
|
ec71316c-028f-4c1e-a163-1905bdd9c202-0
| 3
|
Skrifgedeelte: Psalm 119:81-104
Fokusgedeelte: Psalm 119:89-91
God is vandag jou vastigheid
Elke dag is ons deel van talle dinge wat voortdurend verander of onstabiel is. Een dag is ons gemoedstoestand vol kalmte en vrede en `n ander dag is ons beangs en ontsteld. Een dag tree iemand mooi teenoor jou op in die werksituasie en `n ander dag is dieselfde persoon baie ongeskik met jou. Ons omstandighede wissel ook voortdurend tussen aangename en onaangename tye.
Binne hierdie leefwêreld met sy voortdurende skommelinge kom hierdie deel van Psalm 119 met heerlike nuus: God is ons vastigheid. Hy is van ewigheid en tot in ewigheid dieselfde – die volmaakte God. Hy is nie die slagoffer van wispulturige emosies of optrede nie. Omdat Hy God is, staan sy woorde ook vir altyd vas.
In die tye waarin ons leef word die Woord van God egter so dikwels beledig en gekritiseer. Daarteenoor roep ons graag saam met die gelowige digter uit: "U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel" (vers 89). God se woorde en beloftes is betroubaar en sy liefde vir sy kinders is onveranderlik. Vertrou vandag op God as die ware vastigheid in jou lewe.
Sien te midde van soveel wispulturigheid ook uit na die dag – die grootse dag – wanneer die ewige Koning, Jesus Christus, weer op die wolke van die hemel verskyn. Dan word soveel vastighede ook ons s`n – ons wat Hom met verlange verwag. Ons sal geen sonde meer hê nie. Ons sal onverganklike liggame hê wat nooit weer siek sal word of afsterf nie. Ons sal geen swaarkry, nood of beproewing weer beleef nie. Dink vandag met sekerheid aan hierdie vaste toekoms.
Sing: Psalm 33:6,7
Ds L du P van der Vyver
|
b362f14e-a3cd-42a5-84d6-bb5c453b9a23-0
| 1
|
JAHRTAUSENDWORTE – IN DIE GEGENWART GESPROCHEN
JAHRTAUSENDWORTE – IN DIE
|
<urn:uuid:bfe4ea52-739e-4417-b612-b19950598a22>-0
| 0
|
DIE BRIEF AAN DIE FILIPPENSE
Inleiding
Hierdie brief maak saam met Efesiërs, Kolossense en Filemon die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. Weens die vermelding van die keiserlike lyfwag (1:13) en huishouding (4:22) is tradisioneel aanvaar dat hierdie brief uit Rome geskryf is. In Caesarea en Efese was daar egter soortgelyke keiserlike instansies. Bowendien was Paulus se eerste gevangenskap in Rome minder ernstig, en dit verskil van die erns waarmee Paulus die nabyheid van sy dood bejeën (1:7,13-26; 2:17). Dit lyk dus waarskynlik dat hy homself tydens die skrywe van Filippense as gevangene in Caesarea of Efese bevind het (vgl die inleiding tot Efesiërs). Efese was veel makliker as Caesarea vanuit Filippi bereikbaar, en dit sou die talle reise van en na die Filippense (2:19-30; 4:18) meer begryplik maak. Indien die brief uit Efese geskryf is, was dit tussen 52 en 55 nC; indien uit Caesarea, tussen 56 en 58 nC; indien uit Rome, tussen 59 en 61 nC.
Paulus en Timoteus word as skrywers aangedui (1:1), maar Paulus se persoonlike trant toon dat hy die eintlike skrywer is, of ten minste die brief self gedikteer het.
Paulus rig hierdie brief aan die gemeente van Filippi, maar noem daarby ook die gemeentelike ampsdraers (1:1). Hy het hierdie gemeente, wat hoofsaaklik uit Christene uit die heidendom bestaan het, op sy tweede sendingreis gestig, en dit was hierdie Christene wat hom verskeie kere in moeilike omstandighede ondersteun het (Fil 4:10,15-18; 2 Kor 11:8-9).
Daar het duidelik 'n warm, spontane verhouding tussen Paulus en hierdie gemeente bestaan.
Die brief handel hoofsaaklik oor persoonlike sake wat Paulus sowel as die gemeente raak, onder meer die apostel se omstandighede en toekomsplanne, die besoek van Epafroditus en die Filippense se hulp, finansieel en andersins, aan die apostel. Paulus waarsku teen onenigheid, en haal in dié verband die veelseggende Christusloflied (2:6-11) aan. Die gedagte van blydskap te midde van lyding staan egter deurgaans so sterk op die voorgrond dat Filippense die brief van blydskap genoem kan word.
Die boek kan soos volg ingedeel word:
1:1-2 Briefaanhef
1:3-11 Dankgebed
1:12-26 Gevangene ter wille van Christus
1:27 — 2:11 Aansporing tot volharding en eensgesindheid
2:12-18 Ligdraers in die wêreld
2:19-30 Sending van Timoteus en Epafroditus
3:1 — 4:1 Kennis van Christus
4:2-9 Vermanings
4:10-20 Dank vir ondersteuning
4:21-22 Groete
4:23 Seëngroet
1 Paulus en Timoteus, diensknegte van •Christus Jesus, aan al die heiliges a in Christus Jesus wat in Filippi is en ook die opsieners en diakens:
2 *Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
Dankgebed
3 *Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink. 4 Altyd, in elke gebed van my vir julle, bid ek met blydskap 5 oor julle deelname aan die evangelie van die eerste dag af tot nou, 6 juis hiervan oortuig dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, * dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus. * 7 Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou. Wat my gevangenskap sowel as die verdediging en bevestiging van die evangelie betref, deel julle almal saam met my in die genade. 8 Want God is my getuie * hoe ek met die innigheid van Christus Jesus intens na julle almal verlang. 9 Ek bid juis dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in kennis en insig 10 om die dinge wat saak maak te kan onderskei. * Die doel hiervan is dat julle met die oog op die dag van Christus * innerlik suiwer en onberispelik sal wees, a 1:1 heiliges: Mense wat vir die diens van God afgesonder en aan Hom gewy is. Wanneer gelowiges "heiliges" genoem word, verwys dit nie na hulle morele opvattings of voortreflike eienskappe nie, maar na die werklikheid dat hulle aan God, as die Heilige, behoort.
* 1:2 Rom 1:7; Gal 1:3; Filem vs 3
* 1:6 'n goeie werk ... het: Fil 2:13
* 1:3 Rom 1:8; 1 Kor 1:4
* 1:6 dag ... Jesus: 1 Kor 1:8; Fil 1:10; 2:16
* 1:8 Want ... getuie: Rom 1:9; 2 Kor 1:23; 1 Thess 2:5
* 1:10 die dinge ... onderskei: Rom 2:18; 12:2; Heb 5:14
* 1:10 dag van Christus: 1 Kor 1:8; Fil 1:6; 2:16
11 *vervul met die vrug van •geregtigheid, wat ons deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God ontvang.
Gevangene ter wille van Christus
12 Broers,b ek wil hê julle moet weet dat wat met my gebeur het, in werklikheid tot bevordering van die evangelie gelei het. * 13 Sodoende het dit by die hele pretorium c en al die ander bekend geword dat ek ter wille van •Christus in gevangenskap * verkeer. 14 Ook waag die meeste van die broers, omdat hulle as gevolg van my gevangenskap op die Here leer vertrou het, dit baie meer om die woord vreesloos te verkondig. 15 Sommige verkondig Christus wel uit jaloesie en onenigheid, ander egter uit goedgesindheid. 16 Hulle doen dit uit liefde omdat hulle weet dat ek bestem is om die evangelie te verdedig, 17 maar die ander verkondig Christus uit selfsug — nie met opregte motiewe nie, maar met die bedoeling om vir my in my gevangenskap verdrukking te veroorsaak. 18 Wat maak dit egter saak? In elke geval, of dit onder voorwendsel of met opregtheid is, word Christus verkondig, en daaroor is ek bly.
Ja, ek sal voortdurend bly wees, 19 want ek weet dat dit alles tot my verlossing sal lei, * omdat julle vir my bid * en die Gees van Jesus Christus
* 1:11 Joh 15:8
* 1:12 wat ... gelei het: 2 Tim 2:9
b 1:12 Broers: Volgens destydse opvatting was die susters hierby ingesluit. Dit geld ook vir "broers" in vs 14.
c 1:13 pretorium: Die •bronteks lui praitorion. Hier verwys dit na die elite soldate van die keiserlike wag.
* 1:13 ek ... gevangenskap: Ef 3:1; 4:1; Filem vs 1,9
* 1:19 dit alles ... lei: Job 13:16
* 1:19 omdat ... bid: 2 Kor 1:11
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika
my ondersteun. 20 Dit is immers my innige verwagting en hoop dat ek nie in enige opsig beskaam sal word nie — inteendeel, dat Christus met alle vrymoedigheid ook nou, soos altyd, deur my liggaam verheerlik sal word, * of dit nou deur my lewe of deur my dood is. 21 Want vir my is om te leef Christus, * en om te sterf wins, 22 maar as my liggaam bly leef, beteken dit dat ek nog verder
|
81cf2fa1-517c-4c5d-b924-3501cd7f06c1-0
| 1
|
ek streef ... maak: 1 Tim 6:12,19
o 3:13 Broers: Vgl voetnoot in Ef 3:1.
* 3:12 omdat ... gemaak het: Hand 9:5-6
* 3:14 1 Kor 9:24
* 3:15 Laat ... so hieroor dink: Matt 5:48; 1 Kor 2:6
* 3:16 Gal 6:16
* 3:16 laat ... koers: Gal 6:16
17 Broers, volg dan my voorbeeld,* en let op hulle wat leef volgens die voorbeeld wat ons aan julle gestel het, * 18 want baie, van wie ek dit dikwels vir julle gesê het, en nou weer in trane sê, leef as vyande van die kruis van •Christus. * 19 Hulle einde is die verderf, hulle maag is hulle god, * hulle eer is geleë in hulle skande — hulle wat aardse dinge bedink. *
20 Ons burgerskap is egter in die hemel,* vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag. 21 Hy sal ons nederige liggaam verander om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam, deur die krag wat Hom in staat stel * om alles aan Homself te onderwerp. *
4
1 Daarom, my broers,p julle vir wie ek lief is en na wie ek verlang, my vreugde en my kroon * — geliefdes, staan dan só vas in die Here.
* 3:17 volg ... voorbeeld: 1 Kor 4:16; 11:1
* 3:17 let op ... gestel het: 1 Thess 1:7; 1 Pet 5:3
* 3:18 vyande ... Christus: 1 Kor 1:23; Gal 6:12
* 3:19 hulle maag ... god: Rom 16:18
* 3:19 hulle wat ... bedink: Rom 8:5-6
* 3:21 Hy sal ... staat stel: Rom 8:29; 1 Kor 15:43-53
* 3:20 Ons ... hemel: Ef 2:6,19; Heb 12:22
* 3:21 alles ... onderwerp: 1 Kor 15:28
* 4:1 my broers ... kroon: 1 Thess 2:19-20
p 4:1 broers: Volgens destydse opvatting was die susters hierby ingesluit. Dit geld ook vir "broers" in vs 8.
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vermanings
2 Ek vermaan Euodia en ek vermaan Sintige om in die Here eensgesind te wees. 3 Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, q help hierdie vroue. Hulle het saam met my vir die saak van die evangelie gestry, ook saam met Klemens en my ander medewerkers wie se name in die •boekrol van die lewe * staan. 4 * Verbly julle altyd in die Here! Ek sal dit weer sê: Verbly julle! 5 Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. * 6 Moet oor niks bekommerd wees nie, * maar maak in alles julle versoeke aan God bekend deur te bid en te smeek, met danksegging. *
7 *En die vrede van God wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
```
8 *Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien,
```
q 4:3 medewerker: Letterlik 'jukgenoot'; dit kan ook die eienaam van 'n medewerker wees.
* 4:4 Fil 3:1
* 4:3 boekrol ... lewe: Eks 32:32-33; Ps 69:29; Dan 12:1; Op 3:5; 13:8; 17:8; 20:12,15; 21:27
* 4:5 Die Here is naby: Heb 10:37; Jak 5:8-9
* 4:6 Moet ... wees nie: Matt 6:25; 1 Pet 5:7
* 4:6 julle versoeke ... danksegging: Kol 4:2
* 4:7 Jes 26:3; Joh 14:27; Kol 3:15
* 4:8 Rom 12:17
ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees — rig julle gedagtes daarop. 9 Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het — doen dit. En die God van vrede * sal met julle wees.
Dank vir ondersteuning
10 Ek is in die Here besonder bly dat julle nou uiteindelik van nuuts af aan my gedink het. Eintlik hét julle aan my gedink, maar julle het net nie die geleentheid gehad om aan my aandag te gee nie. 11 Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees. * 12 Ek weet wat dit is om te min te hê, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê; ek is in elke opsig in al hierdie dinge ingewy: om versadig te wees, sowel as om honger te ly; om oorvloed te hê, sowel as om gebrek te ly. 13 * Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. 14 Nogtans was dit goed van julle om in my swaarkry te deel. 15 *Julle weet ook, Filippense, dat aan die begin van my evangelieverkondiging, toe ek van Macedonië r vertrek het, geen •gemeente tot my rekening van inkomste en uitgawes bygedra het nie, s behalwe slegs julle. 16 Ook in Thessalonika het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur. 17 Dit is nie dat ek van julle 'n bydrae verlang nie; ek verlang eerder dat die opbrengs op julle belegging toenemend sal groei. * 18 Ek het alles
* 4:9 God van vrede: Rom 15:33; 16:20; 1 Kor 14:33; 1 Thess 5:23
* 4:11 in alle ... wees: 1 Tim 6:6
* 4:13 2 Kor 12:10; 2 Tim 4:17
r 4:15 Macedonië: 'n Romeinse provinsie in die Balkanskiereiland, noord van •Agaje, met Thessalonika as hoofstad.
* 4:15 2 Kor 11:9
s 4:15 rekening ... het nie: Kan ook vertaal word "saak van gee en ontvang deelgeneem het nie".
* 4:17 ek verlang ... groei: 1 Kor 9:11
ontvang en is goed daaraan toe. Ek het meer as genoeg, noudat ek van Epafroditus ontvang het wat julle gestuur het — 'n lieflike reukoffer, * 'n aanneemlike offergawe wat God behaag. 19 En my God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien in ooreenstemming met sy heerlike rykdom in •Christus Jesus. 20 Aan ons God en Vader kom die heerlikheid toe vir ewig en ewig. •Amen.
Groete
21 Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broerst wat hier by my is, stuur vir julle groete. 22 Al die •heiliges, veral dié van die keiser se huishouding, u stuur vir julle groete.
Seëngroet
23 Die genade van die Here Jesus •Christus bly met julle gees.
* 4:18 lieflike reukoffer: Gen 8:21; Eks 29:18; Eseg 20:41
t 4:21 broers: Vgl voetnoot in Ef 4:1.
u 4:22 keiser se huishouding: Nie almal in diens van die keiser was in Rome gestasioneer nie; vgl Fil 1:13.
|
81cf2fa1-517c-4c5d-b924-3501cd7f06c1-1
| 1
|
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
FEBRUARIE/MAART 2018
NASIENRIGLYNE
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 25 bladsye.
PUNTE: 150
Blaai om asseblief
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel:
| VLAK 1 | Onttrek inligting uit bronne Selektering en organisasie van relevante inligting uit bronne Definieer historiese begrippe/terme | 30% (15) |
|---|---|---|
| VLAK 2 | Interpretasie van bewyse uit bronne Verduidelik inligting verkry uit bronne Analiseer bewyse uit bronne | 40% (20) |
| VLAK 3 | Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas te stel Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings | 30% (15) |
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
- By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
- Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.
- In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.
- By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
- Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
- Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
- Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().
- Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word:
- Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
- Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
- Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________
√√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
- Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50
- Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
- In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
- Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
- Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
- Die leerder se interpretasie van die vraag
- Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en ʼn onafhanklike argument)
- Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt in die nasienriglyne) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL struktuur in gedagte in die assessering van ʼn opstel.
2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
* Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
| P | Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. |
|---|---|
| E | Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. |
| E | Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. |
| L | Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. |
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar
|
933ac626-fdd0-4f07-bfea-601ede248851-0
| 1
|
het een vyfde van Britse maatskappye hul besighede uit Suid-Afrika onttrek as gevolg van aandeelhouers. Barclays Bank het hul aandele verkoop as gevolg van druk van die Britse publiek. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het stagneer en 'n groeikoers van 1,1% opgelewer.
- Laat Mandela Vry-veldtog: Konsert gehou by Wembley Stadion vir die vrylating van Mandela; VN Veiligheids Raad en Algemene Vergadering maak 'n beroep vir die vrylating van Mandela
- Die Rol van Internasionale Werkersunies: Die AAM in Europa en Australië; Liverpool dokwerkers; Finland se Transport Workers Union stel 'n verbod op handel met Suid-Afrika in
- Dit het bygedra dat Suid-Afrika moeilike ekonomiese tye beleef en leiers van die apartheid regime was forseer om te begin om met die bevryding organisasies in Suid-Afrika te onderhandel
- Enige ander relevante antwoord
- Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot
Indien kandidate nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante bewyse ondersteun
[50]
VRAAG 5 DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
DIE
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate geweld en onsekerheid wat Suid-Afrika gedurende die vroeë 1990's ervaar het, het die pad na demokrasie amper onmoontlik gemaak. Kandidate moet relevante voorbeelde gebruik om hul gedagte gang te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
- Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate geweld en onsekerheid die pad na demokrasie amper onmoontlik gemaak het.
UITBREIDING
- De Klerk kom aan bewind in 1989 (kort agtergrond)
- De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 word beskou as 'n keerpunt
- Gee aanleiding tot die ontbanning van gemeenskap organisasie soos die ANC en SAKP
- Die verwydering van beperkinge op COSATU en AZAPO, De Klerk se besluit om Mandela uit die tronk op 11 Februarie 1990 het die weg gebaan vir onderhandelinge
- Groote Schuur Minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC afvaardiging gelei deur Nelson Mandela, NP afvaardiging gelei deur FW de Klerk)
- Apartheid wetgewing herroep soos die Wet op Reservering van Aparte Geriewe
- Pretoria Minuut, 6 Augustus 1990 (ANC ingestem om die wapenstryd op te hef)
- CODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO, KP en PAC – 300 afvaardigers ontmoet)
- Geweld ontplof in verskillende dele van Suid-Afrika soos die Rand, Natal en elders (IVP, ANC en Derde Mag geweld)
- CODESA 2 (2 Mei 1992) stort in duie. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe grondwetlike liggaam en tussentydse regering (onsekerheid) nie
- NP wou 'n minderheidsveto hê terwyl die ANC aandring op vir nie langer as 18 maande en eenvoudige meerderheidsregering nie
- Boipatong massaslagting en sy gevolge 17 (Junie 1992) (geweld en onsekerheid) Bhisho masse slagting (7 September 1992) het amper die proses van onderhandeling van die baan gestuur (geweld en onsekerheid)
- Memorandum van Begrip geteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
- Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en sy impak op Suid-Afrika (geweld en onsekerheid)
- Belangrikheid van die Veelpartyonderhandelingsforum vir die toekoms van SuidAfrika
- Verregses (AWB) val die Wêreldhandelsentrum aan en die gevolge (geweld en onsekerheid)
- Sunset Clause voorgestel deur Joe Slovo het die onderhandelings dooiepunt gebreek
- Heidelberg- taverne slagting – 31 Januarie 1993
- St James-slagting in Julie 1993 – APLA skiet 11 sterf en 58 gewond (geweld en onsekerheid)
- Tussentydse Grondwet in November 1993
- Shell House Slagting in Maart 1994 – IVP het opmars na hoofkwartiere van die ANC – 8 mense (geweld en onsekerheid)
- Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig
- ANC wen die verkiesing en Mandela bekom die eerste swart Suid-Afrikaanse President
- Enige ander relevante antwoord
- Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot.
[50]
VRAAG 6 DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet bespreek hoe die ineenstorting van die Sowjetunie gedien het as 'n keerpunt vir Suid-Afrika. Hulle moet wys hoe gebeure in die Sowjetunie politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het na 1989, beïnvloed het.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
- Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe die ineenstorting van die Sowjetunie 'n keerpunt was vir Suid-Afrika. Hulle moet hulle argument met relevante bewyse ondersteun.
UITBREIDING
- Gorbachev se beleide van Perestroika en Glasnost
- Die ineenstorting van die Sowjet Unie het beide die ANC en NP affekteer
- Die val van die Berlynse Muur en die impak
- Die ineenstorting van die Sowjet Unie het die ANC van sy hoof ekonomiese en militêre bron ondersteuner ontneem
- Sosialisme was nie meer 'n opsie vir die ANC nie
- Die Nasionale Party se aanspraak dat dit Suider Afrika beskerm teen kommunisme het onrealisties geword weens Gorbachev se beleide
- Die Nasionale Party kon nie meer voorgee om 'n 'bolwerk' teen die verspreiding van kommunisme in Afrika te wees nie.
- Die Nasionale Party kon nie meer daarop aanspraak maak dat die Kaapse see roete verdedig (beskerm) teen die verspreiding van kommunisme nie.
- Invloedryke Nasionale Party lede het besef dat apartheid nie die antwoord was vir die behoeftes van blanke kapitalisme nie
- Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie langer blanke heerskappy regering in Suid-Afrika kon handhaaf nie.
- Die slag van Cuito Caunavale en die feit dat die Nasionale Party met kommuniste moes onderhandel oor die onafhanklikheid van Namibië het dit vir hulle maklik gemaak om met die ANC te praat.
- Die veiligheidsmagte en opeenvolgende noodtoestande het nie weerstand in SuidAfrika gestop nie
- Suid-Afrika het stadig beweeg na 'n burgeroorlog
- PW Botha (Valk) het 'n beroerte aanval gekry en is opgevolg deur FW de Klerk
(Duif)
- De Klerk het begin aanvaar dat die stryd teen apartheid nie 'n sameswering was wat uit Moskou bestuur word nie.
- De Klerk het samesprekings met die ANC inisieer
- Dit het die weg gebaan vir onderhandeling tussen die Nasionale Party en verskillende swart nasionalistiese groepe
- Op 02 Februarie 1990 het De Klerk alle anti-apartheidsorganisasies wettig verklaar
- Enige ander relevante antwoord
- Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot.
[50]
TOTAAL: 150
|
933ac626-fdd0-4f07-bfea-601ede248851-1
| 3
|
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
ADDENDUM
NOVEMBER 2021
Hierdie addendum bestaan uit 5 bladsye met 4 bylaes.
BYLAE A
VRAAG 2
VLOERPLAN VAN 'N HUIS
SLEUTEL
- W Venster
- Deur
VRAAG 4.1
UTLEGPERSPEKTIEF VAN DIE PLAASWERF
BYLAEB
Wiskundige Geletterdheid/V2
NSS – Addendum
DBE/November 2021
Blaai om asseblief
Kopiereg voorbehou
BYLAE C
VRAAG 4.3.3
DIAGRAMME EN SOMMIGE INSTRUKSIES OM DIE STOEL AANMEKAAR TE SIT
| KOLOM A | KOLOM B |
|---------|---------|
| (a) | (i) Heg die spanstuk aan die voorste pote met gom en skroewe, soos getoon. |
| (b) | (ii) Heg die voorste pote aan die agterste pote met die spanstukke. |
| (c) | (iii) Maak die rugstukhortjies met gom en skroewe vas. Plaas die rugstukspanstuk op die pote soos getoon en heg dit met gom en skroewe vas. |
VRAAG 5.1
GDEELTELIKE KAART VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) WAT AFSTANDE (IN MYL) EN TYD (IN UUR EN MINUTE) TUSSEN VERSKILLENDE STEDETOON
SLEUTEL
| 00 = Myl | 0:00 = Tyd |
|----------|------------|
| | |
Voorbeeld om sleutel te gebruik:
New York na Lee
Afstand = 143 myl
Tyd = 3 uur 26 minute
[Bron:
|
1faad6e4-c1bb-4634-a4ed-65a237690f56-0
| 2
|
Bestuursleiers raak pure perd
MARLENE MALAN
Kaapstad
Bestuurders wat dink baasskap is gelyk aan magsvertoon en die outoritêre beheer van ondergesiktes gaan nou uitvind ware leierskap is 'n perd van 'n heel ander kleur.
Letterlik – want die "kursusleiers" is perde.
Dié diere maak deel uit van 'n leierskapskursus wat binnekort deur die Universiteit van Stellenbosch se bestuurskool aangebied word. Dit word geleë deur me. Yolanda Sing, 'n kliniese sielkundige en internasionaal erkenne kundige op die gebied van menslikehulpbronbestuur.
In die kursus, genaamd Equine Assisted Learning (EAL), is 'n nuwe, ontluiken-de leierskapveld ter sprake waarin eksperimentele aktiwiteite met perde gebruik word om die werkliekheid te weerspieël.
Dit help kursusgangers om meer oor hulself, hul gedrag en hul gevoelens te leer en terselfdertyd leierskapvaardighede te kweek.
Perde is die "leermateriaal" omdat dié diere "uiters intuïtief en fyn ingestel is op teenstrydighede in hul omgewing. Hulle sal dit beslis terugkaats – hulle het 'n intuisie vir gedrag waarvan die mens dalk nie eens bewus is nie," sê Sing.
"Deur met perde te werk, kry 'n mens 'n goeie idee van jouself, hoe ander jou sien, wat jou motiveer, asook jou aanpasbaarheid en buigsaamheid in veranderende omstandighede. Veral jou vermoe om te lei.
"Om 'n taak met perde aan te pak, bied jou 'n metafoor vir die hantering van intimiderende lewensituasies.
"Perde sal die deelnemers leer dat magssuitoefening nie 'n opsie is nie en dat 'n titel niks beteken nie." Leierskap kom net na vore as jy vertrou wen en outoriteit verdien – as jy wys jy's betroubaar.
"Perde leer jou van probleem- en konflikoplossing, hoe om grense te skep en daarby te hou, hoe om agressie te hanteer en hoe om nie-verbale kommunikasie te gebruik."
Volgens me. Willemien Law, bemarkingshoof van die afdeling bestuursontwikkeling, sal 'n bestuurder deur dié program vasstel hoe ander sy bestuurstyl ervaar.
Intussen het die Stanford-universiteit in Kalifornië met die US-bestuurskool in verbinding getree en per e-pos laat weet hulle gebruik perde in 'n mediese kursus en dat dié universiteit se sakeskool dit nou oorweeg om die mediese program met perde vir programme in sy sakeskool vir MBA-studente aan te pas nadat hulle van die US se kursus te hore gekom het.
'n TV-program oor Stanford se mediese program met perde het onlangs 'n Emmy
|
ade3e1d3-1da6-4468-8b87-6ee07f82a20e-0
| 1
|
Parafeer asb. (albei ouers):……………………….
Inskrywingsvorm 2024
Algemene Inligting
Lynnwoodrif
Pretoria
Posadres:
Posbus 72034
Lynnwoodrif
0040
Webblad:
www.montessori-zonkie.co.za
Tel :
012 361 6751
Sel:
Hettie 062 388 5410
E-pos:
[email protected]
Finansies:
[email protected]
Hoof:
[email protected]
Albei ouers/voogde moet asb. op elke bladsy van hierdie dokument parafeer, teken waar aangedui, en dit aan die skool terugbesorg.
ZONKIE MONTESSORI: ALGEMENE INLIGTING.
1. FILOSOFIE EN METODE.
* Die Montessori-metode is in die vroeë 1900s deur dr Maria Montessori, 'n Italiaanse geneesheer, ontwikkel. Sy het besef hoe belangrik die tydperk vanaf 0 - 6 jaar is, en die noodsaaklikheidheid daarvan om kinders in hierdie tydperk te stimuleer omdat hulle dan so ontvanklik vir leer is, beklemtoon.
* Dr Montessori het die konsep van 'n 'voorbereide omgewing ontwikkel; 'n klas waar jong kinders deur 'n onderwyseres gelei kan word om selfstandig te funksioneer deur aktiwiteite uit te voer met spesiaal voorbereide apparaat.
* Nadat leerders gewys is hoe om op gepaste wyse die apparaat te gebruik, is hulle vry om die aktiwiteit te kies wat hulle op daardie tydstip die meeste interesseer. Hulle ontwikkel sodoende selfdissipline, konsentrasie en die vermoë om selfstandig 'n keuse uit te oefen.
* Montessori onderwyseresse besef dat elke kind uniek is en 'n sekere mate van vryheid nodig het; dit word gerugsteun deur 'n paar basiese reëls, soos bv om sag te praat, versigtig te beweeg, vriendelik en behulpsaam teenoor ander te wees en om die apparaat met respek te behandel.
* Indien u graag meer inligting verlang, gaan gerus na www.montessori-zonkie.co.za.
CAPS EN NELDAS.
* Ons kurrikulum is ten volle geïntegreer met die kurrikulum en standaarde soos bepaal deur die Departement van Onderwys.
* KINDERKINETIKA – Ons personeel is opgelei om Kinderkinetika-klasse aan te bied.
2. GROEPSAMESTELLING EN OUDERDOMME
* Daar is ongeveer 12 kleuters per onderwyseres.
* Groepe bestaan uit gemengde ouderdomme as deel van die Montessori- metodiek.
3. TOELATINGSBELEID
Kinders van 2½ tot 6 jaar oud word toegelaat.
4. GODSDIENS EN TAAL
* Christelike beginsels word aanvaar, uitgeleef en toegepas in die opvoeding van u kind.
* Dit is 'n dubbelmedium skool. Die onderrigmedium is Afrikaans en Engels.
5. GRAAD RR EN R (4, 5 en 6 jariges)
* Ons dek al die leerdoelstellings vir die grondslagfase soos uiteengesit in die Nasionale kurrikulum- en assesseringsbeleidverklaring (NKV/CAPS) Ons rapporte word daarvolgens opgestel. Ons waarborg individuele aandag om elke kind te help om sy/haar volle potensiaal te bereik en om emosioneel, intellektueel en fisies skoolgereed te kan word.
* Ons is by die South African Council of Educators (SACE) geregistreer.
* Ons werk in nou saam met die Suid Afrikaanse Montessori Vereniging (SAMA), die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) asook Tools for School, sodat ons op hoogte kan bly met die nuutste onderwys verwikkelinge. U kind word nie net in die voorskoolse jaar skoolgereed gemaak nie, maar word by Zonkie voorberei vir skool vandat hy/sy by die 3 tot 6 jaar klas instap.
6. SKOOLURE:
Aflaaityd:
06:45 tot 08:00
Halfdag:
06:45 tot 12:00 - 13:00
Voldag: Maandag - Donderdag
06:45 tot 14:00 - 17:15
Voldag: Vrydag
06:45 tot 14: 00 - 17:00
Skoolure tydens vakansies:
Halfdag:
07:30 – 13:00
Voldag:
07:30 – 17:00
* Geen kinders sal voor 06:45 ontvang word nie.
* Die afhaal tyd vir halfdag kinders is van 12:00 to 13:00.
* Die afhaal tyd vir voldag kinders op Maandag tot Donderdag is van 14:00 tot 17:15.
* Die afhaal tyd vir voldag kinders op Vrydag is van 14:00 tot 17:00.
* Tussen 17:00 en 17:15 wag die kinders saam met 'n juffrou/assistent by die wag area om huistoe te gaan.
* Indien halfdag ure, na 13:00, oorskrei word, sal 'n boete van R50 vir die eerste 15 minute of deel daarvan gehef word; daarna sal die fooi (R100) vir 'n volle namiddag gehef word.
* Indien voldag ure, na 17:15 op Maandag tot Donderdag of na 17:00 op Vrydag oorskry word, word 'n boete van R50 per 15 minute, of deel daarvan, gehef. Indien u kind op Maandag tot Donderdag na 17:30 of Vrydag na 17:15 afgehaal word, sal 'n addisionele fooi van R100 gehef word vir elke 10 minute wat u laat is.
* Alle boetes moet binne 24 uur kontant betaal word.
* Die skool moet voor 11:00 van die betrokke dag laat weet word indien 'n kind vir enkele middag sorg gaan benodig. Sorg vir 'n enkelmiddag of deel daarvan, is R100 per middag.
7. NASIONALE SKOOLKWARTALE EN VAKANSIES VIR 2024.
* Ons skool is gedurende die April, Julie en September skoolvakansies oop behalwe vir die dae soos aangedui vir 2024: 28 Maart tot 2 April; 1 tot 8 Julie, 27 tot 30 September.
* Die skool sluit om 12:00 op Woensdag 27 Maart vir die Paasnaweek.
* Die skool sluit om 10:00 op Woensdag 11 Desember met die aanvang van die Desember vakansie.
* Boetes word verdubbel indien 'n kind gedurende skoolvakansies laat gehaal word.
* U kind mag slegs vakansie sorg bywoon indien u rekening met ons ten volle vereffen is.
VAKANSIESORG
Ons bied vakansiesorg vir gedeeltes van die Maart/April, Junie/Julie, en September /Oktober vakansies. Ons vakansiesorg bied 'n prettige en interessante ervatings vir kinders gedurende vakansies. Hulle kry die geleentheid om deel te neem aan 'n verskeidenheid van aktiwiteite, wat kuns en kunsvlyt, sport, musiek en sensoriese aktiwiteite insluit.
Ons vriendelike en ervare personeel sal verseker dat vir jou kind 'n heerlike ervaring is.
Daar is 'n addisionele koste van R20 per dag verbonde aan deelname aan die vakansieprogram.
* Neem asb kennis: indien daar op 'n betrokke dag minder as 5 kinders is vir nasorg gedurende vakansiesorg, sal die ouers betyds in kennis gestel word dat die skool om 15:00 sluit.
8. VEILIGHEID EN SEKURITEIT
* Toegang tot die skool word verkry deur hek met 'n elekro-magnetiese slot. Dit is toegerus met kameras wat vanuit die skool deur die personeel gemonitor word.
* Slegs personeel en persone deur hulle gemagtig, mag die hekkie van binne oopmaak.
|
c60ae0f8-2b73-449a-ac2f-ddeb1372b8c4-0
| 2
|
kind vir hierdie doeleindes gefotografeer mag word of nie.
Dit is u verantwoordelikheid as 'n Data Onderwerp om die Inligtingsbeampte op hoogte te hou van enige verandering van u inligting. Daarbenewens sal ons u jaarliks voorsien van inligting opdatering vorms om te voltooi en aan ons terug te besorg.
Ons gee toestemming dat ons kind gefotografeer mag word.
Ons gee nie toestemming vir ons kind om gefotografeer te word nie.
Inligtingsbeampte:
Naam: Hettie van Blommestein
Epos Adres: [email protected]
Selfoonnommer: 062 388 5410
TOELATINGSVORM (DRUKSKRIF ASB.
Datum van toelating:
Kind se Besonderhede en Inligting.
Van:
Volle naam:
Noemnaam by die skool:
Geboortedatum:
ID/Paspoort nommer:
Ouderdom teen toelating:
Kind se geslag:
Manlik / Vroulik
Huistaal:
Omkring asb kind se skooltaal: Eng/Afr
Tydgleuf: omkring asb.
Halfdag: middagete uitgesluit
Ja / Nee
Halfdag: middagete ingesluit
Ja / Nee
Voldag: middagete uitgesluit
Ja / Nee
Voldag: middagete ingesluit
Ja / Nee
Besonderhede van Ouers
Moeder/Voog
Vader/Voog
Van en voorletters:
Voorname:
ID Nommer:
Beroep:
Naam van werkgewer:
Huis adres:
Pos adres:
Epos adres:
Huis telefoon:
Werk telefoon:
Selfoon nommer:
Noodnommers – NB! Iemand anders as die ouers/voogde.
Naam:
1
2
Verwantskap met die kind:
Telefoon nommers:
Medies en Gesondheid
Mag ons u kind dokter toe neem in die geval wat u kind baie siek is en ons u nie in die hande kan kry nie?
U sal aanspreeklik gehou word vir al die verwante kostes.
Yes /No
Dokter se naam:
Telefoon nommer/s:
Het u kind enige mediese toestand waarvan ons bewus moet wees?
Het u kind enige allergie of voedsel intoleransie?
Het u kind enige operasies gehad:
Tipe sjirurgie:
Op watter ouderdom:
Mediese Fonds Besonderhede
Naam van skema:
Plan:
Lidmaatskap Nommer:
Hooflid:
Afhanklike nommer:
Hiermee gee ek ouer/voog:
1…………………………………………………………………………………………(naam/van/ID)
2…………………………………………………………………………………………(naam/van/ID
toestemming dat my/ons kind:
…………………………………………………………………………………………...(naam/van/ID)
indien een of albei ouers nie bereik kan word nie, Zonkie Montessori Kleuterskool, Babies@Zonkies, of sy gevolmagtigde die volgende mediese besluit(e) mag neem, selfs al het dit finansiële implikasies vir die ouers:
* verkryging van mediese hulp of dienste;
* vervoer van die kind na 'n plek waar mediese hulp en/of dienste beskikbaar is;
* die verleen van toestemming vir enige medikasie soos deur 'n geneesheer aanbeveel
Signed at/Geteken te ___________________(Place/Plek)on/op_________________(Date/Datum)
_____________________________________ ___________________________________
Handtekening van Vader/Voog
Handtekening van Moeder/Voog
Handtekening van Hoof__________________________
Wat is die reëling met betrekking tot besoekingsregte?
Beskryf kortliks hoe u die kind tuis dissiplineer:
Meld asb wat u beleid is t.o.v. u kind en skermtyd: (bv hoeveel en watter tipe programme/speletjies)
Hoeveel stories lees of vertel u, u kind gedurende die verloop van een week?
In wie se sorg is u kind in die middae indien nie voldag by die skool nie?
Beskryf asb u kind se huidige namiddag aktiwiteite indien nie voldag by die skool nie?
Was u kind al voorheen by 'n kleutergroep/dagsorg?
Ja
Hoe laat gaan slaap u kind saans?
Slaap u kind deur die nag?
Het u al oor Montessori gelees?
Is u bekend met die Montessori metode?
Waarom wil u graag u kind in ons skool hê?
Ja
Nee
Nee
Rekening Besonderhede
Persoon verantwoordelik vir die skoolfooie.
(NB: Die ouers is finaal verantwoordelik vir die betaling van skoolfooie, selfs al het iemand anders onderneem om te betaal en dan versuim.)
Naam:
Posadres:
Woonadres:
Id Nommer:
Kantoor landlyn:
Huis landlyn:
Selfoon nommer/s:
Naasbestaande wat nie by u bly nie.
Naam:
Woonadres:
Telefoon nommers:
Huis:
Werk:
Selfoon:
Bank:
Naam:
Rekening nommer:
Kode:
FNB Lynnwood
Die Zonkie Kleuterskool
6277 916 8692
252 045
Bewys van betaling aan: [email protected]
BELANGRIKE DOKUMENTE:
Heg aan asb.:
1. 'n Onlangse water- en ligterekening aan ter bevestiging van u adres.
2. 'n Afskrif van u kind se geboorteseftifikaat / paspoort.
3. 'n Immuniseringsertifikaat aan u aansoek.
4. Afskrifte van albei ouers/voogde se ID dokumente / paspoorte.
Ek/ ons die ondergetekende(s), Ouers/voogde:
_____________________________________________________________________________(naam/van)
_____________________________________________________________________________(naam/van)
Van:_____________________________________________________________________(kind: naam/van)
1. Verklaar hiermee dat die besonderhede vervat in die Inskrywingsvorm waar en korrek is, en onderneem om indien enige van die besonderhede daarin vervat sou verander, mev. Viljoen onverwyld daarvan skriftelik in kennis te stel. Ek/ons neem volle verantwoordelikheid op myself/onsself vir enige skade wat vir wie ookal mag ontstaan as gevolg van die inkorrektheid van die bovermelde inligting.
2 Ek/ons bevestig dat ek/ons die Inligtingsvorm deurgelees het asook bewus is van die reëls en regulasies van Zonkie Montessori Kleuterskool, dit verstaan, en dit aanvaar.
3 Ek/ons gee hiermee ook toestemming dat my/ons voorafgenoemde kind na die Zonkie Montessori Kleuterskool mag kom en aan alle normale bedrywighede en speletjies mag deelneem.
4 Ek/ons aanvaar dat die verantwoordelike persone alles redelikerwys in hul vermoë sal doen om die veiligheid van ons kinders te verseker.
5 Ek/ons doen hiermee afstand, en vrywaar mev. Viljoen en haar kleuterskoolwerknemers, van enige en alle eise van welke aard ookal wat deur onsself of derdes ingestel mag word, wat mag voortspruit uit die onderrig, bewaring en versorging van ons kind en enige verbandhoudende handeling, of wat daaruit voortvloei.
6 Ek onderneem om Zonkie Montessori een kalendermaand skriftelik kennis te gee tussen Januarie en
September en drie (3) kalendermaande sou kennis op 1 Oktober gegee word. Ek begryp dat 1 Oktober die laaste datum is waarop ek kan kennis gee vir die jaar en dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die volle skoolfooie vir Oktober, November en Desember van die betrokke jaar sou ek later kennis gee.
Geteken te _________________________(Plek) on/op______________________________(Datum)
__________________________________ _____________________________________
Handtekening van Vader/Voog
Handtekening van Moeder/Voog
_______________________________________
Handtekening van Hoof
Getuies:
1________________________________________
2________________________________________
|
c60ae0f8-2b73-449a-ac2f-ddeb1372b8c4-1
| 1
|
SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2020
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Blaai om asseblief
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Aluminium word vir die vervaardiging van gaskoeldrankblikkies verkies, omdat dit …
A lug deurlaat.
B teen sure weerstand bied.
C liggewig is.
D 'n elastiese materiaal is.
1.1.2 Alle werkswinkels moet met brandblussers toegerus wees:
A Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993) ('OHS')
B Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993 (Wet 130 van 1993)
C Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
D Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
1.1.3 Watter EEN van die volgende is NIE 'n doelwit van die standaardisering van plaasimplemente NIE?
A Maak instandhouding en herstelwerk makliker
B Maak implemente uitruilbaar en makliker om te hanteer
C Voorkom dat een trekkermaatskappy 'n monopolie vorm
D Verminder die koste van onderdele
1.1.4 Die … tipe kragaftakker (KAT) stel die operateur in staat om die vorentoe-beweging van die trekker te stop sonder om die KATaandrywing te stop.
A statiese
B algemene
C lewendige
D dubbelwerkende
1.1.5 Watter EEN van die volgende word NIE toegelaat wanneer 'n trekker op die plaas gebruik word NIE?
A Installeer 'n rolstaaf op die trekker.
B Laat 'n bykomende passasier op die trekker toe.
C Vertoon 'n stadig-bewegende-voertuig-teken.
D Installeer 'n trurat-alarm.
4
SS/NSS
1.1.6 Die geraas van 'n bystandkragopwekker kan verminder word
deur …
A die uitlaatpyp korter te maak.
B 'n knaldemper in die uitlaatstelsel te installeer.
C die verkleining van die knaldemper se kas ('silencer box').
D dit tydens donderstorms af te skakel.
1.1.7 Die meganisme op 'n trekker wat verseker dat die trekker teen 'n konstante diepte werk:
A Stabiliseringskettings
B Nivilleerkas
C Gevoeligheidselement
D KAT-as ('PTO shaft')
1.1.8 'n Geslote ewenaar verskaf ewe veel … aan elk van die twee wiele op 'n as.
A trekkrag
B drukkrag
C wringkrag
D grypkrag
1.1.9 'n … is 'n positiewe meganiese koppeling tussen verskillende roterende asse wat die asse in staat stel om teen verskillende hoeke te werk.
A Drukplaat
B Krukas
C Kruiskoppeling
D Boonste stang
1.1.10 Eweredige verspreiding van die uitvloeiing van die septiese tenk na die dreineringseenheid of logingsput:
A Verspreidingsboks
B Knaldemper
C Mangat
D Verdelingsmuur
(10 x 2) (20)
1.2 Verander die ONDERSTREEPTE woord in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 Nikkel verander die bandstruktuur van vlekvrye staal en veroorsaak terselfdertyd 'n afname in slaansterkte.
1.2.2 Brons is 'n allooi wat hoofsaaklik uit titanium bestaan, gewoonlik met tin as die hoofbymiddel.
1.2.3 Boute word gebruik om drade aan elektriese heiningpale vas te maak om energieverlies deur die pale en grond te voorkom.
1.2.4 Gegalvaniseerde staal bevat 'n magnesium-laag wat giftige gas produseer wat kanker kan veroorsaak wanneer dit gebrand word.
1.2.5 Die gassweismasjien word deur robotte in die motorvervaardigingsbedryf gebruik om die bakpanele van voertuie te sweis. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon 'n elektriese kabel met isolering en kopergeleiers.
2.1.1 Verduidelik waarom koper vir die vervaardiging van elektriese kabels geskik is.
2.1.2 Bespreek DRIE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer die elektriese kabels en leidings van elektriese heinings geïnstalleer word.
2.1.3 Weerlig wat die elektriese heining tref, kan die energiewekker ernstig beskadig. Maak 'n benoemde skets van 'n weerligafleier wat op 'n elektriese heining geïnstalleer is.
2.2 Noem DRIE invloede van chroom op vlekvrye staal.
2.3 Die prent hieronder toon Teflon-komponente.
2.3.1 Maak 'n lys van VIER chemiese stowwe wat geen effek op Teflonbedekte oppervlakke het nie. (4)
2.3.2 Noem TWEE komponente wat uit Teflon vervaardig kan word. (2)
(2)
(3)
(4)
(3)
7
2.4 Die verkope van 'n plaaslike onderdelevervaardiger het gedaal omdat baie van die klante verkies het om Vesconite-busse in plaas van staalbusse te koop. Verduidelik aan die eienaar waarom dit meer winsgewend sal wees om Vesconite-busse as staalbusse te vervaardig en te verkoop.
(3)
2.5 Nuwe plastiekveiligheidstekens moet in en om 'n plaas se meganiese werkswinkel geïnstalleer word. Noem
|
366568bd-299e-40bf-a4dc-a72ea77f71df-0
| 2
|
1 Klein botteltjie klapperolie
2 eetlepels blomswael
1 teelepel sinkpoeier
1 teelepel boorsuurpoeier.
Meng baie goed en smeer 2 maal daagliks aan die brandwonde.
Drink saans 10 druppels staaldruppels in water.
of
Smelt 'n botteltjie vaseline en 1 botteltjie swawelbalsem oor lae hitte en meng goed.
Smeer aan die brandwonde.
|
<urn:uuid:9d2121c1-2863-4142-8873-57b160b631e9>-0
| 1
|
Vreugde vir Larissa
– Elsa Winckler (Hoofstuk 1 bl 7-11)
Dis maar halfses op die grou, grys Europese middag, maar Larissa draai 'n serp om haar nek en klim in die bed met 'n beker warmsjokolade en haar rekenaar. Dis die eerste week in Desember, dis koud en al sedert halfvyf donker soos dit dié tyd van die jaar in Maastricht is.
Dié hoofstuk van haar tesis wil sy klaarmaak voordat sy vanaand gaan slaap.
Haar oog val op haar Bybel wat op haar bedkassie lê. Sy tel dit op en sit dit bo-op haar rekenaar neer. Deesdae is dit vir haar moeilik om hierdie boek oop te maak. Vir só lank was die woorde hierin haar kompas, haar anker, haar vaste hoop dat dinge tog uiteindelik ten goede uitwerk solank 'n mens net aan die Here vashou.
En toe, einde verlede jaar net voor die hof se reses, word die klag teen Ricardo Jantjies uitgegooi, die man wat Chandré Hendricks aangeval en beroof het, en dit omdat die polisie te lank gesloer het met die ondersoek en die saak vertraag het.
Dit klink belaglik, dit ís belaglik, maar dis presies wat gebeur het.
Vroeg in Januarie vanjaar is die pragtige sestienjarige meisiekind dood. Met 'n mes gesteek. Daar is nie bewyse nie, maar Larissa is oortuig daarvan dieselfde man wat weke vantevore vrygespreek is, is die skuldige. Chandré het haar 'n dag tevore laat weet Ricardo is skielik oral waar sy is; sy dink hy agtervolg haar. Sy sou juis daardie dag vir Wilmie, haar prokureur, gaan sien het om 'n beskermingsbevel teen die vent te kry.
Maar dit was reeds te laat.
Wilmie, 'n vriendin van Larissa, was Chandré se prokureur en sy het Larissa aanvanklik net gevra om met Chandré oor die hofprosedures te gesels. Chandré se storie het haar diep geraak: dit was die soveelste keer dat 'n jong meisie aangeval is, 'n lewe kortgeknip is, 'n familie in rou gedompel is.
Ja, die dood van die mooie kind was een van baie, maar dit was die een wat haar laat twyfel in alles waarin sy glo.
Ná Ricardo vrygespreek is, het Larissa haar telefoonnommer vir Chandré se ma gegee en gevra hulle moet haar op hoogte hou van die saak, wat hulle ook gedoen het.
En toe kom die verskriklike boodskap – Chandré is dood.
Sy is saam met Wilmie en Chandré se ma, Yvette, om haar kind uit te ken. Die hoë wanhoopskreet uit die vrou se keel is 'n geluid wat sy nooit kan vergeet nie.
Kort daarna is sy weg uit Suid-Afrika en sover sy weet, is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Daardie middag het sy huis toe gery met die seker wete sy moet wegkom, sy moet afstand kry tussen haar en die onverstaanbare. Dis nie asof sy Chandré en haar ma eens goed geken het nie; die gebeurtenis was net die laaste strooi ná 'n rits soortgelyke sake.
'n Paar stukkies van die legkaart het onverwags in plek geval, wat haar besluit om 'n ruk weg te gaan makliker gemaak het. 'n Erfporsie van die oupa aan haar ma se kant is na 'n lang uitgerekte proses uiteindelik uitbetaal, en die huurkontrak vir die huisie waarin sy gebly het, het tot 'n einde gekom wat dit maklik gemaak het om die huis van haar beste vriendin, Reina, in Rondebosch te koop.
Maar die transaksie sou 'n hele paar maande sloer. Reina en haar nuwe man, Derek, moes eers 'n ander huis kry, so hulle sou graag nog 'n ruk in die huis wou gebly het.
Die idee om verder te gaan swot, is iets waaraan sy as student al gedink het, maar omdat dit toe nie finansieel moontlik was nie, het sy dit opsygeskuif nadat sy eers begin werk het. Maar so aan die einde van verlede jaar het een van haar kollegas oor verdere studie begin praat en het sy weer begin rondsoek na 'n nagraadse kursus. Die kursus wat die Universiteit van Maastricht aanbied, het haar dadelik geïnteresseer; sy het haar aansoek ingestuur en begin somme maak.
Sy het heelwat spaargeld, maar die uitbetaling van haar erfgeld het haar besluit beklink.
Larissa kon sien Reina vermoed haar skielike vertrek is oor meer as net verdere studie, maar haar vriendin ken haar gelukkig goed genoeg om te weet wanneer sy nie moet uitvra nie.
'n Jaar lank weg van alles wat bekend is, sou sake weer in perspektief plaas, die skok versag en haar weer positief stem; dan sou sy weet wat sy verder met haar lewe wil doen.
Dis in elk geval wat sy haarself wysgemaak het.
Maar dis nou amper 'n jaar later en Chandré se bebloede gesig en die sinneloosheid van haar dood, die sinneloosheid van ál die mense wat so gereeld op die Kaapse Vlakte vermoor word, bly by haar spook.
Hoe is dit moontlik dat die regering niks daaraan kan doen nie?
Bippie, die student wat deeltyds in Reina se oudhedewinkel gewerk het terwyl sy besig was met haar MA-graad, is in April getroud toe Larissa vir 'n vlugtige kuier terug na Suid-Afrika was. Die res van die tyd is sy maar hier by die universiteit en in hierdie woonstelletjie. Hulle is 'n hele paar wat die MAstudie in Europese Studies aan die Regsfakulteit doen en sy kuier gereeld saam met haar medestudente.
Sy hou van Nederland, haar studie is interessant en uitdagend, so sy kan regtig sê sy geniet op die oomblik alles wat sy doen. Maar sy ken haarself goed genoeg om te weet sy het nie vrede in haar binneste nie.
Miskien ook omdat Chandré se dood die skok van 'n ander trauma van lank gelede oopgekrap het. Sy was maar in graad tien toe haar pa dood is en haar ma haar van hulle benarde finansiële situasie vertel het. Haar pa het al hulle geld belê in wat later geblyk het 'n piramiedskema te wees.
Die skok en ontnugtering was vir hom een te veel en sy hart het op 'n dag net ophou klop. Dit was in elk geval haar ma se bitter woorde. "Jy kan mans nie vertrou nie," het sy haar gewaarsku, woorde wat sy nog gereeld herhaal. Haar ma het weer begin skoolhou om die pot aan die kook te hou en háár broer, Barend, het hulle gehelp.
Larissa het gedink sy het die gebeure lankal verwerk en vrede daarmee gemaak, maar sy besef nou sy het dit bloot onderdruk; verwerk het sy dit nog nooit regtig nie. Die manier waarop sy so gou moontlik nadat sy begin werk het haar studiegeld aan oom Barend terugbetaal het en die ywer waarmee sy gespaar het, is ook 'n bewys hoe die gebeure rondom haar pa se dood haar besluitneming beïnvloed
|
53ebba13-b295-4c28-9a3d-42e65b90c2e8-0
| 1
|
ONS VISIE:
* Om die Naskool@Baillies met Christelike waardes en beginsels, as 'n volhoubare en effektiewe Naskooldiens aan hierdie skoolgemeenskap te bedryf.
* Slegs ingeskrewe leerders van Laerskool Baillie Park mag die voordeel geniet.
* Om 'n veilige, kindervriendelike en leerstimulerende omgewing te skep.
* Die Naskoolsentrum sal as die ondersteunende huiswerkvennoot vir ouers en onderwysers funksioneer. Ons visie is om leerders te lei om onafhanklik en doelgerig hul huiswerk en leerwerk daagliks te kan afhandel.
* Om elke situasie waar leiding nodig is te benut, sodat ons ons leerders kan bemagtig om geliefd te wees en goeie gedrag te openbaar.
* Om geleentheid te bied waar leerders hulle ook vir toetse en eksamens kan voorberei.
* Dit is ook ons visie om tydens die Maart-, Junie- en Septembervakansies verder aan ons eie ingeskrewe leerders verskillende pret- en opvoedkundige aktiwiteite aan te bied - steeds binne 'n veilige, kindervriendelike omgewing.
ONS MISSIE:
* Om met die hulp van slegs opgeleide onderwysers en onderwysstudente; binne die roetine van 'n goed deurdagte dagprogram en klasreëls, ons kinders vanaf Gr 1 tot 7 progressief met huiswerk en studieleiding te ondersteun. 1 Ons leerders moet gelei word om met selfdissipline self die verantwoordelikheid vir huiswerk te aanvaar.
* Om daagliks register van ons leerders te hou; asook d.m.v. 'n in- en uittekenstelsel leerders se teenwoordigheid te kontroleer.
* Om as opvoedkundiges ook buite die klaskamer aan ons leerders die regte waardes te help uitleef deur die regte voorbeeld te stel.
* Om leerders se goeie positiewe gedrag d.m.v. 'n merietestelsel te beloon en hulle sodoende te motiveer om daarna te streef om daagliks positiewe en goeie gedrag te openbaar.
* Tydens die vakansieprogramme sal ons poog om ons leerders aan gesonde, en 'n verskeidenheid van opbouende, verrykende en prettige aktiwiteite bloot te stel.
1 Naskool@Baillies bied nie Remediërende klasse aan nie. Intervensie word by die skool aangebied asook, Tina Cowley Lees en Wiskunde Sentrum wat gekontak kan word vir ekstra klasse onder andere. Ons verduidelik met graagte huiswerk wat hul nie verstaan nie, maar kan nie individuele aandag aan slegs een leerder skenk met bv. ʼn leerprobleem nie.
RIGLYNE ten opsigte van:
A. Naskoolfooie
B. Toelating
C. Gedragskode
D. Selfone
E. Dagprogram
F. Vakansieprogram
A. NASKOOLFOOIE:
* NASKOOLFOOIE is maandeliks betaalbaar voor die 7de van elke maand, tensy u net 'n eenmalige jaarlikse betaling gedoen het.
* Om by ons naskoolsentrum ingeskakel te wees, is nie verpligtend nie. Dus kan leerders wie se naskoolfooie nie op datum gehou word nie, sy / haar plek verbeur wanneer u soveel as 2 maande agterstallig is. U leerder kan eers weer terugkom sodra fooie op datum betaal is.
* Naskoolfooie is bespreek onder aanhangsel NASKOOLFOOIE. Dit word jaarliks verhoog volgens die besluit van die Beheerliggaamsvergadering.
* Toevallige Nasorg, in geval waar ouers 'n krisis het en hul kind is nie in die naskool ingeskryf nie of net bywoon vir die dag, is deel van die diens wat ons aan die skolegemeenskap lewer. Toevallige Nasorgfooie van R100 is dadelik betaalbaar, kontant of EFT. Die bewys van betaling moet aan die hoof van die sentrum gegee word.
* Die nodige vorm vir Toevallige Naskoolbywoning met inligting rakende ouers en kontaknommers; asook vrywaring, moet ingevul wees.
* Toevallige leerders val in by ons dagprogram en tree op volgens die gedragskode van ons naskool.
NASKOOLFOOI UITEENSETTING
OPSIE 1 – EENMALIGE BETALING
Eerste leerling se jaarlikse betaling:
R7 150.00
Tweede leerling se jaarlikse betaling:
R6 820.00
Derde leerling en meer se betaling:
R6 490.00
OPSIE 2 – MAANDELIKS VOORUITBETAALBAAR
BETALINGS VIND PLAAS OOR 11 MAANDE (JANUARIE - NOVEMBER)
EERSTE PAAIEMENT WORD REEDS GEHEF 1 JANUARIE 2024 TOT 1 NOVEMBER 2024
Betaling vir slegs een leerling:
R 650.00 per maand x 11 maande
Betaling vir die tweede leerder:
R 620.00 per maand x 11 maande (R30 minder vir die tweede leerder)
Betaling vir die derde leerder:
R 590.00 per maand x 11 maande (R60 minder vir 3 of meer leerders)
Dus twee leerlinge se bedrag per maand:
R1 270.00 per maand x 11 maande
of drie leerlinge se totale bedrag per maand: R1 860.00 per maand x 11 maande
(R60 minder vir die derde leerder)
DAGSKOLIERE SE KOSTE IS R100 PER DAG
BANKBESONDERHEDE: Laerskool Baillie Park
Eerste Nasionale Bank taknr. 240 438
Tjekrekening nr. 62121176764
VERWYSING: FAMILIEKODE + NS
Maak seker u gebruik die FAMILIEKODE en NIE die leerder se inskrywings/toelatings nommer NIE!!
LET WEL:
BETALING VAN SKOOLGELD KRY VOORKEUR BO BETALING VAN NASORGSENTRUM.
Die Beheerliggaam het 'n debietordersisteem in werking gebring by Laerskool Baillie Park en dit as voorkeur betaalmetode vereis. Dus versoek ons om 'n vorm te kom afhaal of vra per e-pos om u vorm te voltooi.
B. TOELATING:
Om tot NASKOOL@BAILLIES toegelaat te word, verwag ons van ouers of voogde van die leerder dat:
* die leerder 'n ingeskrewe leerder van Laerskool Baillie Park is;
* die leerder en ouers /voogde die Naskool se riglyne sal deurlees en onderteken
* ouers / voogde en ons leerders daarvolgens sal saamwerk ten einde die naskool as 'n volhoubare en effektiewe instelling te help funksioneer.
As ouer / voog onderneem ek om:
* voor die 7de van elke maand die vasgestelde naskoolfooi te betaal ten einde te verseker dat my kind/ers hulle plekke in die Sentrum behou.
* indien ek 'n sluitkassie huur, die vasgestelde fooi saam met Naskoolfooi te betaal, anders gaan my kind die voorreg daarvan verbeur.
* indien ek my kind/ers vir die vakansieprogram inskryf, die vakansiefooie voor die sperdatum te betaal en ten volle opbetaald te wees.
* my kind/ers elke middag betyds voor 17:15 by die naskool te gaan haal. Indien u laat is, te weet dat daar boetes gehef sal word.
* om SELF my kind/ers uit te teken.
* om gemagtigde persone ook te vra om SELF uit te teken en nie iemand anders daarvoor te stuur nie. Kinders mag ook nie self uitteken nie! Indien boetie/sussie in die hoërskool soms gaan kom uitteken, om sy/haar naam ook op die gemagtigde persone lys te voeg.
* om seker te maak dat persone wat gemagtig is om my kind/ers by die naskool te gaan haal, se besonderhede aan die personeel verskaf is.
* om die personeel elke
|
b2401f17-c841-4fd7-920f-759467d2af7a-0
| 1
|
Van op die magie seil na hande-viervoet kruip. Joegaai!
Jo-Marie vd M Bothma
As BabaGim instrukteur was dit vir my 'n absolute heerlikheid en voorreg om met elkeen van my kinders te kon toepas wat ek in klasse deel. Dit maak my GLO in die BabaGim-program en elke keer bevestig dit aan my, dat selfs na meer as 10 jaar as instrukteur, ek nogsteeds met selfvertroue hierdie program kan aanbeveel sonder enige voorbehoud.
Ons jongste is 'n ywerige asjas wat heel gewillig en vinnig mylpale wil bereik. Sy het vroeg al begin rol en kon stewig en sonder enige ondersteuning sit voordat sy 6 maande oud was. Toe dit egter by kruip kom, was sy baie slim om al seilend op haar maag te kom waar sy wil wees. Die feit dat haar ouer boetie en sussie dit laggend aangemoedig het, het waarskynlik nie gehelp nie!
Van hande-viervoet kruip wou sy min weet. Toe sy teen 44 weke nog net seil en nie wil kruip nie, het ek dadelik ingegryp en binne minder as 3 weke het ons die ou gewoonte gebreek en het sy begin kruip. Sy het egter heel geredelik geprotesteer met ons alewige inmenging met haar keuse van beweging en as ek nie geweet het hoe belangrik kruip regtig is vir neurologiese ontwikkeling nie, sou haar kwaai kyke en skril gilletjies my waarskynlik laat moed opgee het. Ouers moet onthou, dat die bietjie (of soms luide en harde!) protes wat ons babas maak as ons hulle help sterker word regtig niks is invergelyking met die moontlikheid van latere probleme nie. Hier geld die gewilde gesegde verseker: "Pick your battles".
Hier is wat ons gedoen het:
* Ons het tydens elke doekruil sessie heelwat fietsry trappies en oorkruis bewegings gedoen.
* Ons het hard gefokus om nuwe breinbedrading te vorm deur haar elke keer in haar spoor te stop as sy op haar maag seil en haar dadelik op te trek in die hande-vier-voet posisie. Ons sou haar dan so effe vorentoe en agtertoe (en heen en weer) wieg vir 'n paar keer en dan haar beentjies in die kruip aksie beweeg terwyl sy self haar armpies vorentoe beweeg.
Margót-Mari het het op 47 weke korrek gekruip. Joegaai!
Margót-Mari tydens die BabaGim
|
bb1d09ac-d529-4778-aa3e-4f4909ead01a-0
| 2
|
2. Kontak met God
Oorweeg dit om 'n kers aan te steek om God se teenwoordigheid te simboliseer. Plaas dit in die middel van die groep.
Neem 'n paar oomblikke. Raak stil en rustig. Haal diep asem. Laat iemand Eksodus 15: 1-11 as 'n lofgebed hardop lees. Julle kan daarna ook 'n loflied saamsing (Bv. Lied 184 in die Liedboek)
Deel enige gebedsverhoring of Godservarings van die afgelope week. Dank God daarvoor.
3. Kontak met die Woord
Bid dat die Gees die teks vir julle sal oopbreek. Lees dan Romeine 14: 1-12 en gesels oor die volgende.
Noem die dinge in die teks wat jou aangespreek of laat wonder het.
Aanvaar mekaar.
Romeine 14: 1-12
1. Kontak met mekaar
Aankoms, verwelkoming en verversings.
Ysbreker
Verduidelik hoe Blou Bul en Stormers ondersteuners mekaar beoordeel.
Probeer om in julle eie woorde saam te vat waaroor hierdie teksgedeelte gaan.
Hoe sien julle die problematiek wat Paulus aanspreek in ons tyd en gemeentes afspeel? Wat kan ons by Paulus leer?
Paulus noem 4 redes hoekom ons gelowiges wat van ons verskil moet aanvaar. Kyk of julle dit kan uitlig.
Paulus (en Jesus) sê dat ons nie mense moet oordeel nie. Hoekom dink julle is ons so geneig om te oordeel? Wie is die mense wat in ons tyd gereeld geoordeel word?
Dink aan die mense met wie jy elke dag te doen kry. Wie is die mense wat jy geneig is om te oordeel? Met Paulus se raad in gedagte help mekaar om maniere te vind om op te hou om hulle te oordeel.
Maak 'n paar fotostate van die teksgedeelte en neem dit saam. Dis altyd insiggewend om verskillende vertalings van die teks te lees.
Pitkos: As begeleier van die groep – wees beskikbaar, arriveer vroeg en bly tot laaste.
Deel gebedsversoeke en skryf dit in julle gebedsdagboeke en bid in die week daarvoor. Onthou om ook gebedsverhoring en Godservarings neer te skryf. Sluit af met gesamentlike gebed. Dra die gebedsversoeke aan God op. leef. Dank God daarvoor dat Hy ons almal ewe liefhet. Vra dat Hy ons sal help om mekaar en ander nie te oordeel
|
<urn:uuid:a58db28e-77f2-4148-9ca9-6e8a4280edbd>-0
| 1
|
Donderdag 21 Oktober
Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 4:16
– 5:10
Fokusgedeelte: 2 Korintiërs
5:19
Het die kerk vandag nog 'n ware en ontwyfelbare Christelike geloof?
Hier vind ons 'n beskrywing van Paulus en die ander dissipels se geloof en oortuigings. Wanneer hy met soveel oortuiging en vrymoedigheid oor hulle ontwyfelbare en vaste geloof praat, bring dit in ons die woorde van Hebreërs 11:1 na vore. "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Dit is vanuit hierdie oortuiging van geloof waarmee Paulus geleef, gepreek en bestaan het. Daarom is hy altyd vol moed en leef hy vanuit sy geloof en die sekerheid wat dit inhou.
Maar wat is geloof sonder kennis van wat Christus vir my en jou gedoen en bewerk het? Die versoening wat Jesus aan die kruis deur sy dood en opstanding uit die dood by God bewerk het, is die inhoud van ons geloof. Dit is hierdie sekerheid wat vir ons doel gee tot bestaan en rede gee tot lofprysing. Ons is deur Christus se versoening nuwe mense wat lewe deur die Gees en die geloof wat in ons leef.
Die wêreld waarin ons leef en vasgevang is tot die dood, is tydelik en van geen waarde nie. Ons hoop en sekerheid moet gevestig wees op die hemelse en die ewige en daarom kon Paulus met alle oortuiging dit ook so aan die lesers verkondig. Daarom ook sy oproep aan ons in vers 20 om die versoening wat Christus bewerk het, aan te neem in geloof en dit uit te leef.
God sien ons nie meer in ons sonde aan nie, maar in die beeld van sy Seun. Ons het in en deur Christus die vryspraak ontvang waartoe ons nooit in staat kon wees nie. Die wêreld is versoen met God deur sy enige Seun en ons moet dit ook so aanneem en uitleef tot eer van sy Heilige Naam. Glo jy werklik in die versoeningswerk van Christus?
Sing: Skrifberyming 33:1, 3 (Swart Psalmboek)
Ds. HM (Herman) Stavast (Piet
|
0d025b56-65e7-4e41-953e-5015ad7bc881-0
| 1
|
Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018
Summary of : Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018
Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018 - fisiese wetenskap 2018 model vraestel 1 graad 11fisiese wetenskap graad 11 model 2018 memorandumfisiese wetenskap graad 11 vraestelle en memorandumsfisiese wetenskap graad11 vraestel 2 november 2018fisiese wetenskap nasionale sertifikaat vraestel november 2018 graad 11fisiese wetenskap vrae stel 1 gr11 2018fisiese wetenskap vraestel 1 graad 11 november 2018fisiese wetenskap vraestel nov 2018fisiese wetenskap vraestel1 gr11 nov 2018fisiese wetenskap vraestelle graad 11 2018fisiese wetenskape gr10 vraestel 1 2018fisiese wetenskappe fisika v1 model 2018 graad 11 novemberfisiese wetenskappe fisika v1 novenber 2018 memofisiese wetenskappe graad 10 vraestelle fisikafisiese wetenskappe graad 11 vraestel 2 november 2018fisiese wetenskappe graad 12 memorandum chemie november 2018fisiese wetenskappe graad 12 vraestel 2 2018fisiese wetenskappe november graad 11 vraestelle en memorandums 2018fisiese wetenskappe v1 gr11 module 2018fisiese wetenskappe v1 graad 11 2018fisiese wetenskappe v1 graad 11 november 2018 memofisiese wetenskappe v2 model 2018 graad 11fisiese wetenskappe vraestel 1 graad 11 november 2018fisiese wetenskappe vraestel 1 november 2018 graad 11fisiese wetenskappe vraestel 1 november 2018 memorandumfisiesewetenskappe november v1 memorandumgr 10 fisiese wetenskappe sept 2013 vraestellegr 11 fisiese wetenskap impak november eksamen 2018gr11 fisiese wetenskap vraestelle en memogr11 model vraestel fisiese wetenskappe v1 2018 memograad 11 fisiese wetenskappe v1 2018graad 11 november 2018 fisiese wetenskappe vraestel 2 chemiegraad 11november 2018 fisiese wetenskapgraad 12 november 2018 fisiese wetenskappe vreastel 2graad 12 november 2018 fisiese wetenskappe vreastel 2 memomemos van fisiese wetenskappe gr10 vraestel 1 2018mpumalanga fisiese wetenskap p1 september 2018 memonasionale fisiese wetenskap november2015nasionale senior sertifikaat graad11 2018 fisiese wetenskap western capenationale fisiese wetenskap vraestelle en memorandums 2018november 2014 fisiese wetenskappe vraestel van graad 11nss fisiese wetenskap graad 11 vraestel 2 noverber 2018nss fisiese wetenskappe graad 11 november 2018 vraestel 2nss graad 11 model fisiesewetenskap v2 dbe 2018vraestel model fisiese wetenskappe 2018 november graad 11
Save as PDF story of Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018
Download Fisiese Wetensk ap Vraestel1 Gr11
Nov 2018 in EPUB Format
Download zip of Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018
Read Online Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018 as clear as you can
Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018 | (PDF, EPub, Mobi) - University Of American
|
<urn:uuid:371a8a3c-eb79-405b-aa8e-b2e23c60d2ea>-0
| 0
|
POEM BY PAVOL JANIK
Translated into AFRIKAANS by BEVAN BOGGENPOEL DIE UITTOG
Handdoeke gaan ons eendag oorleef.
Hempde gaan ons onthou.
Pakke en jasse gaan hier wees na ons verkas.
Daar is so baie dinge wat stof opgaar, dit is presies waarheen ons eendag toe vaar.
|
e1683888-6c55-4df9-9998-347f6104eb08-0
| 1
|
Skriflesing: Esegiël 18
Teks: Esegiël 18:2,20,25
Sing- Ps. 44:1; Ps. 145:1,3; Ps. 51:3; (Ps. 134:4)
Broeder en suster, in aansluiting by vanoggend waar God met ons wou handel oor ons betroubaarheid en hoe ernstig dit vir God is, staan hfst. 18 van Esegiël baie nou aan betroubaarheid verbind aan wat daar verder van God uitgaan. Wanneer broeders ook in die amp van ouderling en diaken bevestig word dan is dit ook 'n saak van dringende belang wat ons noem gemeenskaplike aanspreeklikheid en persoonlike verantwoordelikheid.
***
Die een is nie minder belangrik as die ander een nie, ek kan ook nie die twee van mekaar losmaak en afsonderlik daarna wil kyk nie. As Esegiël met sy volk praat dan het die volk gekom by gedagtes wat hulle gevoel het hulle word gestraf vir dinge wat nie hulle gedoen het nie en boet hulle vir die voorgeslag. Daardie skerpe spreekwoord, byna iets van 'n sarkastiese spreuk wat daar geuiter was- Die vaders het groen druiwe geëet en die tande van die kinders het stomp geword...
***
Ons wat vandag hierna luister, moet dadelik wel erken hierdie spreekwoord het beslis 'n element van die waarheid. Tussen kinders van die Here is daar 'n solidariteit wat ons ook moet noem ons gemeenskaplike verantwoordelikheid. Ons is mekaar se wagters, ons dra verantwoordelikheid ook teenoor mekaar. As dit nie so was nie, dan was die instelling van die ampte iets wat hoegenaamd nie mag bestaan nie. As dit elkeen maar net vir homself/haarself was, dan mag 'n ouderling of diaken mos nie in my lewe inmeng nie.
Dit is duidelik ook soos ons vandag weer in die bevestiging mag hoor dat ons juis nie soos los sandkorrels in hierdie kerk geplaas is nie. Ons moet na die kerk kyk soos wat Esegiël 17 met die pragtige beeld van 'n boom mee afgesluit het. Wanneer die wortel van die boom aangetas word dan het dit invloed op die hele boom. Die oog kan nie vir die hand sê ek het jou nie nodig nie!
Ons hoor elke keer in die Wet van die Here dieselfde waarheid dat skuld van die ouers wel op die kinders oorgedra word (Eks.20:5). God sal die misdade van die vaders inderdaad ook aan die kinders straf, selfs tot in die derde en vierde geslag, terwyl God met barmhartigheid in duisende geslagte ook sy kinders in hulle duisende
1
gemeenskaplik troos wanneer God ons verseker- Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat my liefhet en my gebooie onderhou...
***
Hierdie spreekwoord praat dus nie net nonsens nie. Dit sou Dawid ook in sy kinders besef. Die sonde van Dawid het in sy kinders se lewens bly maal. Sy seuns Absalom en Amnon, met hulle suster Tamar, dis hartseer bladsye, vol geskrywe met trane en rou en smart. As Dawid Absalom daar opgehang sien met drie spiese deur sy lyf dan roep hy in solidariteit met sy seun- My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun....Die druiwe wat Dawid geëet het, inderdaad het dit in die monde van sy kinders gaan vassit, hulle tande oor pa se druiwe tot stompheid gemaal.
Waar ons vroeër vandag aanskouers en getuies by die doop was, is dit so belangrik dat ouers sal besef as 'n sonde in pa en ma se lewe voorkom, soos my ouers gaan omtrent eenmaal 'n maand kerk-toe, moet dan nie verbaas wees as jou kind eendag eenmaal 'n kwartaal en hulle kinders een-maal 'n jaar kerk-toe gaan nie! As jy jou kinders nie tug nie, hoe sal hulle weet om eendag hulle kinders te tug. Die sonde van ons as ouers kom dikwels in ons kinders in reusagtige vorms na vore.
***
Die verbondenheid van ons in ons geslagte kan niemand ontken nie. Trouens ons besef dit en erken dit voor die Here dat die hele menslike geslag is aanspreeklik voor God vir die sondeskuld van die wêreld. Wanneer Esegiël die mens se verantwoordelikheid beklemtoon, jou en my persoonlike verantwoordelikheid word in die hoofstuk baie sterk gestel dan moet ons dit beslis nie verstaan asof hy ons gemeenskaplike aanspreeklikheid wil onderbeklemtoon nie. Hoegenaamd nie!
Die twee- gemeenskaplike aanspreeklikheid en persoonlike verantwoordelikheid lê langs mekaar soos die spore waarop 'n trein moet loop. Die een spoor is so belangrik soos die een langsaan. Daarsonder kan die trein hoegenaamd nie op die spoor bly nie. Of dink aan 'n tou oor 'n groot katrol gedraai en jy moet aan hierdie tou hang. As jy net die een ent vasgryp en die ander punt is los dan gaan die tou baie vinnig afrol en ek tuimel die dieptes in. Wanneer ek egter die twee ente van die tou gelyk kan vashou dan bly alles in ewewig. Dit is wat ons in hierdie deel van Esegiël ook moet besef.
Ons het met dieselfde tou te doen, dit is een trein op twee spore, dieselfde God wil vir jou dit ook baie duidelik maak dit wat in v.20 staan- daar kom dit nou baie skerp op aan dat ek nie agter die gemeenskaplike kan skuil nie, want jy het 'n persoonlike verantwoordelikheid wat soos 'n pyl net op een afgestuur word- Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees...
***
Aanvanklik mag dit dalk vir ons klink asof ons met 'n teenstrydigheid te doen het, maar dit is nie werklik in botsing met mekaar nie. Een kant het die druiwe wat die pa eet, beslis pitte wat in die kinders se tande kan sit, so erg die suiker en suur wat die pa in die druiwekorrels losbyt vreet die kinders se tande stomp, maar die kind kan nie sy pa blameer nie. Dit wil die Here ons goed laat verstaan. Die kind kan nie maak soos die volk van die Here hier wou maak nie. Omdat Esegiël met harde preke en harde oordele oor hulle losgetrek het, wil hulle al hoe meer die sonde van die vaders voorhou en hou hulle die voorgeslag al hoe meer verantwoordelik so asof die huidige geslag eintlik maar net die slagoffers is van dinge wat vóór hulle gebeur het waaraan hulle geen aandeel kon hê nie. Hulle wat kan maak asof hulle so onskuldig is en daarom ontbreek alle skuldbesef en persoonlike berou.
Die mense rondom Esegiël wou die trein net op een spoor plaas, dan het die trein klaar ontspoor, want het God 'n baie groot saak dat so groot soos ons gemeenskaplike aanspreeklikheid mag wees net so belangrik is jou en my se persoonlike verantwoordelikheid. Trouens hoe staan dit hier by herhaling in Esegiël. As ons ons persoonlike verantwoordelikhede nakom, dink jou net in wat die positiewe daarvan kan wees. Net een kan 'n verskil maak.... Dan werk so 'n voorbeeld soos suurdeeg op die hele deeg in.
***
Die ballinge het dus wel 'n punt van waarheid beet gehad, ook deur hulle spreuke daar voor Esegiël , maar dit is nie die volle waarheid nie. 'n Halwe waarheid het ons ook al meer agtergekom is eintlik maar 'n leuen, want met halwe waarhede word die waarheid nie gewen nie. Ons leef weer in 'n tyd wat mense die voorgeslag vir baie dinge wil blameer. Dink maar hoe daar ná 1994 (dit is 16 jaar later!) word daar nog telkens teruggegryp asof apartheid die skuld moet kry vir alles. Asof die mens post 1994 nie sy eie persoonlike rekening opgemaak het nie. Terwyl wie
|
e55a3821-84f3-4958-969c-4413d3c26467-0
| 2
|
Philo Pieterse en Sean Else
bied aan
„n Sean Else Film
LIANIE MAY BOK VAN BLERK STEVE HOFMEYR JAY VAUGHAN GARDINER KARLIEN VAN JAARSVELD
Skrywers Sean Else Deon Opperman
Lynvervaardiger Johan Kruger
Kamera-regisseur Brendon Frans Keyser
PRODUKSIENOTAS
SINOPSIS
Platteland, Suid-Afrika se nuutste en grootste musiekrolprent tot op datum, word landwyd in teaters op 25 November vrygestel.
Die rolprent vertel die verhaal van Riana van Niekerk (Lianie May) wat alles in vermoë sal doen om haar familieplaas te behou. Mike Ferreira (Steve Hofmeyr) het egter ander planne en sal enigiets doen om sy hande op Riana se grond te kry. Dirk Pretorius (Bok van Blerk) is „n swerwer met sy eie geheime.
Treffers van die afgelope tyd is in Platteland se storielyn ingeweef. Liedjies soos Melanie (Jay),Tyd om te Trek (Bok van Blerk), Vergeet My Nie (Lianie May), Pa en Seun (Steve Hofmeyr en Bok van Blerk) en Sweet Dreams (Karlien van Jaarsveld) gaan verseker dat dit die gewildste Afrikaanse musiekrolprent ooit sal word.
Bok van Blerk, wat die rol van die geheimsinnige Dirk Pretorius speel, het bekendheid verwerf met die reuse treffer De la Rey. Hy het homself daarna bewys as een van die grootste name in Afrikaanse musiek met treffers soos Tyd Om Te Trek, My Kreet en Die Kaplyn. Bok het in 2009 die Sama-toekenning gewen as die topverkoper in Suid-Afrikaanse musiek met sy album Afrikanerhart.
Steve Hofmeyr het sy loopbaan as akteur in die gewilde TV-reeks Agter Elke Man begin en het met verkope van meer as twee miljoen eenhede homself deur die jare as sanger en liedjieskrywer bewys met treffers soos Pampoen, Agter Elke Man en FM Stereo. Steve was in 2004 die wenner van die Sama-toekenning as topverkoper vir sy album Toeka.
Lianie May het die musiektoneel oorrompel met haar debuutalbum Vergeet My Nie wat in 2008 die Sama-toekenning as topverkoper in die land gewen het. Met trefferliedjies soos Jy Soen My Nie Meer Nie, Vergeet My Nie en Honey Honey het sy haarself vinnig gevestig as een van die groot name in Afrikaanse musiek.
Jay, wat die rol van Mike se seun Jakes Ferreira speel, is nie net bekend as lid van Eden en as solokunstenaar nie, hy en Lianie het ook twee reuse treffers as duetpaar gehad: Toe Stop My Hart en In a Moment Like This.
Ander bekendes in Platteland is Vaughan Gardiner (bekend vir sy trefferliedjie Gooi Jou Arms Om My) as Wian, Riana se broer, en Rolene Ferreira word gespeel deur Karlien van Jaarsveld wie se
debuutalbum As die Gordyn Val verlede jaar vrygestel is. Die rol van Mike se vrou, Louise, word deur Hanna Grobler vertolk.
Die vervaardiger van Platteland is Philo Pieterse wat aan stuur van trefferflieks soos Orkney Snork Nie, Boetie Gaan Border Toe, Lipstiek Dipstiek en Kringe in 'n Bos was. Die draaiboek is deur Sean Else (bekroonde video-regisseur) en die dramaturg Deon Opperman, „n dubbel Hertzogpryswenner, geskryf. Hierdie is nie die eerste keer wat Sean en Deon saam werk nie: Hulle was ook verantwoordelik vir Ons Vir Jou wat voor uitgepakte gehore in die Staatsteater in Pretoria opgevoer is. Sean behartig die regie van Platteland en is die mede-vervaardiger van die rolprent.
Ander groot name in die rolverdeling is André Odendaal (
Getroud Met Rugby
), David Clatworthy
(
7de Laan
), Wynand van Vollenstee (
Karate Kallie
), Ivan Zimmermann (
Paul Luckhoff (
Egoli, Hopeville
), Izak Davel (
Cobus Visser (
Egoli, Villa Rosa
Egoli, Dit Wat Stom Is
),
Egoli, Getroud met Rugby – Die Onvertelde Storie
), Marcel Schoeman (
),
Torings
), Annette Engelbrecht (
Orkney Snork
Nie
), Viljé Maritz (
Binnelanders
) en Dirk Stoltz (
Song vir Katryn, Binnelanders
Platteland word deur Indigenous Film Distribution vrygestel.
Onderhoud: Philo Pieterse, Vervaardiger
Waar het die idee van die rolprent vandaan gekom?
Ek het nie enige plaaslike rolprente sedert Lipstiek, Dipstiek in 1994 gemaak nie en het gevoel dit is tyd vir iets nuut. Ek het gehoor hoe gewild Sean Else as sanger, akteur en vervaardiger is. Ons het ontmoet en besluit om saam te werk. Ek wou „n musiekrolprent maak aangesien Afrikaanse musiek baie gewild is en die bedryf baie lewendig is.
Hoe is daar besluit om Sean Else die regisseur van Platteland te maak?
Sean is die eienaar van sy eie platemaatskappy, Mozi Records, en dit het hom die ideale vennoot vir „n musiekrolprent gemaak. Bowenal is hy ongelooflik energiek en entoesiasties. Hy was die regte keuse vir die projek. Niemand ken die mark vir „n fliek soos hierdie so goed soos hy nie. Ek het ook van die musiekvideo‟s gesien wat hy gemaak het en sy talent as regisseur was duidelik hierin te sien.
Wat maak die storie meeslepend?
Die verhaal is dié van „n vrou wat haar familieplaas probeer red van „n gewetenlose man en ek glo dit is iets wat Afrikaners na aan die hart lê. Die feit dat soveel gewilde sangers deel van die
3
).
produksie is, maak dit net nog meer aantreklik. Dis „n perfekte samesmelting van drama en die hoë profiel van elkeen van die spelers.
Hoekom is Lianie May en Steve Hofmeyr vir die hoofrolle gekies?
Soos die res van die rolverdeling, is hulle natuurlike akteurs. Ons het die rolprent ontwikkel met hulle in gedagte. Daar is nie baie sangers wat so gewild as Lianie en Steve is nie en die fliek is „n ideale platform vir hulle.
Hoe is die musiek vir die fliek gekies?
Dit was alles Sean se werk. Hy het die musiek gekies en ons het die gewilde liedjies geneem en dit „n nuwe, opwindende baadjies vir die fliek gegee.
Wat maak jou opgewonde oor die fliek?
Dit was opwindend om te sien hoe alles bymekaar gekom het. Dit is baie goed bymekaar gesit. Een van die beste besluite wat ons geneem het, was om die fliek in Vrede, „n klein dorpie in die Vrystaat met „n sterk plaasgemeenskap, te skiet. Die plekke is almal deur Sean geidentifiseer. Daar was moeilike tye soos om vir almal verblyf te kry, maar as jy sien wat op die groot skerm vasgevang is, vergeet jy die moeilike tye. Die musiek, die spelers, die plekke waar dit geskiet is en die finale produksie is al wat saak maak.
Hoe is die rolpernt befonds?
Dit is deur private beleggers en „n subsidie van die Departement van Handel en Nywerheid befonds.
Wat was die grootste uitdagings?
Meeste van die opnames is in Januarie en Februarie gedoen en die weer – dit het baie gereën- en tekort aan verblyf was van die grootste uitdagings.
Wat was die hoogtepunte van die opnames?
Dit was „n plesier om saam met die spelers te werk. Hulle was baie entoesiasties en ondersteunend. Daar was tydens die hele produksieproses geen dramas nie. Baie van die spelers het nog nooit in „n rolprent gespeel nie, maar ons het geen probleme gehad nie. Die tegniese span was onder Sean se leierskap. Hy sit nooit stil nie en sy energie is aansteeklik. Hy het amper die hele tyd op en af gespring en sy ywer het „n invloed op almal gehad. Dit was ook een van die daardie opnames waar daar aan die einde van elke dag positiewe resultate was. Dit was soos om „n groep kinders na „n lekkergoedwinkel toe te neem. En ons het baie gelag.
Vertel meer van die opnames in Vrede?
Die interaksie met die gemeenskap was ongelooflik. Ons het
|
<urn:uuid:276e6ac2-ea89-4b60-9ede-83637cdc2832>-0
| 1
|
GARDINER Jakes Ferreira – JAY DU PLESSIS Rolene – KARLIEN VAN JAARSVELD Tenk – ASHLEY SAUNDERS Rot – ANDRÉ ODENDAAL Mossie – NEELS CLAASEN Attie Ferreira – DAVID CLATWORTHY Bennie – WYNAND VAN VOLLENSTEE Louise Ferreira – HANNA GROBLER Pieter Naudé – IVAN ZIMMERMANN Frik de Klerk – PAUL LUCKHOFF Francois de Klerk – IZAK DAVEL Tannie Baby – KRIEK VENTER Pieter (Sekuriteitsman) – JAPIE DE VILLIERS Sersant Dlamini – NAT RAMABULANA
Wynand – VILJÉ MARITZ Oom Martiens – COBUS VISSER Oom Louwtjie – NEELS COETZEE Vragmotorbestuurder – DIRK VAN NIEKERK Kind – THEMBALETHU NTULI Ampie (Fotograaf) – FANIE CRONJÉ Predikantsvrou – OBIE VERMEULEN Predikant – COBUS VERMEULEN Minister Khumalo – SAMSON KHUMALO Melanie (Ontkleedanser) – NATISHA VAN ZYL Klubbestuurder – MARCEL SCHOEMAN Tannie Sanet – ANNETTE ENGELBRECHT Onderwyser – DIRK STOLTZ Polisieman – JOEL ZUMA Bankklerk – JOHAN BOTHMA
Vervaardiger – Philo Pieterse
Lynvervaardiger – Johan Kruger
Vervaardiger\/Regisseur/Skrywer – Sean Richard Else
Mede-skrywer – Deon Opperman
Produksiebestuurder – Jessie White
Produksie-ouditeur – André Loggenberg
Produksie-koördineerder – Soné Combrinck
1ste Assistent-regisseur – Chris van Latum
2de Assistent-regisseur – Nicolette Louw
Produksie-assistent – Ruan Crane
Draaiboek-opsiener – Saskia Natasha Azaria Derksen
Kamera-regisseur – Brendon Frans Keyser
1ste kamera-assistent – Gavin Clive Sterley
Fokustrekker – Graham Clark
Fokustrekker – Khyle Jau Smith
Kamera-assistent – Grant Phillip van Vuuren
DIT-operateur – Janine Moller
Stilfoto‟s – Liezel Botes
Stilfoto‟s – Annelize Kraounakis
Agter die skerms – Leonard De Montaque Holtshouzen
Leerling-stelassistent – Joubert Grigor
Klankmenger – Derrick Mansvelt
Boom-operateur – Brendon John Allen
Hoof-grip – Robert John Brooker
Grip Best Boy – Lawrence Ntebatse Mmatli
Grip-assistent – Kholwani Joyous Mkhwanazi
Grip-assistent – Zewelanka Mafanya
Jib-operateur – Johan Strydom
Jib-assistent – Andries de Ridder
Gaffer – Lesiba (Righteous) Makona
Best Boy – Dumisani Eric Ndlazi
Elektrisieën/Vragmotorbestuurder – Lesiba Mashao
Kragopwekkeroperateur – Simon Buthelezi
Produksie ontwerper/kunsregisseur – Inge Yvonne Else
Kunsdepartement-assistent – Gwen Penny Marais
Stelkleder – Francis Disteele Scheepers
Rekwisiete – Francois Coetzee
Assistent rekwisiete-aankoper – Kyle Gerard Peterson
Assistent rekwisiete – Lisa Beth Bernard
Aksie-motor-koöordineerder – Magrietha Neethling
Toneelskilder – Elzabé de Klerk
Swing Gang (hoof) – Solomon Maruping (Solly) Legobate
Swing Gang 1 – Xolani Elijah Mncwango
Kostuumontwerper – Frances Susan Howie
Kostuum-assistent – Nicolene v/d Westhuizen
Kostuum-bystand – Corlia Louw
Kostuumwassery – Elizabeth Mapula Maunatlala
Kostuum-vragmotorbestuurder – Issa Afrik Inussa
Hare en grimering – Odette Earle
Grimering bystand-assistent – Julia Nomfusi Mnyamezeli
Grimering bystand-assistent – Rujean Botha
Hare en grimering-assistent – Carla Halgryn
Eenheidbestuurder – Hendrik Johannes White
Assistent eenheidbestuurder – Rodney Govinder
Eenheid-assistent – Fanie Muntz
Sekurtiteitsopsiener – Drikus Odendaal
Rolverdeling chaperone – Issa Afrik Inussa
Rolverdeling chaperone – Mulugo Ezekiel (Pops) Nkawani
Motorbestuuder – Sebastian William Matthys
Motorbestuurder – Solomon Thwalo
Drama-afrigter – André Odendaal
Waaghals-koördineerder en spesiale effekte – Gerhard van der Heever
Spesiale effekte-assistent – Zakhele Mkhize
Waaghals-koödineerder – Wayne Lance Dawson Smith
Dierehanteerder – Dirk Cornelis Pieters van Niekerk
Medikus – Jaques Rodrique Swart
Spyseniering – Ron‟s Caterers
Spyseniering-motorbestuurder – Simon Mhubena
LIEDJIES
Pleister vir my hart
Skrywers: Johan Vorster/Lianie May/Barry Lubbe
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Lianie May
Baas van die Plaas
(Oorspronklike titel: Ek kan Rock in my Taal)
Skrywer: Didi Kriel/Amanda Strydom
Uitgewer: SAMRO
Gesing deur Steve Hofmeyr
Vergeet my Nie
Skrywers: Johan Vorster/Rencha Vorster/Sean Else
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Lianie May & Vaughan Gardiner
Pa & Seun
Skrywers: Johan Vorster/Rencha Vorster/Sean Else
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Steve Hofmeyr & Jay
Sweet Dreams
Skrywers: Johan Vorster/Dewald Wasserfal/Vaughan Gardiner/Karlien van Jaarsveld/Adolf Vorster Uitgewers: Coleske Artists/Oxynity Music Publshing Gesing deur deur Karlien van
68' Chevy
Skrywers: Johan Vorster/Sean Else/Bok van Blerk
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Bok van Blerk & Lianie May
Is jy Bang?
Skrywers: Johan Vorster/Sean Else
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Jay
Melanie
Skrywers: Johan Vorster/Adolf Vorster
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Jay
As die Gordyn Val
Skrywer: Johan Vorster
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Karlien van Jaarsveld
Deur Jou Vingers Val
Skrywer: Steve Hofmeyr
Uitgewer: EMI Music Publishing
Gesing deur Steve Hofmeyr
As Ek Voor Jou Breek
Skrywers: Johan Vorster/Rencha Vorster/Sean Else
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Vaughan Gardiner
My Kreet
Skrywers: Johan Vorster, Ricul Nel, Adolf Vorster, Bok van Blerk, Sean Else
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Bok van Blerk
Waar Is Al Die Helde Heen?
Skrywer: Johan Vorster
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Lianie May
Saam Is Ons Beter
Skrywer: Johan Vorster
Uitgewer: Coleske Artists
Gesing deur Lianie May & Bok van Blerk, Vaughan Gardiner & Karlien van Jaarsveld
SPESIALE DANK AAN:
Department van Handel en Nywerheid
"Vervaardig met die bystand van die Departement van Handel en Nywerheid van Suid-Afrika wat nie enige aanspreeklikheid vir die inhoud aanvaar nie en nie noodwendig die inhoud ondersteun nie."
Castello Di Monte
Mike Ferreria se huis
402 Ariesstraat, Waterkloofrif, 0181
http://www.castello.co.za
Toyota SA Motors (Edms) Bpk
Laeveld Agrochem
http://www.laeveld.co.za
TOMBCO Standerton
Grimering voorsien deur Elizabeth Arden
Hannon Haircare
vir al die haarprodukte wat deur die spelers gebruik is
Thomas Jewell
vir die sny, kleur en verlengings van die spelers se hare
Papie Hlalele
Bestuurder: Dieregesondheid DC19 Veerartsenydiens Department Landbou
Dirk and Riana van Niekerk
Vir hul hulp met die buitelugtonele
________________________________________________________________________________________
Vir meer inligting kontak Indigenous Film Distribution (Pty) Ltd.
Corlize Luttig – [email protected] / 011 719 4084
Of
(Namens Indigenous Film Distribution (Pty) Ltd:)
David Alex Wilson – [email protected]
Ilza Roggeband - [email protected] www.plattelanddiemovie.co.za
www.indigenousfilm.co.za
|
<urn:uuid:276e6ac2-ea89-4b60-9ede-83637cdc2832>-1
| 0
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.